INGELEGTE KOMKOMMERSLAAI


INGELEGTE KOMKOMMERSLAAI
6 groot komkommers in skywe gesny met skil aan
1/2 koppie sout
Laat komkommers oornag in die soutwater le
Volgende stap:
4 uie in skywe gesny
3 koppies wit asyn
3 koppies suiker
1 eetlepel droë mosterd
½ eetlepel borrie
2 ½ eetlepels Maizena (ek vat so 3 eetlepels aangemaak met water)

Kook uie saam met asyn, suiker, mosterd en borrie vir 10 minute.
Bind met Maizena.
Voeg komkommers by en laat kook tot dit vinnig borrel.
Bottel warm, en draai die bottles syf toe.
GENIET DIT, WANT HIERDIE RESEP IS MET LIEFDE GEGEE
Resep: Delene Mostert

 




GEPIEKELDE KOMKOMMERS

SOETSUUR PEKEL KOMKOMMER

GEPIEKELDE KOMKOMMERS
Maak sommer in ‘n groot bottel en hou in die yskas vir die vakansie.
Die komkommer moet minstens 3 dae staan voor jy dit voorsit.

2 komkommers, in sowat 5 mm-skywe gesny
750 ml wit druiweasyn
160 g (200 ml) suiker
3 lourierblare
sowat 8 peperkorrels

Pak komkommer-skywe in ‘n groot fles. Bring asyn, suiker, lourierblare en peperkorrels tot kookpunt. Roer so af en toe tot suiker opgelos is. Wanneer die asyn net begin kook, gooi oor
komkommer in bottels. Maak toe en laat afkoel. Jy sal sien die komkommerskil verkleur. Wanneer dit heeltemal afgekoel is, hou in yskas tot benodig.

Resep: Marie Rheeder Troskie




BEETSLAAI-KERRIE BEETBLATJANG

Kerriebeetbladjang-slaaitestedbeetslaai-kerrieblatjang
BEETSLAAI-KERRIE BEETBLATJANG
Ek weet nie hoekom hulle dit beetblatjang noem nie, want dis eintlik net baie lekker ingelegde beet. So moenie dat die naam jou confuse nie, dit is nie ‘n chutney nie.

6 – 8 koppies gaar beet, in blokkies gesny of gerasper
2 uie, gekap
2 koppies suiker
2 koppies asyn
3 eetlepels Maizena (maak aan met bietjie lou water)
1 eetlepel matige kerriepoeier
1 teelepel sout

Meng suiker en asyn, kook matig en roer tot suiker opgelos het. Voeg uie en beet by en kook vir 10 minute. Sit kerrie en sout by en kook 5 min, sit die aangemaakte Maizena by en kook net deur.
Bottel warm in gesteriliseerde potjies.
nota: ek gooi so halwe koppie sweet chilli sous in vir ‘n lekker ekstra smakie.
Nota: Louise Groenewald
Ek het dit ook gister gemaak. Ek het ook die sweet chilli bygesit. Ek het 4 groot potte en 3 kleintjies op 3 kg beet uitgekry. Dalk kan jy dit by die resep sit as ‘n riglyn Rina? Mens wonder mos altyd “hoeveel gaan jy uitkry”.

1ste FOTO: Louise Groenewald
2de FOTO: Marié Fourie
BRON: (Tannie Sarie Kleu Kareedouw)
Resep aangepas deur Rina Kleinhans




BEET BLATJANG

beetblatdjang karintested

BEET BLATJANG
10 Groterige Beet. Dit maak omtrent 6 koppies gaar blokkies.
kook tot sag, trek skilletjie af, en sny in klein blokkies, en hou eenkant.
Kerf 3 uie nie te fyn nie, maar ook nie te grof nie.
Plaas beet, uie en 250 gram sultanas in pot saam met
2 koppies asyn
3 koppies suiker

Bring tot kookpunt
Voeg 3 eetlepel kerriepoeier, 1 teelepel sout en 1/2 teelepel Peper by.
Kook dit saam vir so 10 min.
Maak 45 ml Maizena aan met n bietjie water, voeg by, kook deur,
En bottel in gesteriliseerde flesse.
Sarel Swart by Marietha Meynhardt
Foto: Karin Klinck Pitout‎




KERRIEBONE


KERRIEBONE
Het toe my kerrie bone gemaak, en moet se dit is die lekkerste wat ek nog geproe het. Het die resep by my man se vriend gekry, was sy oume sin!
Kook saam tot sag:
2 diepborde gekerfde bone
2 diepborde gekerfde ui
1 desertlepel sout (10 ml)
Meng saam:
1 teelepel mosterdpoeier
2 desertlepels kerrie (10 ml)
2 teelepels borrie
2 eetlepels maizena
3 koppies suiker
3 koppies asyn
2 desertlepels stroop (10 ml)
Voeg by sag gekookte bone en prut vir 20 min.
Bottel in skoon flesse en seel dadelik.
Dit is heerlik
Resep: Janine Opperman




SOET GEPEKELDE UIE

PICKLED ONIONStested

SOET GEPEKELDE UIE

Ek gebruik net bloot 1 koppie suiker op ‘n bottel asyn (ek gebruik net swart druiwe-asyn, maak nie saak wat die resep sê nie). Dit kook ek saam tot die suiker opgelos is, pak die bottels vol klein piekeluitjies (het ook-al uieringe gebruik by gebrek aan piekels) giet die kokende asyn oor en bottel. Ek maak ook ander groente so in, blomkool en wortelrepies is besonder lekker.

RESEP:  Riana Viljoen
Heidi Minnaar Serfontein  se resep:
Hier is ‘n baie maklike een vir jou.
2 kg uie
½ bottel witasyn
2 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel sout
3 koppies suiker
Kook tot uie begin sag word, nie pap, voeg 4 eetlepels maizena by.
Kook 1 min en bottel warm.
Geniet




PICKLED CHILLIES – GEPEKELDE RISSIES

pickled chillies ellentested

PICKLED CHILLIES – GEPEKELDE RISSIES
Ek pickle gereeld my eie chillies:
Koop vars Jalapenos chillies spoel af, pak in bottels saam met die volgende:
1 knoffelhuisie (gekeneus)
1 eetlepel Roberson se pickling spice (boksie)
1 eetlepel suiker
1 teelepel sout
1 lourier blaar

Bring bruinasyn tot amper koopunt en giet oor die chillies! Verseël en berê vir ‘n maand voor jy dit gebruik! (Top asyn weekliks op todat die chillies dit nie meer ”opdrink” nie)
Resep:  Christabel Garisch
Foto:  Ellen Minnie




MURGPAMPOENTJIE PIEKELS

MURGPAMPOENTJIE PIEKELS
1,6 kg murgpampoentjies, ringe gesny (baby marrow)
5 knoffel huisies, gekneus
3-4 rissies, fyngesny
2 koppies suiker
2 koppies asyn
1 teelepel pickling spice
1 teelepel sout

Laat gesnyde myrgpampoentjies oornag in soutwater lê. Spoel volgende oggend goed af. Sit in kastrol en voeg res van bestanddele by. Kook tot deurskynend. Bottel warm.

Resep:  Marthie Grobler
Foto:  Marietjie Meraai Prinsloo –  Net meer Rissie ingesit en my knoffel net kleiner gesny




KERRIE GROENBONE

kerriebone Annelie

KERRIE GROENBONE
My seun eet glad nie groenbone of kerrie bone nie. Ek maak hierdie lekker een en ewe skielik eet hy nou kerriebone. Dis baie lekker en maklik.
2 kg groenbone
1 kg uie
1 bottel bruin asyn
2 koppies suiker
125 ml mielieblom (mazeina),
4 eetlepels kerriepoeier (nie sterk nie)
3 eetlepels borrie
1 teelepel droë mosterdpoeier 
2 teelepels sout 
halwe koppie appelkooskonfyt
Kook die bone tot nie pap nie. Snipper die uie en lê in gekookte water vir so 20 minute.
SOUS :
Meng nou droë bestanddele , behalwe die mielieblom. Gooi dit in pot met asyn en roer toe gesmelt. Roer die konfyt by. Meng die mielieblom met koppie water. Roer dit by die sous tot verdik. Gooi nou jou groenbone en uie by. Laat dit net goed deur kook. Bottel. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder

Resep: Maureen Jansen van Rensburg
Foto:  Annelie Van Wyk – Ek het so bietjie gemodify en ‘n rissie of twee ingesit.




INGEMAAKTE RISSIES (CHILLI’S)

ingemaakte chillies

INGEMAAKTE RISSIES (CHILLI’S)
1 bottel asyn (750 ml)
2 tot 3 koppie suiker
1 pakkie piekel speserye
rissies
rooi en geel soetrissies (Red & Green Peppers)
suurlemoen opstioneel

Kook rissies vir ongeveer 20 minute tot sag. Kook asyn, suiker en piekel speserye saam.
Skep die rissies in bottel(s). Sny die soetrissies in blokkies en sit tussen die rissies vir kleur. Giet die asynmengsel oor tot vol en seël dadelik.
Bere vir so 2 maande.
Wenk
Hierdie rissies is lekker net so of saam met kos. Ek neem partykeer ‘n suurlemoen en sny in dik skywe. Dan skep ek so lagie rissies in die bottel. Dan ‘n lagie soetrissie blokkies en dan ‘n dik sny suurlemoen. Die suurlemoene gee ‘n besonderse smaak aan die chilies.!!!

Resep en foto: Frik Lombard