SUIKERSTROOP-PERSKES

2014-11-01-bottelperskes_frugallivingnw

SUIKERSTROOP-PERSKES
2.5 koppies vars water
300 g suiker
20 mooi geelperskes

Gooi die water en die suiker in ‘n groot kastrol, laat kook tot die suiker opgelos is.
Plaas nou die perskes in die stroop en kook vir 10 minute.
Haal uit die stroop, trek die skilletjies af, pak die perskes mooi dig ‘n jou gesteriliseerde bottels. Gooi die warm stroop oor – dit moet die perskes bedek. Vat nou ‘n lang sosatiestokkie en draai die perskes sodat al die lugblasies ontsnap. Draai die deksels op – en bere vir winterpoeding of vir wanneer jy oorsese gaste kry.
Bron: Niel Stemmet




FRESH DATE CHUTNEY

FRESH DATE CHUTNEY
3/4 cup water
1 and a 1/4 cups brown sugar
1 lemon, sliced very thinly
12 fresh dates, stoned and halved
1/2 teaspoon ground ginger
1/2 teaspoon cracked black pepper
1/4 teaspoon sea salt
1 clove garlic, finely chopped
Juice of 1 lemon
Put everything except the lemon juice into a small saucepan, bring to the boil and simmer for 15 minutes. Remove from the heat and stir in the lemon juice. Cool and set aside. Makes about 2 cups.




PYNAPPEL BOSBESSIE RELISH

pineapple relishtested
PYNAPPEL BOSBESSIE RELISH
Resep en foto: Petro Borchard — My eie resep
FOOD LOVERS RECIPES
Hoeveelhede is totaal jou eie keuse
Skil pynappel, haal harde deel uit en sny die res in wiggies.
Kook die pynappel tot net-net sag, week soveel gedroogde bosbessies as wat jy wil (ek vat so 2/3 van die pynappel se volume) en bedek dit met lemoensap. Week vir so ‘n uur of so. Ek het nie genoeg bosbessies gehad nie, en het toe sultanas saam geweek.
Giet die lemoensap waarin die bosbessiesgeweek het in ‘n kastrol, kook tot amper niks oor is nie, voeg al die vrugte by. Voeg genoeg van die soet-suur pekel (soos vir die wortels) by om dit net te bedek en laat prut vir ‘n paar minute. Proe – dit moet effense suur byt hê – indien nodig voeg nog asyn na smaak by. Gewoonlik eindig ek met te veel sous, dan skep ek die vrugte uit in inmaak bottels en laat die vloeistof verder wegkook tot daar net genoeg is om al die vrugte te bedek met die kokende vloeistof. (In plaas van wegkook, maak dit ook op hierdie stadium ‘n hemelse sousie vir roomys) Vee bek van bottels skoon, verseël. Dit is heerlik saam met koue vleis, vis of ‘n bykos by braai. Regte vakansie kos.

 




GEBOTTELDE APPELMOES

appelmoes
GEBOTTELDE APPELMOES
(genoeg vir 2 inmaakbottels)
300 g witsuiker
1 liter water
3 kaneelstokkies
sowat 12 Granny Smith-appels, geskil

Wanneer jy appels skil, sit die appels in ‘n bak water met so 2 teelepels sout. Dit sal keer dat die appels bruin word. Meng die witsuiker en water in ‘n groot kastrol. Voeg die kaneelstokkies by.
Verhit tot kookpunt terwyl jy die mengsel heeltyd roer. Jy moet aanhou roer om die suiker te laat smelt.
Kook nou die stroop vir sowat 4 minute sonder ‘n deksel. Voeg die appels by (sonder die soutwater) en kook nog 10 minute.
Die appels sal heeltemal sag en pap kook. Skep die warm appelmoes in gesteriliseerde bottels.




BENHET SE APPELKOOSBLATJANG

2014-09-06-apricotchutneytested

BENHET SE APPELKOOSBLATJANG
2,5 kg ontpitte appelkose (ek het 3 kg gebruik)
500 g sultanas (ek het net cake mix gehad 300 g en dit gebruik)
6 knoffelhuisies
750 g uie, gesny
750 ml suiker (ek het 1 koppie ekstra bygegooi)
20 ml sout
20 ml gemmer
10 ml kaneel
7 ml swartpeper
2 ml rooipeper
1.5 koppie asyn
1 teelepel mix spice

Maal die appelkose, sultanas, knoffel en uie saam, voeg res van bestanddele by.
Kook stadig tot dik, skep warm in voorbereide warm bottles.

Foto 1:  Benhet Niewenhuis
Foto 1:  Annet Geelhoed




GEPIEKELDE PYNAPPEL

lien se gepiekelde pynappeltested

Piekelmengsel:
Meng saam 500ml water,180ml elk rysasyn en suiker en 1cm-stuk vars gemmer in dun skywe gesny in ‘n kastrol en laat kook.
Voeg by 2 stukke stêranys,brandrissies (na smaak) en 3 – 4 pynappels geskil en in papierdun skyfies gesny.
Bring tot kookpunt en kook ‘n rukkie. Skep pynappels in ‘n fles en gooi sous oor. Bêre in die yskas.

Hélène Kluge




MAKLIKE MANIER OM KOEJAWELS TE BOTTEL

tested
MAKLIKE MANIER OM KOEJAWELS TE BOTTEL
Die maklikste manier om koejawels in te le…….
Skil af. Sny in skywe en pak in lae in ‘n bak met deksel. Strooi suiker tussen elke laag. Nie te min nie, ook nie te veel, want dan is dit te soet.
Plaas deksel op.
Vries dit vir ‘n week of twee.
Wanneer jy dit uithaal laat dit self ontvries.
Proe presies soos die ingelegde koejawels wat jy in die winkel koop.
Probeer gerus. Baie lekker !!
Resep:  Comine Visser




PYNAPPELKERRIE SLAAI

pynappelkerrie slaaikerrie pynappelslaai petro 2tested

PYNAPPELKERRIE SLAAI
2 groot pynappels geskil en in blokkies gesny
2 groot uie gekap
5 ml sout
50 ml matige kerriepoeier
125 ml witasyn
5 ml mosterdpoeier
10 ml mielieblom


Meng al die bestanddele behalwe mielieblom en groot kastrol. Verhit oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Stel plaat warmer en laat mengsel kook. Stel hitte weer laer en prut vir 30 minute. Voeg bietjie water by mielieblom en meng tot pasta. Roer by pynappel en kook vir nog 2 minute tot mengsel verdik. Gooi in warm gesteriliseerde bottels. Ek verdubbel gewoonlik die resep dan is dit eenkeer se moeite. Flesse was ek mooi skoon met seepwater en spoel dan goed uit met kookwater, net voordat ek die pynappel in gooi. Proe ook maar voor die tyd of die kerrie sterk genoeg is.
Lekker eet saam met braaivleis of koue vleise in die somer.

Resep: Bessie Leeuwner Du Preez
Foto:  Allison Kemp en Petro Borchard

Rina, jou kerrie pynappelslaai is heerlik . Ek het 4 x groot pynappels gebruik en so koppie sultanas bygevoeg!

Foto: Marda Pienaar




INGELEGDE SUURLEMOENE

 

suurlemoene driestested
INGELEGDE SUURLEMOENE
Ongeveer 30 suurlemoene benodig vir resep.
10 groot suurlemoene
¼ (ek) growwe sout
2 kaneelstokkies
2 teelepels kordomonsade
1 teelepel swartpeperkorrels
1 teelepel bruin mosterdsaad
5 naeltjies
2 lourierblare

Ongeveer 6 koppies vars suurlemoensap.
Sny elke suurlemoen in kwarte tot 5 mm van onder af.
Maak suurlemoene oop en spinkel met sout. Maak suurlemoene toe.
Pak styf in gesteriliseerde flesse. Voeg speserye en lourierblare by.
Gooi genoeg suurlemoensap in die flesse om suurlemoene te bedek. Verseël flesse.
Om suurlemoene te bedien, verwyder pulp van skil, spoel skil af en sny in dun repies.

Petro Calitz




WENK VIR KOEJAWELS INLE


WENK VIR KOEJAWELS INLE
Goeie wenk vir koejawels inlê by my skoonsus gekry en gedoen: Skil koejawels en sny in halwes. Pak so 8 halwes in enkel laag in vriessakkie en strooi 3 eetl suiker bo-oor. Vries en kook dan in bietjie stroop wanneer jy dit wil gebruik.

Theresa de Vries