PEPPADEWSOUS

peppadew soustested
PEPPADEWSOUS

750 ml suiker
400 ml druiwe asyn
60 ml mielieblom
500 ml water
2 groot uie fyn gekap
6 vars huisies knoffel, fyn
3 cm vars gemmer fyn
4 granny smith appels fyn
500 ml x 5 bell-peppadews fyn
10 ml sout

Bring suiker, asyn, water en sout tot kookpunt in kastrol, kook 10 minute vinnig.
Voeg ui, knoffel, gemmer, appel en peppadews in kokende stroop.
Kook 15 minute vinnig, roer gereeld met houtlepel.
Meng mielieblom in klein bietjie
koue water en voeg by. Kook stadig vir nog 10 minute. Bottel warm. Enjoy!

Floraine Wasserman Venter.

Variasie
Jozua de la Harpe
as jy more weer maak bak jy die pepadews uie, gemmer, green en red peppers, appel, knoffel en ander in die oond met bietjie olyfolie, daarna voedselverweker toe. Voeg nou druiweasyn suiker en ander by. Los net die water of baie min. Gooi bietjie sout, koriander, mosterdsaad en komyn ook by. Nou bottel jy dit. Smaak totaal anders. Jy sal verbaas wees.




EIERVRUG BLATJANG MET RISSIES

2014-05-16-eiervrugbladjangtested

EIERVRUG BLATJANG MET RISSIES
3 groot eiervrugte, geskil en in blokkies gesny (ongeveer 1 kg)
sout
6 uie, geskil en grof gekap
6 tamaties, geskil en gekap
1 green pepper, ontsaad en gekap
olie om in te braai
4 koppies suiker
750 ml wit asyn
30 ml kerrie poeier
15 ml borrie
45 ml Maizena
5 ml sout
250 ml olie
2.5 ml fyn koljander
½ koppie rosyne
2 of 3 rissies ( opsineel )

Sprinkel eiervrug blokkies met sout en los vir 30 min in ‘n vergietes.
Spoel goed af.
Dreineer goed.
Braai uie, tamatie en green pepper in bietjie olie tot uie sag is.
Gooi in ‘n pot saam met eiervrug.
Voeg die res van die bestanddele by.
Bring stadig tot kookpunt.
Roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
Kook tot meeste van vloeistof verdamp is en lekker dik.
Bottel en verseël dadelik.
Maak ongeveer 1. 8 kg.
Resep geplaas deur Maryna Coetzee Momberg‎
2de foto:  Christine Matthee Le Roux




INGEMAAKTE EIERVRUG

2014-05-14-botteltested

INGEMAAKTE EIERVRUG
4 tot 6 eiervrugte
4 tot 6 knoffelhuisies
750 ml asyn
750 ml sonneblomolie
sout
375 ml water

Voeg knoffel by olie en staan 24 uur
Sny eiervrugte met skil en al in 1.5 cm skywe
Strooi sout oor, laat in vergiettes vir 30 min
Was en droog
Verhit asyn en water tot kookpunt
Kook skywe vir 3 tot 5 minute, NIE PAP kook
Skep skywe in gesterliseerde flesse met gleuflepel
Pak lae in flesse, en skep knoffelolie laag oor elke laag
Verseel lugdig
Laat tenminste 5 dae staan voor gebruik
Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter




ELIZE SE OONDGEDROOGDE TAMATIES

oondgedroogte tamatiestested
ELIZE SE OONDGEDROOGDE TAMATIES

genoeg vars kersie- of ander klein tamaties om twee groot bakplate vol te maak
klein bietjie growwe sout
125 ml (½ k) olyf- of avokado olie
60 ml (4 e) balsamiese asyn
60 ml (4 e) bruinsuiker of heuning
peper
paar takkies vars kruie, bv tiemie

Verhit oond tot 180 °C. Halveer tamaties in die lengte en pak met die gesnyde kante na bo, in ’n enkellaag op bakpapier, op bakplate uit.
Sprinkel met ’n klein bietjie growwe sout en bak teen 180 °C vir so 20 minute om die ergste vog te laat verdamp.
Draai dan die oond na 100 °C, soos wanneer jy beskuit uitdroog en laat die oonddeur effens oop. Droog die tamaties tot so droog soos jy verkies. Ek het myne so vir ’n uur of wat uitgedroog, want ek hou daarvan nog effens sag – nie papier-droog nie. Onthou, hoe groter die tamaties, hoe langer sal dit uitdroog.
Maak intussen ’n mengsel van die olie, asyn, suiker of heuning en geur met sout en peper.
Steriliseer ’n glasbottel of twee, groot genoeg vir die hoeveelheid tamaties en pak hulle daarin. Sit ’n paar vars takkies tiemie of basiliekruidblare tussen-in en skink die marinade oor om die fles te vul. As jy nog marinade nodig het, meng twee derdes olyfolie met ’n derde balsamiese asyn en geur met ’n bietjie heuning, sout en peper.
Onthou: Soos jy die tamaties gebruik, moet jy seker maak dat die boonste tamaties altyd toe is met ’n bietjie ekstra olie, so vul dit aan soos nodig.

Wenk
Gebruik ’n gegeurde avokado-olie, soos die knoffel-geur as jy die tamaties ’n spesifieke geur wil gee.

BRON EN FOTO: Elize Van Wyk
: Kersie of Romanza tamaties gehalveer. Genoeg vir 2 bakplate, pak met gesnyde kante na bo!
Gooi bietjie growwe sout, growwe swart peper en Ina Paarman’s Rosemary & Olive speserye oor. Bak teen 180 grade vir eerste 20 minute, daarna op 100 grade met ddeur effens oop vir omtrent 2 ure. Toets maar hoe sag of droog jy dit wil he. Pak die tamaties saam met vars Roosmaryn in gesteriliseerde bottels. Maak dan sous deur 250ml olyf olie, 3 eetlepels balsamic asyn en 2 eetl heuning stadig te verhit en te meng, moenie kook nie. Gooi oor tamaties en seel. Maak seker al die tamaties is toe onder mengsel!




GEPRESERVEERDE EIERVRUG

GEPRESERVEERDE EIERVRUG

“Daar is iets heerliks in om seisoenale groente in te lê. In die proses spaar jy geld en weet dat jou produk sonder preserveermiddels is. Hoekom probeer jy dit nie? Eiervrug is tans in seisoen, so koop ʼn boks en lê dit in vir die wintermaande wat voorlê. Hier is drie geurige maniere”.

Soutpreservering

“ʼn Lekker happie of voorgereg om met mezze-bord of op ʼn bruchetta te bedien. Soos met die volgende resep, maak of breek die gehalte van die olyfolie die produk – gebruik dus die beste wat jy kan bekostig”.

(Genoeg vir ʼn 1 liter fles)

1.5 kg eiervrugte, gesny (omtrent 4 groot eiervrugte)
4-8 knoffelhuisies, gesny
ʼn hand vol vinkel of dille
ʼn hand vol seesout
Goeie kwaliteit ekstra suiwer olyfolie (soos Willow Creek)

Pak die eiervrugsnye in lae met die knoffelhuisies en vinkel of dille in ʼn keramiek- of glasbak. Strooi die sout bo-oor en sit ʼn bakplaat bo-op om dit af te druk. Plaas in die yskas. Gooi die vloeistof wat afkom gereeld af (dit kan tot vier weke neem). Pak in gesteriliseerde flesse en gooi olyfolie oor. Bêre tot vier maande in die yskas.

Oliepreservering

“Jy kan die eerste stap los en olyfolie koop wat met knoffel gegeur is. Dit kan net soos by die soutresep gebruik word en is ʼn ongewone, maar smaaklike bestanddeel vir ʼn slaai”.

(Vul ongeveer ʼn 500ml fles)

8 knoffelhuisies, fyngedruk
3 k goeie gehalte ekstra suiwer olyfolie (soos Willow Creek)
6 groot eiervrugte
3 k witwynasyn
Goeie gehalte ekstra suiwer olyfolie (soos Willow Creek)

Maak die knoffelolie deur die knoffel by die olie te gooi en dit twee dae te laat staan om in te trek (of koop knoffelolie). Sny die eiervrug in snytjies en besprinkel met seesout. Laat staan 1 uur in ʼn vergiettes sodat die vloeistof kan dreineer. Skud die ekstra sout af. Bring die asyn tot kookpunt en kook die eiervrugsnye 3 minute lank in sarsies. Dit moet sag wees, maar nie vorm verloor nie. Pak dit in ʼn gesteriliseerde fles, gooi die knoffelolie oor. Seël en laat staan een maand om geure te ontwikkel.

Eiervrugblatjang

“Heerlik met kerrie of op ʼn kaasbord”. (Vul ongeveer ʼn 250ml-fles)

100 ml olyfolie
2 uie, gerasper
8 knoffelhuisies, fyngedruk
1e swartpeper
2e soet paprika
2e komynsaad
2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
6 rissies, gesny
1e witwynasyn
3e suiker
2 groot eiervrugte, in blokkies gesny
Suurlemoensap na smaak

Verhit die olie en braai die uie vyf minute saam met die knoffel, peper, paprika en komynsaad. Voeg die tamaties, rissies, asyn, suiker en eiervrug by. Prut 30 minute. Voeg suurlemoensap na smaak by. Hou tot een week in die yskas.




KERRIE TAMATIES GEBOTTEL

 

kerrie tamaties gepiekeltested
KERRIE TAMATIES GEBOTTEL

3 kg tamaties skille af, en in stukke gesny.
1 kg uie geskil en gekerf en in stukke gesny.
2-4 koppies suiker. 1 eetlepel sout
3 eetlepels maizena
2 eetlepels kerrie na smaak
2 teelepels rondvol borrie
1 en ñ halwe koppie asyn.
METODE
Kook tamaties en uie saam vir 15 minute met deksel op. Haal dan die deksel af en kook tot mengsel dikkerig is.
Meng suiker, sout, maizena, kerrie en borrie in klein bakkie, voeg asyn by en meng, voeg mengsel by tamaties en uie en kook goed deur, bottel warm in gesteriliseerde bottels.

Bron: Christine Louw Boalch




SOETSUUR GHERKINS

2014-05-03-gherkinstested

SOETSUUR GHERKINS
3 kg gherkins
500 g suiker

750 ml asyn
250 ml water
1 teelepel sout
1 teelepel borrie
1 teelepel dill
1 teelepel mosterdsaadjies
3 stukke droë gemmer
5 suurlemoenblare of lourierblare

Berei flesse voor. Plaas ‘n skyf ui onderin elkeen.
Was gherkins met sponsie of borsel om stof en/of grond te verwyder.
Sny koppies af en sny in skyfies.
Voeg al die bestanddele in ‘n pot (behalwe die gherkins) en kook.
Voeg gherkins by. Roer van tyd tot tyd.
Laat kook totdat die groen kleur van die skilletjies in liggroen verander.
Kook ‘n verdere 15 minute.
Haal die suurlemoen/lourier blare en die gemmerstukke uit.
Bottel warm.
Sophia Bester Agenbag het jare gelede die resep by Marina Siebrits van Wellington gekry.




INLE VAN OLYWE

INLE VAN OLYWE

Anita Groenewald Olderwagen
Olywe moet elke dag 2 keer gespoel word soggens en saans anders raak mens nie somer van die bitter onslae nie

As ek hulle bottel die dag voor jy begin bottle laat ek die olywe le in helfde water en asyn die volgende dag bottel ek met sout water en gooi lagie olyf olie bo op jy kan roosmaryn en chillies insit vir ander smaak




HESTER EN WIAN SE INGELEGDE SAMPIOENE


HESTER EN WIAN SE INGELEGDE SAMPIOENE
Ek en Wian het sampioene ingemaak wat baie goed hou.
1 kg sampioene
15 ml mosterdsaad
dill
200 ml asyn
4oo ml water
15 ml sout
15 ml suiker
2 lourierblare
roosmaryn
15 ml peperkorrels

Was sampioene en kook vir 5 minute in kokende water met ‘n knippie sout.
Dreineer en laat afkoel.
Pak sampioene in glasflessies.
Kook water, asyn, sout suiker, lourierblare, roosmaryn peperkorrels saam vir 1 min.
Sprinkel mosterdsaadoor sampioene en sit stukkies dill bo-op.
Gooi warm vloeistof oor sampioene en seël flesse.
Baie lekker in slaai, op pizzas, ens.
Resep:  Hester Erasmus




Ingemaakte Groen olywe

 

groen olywe ingeletested


Was die olywe goed af in koue water. Hanteer liggies want groen olywe kneus maklik en maak bruin merke. Gooi 56 g bytsoda (caustic soda) by 4½ liter koue water. Roer water sodat bytsoda goed oplos. Verdubbel na gelang van hoeveelheid olywe. Voeg olywe by. Olywe moet onder die water wees. Sit iets met gewig bo-op om die olywe onder die water te hou anders word dit bruin. Moet asb nie ‘n houer van blik, sink of aluminium gebruik nie – die bytsoda reageer met daardie metale en kan ‘n chemiese stof afgee. Gebruik plastiek, keramiek of vlekvrye staal.
Vir klein olywe laat staan 24 uur in mengsel. Vir groot olywe 48 uur
Spoel deeglik af in vars water.
Gooi olywe terug in houer met skoon vars water (bytsoda moet nou uitgevars word). Spoel olywe nou elke dag af vir plus-minus 1 week totdat water skoon is. Eerste afspoel is bruin-rooi, 2de afspoel begin water gelerig word en elke dag meer helder. Wanneer water absoluut skoon is en olywe nie meer ‘n seperige gevoel het nie, sit vir nog 1 dag in skoon water. Van tyd tot tyd sny ‘n olyf oop en proe daaraan totdat dit eetbaar is en nie meer die loogsmaak het nie (alles gebeur in dié week).
Berei flesse voor – sit geurmiddels in potte (indien verkies) soos bv knoffel, rissie, roosmaryn suurlemoen, ens of ‘n samestelling van geurmiddels.
In ‘n vlekvrye staal pot kook 2½ liter water en los 110 gram effens growwe sout (nie klipsout nie) daarin op. Terwyl water kook pak potte vol olywe – nie voor die tyd nie anders raak die olywe bruin. Gooi potte vol kokende sout water en verseël dadelik. Indien verkies kan bietjie olyfolie bo-op die olywe gegooi word om te keer dat die deksel roes. Laat staan ten minste 2 weke voor eet.

Sophia Bester Agenbag  – Jacques Agenbag