Vuurwarm brandrissie olie.
Vir die ouens wat van brandgoed hou.
12 gedroogte rooi rissies
480ml sonneblomolie
22,5 ml rooipeper
30ml sesame olie
Metode:
Kap rissies fyn.
Voeg olie by en prut vir 10 min. Pasop vir te warm word moenie olie oorverhit.
Laat afkoel.
Roer rooipeper en sesame olie by. Roer goed. Sit deksel op en laat 12 uur staan..
Volgende dag syg olie deur n moeselien doek..
Gooi in gesteriliseerde bottel.
Voeg 3 of 4 heel rissies by. Dit moet droe rissies wees.
Verseel bottel.
Rissies wat in olie gebraai word stel sy geur gouer vry.
Kan gebruik word om vleis gaar te maak, of as slaaisous.
Gee n heerlike geur aan kos.
Alletta Strydom
BENHET SE PAMPOENPIEKELS


BENHET SE PAMPOENPIEKELS
Wow en was ek nou verras!!!!!
Dis wraggies lekker. Sal dit soma so eet of as ‘n slaai bedien
Ekke het die resep uit die kokkedoor boek gebruik. Hom net die helfte aan gemaak en ook die tamaties uitgelos. En het gewone anys gebruik en nie ster anys ni! Ek het ook gewone uie gebruik, Lourieblaar en knoffel ook uit gelos. Maar 7 ml pickel spice by gesit. Sal dit beslis weer maak!!!
1,5 kg geskilde pampoen in blokkies gesny
500 g kersietamaties
300 g piekeluitjies, geskil en in kwarte gesny
100 g sout
Ysblokkies
2 koppies asyn
500 g suiker
1 eetlepel mosterdsaad
5 wonderpeperkorrels
8 steranys
4 ml fyn kruienaeltjies
4 ml knoffelhuisies, gekap
4 loerieblare
300 g murgpampoentjies in blokkies gesny
500 g fetakaas
Plaas die pampoen, tamaties en uitjies in ‘n groot bak en strooi van die sout oor. Plaas ysblokkies bo-op en laat 10 min staan.
Kook asyn, suiker, mosterdsaad, wonderpeper, steranys, kruienaeltjies, knoffel en lourierblaar 10 min lank saam. Giet dit deur ‘n sif om die heel speserye uit te haal. Giet die asynmengsel terug in die kastrol.
Spoel die ys en sout af, dreineer die groente en voeg die murgpampoentjies by! Voeg by die asynmengsel en verhit tot kook punt.
Pak die groente en getakaas in lae in gesterliseerde flesse en giet die kokende piekelmengsel bo-oor!
Seël
FOTO- Benhet Nieuwenhuis
INGELEGDE GROENTE SLAAI
INGELEGDE GROENTE SLAAI
1 blomkool
5 wortels
2 medium uie
2 groot komkommers
Sny al die groente op en laat le in soutwater vir 24h.
(1 koppie sout op 5 liter water)
Dreineer en spoel af onder kraan. Kook water, gooi groente in as water begin borrel. Kook 2-3 min. Dreineer. Laat staan vir 1 uur.
SOUS:
2 ml gemmer
2 ml borrie
375 ml asyn
180 ml bruinsuiker
15 ml maizena(Meng met bietjie water en voeg by nadat alles gesmelt het.)|Laat kook.
Voeg Groente in potjies en gooi warm sous oor. Maak dig toe met deksels
Bron: Heidi Rowe
Foto: Wilna Dorfling
PAMPOEN CHUTNEY
PAMPOEN CHUTNEY
(voor drie potjes van 230 ml)
600 gr pompoen (schoongemaakt gewicht)
2 uien
3 friszoete appels (bijvoorbeeld Elstar)
10 cm gemberwortel
1 rode peper
1 tl zwarte peperkorrels
400 ml witte wijnazijn
250 gr suiker
1 el zout
Schil de pompoen en snijd in blokjes. Pel en snipper de ui, Schil de appels, verwijder het klokhuis en snijd in blokjes. Doe alles bij elkaar in een grote pan met een dikke bodem. Schil de gember en rasp boven de pan.
Hak de rode peper fijn.
Voeg de peper toe aan de oan, samen met de peperkorrels, zout, suiker en azijn.
Breng alles aan de kook en laat met het deksel schuin op de pan 1 uur zachtjes koken tot jamdikte. Pureer eventueel met de staafmixer tot een grove puree.
Schep de chutney in schone potjes. Vul de potjes tot bovenaan en draai de deksel erop.
Laat de potjes 5 minuten omgekeerd staan en zet ze dan weer rechtop. Laat verder afkoelen en plak er etiketten op.
In Afrikaans -• (vir drie potjes van 230 ml)
600 gr pampoen (skoongemaak gewig)
2 uie
3 soet appels (byvoorbeeld Elstar)
10 cm gemmerwortel
1 rooi peper
1 teelepel swart peperkorrels
400 ml wit wynasyn
250 gr suiker
1 eetlepell sout
Skil die pampoen en sny in blokkies. Skil en snipper die ui, Skil die appels, en sny in blokkies. Gooi alles by mekaar in ‘n groot pan met ‘n dik bodem. Skil die gemmer en rasper bo die pan.
Maak die rooi peper fyn.
Voeg die peper by, saam met die peperkorrels, sout, suiker en asyn.
Bring alles tot kookpunt en laat met die deksel skuins op die pan 1 uur saggies kook tot jamdikte. Pureer eventueel met die staafmixer tot ‘n growwe puree.
Skep die blatjang in skoon potjies. Vul die potjies tot bo en draai die deksel daarop.
laat die potjes 5 minute omgekeerd staan en sit dit dan weer regop. Laat verder afkoel en plak daar etikette op.
Bron: Annet Geelhoed
LEKKER KERRIEBOONTJIES
LEKKER KERRIEBOONTJIES
Ek het vanaand my eerste kooksel kerrieboontjies gemaak en is nogal heel trots op myself:
2 kg boontjies, gekerf
2-3 groot uie fyngekap
2 koppies suiker
3 koppies asyn
1 eetlepel sout
2-3 eetlepels matige of sterk kerrie (na gelang van eie smaak)
1 hoogvol teelepel borrie
1 eetlepel mielieblom
Kook boontjies saam met uie en sout in water tot sag.
Dreineer water en voeg 2 koppies asyn en die suiker by
Prut stadig oor lae hitte
Meng die kerrie, borrie, mielieblom en oortolige koppie asyn saam en voeg by mengsel
Kook goed deur en roer gereeld, pasop vir aanbrand
Skep in bottels en seel goed
Geniet
Foto: Dawid Conradie
GROENTE PIEKELS GELê IN SOUT


GROENTE PIEKELS GELê IN SOUT
Pak jou groente in lae met growwe sout tussen in ‘n bak. Laat die 2 dae in hierdie droe pekel lê. Was dit baie goed af in koue water en maak seker dit is droog. Pak op vadoek vir ‘n ruk om goed droog te word. Pak groente in bottels nie te styf. Kook 500 ml goeie asyn en 1 eetlepel pickling spices en ‘n klein bietjie suiker stadig vir ongeveer 10 minute. Laat afkoel. Syg die asyn mengsel deur ‘n sif of doek om spices uit te haal. Vul bottels met groente tot vol en seel.
Nota: Was baie goed af in skoon water. Die tannie wat my die resep geggee het, het klem gelê dat dit groente goed droog moet wees. Ek pak enkel laag op vadoeke buite in die son. Heerlikste piekels en crisp na jare in die spens.
Marna het laat weet dit is baie sout en dit is Elize se antwoord: Nou na jou foto gekyk. Sien ek sampioene en eiervrug? Onthou dit is soos ‘n spons en nie seker of die resep gaan werk nie. Ek het met sukses, uitjies, blomkool en gerkin gedoen.
So jammer wat jou oorgekom het. Miskien moet ons die resep meer duidelik maak, want sampioene, greenpepper, chilli en eiervrug kan nie so gepiekel word nie.
Resep: Elize de Kock
Foto: Marda Pienaar
GROENTE-PICCALILLI
sowat 500 – 600 ml
200 g klein worteltjies
400 g blomkool
1 groot ui, gekap
180 g groenbone
125 ml water
35 g (75 ml) mielieblom
150 ml water
700 ml appelasyn (cider vinegar)
65 ml fyn appelkooskonfyt
10 ml mosterdpoeier
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 ml sout
Plaas wortels, blomkool, ui en bone in ’n mengbak. Giet kookwater oor en laat staan 5 minute. Dreineer in ’n vergiettes. Meng die 125 ml water met mielieblom tot ’n gladde pasta. Plaas die 150 ml water, asyn, appelkooskonfyt, mosterdpoeier, kerriepoeier, borrie en sout saam in ’n kastrol. Voeg die mielieblompasta by en bring tot kookpunt. Laat 10 minute oop kook en roer nou en dan. Voeg gedreineerde groente by en laat nog 5 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels.
GROENTE ATJAR



Resep: Vanessa Fourie Willemse
Foto: Elize Senior Wolvaardt – Ek het die groente atjar se reseppie gebruik en slegs wortel, 3 knoffeltoontjies en kool gebruik.
2 de Foto:Nicolette Papas
GIDEON SE BEETSLAAI
GIDEON SE BEETSLAAI
kook 1,5 – 2 kg beet tot gaar
Sous :
500ml water
500ml asyn
500ml suiker
2ml sout
2ml fyn naeltjies
2ml kaneel
2ml gemmer
1ml swart peper
bring al die doud bestanddele tot kookpunt, sit gaar bete in mengsel en verlaag hitte prut dan vir 20 min.
Sny twee groterige uie op in ringe en skep saam met bete in gesteriliseerde potte !
Vul op met die sous, en seël.
Nota: Uie moet rou wees
Resep en foto: Gideon Louw





