TAMATIESOUS (BLATJANG)


TAMATIESOUS (BLATJANG)
Resep:  Rita Pretoius
FOOD LOVERS RECIPES
4 kg tamaties in blokkies
1 kg uie
5 koppies suiker
400 ml asyn

Kook die tamaties, uie, suiker en asyn saam tot sag.
Meng die volgende:
¾ koppie asyn
½ koppie water
3 eetlepels mosterdpoeier
2 ½ teelepels sout
2 eetlepels kerrie
4 eetlepels maizena
1 ½ teelepel borrie
Kook die 2de mengsel vir ongeveer 15 min, roer gedurig en voeg dit dan by die tamatiemengsel. Kook die hele mengsel goed deur en bottel warm in gesteriliseerde flesse. Kan koud of warm bedien word saam met braaivleis, op pap of net waarby jy wil, dit is ‘n heerlike sous om altyd in jou yskas te he.




MOSTERD PIEKELS / PICCALILLI


MOSTERD PIEKELS / PICCALILLI
2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer, groenbone, klein uitjies en murgpanpoentjies.
350 g sout
280 ml witsuiker
1 eetlepel mosterdpoeier
8 ml fyn gemmer
2 knoffeltoontjies- fyngedruk
1¼ liter wit asyn
6 eetlepels koekmeel
2 eetlepels borrie

Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke. Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinkel sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan. Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog af
Meng suiker, mosterdpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn in kastrol.
Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaar maar nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.

 

 




SOETGEPIEKELDE KOOL

sweet pickled cabbage

SOETGEPIEKELDE KOOL
16 koppies gekapte kool
3 koppies gekapte ui
4 koppies suiker
125 ml sout
3 koppies asyn
375 ml water
1 eetlepel pickling spice

Meng kool, uie en sout. Los oornag, dreineer en spoel een keer . Meng suiker,asyn en water. Knoop piekel spice in doek toe en voeg by kool. Bring tot kookpunt en kook dan stadig vir 5.min.
Verwyder piekel sakkie en vul flesse.
PS! jy kan gerasperde wortel bysit of groen en rooipeper vir kleur.

Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen




SOET- SUUR BEET

sweet and sour beet

SOET- SUUR BEET
6 koppies gaar beet gerasper of blokkies
2 koppies asyn
3 koppies suiker
1 teelepel sout
3 eetlepels maizena

Meng alle bestanddele in aparte houer.
Meng met beet
Bring tot kook
Bottel in voorbereide bottels en seël dadelik

Nota: Dit is n baie lekker resep!!!Ek hou van hom hy het nie uie in nie so as jy dit bedien is ‘n paar lekker vars uie skywe heerlik saam met dit.

Resep geplaas deir Anton Andreas Cilliers




KITS KERRIE GROENBONE

tested
KITS KERRIE GROENBONE
Kan koud of warm bedien word.
500 g bevrore of vars bone
2 uie fyn gesny
3 ml sout
200 ml suiker
200 ml asyn
10 ml kerriepoeier
15 ml mielieblom

Kook die bone, uie en sout tot sag, nie pap nie (10min) in water. Gooi die water af.
Voeg suiker en asyn by, kook vir 5 min.
Meng kerrie en mielieblom met bietjie water.Voeg by bone en kook vir 5 min. Roer aanhoudend. Kan bottel of net in yskas bere tot gebruik.
Ek het bietjie rosyne en gekapte vars pietersielie bygesit en dit was ook heerlik.

BRON EN FOTO: Rina Kleinhans




SOUSBOONTJIES

sousboontjies. 1
SOUSBOONTJIES
250 g droë suikerboontjies
50 ml suiker
100 ml asyn
10 ml sout
3 ml fyn swartpeper
50 ml botter

Was die boontjies en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ‘n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies.
Foto:  Rina Kleinhans

 

 




KERRIE BEET BLATJANG

Beetblatjangtested
KERRIE BEET BLATJANG
Vir elke 1,5 lt. Beet gebruik die volgende:
(gaar en gerasper of blokkies gesny)
2 groot uie
500 ml bruin asyn
300 g wit suiker
15 ml kerriepoeier
5 ml sout
50 ml mielieblom

Skil uie en kap dit op.
Verhit asyn en suiker stadig tot kookpunt; roer aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Voeg die beet en uie by en laat 10minute lank prut. Roer die kerriepoeier en sout by en laat die mengsel 5minute lank prut.
Maak die mielieblom met ‘n bietjie water aan en roer dit by die beetmengsel. Laat dit goed deurkook.
Bottel blatjang warm en verseel dit dadelik.

Bron: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Rina Kleinhans




INMAAK VAN PEPPEDEWS

pepperdews

INMAAK VAN PEPPEDEWS
STROOP:
1 ½ koppies asyn
1 ¼ koppies suiker
1 koppie water
paar gesnyde stukke vars gemmer
paar knoffelhuisies
2 teelepels peperkorrels
1 bay leaf of ‘n suurlemoen blaar
knippie sout
2 groen chilli’s

Sny stingels af en haal die pitte mooi uit.
Laat in ‘n oplossing van 4 teelpels sout op 2 koppies water lê oornag of ‘n paar ure.
Spoel môre baie goed af en maak droog.
Kook die stroop vir so 5 minute en gooi dan die peppedews by en kook weer 5 min.
Nie pap nie, nog styf.
Pak dan lekker styf in die bottels en gooi die stroop bo-oor.
Pak bo-op ‘n knoffel stukkie en ‘n gemmer stukkie net soos jy wil en verseël die bottels baie goed.
Laat dit vir so 2 – 3 weke staan of langer voor gebruik.
Baie lekker hoe langer dit staan, van myne staan al 3 jaar!
NS: skud die bottel sodat die sous in die gaatjies kan inloop voor jy dit verseël en gooi dan nog sous by as dit kort.




SOETRISSIE UIE

SOETRISSIE UIE
6 soetrissies – verskillende kleure vertoon mooi
240 g piekeluitjies gehalveer
3 knoffeltoontjies geskil
750 ml water
360 ml witasyn
2 peperkorrels
125 ml suiker
1 teelepel sout

Halveer soetrissies en ontpit. Sny in repe en plaas in bak. Voeg uie en knoffel by. Verhit water en asyn saam en voeg suiker en sout by. Roer tot suiker opgelos is en laat 2 minute satadig kook. Voeg groentes by en kook op. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.




GEPIEKELDE BRANDRISSIE

GEPIEKELDE BRANDRISSIE
600 g brandrissie (kan ook rooi wees, maar dan is dit baie sterker)
15 swartpeper korrels
5 lourierblare
2 eetlepels koljandersade of een eetlepel perperkorrels en een eetlepel mostertsade
5 teelepels sout
6 eetlepels strooisuiker
1 liter wit asyn
1 eetlepel paprika
1 teelepel borrie

Sny rissies oop en verwyder sade – indien verkies- Gooi kookwater oor rissies en laat 1 minute staan en dreineer. Plaas rissies, peperkorrels, lourier blare, koljander en geurmiddels in fles. Verhit suiker en asyn tot suiker gesmelt is en terwyl nog warm, nie gekook, gooi dit in fles. U kan dit ook deel in kleiner flessies soos u verkies