MOSTERD GROENBOONTJIE SLAAI

tested

MOSTERD GROENBOONTJIE SLAAI
Baie lekker
2 kg gekerfte groenboontjies
1 kg gekerfte uie
1/2 kop droe mostert
2 kop suiker
2 teel sout
1 kop koekmeel
2 teel borrie
3 kop asyn
1 1/2 kop water
Kook uie en boontjies tot sag en gooi water af. Kook res van bestandele saam tot dik.
Gooi by boontjies, kook goed deur en bottel.

 




KERRIEKOOL MET PEPPADEWS

kerriekool marietested|

KERRIEKOOL MET PEPPADEWS
2 kg kool fyngekerf
1 ½ koppies ui fyngekerf
15 ml sout
25 ml mielieblom [Maziena]
625 ml asyn
25 ml kerrie poeier
750 ml suiker
750 ml water
8 peppadews fyn gekerf

Kook kool en uie tot so halfpad gaar en gooi water af.
Voeg weer 750 ml water by en kook tot sag en gaar.
Meng kerrie, suiker, en asyn en voeg by. Voeg peppadews by.
Kook so +- 5min.
Maak mielieblom aan met ‘n bietjie water en roer by, kook tot dik.
Wees versigtig dat dit nie brand nie.
Botter warm in voorbereide bottels.
Heerlik saam met braaivleis…
Foto: Marie Troskie
2de foto:  Peppadews uitgelaat en steeds baie lekker. – Gillian Vermeulen

AANGEPASTE RESEP DEUR BEULAH VISSER
Ek vind die asyn bietjie te suur en het die resep aangepas
Die resep wat ek gebruik het lees as volg:
2 koppies kool fyngekerf
1½ koppie ui fyngekerf
15 ml sout
25 ml maizena
625 ml asyn (hier het ek 250 ml asyn met 250 ml water vervang)
25 ml kerriepoeier
750 ml suiker
750 ml water




GROENTE PIEKELS

groente piekelstested
GROENTE PIEKELS
Resep jare gelede van ‘n vriendin, Mara gekry.
375 g groenboontjies
500 g wortels
1 medium koolkop
125 g knoffel
750 ml wit asyn
750 ml kookolie
1 pakkie piekel Masala
250 g sout
Kerf wortel, bone en kool.
Week in asyn en sout oplossing vir 2 dae.
Dreineer asyn baie goed. Voeg piekel masala, kookolie en fyngekapte knoffel by. Meng baie goed en skep in bottels, seël dadelik.

Resep: Dalene Brits
Foto: Marie Rheeder Troskie




ANET SE KERRIEWORTELS

kerrie wortels elzatested

ANET SE KERRIEWORTELS
2 kg wortels ( of 1 en ‘n halwe kg wortels en 500 gram pynappelstukke)
1 kg uie fyngekap en ‘n rukkie in water gekook
4 x 250 ml suiker
50 ml matige kerriepoeier
50 ml maizena
25 ml mosterdpoeier
5 ml sout
750 ml wit asyn
Skil wortels en sny in ringetjies, kook in soutwater tot sag.
Dreineer goed. Skil en kap uie fyn, kook ‘n rukkie tot sag en dreineer baie goed. Meng suiker, kerrie, maizena en mosterdpoeier-voeg asyn by en meng
goed. Verhit mengsel tot kookpunt. Voeg alle groente by. Laat goed deurkook en bottel warm.

Resep: Anet Grove
Foto: Elza Kemp




INGELEGDE WORTELS EN MIELIES

bottled carrotstestedingelegte-wortels-en-mielies-reg
INGELEGDE WORTELS EN MIELIES
Resep:  Anet Grove
Foto: Cherise Smith‎
FOOD LOVERS RECIPES
1½ kg wortels
500 ml pitmielies
4 uie fyn gesnipper
1 blikkie ingelegde tamaties
1 pakkie Royco tamatiesoppoeier
500 ml suiker
400 ml witasyn
250 ml kookolie
25 ml worcestersous
10 ml mosterdpoeier
5 ml matige kerriepoeier
halwe teelepel borrie
sout en peper na smaak
Skil wortels en sny in klein blokkies.
( Gevriesde wortelblokkies kan ook gebruik word)
Kook groente in water met bietjie sout tot gaar.
Dreineer alle water af. Maak soppoeier met 30 ml water aan .
Plaas al die  ander bestanddele by die wortels in die pot saam met die soppoeier wat aangemaak is. Kook 8- 10 minute en bottel warm.

 




TOMATO CHUTNEY

tomato-chutney-magteldtested

TOMATO CHUTNEY
1.5 kg ripe tomatoes, washed, roughly chopped
400 g brown onions, chopped
2 cups (500 ml) apple cider vinegar
2 cups (440 g) caster sugar
2 teaspoon brown mustard seeds
1½ teaspoon black peppercorns
3 teaspoon salt

Place tomatoes, onions, vinegar, sugar, mustard seeds, peppercorns and salt in a large heavy-based non-aluminium saucepan. Stir over medium heat until sugar dissolves.
Increase heat to high and bring to the boil. Reduce heat to medium and simmer, uncovered, stirring occasionally, for 2-2½ hrs until the excess liquid evaporates and the mixture is thick
Spoon the hot chutney into 4 or 5 x 1-cup sterilised jars. Seal immediately and stand upside down for 2 mins. Turn upright and cool. Label and date jars. Leave for at least 2 weeks to allow the flavours to develop. Store unopened jars in a cool, dark place away from direct sunlight for up to 2 months. Once opened, keep in the fridge for 4-6 weeks. Make sure to use a clean spoon each time you remove chutney from the jar to prevent mould from forming
Photo:  Magteld Janse van Vuuren




SOETRISSIES IN OLIE

2013-10-16-soetrissies_n
SOETRISSIES IN OLIE
7 soetrissies
300 ml olyfolie
sout
4 knoffelhuisies
takkies roosmaryn
5 ml peperkorrels
30 ml suurlemoensap
3 brandrissies

Halveer en ontpit soetrissies.
Bestryk met bietjie olie en bak vir ± 20 min by 200°C totdat swart en opgepof.
Trek skille af en sny vleis in groterige repe. Sout liggies.
Skil en kneus knoffel. Pak rissies, roosmaryn, en peperkorrels in gesteriliseerde flesse.
Giet suurlemoensap oor en bedek met olyfolie. Verwyder lugblasies.
Verseël en bewaar in koelkas. Gebruik na 3 dae en binne drie maande.
Ek het ekstra virgin olyfolie gebruik, geen brandrissies nie.
Het knoffel, peper en roosmaryn na persoonlike smaak bygevoeg.
Onthou die rissies raak heelwat kleiner as die oorspronklike vorm na dit gebak is en ‘n mens het dus heelwat nodig om ‘n bottel vol te maak.
Ek het ‘n appelboks vol gebruik en het 5 middelmatige bottels uitgekry.

Lekker vir later Anette Human
Foto: Brunhilda Venter




INGELEGDE UIE (Mikrogolf)

1393658_3317770799031_112048258_n

INGELEGDE UIE (Mikrogolf)
Ek het te veel uie gehad, toe bottel ek ‘n paar.
5 uie, in ringe gesny
½ blikkie appelkooskonfyt
½ blikkie wit asyn
sout en kerrie volgens jou sterkte (smaak)
¼ koppie suiker
(Helfte van die klein konfyt blikkie vir so plus minus 5 tot 6 uie)

Kook die uie met water so 10 minute in mikrogolf oond. Gooi water af.
Voeg wit asyn, kerrie en bietjie sout met ¼ koppie suiker saam in mikrogolf en kook tot suiker opgelos is.
Gooi sous oor uie en laat staan oornag.
Bottel die volgende oggend.
Foto en resep deur Marie Rheeder Troskie

 




KERRIE GROENTESLAAI

groente slaai Wilnatested
KERRIE GROENTESLAAI
1 kg Hawaian stir fry groente
Kerrie sous:
1 koppie suiker
1 koppie bruinasyn
1 teelepel Kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel sout

Koop sous bestanddele saam – sodra dit begin kook, voeg groente by en kook vir 15 min. Verdik sous met so 15 ml maisena gemeng met bietjie water en kook nog so 5 min tot maizena gaar en sous dik is. Ek het resep 3 keer aangemaak vir 50 mense. Kan ook ander gevriesde groente gebruik.

BRON- Annalize Dorfling Du Plessis

N.S.- Marie Dumas Jennings
Dink nie ander groente gaan so lekker wees soos die stirfry nie en jy hoef niks te sny nie behalwe ek sny nog uie dun by – ui in kerrie is darem net yummy

Foto:  Wilna Dorfling




ZOETZURE KOMKOMMERS (SOETSUUR KOMKOMMERS)

soetsuur komkommers

Voor deze 4 potjes
5 komkommers
1 zakje inmaak kruiden ( of gekneusde peperkorrels)
1 liter azijn
300 gram suiker
Doe de azijn, suiker, inmaak kruiden in een pan en los de suiker op, schil de komkommers en maak er schaaf er dunnen plakjes van. Doe de komkommers in de azijn en kook dit een minuut of 5, doe de komkommers in de potjes en vul het bij met de azijn. Draai de deksel er op en laat ze 10 minuten omgedraaid staan.
Bewaren in een donkere ruimte

Resep en foto: Annet Geelhoed