TAMATIEBLATJANG MET GEMMERWORTEL

 

tamatieblatjang pearltested

TAMATIEBLATJANG MET GEMMERWORTEL
Foto en  resep Pearl Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg tamaties geskil
2 uie in halwe ringe gesny
3 cm vars gemmerwortel
300 ml asyn/wynasyn
8 volle eetlepels bruinsuiker
2 teelepels fyn komyn

Sny die tamaties in stukkies, verwyder die harde kern, plaas in ‘n groot konfyt pot. Rasper die gemmerwortel oor die tamaties, in die pot. Voeg die asyn en komyn by en roer deur. Bring tot kookpunt kook, verlaag die hitte en kook sonder deksel. Kook tot die konfyt dikte eg toets, bottel in warm voorbereide bottels.
Jy kan ook ‘n bietjie aartappel meel of maisena by sit as jy dit dikker wil hê.

 

 




MARLENE SE INGELEGTE UIE

marlene se uietested
MARLENE SE INGELEGTE UIE
Blanseer die skoon gemaakte uie vir 10-15 min. in “chicken stock” op meduim hitte. Dit moet nie heeltemal sag wees nie.  Dreineer  die uietjies, en skep in ‘n glas potjie. Bedek met griekse slaaisous.
Sit die deksel op en hou in die yskas. Heerlik

As jy die uitjies wil warm eet kan jy dit dreineer vandat jy dit in die “chicken stock gekook het, weer terugsit in die pot en room oorgooi met fyn wit pepper en laat prut tot sag.

Resep en foto:  Marlene Thiart Travis




UIE BLATJANG

onion chutney

UIE BLATJANG
8 groot uie gekerf
brandrissie gekerf na smaak
200 g suiker
130 g rooi wynasyn
130 g balsamiese asyn
olyfolie

Braai die uie en rissie in olyfolie tot sag. Voeg dan die suiker by en braai vir sowat 10 minute. Voeg die asyne by en laat saggies prut tot meeste van die vog verdamp het. Sit dit in ‘n glashouer en bere in die yskas.

 




MAKLIKE SOUSBONE

2014-11-10-sousbonetested

MAKLIKE SOUSBONE
Twee groot bottels sousbone gemaak!
2 koppie droë suikerbone
4 eetlepels maisena
4 eetlepels suiker
4 eetlepels bruin asyn
2 telepels sout

Was bone af week oornag . Spoel af en stoom in jou stoompot met so +-5 koppies water. Stoom net 10 minute,  meng nou al die bestanddele saam en roer by bone in.  Prut vir nog 3 minute tot sous verdik! Bottel dit in gesterliseerde droº bottels
Bron:  Elize Venter




Resep vir peppadews

pepperdewstested

Lekker! Kook gelyke hoeveelhede water, appelasyn en suiker. Suiker moet oplos.Jy kan bietjie peperkorrels byvoeg. Halveer Peppadews en verwyder pitte. Smeer jou hande met olie of trek handskoene aan. Dit brand! Laat kook so 2-3 min saam met water, suiker en asyn mengsel. Bottel.
BRON – Janine Strauss-Zandberg
Janine Strauss-Zandberg Just remember to wear gloves, when working with chillies, especially if you’re a contact lense user.




GROENTE PIEKELS

groente piekelstested

GROENTE PIEKELS
My resep, hoop dit gaan lekker wees!

So 2 kg Groente van keuse
1 liter witwyn asyn
300 ml water
1 eetlepel inle speserye
1 eetlepel mosterd saad
3 eetlepels heuning

Laat groente vir ‘n dag en half le met growwe sout tussen in. Was baie goed af met koue water en maak groente droog. Bring asyn, water, heuning, inle speserye en mostert saad tot kookpunt en verlaag dan hitte sodat dit stadig prut vir so 10 min. Pak groente in bottels en gooi mengsel oor groente deur doek/ fyn sif sodat speserye agter bly (ek het die mosterd saad in bottels gehou) tot bo en seel.

Resep en foto: Elize Van Wyk‎




VERSKILLENDE CHILLI SOUSE

tested

VERSKILLENDE CHILLI SOUSE
SOET-CHILLI-SOUS
75 g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie warm wil he nie – hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3 cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125 ml asyn
500 ml suiker
125 ml water
Sout na smaak

Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min – roer af en toe. Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseël

XXX HOT-CHILLI-SOUS
500 g rooi brandrissies
3 uie gekap
6 knoffelhuisies gekneus
750 g appelkooskonfyt [groot blik]
2 ½ koppies asyn
1 bottel *All Gold Tamatiesous
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepel komyn
2 teelepel paprika
1 teelepel seldery-saad
½ teelepel rooi peper
¼ teelepel fyn koljander
2 teelepel vars gekapte gemmer
4 koppies water

Plaas groente in jou voedselverwerker en kap grof fyn.
Kook vir ongeveer 45 min-50min stadig tot mooi blink
N.S Roer sodat dit nie aanbrand nie..Baie *HOT* en lekker

Martie Fourie Moolman
LEKKER CHILLI SOUSIE
Het verlede jaar soveel chillies gehad en alles daarmee gemaak wat ek kon, toe hierdie resep myself gepraktiseer en het dit nou weer gemaak,
probeer dit.
12 rissies (jy kan meer gebruik) die is ‘n klein hoeveelheid jy kan dit vermeerder.
2 uie gekap
5 vet knoffelhuisies gekap
1 ½ koppies asyn
1 koppie olie
1 blik gekapte tamaties
sout
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel all spice
1 teelepel naeltjies fyn
1 eetlepel selderysout
¾ koppie suiker
1 ½ koppies water
Kook alles saam vir 20 min en wizz, bottel.




SOET SUUR UITJIES

 

pickled onionstested

 BASEER OP RESEP IN LEKKER VIR LATER – ANETTE HUMAN

Gooi kookwater oor klein uitjies in ‘n bak. Laat staan vir paar minute. Dompel in koue water en dreineer – die skille kom dan makliker af.

Verwyder die skille en sny net klein bietjie van die wortel ent af – jy wil die uitjies aanmekaar hou. Gooi in plastiekskottel en strooi sout kwistig oor elke lag. Laat dit oornag vog onttrek – dit sorg dat die uitjies krakerig bly.

Maak jou piekel sous :

Kook genoeg asynstroop van 250 gram wit suiker per 750 ml wit asyn om die flesse mee te vul. Jy kan ook ‘n paar lourierblare, rissie, suurlemoenskil, kaneel stokkie, ster anys, heel naeltjies, mosterd saadjies en ‘n klomp peperkorrels bygooi vir spicy geur. Roer tot die suiker opgelos is. Proe – as jy dink dis te suur, sit nog bietjie suiker by – maar dit moet nie te soet wees nie. Kook vir ‘n paar minute en laat staan vir die speserye om die stroop te geur. Maak meer as wat jy dink nodig is – dit is ‘n pyn as jy nie genoeg piekel mengsel het om die bottels mee vol te maak nie. Die oorskot kan jy in ‘n geseëlde bottel hou vir ‘n volgende sessie – dit kan niks oorkom nie.

Spoel die uitjies die volgende dag onder lopende koue water af en dreineer goed. Pak styf in warm gesteriliseerde inmaakflesse en plaas ‘n lourierblaar / rissie / suurlemoenskil / van die speserye wat die pekelsous gegeur het onder in elke bottel – opsioneel. Die uie moet net so onder die nek van die bottels kom, dit moet heeltemal deur die kokende warm piekel vloeistof bedek wees en nog so amper ‘n sentimeter spasie oorlos vir ‘n vakuum om onder die deksel te vorm wanneer die vloeistof afkoel. Vee die bokant van die bottels met ‘n nat lappie skoon en verseël met deksels wat in sterk warm water gelê het. Los vir 2 tot 3 weke vir die uitjies om behoorlik gegeur te word.

Geniet dit!
Petro Borchard




PYNAPPEL BOSBESSIE RELISH

pineapple relishtested
PYNAPPEL BOSBESSIE RELISH
Resep en foto: Petro Borchard — My eie resep
FOOD LOVERS RECIPES
Hoeveelhede is totaal jou eie keuse
Skil pynappel, haal harde deel uit en sny die res in wiggies.
Kook die pynappel tot net-net sag, week soveel gedroogde bosbessies as wat jy wil (ek vat so 2/3 van die pynappel se volume) en bedek dit met lemoensap. Week vir so ‘n uur of so. Ek het nie genoeg bosbessies gehad nie, en het toe sultanas saam geweek.
Giet die lemoensap waarin die bosbessiesgeweek het in ‘n kastrol, kook tot amper niks oor is nie, voeg al die vrugte by. Voeg genoeg van die soet-suur pekel (soos vir die wortels) by om dit net te bedek en laat prut vir ‘n paar minute. Proe – dit moet effense suur byt hê – indien nodig voeg nog asyn na smaak by. Gewoonlik eindig ek met te veel sous, dan skep ek die vrugte uit in inmaak bottels en laat die vloeistof verder wegkook tot daar net genoeg is om al die vrugte te bedek met die kokende vloeistof. (In plaas van wegkook, maak dit ook op hierdie stadium ‘n hemelse sousie vir roomys) Vee bek van bottels skoon, verseël. Dit is heerlik saam met koue vleis, vis of ‘n bykos by braai. Regte vakansie kos.

 




OUTYDSE PIEKELUITJIES

outydse piekeluietested
OUTYDSE PIEKELUITJIES

’n Piekeluitjie is bobaas op ’n kaasbord of op ’n broodjie met sterk kaas en blaarslaai.

Maak dit self met ons maklike resep.

1,5 kg piekeluitjies
45 ml growwe sout
500 ml water
Kookwater
45 ml ligte bruinsuiker
1 liter water
750 ml bruinasyn
5 ml brandrissievlokkies
10 ml heel swart peperkorrels
10 ml mosterdsaadjies
5 lourierblare

Laat die uitjies (met skil en al) oornag in ’n mengsel van 45 ml growwe sout en 500 ml water lê. Dreineer, sit die uitjies in ’n plat bak en giet genoeg kookwater oor om al die uie te bedek. Laat dit vir 10-15 minute staan.

Dreineer weer en trek nou die skille af. Pak die uitjies styf langs en op mekaar in deeglik gesteriliseerde flesse. Verhit nou die suiker, water, asyn, brandrissievlokkies, peperkorrels, mosterdsaadjies en lourierblare saam tot kookpunt. Kook vinnig vir 4-5 minute.

Laat die vloeistof afkoel en giet oor die uitjies. Verdeel die speserye en geurmiddels in die vloeistof tussen die flesse voor jy dit toeskroef met gesteriliseerde deksels. Bêre in ’n koel, donker plek vir minstens 1 maand voor jy die uitjies gebruik.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Gideon Louw
2de Foto:  Elize van Wyk