GEBOTTELDE PEPPADEWS ( bishops crowns)

peppadews Linatested

GEBOTTELDE PEPPADEWS ( bishops crowns)
Asynmengsel vir rissies:
3/4 koppie water
1 en half koppies suiker
2 en half koppies witasyn
3 ml sout
Halveer rissies en haal pitte uit, plaas 1 minuut in kookwater, pak styf in warm gestereliseerde bottels. Kook asyn mengsel en giet oor rissies. Seel warm.

Nota:  Maak seker jy dra handskoene om met die rissies te werk

Foto en resep: Lina Victor




KERRIE WORTELS MET GEEL KLEURSEL

kerrie wortels Stephnietested

KERRIE WORTELS MET GEEL KLEURSEL
2 kg Wortels gekrap en in ringe gesny
1 kg uie gehalveer en in ringe gesny
250 ml water
10 ml sout

Kook saam vir omtrent half uur tot sag maar nie pap nie. (Tot water verdamp het).
Gooi halwe koppie asyn by en laat staan.
Maak intussen kerriesous aan.

500 ml wit asyn
375 ml suiker
125 ml water
50 ml appelkooskonfyt
25 ml kerrie (sterk of matig gelang na smaak)
10 ml egg yellow food colouring
5 ml fyn gemmer
15 ml tamatiesous
5 ml sout
25 ml maizina

Los suiker in vloeistof op. Kook alles saam oor lae hitte maar nie tot dik nie. Roer aanhoudend.
Gooi kerriesous oor wortels en kook deur tot dik. Roer goed moenie wortels breek nie.
Skep in gesteriliseerde bottels en seel dadelik.
Resep geplaas deur Christa Kapp




PIEKELUIE

piekel uie Christa reggemaaktested

PIEKELUIE
Foto:  Christa Kapp‎
FOOD LOVERS RECIPES
1 x 750 ml asyn
120 ml suiker
15 ml sout

Maak 2 kg klein uitjies skoon. Plaas in pot met sout en bedek net met koue water. Kook uie tot deurskynend.
Kook asyn en suiker apart.
(Ek het teelepel growwe swart pepper en pickle spice ook ingegooi).
Dreineer uie en pak in skoon gesteriliseerde bottels. Vul met asyn/suikermengsel oor die uie in bottels tot toe onder sous. Seël goed en bêre.

Lina Victor
Ek maak piekeluie om te verkoop en my kliente hou van krakerige uie so ek pak uitjies rou in bottels en giet dan kokende asynmengsel oor.

2 koppies asyn
1 koppie water
½ koppie suiker
pickle spice in doekie gebind
Alles word saam gekook. Seël warm.




KERRIEUIE

kerrie uie Christatested

KERRIEUIE
2 kg uie skoongemaak, gehalveer en in ringe gesny.
1 pakkie McCain Diced Peppers
750 ml asyn
250 ml suiker
25 ml kerrie
25 ml maizina
2,5 ml knoffel (paste)
5 ml sout
15 ml Bisto

Kook uie, peppers en 15 ml sout saam tot deurskynend in water
Gooi res van bestandele in aparte kastrol en verhit. (Moenie kook nie).
Dreineer uie gooi terug in kastrol. Gooi asyn mengsel oor en bring tot kookpunt. Kook tot verdik.
Gooi in gesteriliseerde bottels, seël en bêre.
Foto:  Christa Kapp‎




MAKLIKE INGELEGDE PEPPAEWS

Ingelegde Peppadewstested

MAKLIKE INGELEGDE PEPPAEWS
Kook stroop van gelyke dele suiker, water en asyn.
Geur met sout, rooipeper en bietjie kaneel na smaak.
Maak peppadews skoon(haal pitte uit).
Gooi in kokende stroop en kook net so 1 of 2 min. (Anders word dit pap)
Bottel dadelik en draai proppe op.
BRON – Henrieta Bester




HEERLIKE KERRIEBOONTJIES

tested

HEERLIKE KERRIEBOONTJIES
1 kg groenboontjies gekerf
500 g uie gekerf
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml mielieblom (sit 10 ml ekstra by indien nodig)
375 ml asyn (Ek gebruik 250 ml asyn en 125 ml water)
250 ml suiker ( ek gebruik 3/4 koppie)
10 sout
125 ml rosyne opsioneel
1 teelepel korrel mosterd opsioneel

Kook die boontjies en uie in soutwater en dreineer.
Meng die kerriepoeier, borrie en mielieblom saam en maak dit met bietjie van asyn aan tot n gladde pasta hou dit eenkant.
Roer die res van asyn, suiker, mosterd, rosyne en sout by die boontjies en verhit dit tot kookpunt.
Verlaag die hitte en roer die kerrie mengsel by laat dit nog ‘n paar minute lank prut skep die warm boontjies en sous in warm gesterliseerde flesse en verseël.
Lewer ongeveer 4 bottels.

Bron: Isabella Venter
Foto: Louise Groenewald en Salome Du Toit
Aanpassing in hakkies:  Rina Kleinhans




ROU KERRIE-UIE

kerrie uie hannetjietested
ROU KERRIE-UIE
2 kg uie, in ringe gesny
400 ml fyn appelkooskonfyt
400 ml druiwe asyn
125 ml suiker
7 ml kerriepoeier
7 ml borrie
5 ml sout
Plaas die uie in ‘n groot mengbak, moenie afwas nie. Meng die appelkooskonfyt, asyn, suiker, kerrie, borrie en sout. Voeg by die uie en meng goed. Bedek en laat oornag staan. Roer weer goed en skep dan in skoon gesteriliseerde flesse.
Bere in yskas.
Lewer ongeveer 2,5-3lt. (Hoe langer dit staan, hoe lekkerder raak dit)
Resep geplaas deur Hannetjie Snyman




ROOI SLAPHAKSKEENTJIES 2

rooi slaphakskeentjiestested

ROOI SLAPHAKSKEENTJIES 2
1.5 kg klein uie
250 ml gebleikte sultanas, opsioneel
150 ml suiker
250 ml wit asyn
250 ml water
1 blik tamatiepasta
50 ml kook olie
2 ml sout
knypie rooi peper

Skil uie.
Plaas alles in kastrol met al die bestandele in en plaas deksel op. Kook oor lae hitte vir n uur.
Haal deksel af en kook verder totdat sous dik is.
Skep uie uit en sit in gesteriliseerde fles.

RED cooked onion salad
1.5 kg small onions
250 ml bleached sultanas (optional)
150 ml sugar
250 ml white vinegar
250 ml of water
1 can tomato paste
50 ml cooking oil
2 ml salt
pinch of red pepper

Peel onions.
Put everything in a saucepan with all the ingredients and put the lid on. Cook over low heat for an hour.
Uncover and cook till the sauce is thick.
Remove onion and put into sterilized jar

Lekker eet!

Geplaas deur  en foto van Ertjies de Witt




GEBOTTELDE PEPPADEW, UIE EN WORTELSLAAI

peppadew uie en wortel mengseltested
GEBOTTELDE PEPPADEW, UIE EN WORTELSLAAI
5 koppie asyn
3 koppies bruinsuiker
Kook die asyn en suiker saam.
Sny die wortels in dun repies en die uie in blokkies en die dews in kwarte.
Meng al die uie ,dews en wortels en maak bottels vol.
Gooi dan mostert sade oor en maak bottels gelyk vol met kokende asyn- suiker mengsel.
Draai die prop op en laat staan oornag onderstebo. Laat ‘n week toe om te trek.

Resep en foto:  Ronnie Hough

Nota:  Petro Borchard
Die verhouding van asyn en suiker klink veilig. Ek sou net die metode verander. Plaas al die groente in die warm sous, bring weer tot kookpunt, skep groente tot onder die nek van die bottel, vul op met kook warm sous om groente te bedek los so 5 mm oop vir vakuum om te vorm, maak seker daar is nie lug borrels nie, vee die nek skoon met klam skoon vadoek en draai deksel ‘finger tight’ op. Plaas bottels in water bad, bring weer tot kookpunt vir so 5 minute – dit sal sorg dat die lug wat nog in die bottels is, uit forseer is en vakuum gevoem is. Haal uit, maak seker al die deksels is nog steeds stewig vas, GEEN DRAAI ONDERSTEBO NONSENS nie, laat afkoel. Gee dit ‘n paar weke vir die geure om te verouder. As bottel oopgemaak is, hou in yskas.




HEERLIKE TUISGEMAAKTE KLEIN PIEKEL UIE

piekel uie marie-louisetested
HEERLIKE TUISGEMAAKTE KLEIN PIEKEL UIE
Foto en Resep:  Marie-Louise Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg uie
500 ml witasyn
150 ml balsamiese asyn
1 koppie kookwater
1 ½ koppie witsuiker of vrugte suiker (350ml)
sout en pepper
Week geskilde uie in kookwater.
Gooi water af.
Kook 20 min in kokende stroop.
Bottel warm.
Heerlik vir slaaie pizzas of potjie.. “gasloos”