LOUISE SE PYNAPPELBEETSLAAI


LOUISE SE PYNAPPELBEETSLAAI
1.5 kg beet gekook tot net sag. Sny soos julle dit verkies, sit terug in ‘n groot pot.
Voeg die volgende by:
1 groot blik fyn pynappels
2 uie, fyn gesny
125 ml soetwyn
2 ml witpeper
10 ml kerriepoeier
5 ml gerasperde gemmer
5 ml sout
350 g suiker
10 ml mielieblom
peperkorrels opsioneel

Kook tot sous dik is.
Bottel warm. Alles wat ek maak, proe ek maar tot dit my smaak bevredig.
Hierdie is net ‘n basiese riglyn. Geniet.
Resep en Foto: Louise Maclean Hough




PAMPOEN PIEKELS MET STERANYS


PAMPOEN PIEKELS MET STERANYS
olie om uie in te braai
1,5 kg geskilde pampoen, in blokkies gesny
2 uie, fyngekap
1 eetlepel gerasperde gemmer
10 ml fyn koljander
10 ml komyn
20 ml bruin mosterdsade
2 of 3 steranys
20 ml borrie
1,000 ml wit druiwe asyn
1 eetlepel knoffel
3 eetlepels kerriepoeier
2 rooi brandrissies, sade verwyder in in stukkies gekap
10 ml sout
15 ml mielieblom
750 g strooisuiker
1 kaneelstokkie

Skil die pampoen en sny in 1,5 cm blokkies. Kook die blokkies in kokende water tot vurkgaar. Dit moet steeds ferm wees om hul vorm te behou. Dreineer.
Braai die uie, rissie en gemmer tot sag en die uie glaserig is, maar nie bruin is nie. Voeg die fyn koljander, steranys, mosterdsade, kardemom, borrie en sout en al die ander geurmiddels by en braai 1 minuut.
Strooi die mielieblom oor, roer deur en voeg dan die suiker by.
Roer die asyn geleidelik by.
Laat stadig kook tot die sous verdik het (sowat 6 minute).
Roer die gaar pampoenblokkies liggies by tot goed deurwarm.
Skep die piekel in warm, gesteriliseerde flesse en bedek. Laat afkoel en plaas in yskas.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto:  Louise Maclean Hough – ek het net suiker met 1 tot 2 koppies bruinsuiker vervang, proe tot soetsmaak bereik is.




HAWAIIN STIR FRY BRAAI SLAAI 

HAWAIIN STIR FRY BRAAI SLAAI
500 g Hawaiin stir fry mix groente sonder pynappel
½ koppie suiker
½ koppie asyn
½ teelepel sout
½ teelepel borrie
1 teelepel meduim kerriepoeier, gelyk geskraap
227 g geblikte pynappel ringe
30 ml sweet chilli sous
2 teelepels maizena, aangemaak met so 50 ml water
3 eksta murgpampoentjies, in repies gesny

Kook murgpampoentjies vir ‘n paar minute en voeg “stir Fry” by. Kook net ‘n klein rukkie, moenie pap kook nie, moet nog krakerig wees.
Gooi al die water af en sit terug in pot. Sny pynappelringe in stukkies en voeg by groente, gooi pynappelsous in maatbeker en meng res van bestanddele buiten maizina daarby. Sit mengsels by groente en kook lekker vinnig deur, proe of soet genoeg na jou smaak, en sit bietjie suiker by indien nodig. Sit aangemaakte maizina by en kook 3 min. Kyk dat jou sous lekker dik is maar nie te dik nie, want dit word dikker wanneer dit koud is.

Bottel warm in voorbereide bottels, of laat net koud word. Sit in yskas om môre te bedien saam met braaivleis. Hierdie slaai moet tenminste 1 dag staan om regtig heerlik te wees.

Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans




CURRIED CABBAGE PICKLE


CURRIED CABBAGE PICKLE
1 cabbage, finely shredded with food processor or by hand
6 green peppers, finely sliced and cut into 1.5 cm in length
600 g onions, finely chopped
5 cups sugar
5 cups vinegar
30 ml salt
8 tablespoon curry powder. I used Rajah flavourful and mild, and 1 extra spoon Rajah Hot curry powder
10 ml gound ginger powder
5 ml white pepper
15 ml tumeric
20 ml mustard powder
a few bay leaves

Cook shredded cabbage for +- 30 minutes.
Add all other ingredients.
Cook until almost dry. Just a little liquid covering the cabbage.
Remove bay leaves before bottling.
Bottle and seal in sterilized jars while still hot.
Turn upside-down allow to cool.
Recipe and photo: Caroline du Plessis




KOPERPENNIE WORTELSLAAI VIR BOTTEL


KOPERPENNIE WORTELSLAAI VIR BOTTEL
Maak eers die sous:
250 ml (1 koppie) suiker
375 ml druiwe asyn
1 blikkie tamatiepasta
10 ml Worcestersous
10 ml (2 teelepels) aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
30 ml (2 eetlepels) mielieblom, aangemaak met bietjie koue water

Meng die bestanddele vir die sous en verhit tot die suiker opgelos is.
Laat goed deurkook (die resep is ‘n basiese tamatiesous).

750 g geelwortels, geskil en in skyfies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 groot ui, in ringe gesny

Kook die wortels in water tot sag maar nog bros (nie pap).
Dreineer en voeg die soetrissie en ui by, asook die kokende sous en laat weer so rukkie kook.
Skep die slaai warm in gesteriliseerde flesse en verseël. Dit hou letterlik ‘n jaar en langer.
Resep: Esmé Randall




INGELEGDE WORTEL MET PYNAPPEL EN APPEL


INGELEGDE WORTEL MET PYNAPPEL EN APPEL
4 pakke wortels, fyngekerf
4 groot uie, fyngekerf
8 appels, gerasper

Kook die bestanddele in ‘n kastrol op die stoof met bietjie water tot sag.
Plaas eenkant tot benodig.

Sous:
4 koppies asyn
4 koppies suiker
3 teelepels sout
3 teelepels gemmer
1 teelepel borrie
2 teelepels droë pietersielie
2 teelepels gedroogte rissievlokkies1 teelepel fyn knoffel
½ koppie appelkooskonfyt
1 koppie verpulpte gaar pynappel, ek het kerrie pynappel gebruik

Verhit die bestanddele stadig in ‘n pot tot die suiker opgelos is.
Kook vinnig en verdik die sous met Maizena.
Voeg die gaar wortelmengsel by die sous en kook deur. Roer goed.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels en verseël.
Resep: Babs van der Westhuizen




LINDA SE KERRIE KOOL- EN WORTELSLAAI


LINDA SE KERRIE KOOL- EN WORTELSLAAI
8 koppies gekapte kool
4 koppies gerasperde wortels
6 koppies gekapte uie
3 koppies Bruinsuiker
3 koppies bruin asyn
30 ml mosterdpoeier
6 eetlepel kerriepoeier
4 teelepel sout
6 eetlepel maizena

Kook saam: kool, wortels,uie,suiker en twee koppies asyn tot amper gaar.
Nog lekker crispy.
Meng res en voeg by.
Kook nog so 5 min. En bottel warm soos normaal.
Hierdie resep lewer ongeveer 9 x 375 ml botteltjies.
Resep: Linda J van Vuuren
Foto: Christelle van Rooyen




NAOMI’S BEETROOT SALAD

NAOMI’S BEETROOT SALAD
6 cups cooked beetroot (not too soft)
2 large onions, diced

Cook together in pot for 10 min:
500 ml brown vinegar
750 ml sugar
15 ml curry powder
5 ml salt
2,5 ml black pepper
Add onions and cook through.  Thicken sauce with ½ cup maiziena dissolved in ¼ cup water.
Add beetroot, cook through on low heat and bottle hot.
Enjoy!!!
Photo: Rita Olivier
Recipe posted by Rita Olivier




TUISGEMAAKTE “BAKED BEANS”


TUISGEMAAKTE “BAKED BEANS”
1 kg bone (rooi spikkel) oornag geweek en volgende dag sag gekook tot sous min is.

Voeg die volgende bestanddele by:
1 koppie wit suiker
½  koppie bruinsuiker
½  koppie asyn
20 ml kookolie
1 teelepel sout
1 teelepel braaivleis speserye
1 blikkie tamatie puree

Kook tot sous dik en die boontjies sag. Bottel warm.
Nota:  Jy kan bietjie maizena aanmaak met ‘n bietjie water en by roer indien jy die sous dikker verkies.  Kook tot weer goed deur dat die maisena kan gaar word.
Ek het hom bietjie verander, want hy is te soet vir my. Het nog tamatie paste en ook suurlemoen sap by gevoeg.
Foto:  Nicolette Papas
Resep: Beulagh Lombard




HEERLIKE TUISGEMAAKTE SOUSBOONTJIES

HEERLIKE TUISGEMAAKTE SOUSBOONTJIES
(sowat drie 250 ml-flesse)
250 g droë suikerboontjies (die wit boontjie)
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter

Was die boontjies (haal al die “klippies” uit) en week hulle oornag.
Dreineer en plaas in ’n kastrol.
Bedek met water en kook tot sag.
Moenie sout byvoeg terwyl dit kook, anders kook dit nie sag nie.
Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en die water heelwat verminder het.
Die gereg moet souserig wees.
Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies en seël dadelik.
Resep geplaas deur Nicolette Papas
Fotos: Nicolette Papas