CARAMELISED ONION AND BACON JAM

CARAMELISED ONION AND BACON JAM
2 cups bacon, cut into 1 cm pieces
4 cups onion, chopped into chunks
¾ cup of coffee (boiling water + 1 teaspoon coffee powder)
3 tablespoons honey
½ teaspoon cumin
1 tablespoon balsamic vinegar

Fry bacon on medium heat until it begins to brown.
Remove the bacon from pan and transfer to a paper towel, set aside.
Keep the fat from bacon in pan and add onions.
Cook the onions until they begin to soften.
Reduce the heat to low, add coffee, honey, cumin, and bacon and simmer for 35-40 minutes or until mixture has begun to thicken and become jam like in consistency.
Add balsamic vinegar.
Transfer mixture to a food processor, pulse 3-4 times so the bacon is broken down into smaller pieces.
Don’t over do it as the jam should be chunky.
Transfer to airtight container and store in fridge for up to 3 weeks.
Photo and recipe posted by Charleen Nieuwenhuizen




ALTA SE BROOD EN BOTTER PIEKELS

ALTA SE BROOD EN BOTTER PIEKELS
12 groot komkommers
10 uie,fyn gesny (het mandolin gebruik)
Sit in skottel met ½ koppie sout en giet water oor tot uie en komkommers bedek met water.
Laat staan so vir 3 ure.
Kook solank die stroop of sous van die volgende bestanddele:
5 koppies wit asyn
5 koppies suiker
1 eetlepel borrie
1 eetlepel droë mosterd
5 heel kruie naeltjies
1 teelepel mosterd saadtjies

Kook goed saam.
Spoel komkommer en uie goed af.
Voeg by sous.
Kook net vinnig deur, bottel warm in gesteriliseerde flesse
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk




MOSTERDWORTELS WARM GEBOTTEL

MOSTERDWORTELS WARM GEBOTTEL
Ek het 3 bottels uit die resep gekry (agurkiebottels) en nog oor gehad wat gisteraand vir 4 mense as slaai gebruik was.
1 kg uie gekerf
2 kg wortels (ringetjies of blokkies gesny)
2 ¼ teelepels sout
2 ½ koppies suiker
3 koppies asyn
1 teelepel borrie
½ koppie koekmeel
¼ koppie mosterdpoeier
Kook wortels, uie en sout saam tot sag en dreineer die water.
Meng die ander bestanddele en voeg by die groente.
Kook vir 15 minute op lae hitte. Roer gedurig, dit brand baie maklik.
Bottel die wortels warm in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Lekker as slaai saam met braaivleis of koue vleis.
Resep en foto: Ragiela Cloete




MARIËTTE SE 3 BONE-KERRIEBONE SLAAI

MARIËTTE SE 3 BONE-KERRIEBONE SLAAI
3 sakkies bone
½ koppie kerrie
1 koppie asyn
3 koppies suiker
15 ml sout
10 ml swart peper
1 ui  gekerf
3 peppers een van elke kleur
Kies bone van jou keuse en week oornag in koue water.
Kook tot sag.
Voeg sout, growwe swart peper, asyn, kerrie en suiker by na smaak.
Kook kerrie lekker deur die bone.
(Ek kook en laat staan paar uur en kook dan weer)
Wanneer alles lekker deurgekook het, plaat afgesit, voeg ek gesnipperde groen-, geel-, rooi peppers en ui by.
Roer deur en bottel terwyl warm.
Hoe langer hy staan, hoe lekkerder raak hy.
(Ek hou myne maar in yskas)

RESEP EN FOTO:  Mariette Heydenrych-Kotze

Ons het hierdie wenk gebruik om die asyn bietjie te neutraliseer
Neutralize the vinegar chemically by stirring in a pinch at a time of baking soda. Baking soda is a potent base, or alkaline, ingredient and will convert some of the vinegar to carbon dioxide. Taste the food after stirring in each pinch and repeat until the flavors are balanced.




WILLEMIEN SE KERRIEBOONTJIES

WILLEMIEN SE KERRIEBOONTJIES
Ek deel graag my maklike, heerlike en flopvrye kerrieboontjies resep met julle…..
2 kg gekerfde groenbone
1 kg gekerfde uie
2 desertlepels sout gelyk geskraap
Kook dit saam vir 10 in stoompot, of gewone pot tot net sag
Sous
750 ml wit asyn
3 koppies suiker
2 desertlepels kerriepoeier
2 hoogvol eetlepels maizena

Kook jou bone en uie saam in stoompot vir 10 min of gewone pot tot sag, dreineer goed en gooi dan jou kokende kerrieasynmengsel oor bone en kook weer 5 min.
Kook asyn en suiker saam, maak pasta van maizena en kerrie, roer in kokende asynmengsel.
Giet oor bone en kook ongeveer 5 min, bottel warm.
Onthou om bone te dreineer na dit gekook is, en voordat asynkerriemengsel oorgegooi word.
Ek pas die maizena bietjie aan, dis jou keuse hoe dik jy die bone wil hê.
Geniet dit, so maklik en baie lekker.
Resep: Willemien Pool




EGGPLANT STUFFED WITH RED PEPPER PASTE AND GARLIC SALT


EGGPLANT STUFFED WITH RED PEPPER PASTE AND GARLIC SALT
Use small eggplants.
Cut the top part off and make a small slit in the middle.
Put in pot and boil for 3 min till tender but not mushy.
Let it cool down, add salt then let them drain water for 2 days till no water left.
Then you mix garlic, red pepper paste, salt, pepper and olive oil in large bowl and then start putting a teaspoon in every slit in the eggplant.
Put in bottle and cover with olive oil

Source and photo: Sotira Chambi




WILMA SE DIABETIESE RONDE RISSIES-BELL PEPPERS

WILMA SE DIABETIESE RONDE RISSIES-BELL PEPPERS
5 kg rissies
2 kg Xylitol
4 liter water
1 liter wit druiwe asyn
paar peperkorrels (36)

Sny die rissies oop by die stingeltjies en verwyder die pitte. Probeer om die rissie heel te hou.
Kook die water en asyn tot dit borrel. Voeg die Xylitol stadig by terwyl die water aanhou kook.
Roer tot die Xylitol heeltemal opgelos is.
Voeg nou die rissies ‘n paar op ‘n keer by die borrelende water.
Toets of die rissies sag maar nie pap gekook is nie, met ‘n sosatiestokkie.
Haal uit die kokende stroop, skep in skoon gesteriliseerde flesse. Gooi van die stroop oor, so paar peperkorrels en seël.
Heerlik wanneer gevul met maas-/room-/enige sagte kaas saam met soutbeskuitjies.
Bron en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




INGELEGDE GEEL BEET

INGELEGDE GEEL BEET
6 koppies gaar gerasperde/blokkies gesnyde beet
2 groot uie, fyn gesny
1 teelepel sout
3 koppies suiker
3 teelepels kerrie
2 koppies asyn
3 eetlepels Maizena

Meng alles behalwe Mazina saam in kastrol en kook goed.
Meng Mazina met bietjie water en voeg by.
Kook goed en bottel warm.
Resep: Charlene Swanepoel




ELMIEN SE SOUSBONE

ELMIEN SE SOUSBONE
Week 2 koppies sousbone oornag in water.
Kook die bone die volgende oggend tot sag gewoonlik so 2 ure.
BELANGRIK MOENIE SOUT NOU IN GOOI NIE!
Meng die volgende saam:
1 koppie asyn
1 koppie suiker
¼ koppie water
¼ teelepel mosterdpoeier
¼ teelepel peper (opsioneel)
2 eetlepels Maizena
2 teelepels sout (1 teelepel sout vir elke koppie bone.)
Voeg die mengsel by die bone en kook tot dik.  Bottel warm
Bron en foto: Elmien Claassen Malan




PETRE SE SEEWATER GEPEKELDE OLYWE

PETRE SE SEEWATER GEPEKELDE OLYWE
Ingelegde Olywe..
Ek het vergeet van die olywe.. Dit is nou 2 maande later…
Die resep sal seker maar my eie wees.. het nog nie gesien of gehoor dat iemand dit so gedoen het nie…
Ek het die eerste week dit elke dag met skoon water gespoel en seewater gebruik om dit in te lê… Daarna het ek dit weer in skoon water gespoel en 3 weke in see water laat lê… weer gespoel en vir n maand in see water laat lê…
Vandag uitgehaal, gespoel en in flessies gegooi… met n groterige skyf knoffel en n roosmaryn takkie….
Vir 12 flessies het ek die volgende sous aangemaak…
3 koppies suiker
6 koppies asyn
9 koppies water
1 eetlepel sout
1 opgehoopte eetlepel Oreganum
Kook alles saam vir 10 minute.. Gooi kokende sous oor olywe.. gooi dan n bietjie olyf olie bo op en draai deksel onmiddellik op..
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld