WORTELBLATJANG 2

WORTELBLATJANGtested

WORTELBLATJANG 2
2 kg wortels
500 g uie
Kook bogenoemde saam tot sag en maak fyn.
Voeg die volgende by:
4 (40 ml) Desertlepels kerriepoeier
2 (30 ml) eetlepels sout na smaak
1 x 750 ml wit asyn
3 koppies (750 ml) suiker
4 (60 ml) eetlepels koekmeel (meer indien nodig)

Voeg alles by die wortels en kook weer goed deur vir 5 tot 10 min.
Skep in gesteriliseerde bottels. Seël dadelik.
Foto: Marie Rheeder Troskie




PICKLED RED ONIONS 2

 

2015-05-29-pickledonions

PICKLED RED ONIONS 2
Ingredients
2 tablespoons coriander seed, toasted
1 tablespoon mustard seed, toasted
3 medium red onions, julienned
¼ cup red wine vinegar
¼ cup white balsamic vinegar
1/8 cup sugar
3 bay leaves
3 sprigs thyme
Salt and cracked black pepper to taste
1 tablespoon extra-virgin olive oil
Directions
Toast the coriander seed in a small, dry sauté pan over medium heat until its aroma is released, about 2 minutes. Add the mustard seed to the same pan and toast for 1 additional minute. Soak the onions in ice water, then drain and pat dry.
In a small sauce pot, slowly bring the vinegars, sugar, bay leaves, and thyme to a boil. Adjust the flavor with water if too acidic. Pour this mixture over the onions in a medium, heat-proof bowl; allow to sit for 5 minutes. Drain off the excess vinegar, season with salt and pepper, then toss lightly with the olive oil. Store the picked onions in an airtight jar in the refrigerator until ready for use.

http://www.foodloversrecipes.com/2015/05/short-rib-grilled-cheese-sandwich/
Recipe and photo: Thedeliciouslife
Posted: Amanda Conradie




KERRIE WORTELSLAAI

Kerrie wortel slaaitested

KERRIE WORTELSLAAI
2 kg wortels, in ringe gesny
1 kg uie, gesny
25 ml sout
500 ml asyn
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
50 ml Maizena
Kook wortels en uie tot net gaar gooi water af.
Voeg 400 ml van die asyn by en laat opkook.

Meng suiker, kerriepoeier, Maizena en die res van die asyn! Roer goed deur en kook 6 min!
Ek het so 15 ml appelkooskonfyt bygesit en my kerrie langer gekook!
Bottel warm.

Foto- Benhet Nieuwenhuis

Die sous vir die resep is effe min, so as jy meer wil hê, maak dit dubbeld aan – sien nota onder.
Nota:
Louise Eybers: Ek het gister die kerriewortelslaai resep gemaak wat ek op die groep gekry het. Die sous in die bottels lyk vir my baie min.  Ek het weer sous gemaak en deurgekook. Lyk nou sommer baie beter.




SARIE SE KERRIEKOOL

Kerrie kooltested

SARIE SE KERRIEKOOL
1 koolkop opgekerf
2 koppie vars boontjies gekerf – kook apart tot nog crispy
2 groot uie opgesny
2 rissies opgesny
Meng  die volgende saam:
2 eetlepel kerriepoeier
1 koppie suiker voeg meer by as verkies
3 koppie witasyn
1 koppie water ( jy kan nog 1/2 koppie by sit indien nodig)
2 desert lepel droë mosterdpoeier (12.5 ml)
1 eetlepel paprika
2 eetlepel borrie vir mooi geel kleur

Kook nou als saam tot sag maar nie pap nie.
Maak dikker met maizena.(Ek maak somer so 3 eetlepels aan met betjie water en gooi bietjie by kyk as dit dik genoeg is, hou op ingooi.)
Bottel warm in gesterilliseerd bottel ….en geniet dit as slaai of saam enige vleis
( Ma se resep altyd uit die kop gebak en brou)
Resep en foto:  Sarie Meintjies




GEBOTTELDE CHILLI BELLS

Chilli bellstested

GEBOTTELDE CHILLI BELLS
Vanaand Chilli bells ingele. Die wat resep soek.
Gelyke dele asyn en suiker. Gooi in pot roer en kook tot suiker opgelos is.
Pak rou ontpitte chillies in flesse en gooi kokende stroop oor.
Seël dadelik. Wag ‘n maand voor gebruik.
Dit proe net soos peppadews.
BRON – Jacques Gericke




KOOK EN GENIET SE TAMATIEBLATJANG

2015-04-20-tamatiebladjangtested
KOOK EN GENIET SE TAMATIEBLATJANG
Resep geplaas deur Lina Victor
Foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
1 koppie asyn
250 g sultanas
1 eetlepel mosterd
1 eetlepel fyn gemmer
1 eetlepel sout
2 uie, in dun skyfies gesny
½ teelepel rooipeper

Skil tamaties en sny fyn. Meng al die bestanddele en kook in ‘n emalje kastrol stadig tot regte dikte. Roer af en toe om te voorkom dat dit aanbrand.
Bottel warm en verseël dit sodat geen metaal met blatjang in aanraking kom maw moenie bottels tot heel bo volmaak nie.

 




BOOMTAMATIE BLATJANG

boomtamatie

BOOMTAMATIE BLATJANG
Baie mense hou nie van boomtamaties nie tot hulle die blatjang probeer. As jou boom ‘n oorvloed boomtamaties dra, waarom nie probeer om blatjang te maak nie? Jy mag dalk ‘n nuwe voorliefde ontdek waarvan jy nooit geweet het nie en die resepte is regtig maklik. (Dit kan dalk ook ‘n oulike geskenk uitmaak – tuisgemaak.)
30-50 boomtamaties
1 kg bruinsuiker
1 koppie asyn
4 knoffel huisies (opsioneel)
4 appels (Granny Smith)
3 uie
cayenne pepper
sout en peper na smaak

Skil en sny die uie, appels en tamaties in blokkies. Gooi in groot pot saam met al die ander bestanddele en plaas op stoofplaat. Roer gereeld terwyl dit kook op matige hitte tot dit die regte dikte bereik het.

Wenk:
Blatjang resepte kan maklik aangepas word. Proe dus of jou speserye reg is volgens jou spesifieke smaak. As jy hou van meer sout, kan jy bysit. As jy hou van bietjie gemmer in jou blatjang, kan jy dit ook byvoeg.

As jy growwe blatjang verkies, hou die vrugte in blokkies gesny, maar as jy fyn blatjang verkies, is dit raadsaam om die vrugte vooraf in ‘n voedselverwerker te plaas tot dit reg is volgens jou standaard.

FOTO en aanpassings:  Rina Kleinhans
Ek het vandag van die klein tamaties sommer blatjang gemaak, want ek het so baie. Ek het hierdie resep so bietjie aangepas, ek het vars gemmer bygesit en ek het so halwe koppie Mr Ball’s blatjang ingesit en op die einde het ek so eetlepel maizina met bietjie water aangemaak en bygesit en deur gekook. Pas maar suiker en sout, peper aan na smaak. Ek het met xylitol gekook, en alles fyn gemaak in die voedselverwerker voor ek gekook het, want die skilletjies is bietjie hard van die tamaties. Ek het ook so eetlepel balamiese asyn ingesit vir smaak.




INLE VAN KNOFFEL

 

tested

INLE VAN KNOFFEL
Hier is my resep wat ek ‘n jaar terug gebruik het om knoffel in te lê. Ek het dit in ‘n donkerkas geplaas, nie in die yskas nie.Week knoffel 3 dae in pekelwater
850 ml water
125 ml growwe see sout

Bedek geheel en laat staan 3 dae  Moenie laat dit bo dryf nie, dit moet toe wees met die pekelwater.

Stroop:
1 kg suiker
750 ml asyn
400 ml water

Verhit knoffel stadig tot kookpunt en kook vir ½ uur. Skep in bottels en vul met stroop.
Resep van Helena Enslin Laubscher




GEBOTTELDE JALAPENO’S MET SOETRISSIES

Jalapenostested

GEBOTTELDE JALAPENO’S MET SOETRISSIES
1 en ‘n halwe kg jalapenos gebruik.
Soetrissie geel of rooi
Gesnyde knoffel huisie gebruik net ‘n paar skyfies.
Uie in skyfies gesny
Jalapenos se takkie af gesny en al die pitte uit gehaal met n lepeltjie.
Jalapenos gekook vir vyf minute nie te lank anders is hulle pap.

Stroop gekook van:
4 koppies wit asyn
2 koppies suiker
1 koppie water

Sit jalapenos in bottels met uie stukkies soetrissies en gesnyde knoffel saam in bottels soveel soos verlang en gooi warm sous oor jalapenos in die bottels.
Bottel warm draai deksels styf op en keer om.
Laat staan oornag om te sien of bottels nie lek nie.
My ma se buurvrou se resep. Hannelise
Foto Marie Rheeder Troskie




MARIETJIE SE GROENTE-PIEKELS

groente piekels martietjie 2tested
MARIETJIE SE GROENTE-PIEKELS
1 kg gherkins
10 baba wortels
8 piekel uitjies
hand vol blomkool
hand vol groenbone
pakkie vars baba mielies
sout
600 ml wit asyn
400 ml water
500 ml suiker
20 ml pickling spice.
Meng al die bestanddele behalwe groente in kastrol.
Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
Prut 5 minute lank. Sny groente na keuse en voeg by asyn mengsel.
Kook 5 minute en bottel warm.
Hierdie is vir die “sweet en tangy” piekels. Om suurder te maak, verminder suiker na 360 ml.

Bron en Foto:  Marietjie van der Merwe‎