WORTELS EN UIE IN MOSTERDSOUS

wortel en uie in mosterd sous regtested

WORTELS EN UIE IN MOSTERDSOUS
1 kg wortels, geskil en gesny in ringe of blokkies
500 g klein uitjies, skoongemaam en net so heel

Kook wortels tot sag en dreineer water.
Kook dan heel uietjies tot sag en dreineer.

Mosterdsous:
62.5 ml droë mosterd
62.5 ml Maizena
3 koppies asyn
4 ¼ koppies suiker
2.5 ml borrie

Maak die sous deur al die sous bestanddele saam te kook tot dit begin dik raak.
Voeg nou uie en wortel by en kook alles saam vir 5 min. Roer af en toe.
Bottel warm en bêre tot nodig.

Foto en resep:  Alta Theart




KOPERPENNIE WORTELSLAAI

2015-11-15-koperpenniewortleslaaitestedkoperpennie-rozetta
KOPERPENNIE WORTELSLAAI
1 kg geelwortels in ringe gesny
2 soetrissies ontpit en gechop
2 uie gechop
1 pakkie tamatiesop poeier
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml sonneblom olie
250 ml suiker
10 ml worcestersous
7 ml aangemaakte mostert
½ teelepel sout
¼ teelepel peper

Kook die wortel tor half gaar. Rangskik die wortels soetrissies em uie in lae. Meng die res van die Bestandele Verhit tot kook punt en kook 2 min. Giet die warm sous oor die wortel! Laat afkoel sit deksel op en laat staan in yskas 2 dae!!
( ek het my uie en soetrissies gebraai en toe soma die wortels in gemeng en die sous gemaak en alles gemeng en toe gebottel) reg vir die vakansie!!!!
Baie lekker!!!
FOTO: Benhet Nieuwenhuis
2de Foto:  Rozetta Dalaen Muller




TAMATIE EN UIE SMOOR OM TE BOTTEL

tamatie en uie smoor betstested

TAMATIE EN UIE SMOOR OM TE BOTTEL
3 ½kg tamaties
1 kg uie (gekap)
2 eetlepels sout
6 koppies suiker (of na smaak)
3 koppies bruin asyn
2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel mosterdpoeier
½ teelepel neutmuskaat
6 eetlepels maizena om te verdik.
Kap tamaties fyn in versapper. Braai uie in bietjie olie tot gaar en deurskynend. Voeg res van bestanddele behalwe maizena by. Kook vinnig vir 1 uur lank tot gaar en dik. Verdik met maizena wat tot ‘n pasta aangemaak is met ‘n bietjie water indien nodig. Laat kook vir nog ± 5 minute. Skep in gesteriliseerde bottels. ***(Lewer ± 6 groot Mayonnaise bottels vol).

Jy sit dit net op die rak. Kan tot 6 maande hou as dit reg gebottel is. Onthou net om die bottels te steriliseer.
FOTO EN RESEP:  BETS LOURENS

Nota:  Franci Lemmer – ek het dit gemaak en vind dat dit baie soet is gaan ‘n volgende kooksel net minder suiker byvoeg




PIEKELSLAAI

piekelslaaitested

PIEKELSLAAI
Slaai:
uie
radyse
groen soetrissie
komkommer
Piekelsous:
1 koppie asyn
1 koppie suiker
1 teelepel sout
paar swart peperkorrels
1 teelepel piekelspeserye
Sny die slaai bestanddele in skyfies en pak dit stewig in ‘n voorbereide, gesteriliseerde fles.
Bring die sous bestanddele stadig in ‘n potjie op die stoof tot kookpunt en roer tot die suiker gesmelt is.
Giet die sous bo-oor die groente in die fles, maak seker al die lugborrels is uit en seël die fles. Bêre in die yskas tot benodig.
Resep en foto: Jacques Marianne Van Niekerk




KOPERPENNIE WORTELSLAAI MET TAMATIEPUREE

koperpennie jacquestested

KOPERPENNIE WORTELSLAAI MET TAMATIEPUREE
1 kg wortels, geskil, gekook tot sag maar nog ferm, laat afkoel en sny in ringe.
1 groen soetrissie in repies gesny.
1 groot ui in skywe gesny
1 blik (410g) tamatiepuree
1 koppies asyn
1 koppies suiker
3 eetlepels kookolie
3 eetlepels worcestersous
1 teelepel sout
Vars gemaalde swartpeper na smaak.

Meng al die bestanddele, behalwe die wortels en bring tot kookpunt. Prut so 3 min. Verwyder van hitte en voeg wortels by en meng goed deur terwyl warm. Bottel in gesteriliseerde flesse.
Foto en resep: Jacques Marianne Van Niekerk




GROEN TAMATIE BLATJANG

groen-tamatie-atjar-2groen tamatie blatjangtested

GROEN TAMATIE BLATJANG
Resep: Francina de Flamingh
Foto: Karin Klinck Pitout en Carina D Van Aardt
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg groen tamaties
125 ml sout
1½ kg fyn gekapte uie
750 ml suiker
1,875 liter asyn

Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en laat staan oornag.
Dreineer oortollige vloeistof.
Roer gekapte uie, suiker en asyn by.
Kook vir 1 uur sonder deksel.

90 ml koekmeel
30 ml kerrie
30 ml mosterd
15 ml rooipeper
15 ml borrie
125 ml appelkooskonfyt
375 ml asyn

Meng al die bestanddele baie goed sodat al die klontjies opgelos is.
Voeg 250 ml van die warm tamatiemengsel by die kerriemengsel en roer.
Sit die kerriemengsel by die kokende tamatiemengsel.
Kook 15 minute terwyl u voortdurend roer.
Bottel die warm mengsel in gesteriliseerde bottels en verseël.

Wenk deur Jean Calitz: As dit nog nie soet genoeg is na jou smaak, voeg nog 1 koppie suiker en 1 koppie konfyt by. Dit het perfek vir haar gewerk.




INGELEGDE AARTAPPELSLAAI MET MOSTERD

tested

INGELEGDE AARTAPPELSLAAI MET MOSTERD
4 kg aartappels
2 x 750 g “tangy” Mayonnaise
2 blikke kondensmelk
3 groot uie, gekap
paar knoffel sprietui, opgesny (opsioneel)
sout en peper
2 eetlelpels Dijon mosterd
½ koppie wit asyn

Skill aartappels en sny in blokkies.
Kook tot sag, maar nie pap.
Dreineer.

Sous:
Braai uie in bietjie olie tot deurskynend.
Voeg asyn by tot kookpunt.
Voeg res van bestanddele by en verhit goed.
Voeg sout en peper by na smaak.

Sit aartappels by die warm Mayonnaise-mengsel en prut net deur,
Giet in warm gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.

Nota:  Ek het hierdie slaai gemaak! en dit is lekker!!
Ek het die resepie halveer en het toe 3 en ‘n halwe bottels uitgekry!
Foto: Benhet Nieuwenhuis




CURRY GREEN BEANS

2015-08-27-currygreenbeanstested
CURRY GREEN BEANS
2 kg green beans, cleaned
1 kg onions
400 g white sugar
750 ml brown vinegar
50 ml Maizena
30 ml curry powder
50 ml salt
10 ml Tumeric
Slice beans in desired lengths, and clean and chop onion in slices.
Boil beans and onions in enough water till tender but still firm.
Drain.
Add sugar and 500 ml vinegar to the bean mix and slowly boil through.
Mix maizena, curry powder, salt and Tumeric with the remaining 250 ml of vinegar.
Mix with the bean mixture and boil slowly until thickened.
Bottle the curry beans warm in sterilized jars and seal immediately.
Photo and post: Amanda Conradie




BAKED BEANS WITH A TWIST

 

2015-08-20-fb_img_1440077339393

Baked Beans with a Twist
Ingredients:
2 tins baked beans
1 large tomato (finely chopped)
2 tablespoons oil
1 teaspoon crushed garlic
3 green chillies slit
1 tablespoon chilli powder
½ teaspoon turmeric powder
½ teaspoon salt
4 tablespoons mango pickle masala (from mango pickle – must include at least a tablespoon of pickle oil)
1 sprig curry leaves
Chopped dhunia for garnish
METHOD:
Heat oil, add tomatoes, garlic and spices. Simmer until tomatoes softened and it starts to catch at the bottom of the pot. Add baked beans and pickle masala. Simmer on very low heat for a further 10 to 12 minutes. When it is thick and saucy, turn off heat and garnish with greens.
Delicious on toast or as a side dish to any roast. Grill or braai… Love it in omelettes as well…Eshana Suleman




HAROLD SE KERRIEUIE

tested

HAROLD SE KERRIEUIE
20-30 klein uie, skil en sny in die helfte deur.
1 blik pynappel fyn gemoesh met sap en als.
1 opgehoopde eetlepel pickel masala,
1 opgehoopde eetlepel medium masala,
1 eetlepel pickel spices van robertsons spices
2 eetlepels woestersous
3 eetlepels olie
½ koppie bruin asyn
¼ hand vol growe sout
1 koppie bruinsuiker
Laat staan so tien dae in die yskas en roer elke dag, skep dan in botteltjies in, kan so tien rissies ook in sit (kleintjies) Sny die kop en stert af en maak ‘n sny in die kant sodat die sousies kan in trek. Het al die asyn vervang met old brown sherry ook. Baie lekker saam met kerriehoender of enige vleis.
Resep deur Harold Verwey (lid)