GEBOTTELDE UIESLAAI

uieslaaitested

GEBOTTELDE UIESLAAI
2 kg uie (gekerf)
2 koppies suiker
2 koppies witasyn
1 hoogvol eetlepel maizena
4 teelepels kerriepoeier
4 teelepels borrie
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel sout

Hou ½ koppie van die asyn eenkant.
Voeg maizena daarby en hou eenkant. Plaas res van asyn en res van bestanddele in groot kastrol. Laat prut tot sag. Voeg maizena-mengsel by en kook goed deur. Verwyder van hitte en skep warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Bets Lourens
Tweede foto: Petro Kloppers

 




OUTYDSE SLAPHAKSKEENTJIES

slaphakskeentjies

OUTYDSE SLAPHAKSKEENTJIES
Kook 1 kg klein uitjies soos volg:
Verwyder skilletjies.
Maak snytjie aan wortelkant van elke uitjie.
Kook 40 minute in kokende water of tot uie sag is, nie pap nie.
Dreineer die water af en dreineer goed.
Berei intussen eier-suursous om oor uie te giet.
1 eier
2 eetlepels suiker
¼ teelepel sout
½ teelepel mielieblom
2 eetlepels asyn
2 eetlepels water
Maak die eier suursous in ‘n glas bak wat oor ‘n pot met kook water pas.
Klits eier goed en voeg res van bestanddele by.
Plaas glasbak oor pot met kokende water en klits aanhoudend met ‘n vurk tot dit begin verdik.
Verwyder van hitte en klits tot dit lig is.
Dien warm op vir groente of koud vir slaai.

Resep: Hannalie Kitshoff




INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS

2013-11-25-ingelegdeengelsekomkommers

INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS
6 Engelse komkommer gekerf in water (5 ure week)  saam met ½ koppie sout
750 ml wit asyn
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel mosterdpoeier
2 koppies suiker

Plaas in pot op stoof die laaste 4 bestanddele en kook deur.
Voeg die volgende en die komkommers by.
2 groot uie gekerf
1 rooi soetrissies gekerf
Heel peper korrels (aditioneel)
Kook vir 10 min.
Bottel warm.

Resep: Elsa Van der Westhuizen
Foto: Malie Louw




GEMMER – LEMOENWORTELSLAAI

gemmerwortels

GEMMER – LEMOENWORTELSLAAI
80 g suiker
5 ml gemaalde gemmer
10 ml mielieblom
60 ml asyn
750 ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies
15 ml olie
10 ml gerasperde lemoenskil ( opsioneel)

Meng suiker, gemmer en mielieblom in ‘n kastrol. Voeg asyn geleidelik by en kook by lae hitte tot dik. Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig. Voeg lemoenskil laaste paar minute by. Skep dadelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas na oopmaak
Nota:  Gillian Bredenhann
Dit is glad nie souserig of loperig nie. Die wortel verhouding (ek het 10 wortels gebruik) is net reg vir die hoeveelheid sous. As jy sou verkies om ‘n loperige sous saam met die wortels te hê, sal jy dit beslis moet verdubbel
Foto  Gillian Bredenhann




KERRIEWORTELSLAAI

KERRIEWORTELSLAAI
2 kg geelwortels
1 kg uie
2 groen soetrissies
1 liter witasyn
800 g witsuiker
150 g pitlose rosyne
15 ml sout
5 ml heel kruienaeltjies
5 ml swart peperkorrels
50 ml mielieblom of meer indien nodig
50 ml kerriepoeier
10 ml borrie
250 ml water

Skil die wortels en sny in skyfies of soos verkies.
Bedek die gesnyde wortels met water en kook tot net sag.
Skil en halveer die uie en sny dit in dun skyfies op.
Maak die soetrissies skoon en sny in lang, dun strokies.
Bedek die uie en soetrissies met kookwater en laat staan dit ongeveer ‘n kwartuur.
Dreineer die wortels- en uiemengsel, en plaas dit in ‘n lekker groot pot.
Kook die asyn, suiker, rosyne, sout, naeltjies en peperkorrels stadig saam in ‘n aparte potjie tot die suiker opgelos is, voeg dit by die wortelmengsel en bring tot kookpunt, kook lekker deur.
Meng die mielieblom, kerriepoeier en borrie met die water en voeg dit by die wortelmengsel in die pot.
Verhit tot kookpunt en kook dit matig vir ongeveer 10 min, roer af en toe.
Indien die sous te dun is, kan nog bietjie mielieblom aangemaak word met bietjie water en bygevoeg word.
Kook net goed deur.
Bottel die kerriewortelslaai warm in goed voorbereide flesse en verseël dit dadelik.
Bron:  Rina Kleinhans – onbekend




LEKKER TAMATIE MACARONI

LEKKER TAMATIE MACARONI
Resep: Marina Hamilton-Walker
FOOD LOVERS RECIPES
10 groot tamaties
8 groot uie
Skil en sny bogenoemde in blokkies.
Braai tamaties en uie in ‘n groot pot in bietjie olie, voeg die volgende by en braai/kook tot dik en taai teen matige temperatuur. Roer kort kort:
1 koppie suiker
1 teelepel peper
1 teelepel neutmuskaat
¼ teelepel naeltjies
25 ml sout
125 ml appelkooskonfyt
Voeg dan by:
¼ pak noodles van jou keuse gaar gemaak
½ koppie asyn
Kook vinnig deur.
Bottel warm in voorbereide bottels of laat koel af en vries.
HEERLIK VERBY.




INGELEGDE UIE EN KOMKOMMERS

INGELEGDE UIE EN KOMKOMMERS
4 groot uie in ringe gesny
1 groot engelse komkommer
Kook 1 koppie water, voeg uie en komkommer in en kook tot droog
Voeg by:
1 koppie asyn
1 koppie suiker
2 eetlepel kerriepoeier
2 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel pietersielie en tiemie (opsioneel)
Kook tot suiker opgelos, moenie droogkook nie, Meng 2 eetlepels mielieblom met 1 koppie asyn en voeg by, kook tot verdik, bottel dadelik warm
Resep: Lizelle Lehman De Jager




KERRIE SOUSBONE

kerriesousbone
KERRIE SOUSBONE

Hier is ‘n nuwe inlê lekkerte vir die Food Lovers. Ek is besig om sousbone in te lê en het een kooksel gekerrie en dit het baie lekker uitgekom. Dis my eie resep.

1 pakkie suikerboontjies (500 g), sorteer hulle en verwyder klippies ens. (oornag geweek)
1 eetlepel olie
3 uie, gekap
1 teelepel knoffel, fyn gekap
1 eetlepel borrie
3 teelepels Amina’s kerriepasta
1 ¼ koppies witasyn
1 ¼ koppies suiker
5 ml Ina Paarman geurselsout
3 ml gewone sout
Plus/minus 2 eetlepels Maizena om mee te verdik.

Kook die boontjies tot sag in skoon water (sonder sout).
Dreineer van die water af tot daar omtrent ‘n koppie water oorbly as die boontjies gaar is.
Voeg die olie, knoffel, uie, borrie en kerriepasta in ‘n aparte pot en braai dit baie stadig vir 5 minute. Verwyder van die hitte.
Roer die suiker en asyn by, asook die soute.
Roer tot suiker opgelos het.

Voeg nou die kerriemengsel by die gaar boontjies en bring dit stadig tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie van die sous in die pot en meng goed deur terwyl dit stadig kook en verdik.

Bottel dit dadelik in warm gesteriliseerde flessies en plaas onderstebo tot afgekoel.

Notas:
Ek het ligte bruinsuiker gebruik en wit asyn (PnP se maak)
Jy kan witsuiker gebruik, myne was net bietjie min.
As jy nie kerriepasta in die hande kan kry nie, gebruik Rajah medium kerriepoeier, omtrent 15 – 20 ml. Net gewone sout en bietjie swart peper sal ook reg wees.
Ek het 5 flessies (heuning flessie grootte) uitgekry. En ‘n bietjie vir proe
Ek het ‘n tregter van ‘n melkbottel gemaak wat ek afgesny het en dit werk soos ‘n bom. Spoel al die lepels ens. wat jy gebruik met kookwater af.
Dit het onder R25 gekos om te maak. Heerlik!

Louise Groenewald



PEPPADEW PICKLES

peppadew piekels
PEPPADEW PICKLES
Ek kook my peppadews in gelyke dele suiker, water en asyn met bietjie picklingspice wat in weggooi doekie toegebind is, vir 5 minute en bottel warm en bere 2 weke voor gebruik. baie lekker.

BRON: Anne-Marie Jansen van Vuuren




PIEKEL UITJIES

1465407_10202388606624391_608171359_n
PIEKEL UITJIES
1 kg uie
1,2 liter asyn ±
200 ml suiker
20 g piekel speserye – bind toe in sakkie, ek het myne los ingesit
15 ml sout – vir soutwater waarin uie moet lê
Skil uie en los in soutwater.
Kook asyn, suiker en speserye vir 10 minute.
Voeg uie by nadat dit afgespoel is. Kook nog 10 minute.
Bottel warm.
Resep en foto: Annelie van der Merwe-Kruger