GEPIEKELDE KERSIE TAMATIES

Gepiekelde Kersie Tamatiestestedgepiekelde tamaties

GEPIEKELDE KERSIE TAMATIES
Bron en foto: Johan Du Preez Snr
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kg kersie tamaties
180 g sout
6 knoffelhuisies
6 rooi brand rissies
1.25 liter wit wynasyn
150 g witsuiker
15 ml (Pickeling Spice)
15 ml kruie-naeltjies
15 ml swart peperkorrels
1 stokkie pyp kaneel

Keep ‘n kruisie aan die wortel kant van die tamatie in.
Verhit die bestanddele saam behalwe die tamaties tot kookpunt en kook 10 min.
Haal die pyp kaneel uit.
Pak die tamaties in warm flesse.
Giet die mengsel oor die tamaties in die flesse en verseël dadelik.
Laat nou ryp word vir tenminste 3 weke




INGELEGDE PEPPADEWS MET HEUNING

ingelegde peppa-dewstested

INGELEGDE PEPPADEWS MET HEUNING
2.5 liter wit druiwe asyn
250 ml heuning
5 ml sout
2.5 kg suiker
50 g “pickle spice” ( Een pakkie )
peppadews

Vir die stroop:
Voeg al die bestanddele saam behalwe die peppadews.
Kook oor lae hitte tot ʼn stroop.
Kook nou die stroop baie vinning en gooi genoeg peppadews in, alles moet met stroop bedek wees.
Kook vir slegs 5 minute.
Belangrik MOET nie meer as 5 minute kook nie Dan word die peppadews pap.

Skep in skoon bottels.
Maak seker dat die bottels behoorlik vol is met die kokende stroop.
Verseël goed.
Laat ‘n paar dae rus.

Peppadews is in 1993 in die Oos Kaap ontdek. Dit is ‘n eg Suid Afrikaanse plant. Sy index op die
“scoville scale” 1177.
Bron en foto: Johan Du Preez Snr




PEPPADEW BLATJANG

peppadewtested

PEPPADEW BLATJANG
Resep: Amanda Marais
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikke appelkooskonfyt (410 g elk)
2 groot uie
½ koppie bruin asyn
½ koppie bruin suiker
8 Peppadews, ontpit en opgesny

Plaas al die bestanddele in ‘n pot en kook oor middelmatige hitte totdat uie deurskynend en die sous bietjie minder is.
Bottel dadelik in gesteriliseerde bottels en seël.




MARIETJIE SE PIEKEL UITJIES

marietjie se piekel uitjiestested

MARIETJIE SE PIEKEL UITJIES
Ek het die klein uitjies in kookwater gedompel met sout en klein bietjie gekook ongeveer 2 min.
Laat afkoel.
Kook die volgende saam:
½ bottel wit asyn (375 ml)
½ bottel bruin asyn (375 ml)
pickle spice
whole Pimento
bayleaves
1 koppie bruin suiker – hang af hoe soet jy dit wil hè- pas aan.
Skep die uie in fles wat gesteriliseer is, en vul op met die sous tot bo.  Seël dadelik.

Resep en foto: Marietjie Nel




PETRE SE KERRIE KOMKOMMERS

petre se kerrie komkommers
PETRE SE KERRIE KOMKOMMERS
10 groot komkommers in ringe gesny en gehalveer
1.5 kg uie in dun halwe ringe gesny
2 rissies opgekap
2 knoffelhuisies fyngekap
5 koppies asyn
1 eetlepel sout
2 eetlepels gemmer
5 teelepels kerriepoeier
2 teelepels borrie
1 teelepel rooipeper
1 pakkie pickling spice
1.5 kg suiker
Kook uie, gekapte rissies en knoffel saam totdat die uie deurskynend is in water… Voeg komkommerstukke by,asook die asyn… kook tot komkommers sag is, maar nogsteeds stewig…. meng die res van die droe bestanddele…. Voeg by, en kook goed deur.. verdik met maizena gemeng met water… Bottel warm…

FOTO EN RESEP:  Petré Van Jaarsveld




INGELEGTE PEPPADEWS

petre se peperdewstested

INGELEGTE PEPPADEWS
Stroop
9 koppies suiker
6 koppies asyn
3 koppies water
Los suiker op, en kook vir 10 minute… Voeg 2 kg ontpitte peppadews by, en bring tot kookpunt en kook 1 minuut…. Pak peppadews in gesteriliseerde flessies… giet kokende stroop oor peppadews in flessies, en draai deksels onmiddellik op…

FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld




BENHET SE KOKKEDOOR PAMPOENPIEKELS

 

2014-02-01-pampoenpiekeltested

BENHET SE KOKKEDOOR PAMPOENPIEKELS
750 g geskilde pampoen in blokkies gesny
180 g piekeluitjies, geskil en in kwarte gesny (ekt gewone uie gevat)
50 g sout
ysblokkies
1 koppie asyn
250 g suiker
7 ml mosterdsaad
3 ml anys
2 ml fyn naeltjies
7 ml piekel spice
150 g murgpampoentjies, in blokkies gesny
2 ringe fetakaas
paar peper korrels

Plaas die pampoen en uitjies in ‘n groot bak en strooi van die sout oor. Plaas ysblokkies bo-op en laat 2 ure staan.
Kook asyn, suiker, mosterdsaad, peper, anys en kruienaeltjies 10 min lank saam. Giet dit deur ‘n sif om die heel speserye uit te haal. Giet die asynmengsel terug in die kastrol.
Spoel die ys en sout af, dreineer die groente en voeg die murgpampoentjies by! Voeg by die asynmengsel en verhit tot kookpunt.
Pak die groente en fetakaas in lae in gesterliseerde flesse en giet die kokende piekelmengsel bo-oor!
Seël.

Resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis
Foto: Benhet Nieuwenhuis




GOEDKOOP TUISGEMAAKTE SOUSBONE

2015-12-11-goedkooptuisgemaaktesousbonetested
GOEDKOOP TUISGEMAAKTE SOUSBONE

500 g gedroogde sousbone
1 teelepel sout
1 koppie suiker
1 koppie asyn

Week die sousbone oornag.
Volgende oggend:
Bedek met skoon water en kook vir 10 minute. Plaas in vergittes en spoel die bone onder lopende kraan. Herhaal die proses. (Proses is belangrik om om winderigheid te voorkom.) Bedek dan met genoeg water en kook tot sag (ek gebruik ‘n drukkoker, gaan vinnig). Voeg al die ander bestanddele by en kook weer vir 10 – 15 minute maar pasop om te lank te kook. Laat effens afkoel en bottel. Hou goed tot drie maande. Sit in yskas as die bottel oopgemaak is.

Hierdie resep het ek omtrent 40 jaar gelede by my sus Elize White gekry (sy het dit weer by haar skoonma, tannie Anna White gekry) en ek is nooit sonder my botteltjies sousbone nie. Dit vul enige gereg aan en is heerlik saam met pasta geregte. Ook lekker om byderhand te he as onverwagte gaste opdaag. Dis gesond, lae GI en baie voedsaam.
Bron en foto:  Corrie Davel




PETRE SE PAMPOENPIEKELS

pampoenpiekels petretestedpetre se pampoenpiekels
PETRE SE PAMPOENPIEKELS
1 medium pampoen, geskil en in blokkies gesny
Laat lê pampoenblokkies oornag in water en 2 koppies asyn.
Dreineer die pampoenblokkies die volgende dag.
Stroop:
4 koppies asyn
2 koppies water
7 ½ koppies suiker
20 pimento
10 heel naeltjies
sap van 1 suurlemoen
1 kaneelstok 

Bring stroop tot kookpunt en gooi pampoenblokkies by.  Sit deksel op en laat prut totdat blokkies sag is – gebruik tandestokkie om te toets. Sit blokkies in flessies en gooi stroop oor terwyl nog warm en seël.
Laat staan vir ‘n week of 2 voor gebruik, gebruik in slaaie of netso.
Heerlik saam met feta en biltong.

VARIASIE
Resep so ‘n bietjie verander
Pimente en naeltjies met die helfte verminder.
Halwe pakkie Pickling Spice en 1 rissie by die stroop gevoeg.
Bron:  Petré Van Jaarsveld




LARGE AMOUNT CURRIED GREEN BEANS

 

kerriebone carriekerriebone carrie2tested

LARGE AMOUNT CURRIED GREEN BEANS
2kg fresh green beans
1kg onions
3 cups white vinegar 750ml
3 cups white sugar 750ml
3 tbsp curry power 45ml
2 tbsp tumeric 30ml
1 tbsp salt 15ml
1\2 cup cornflour/mazena 125ml

Preseve enough bottles for 3.2 liters

Fry onions in olive oil or butter until soft.
Rinse and slice beans finely and add too fried onions.
Cook togather ubtil beans start to soften, becateful not to over cook.

Make the sauce.
Make cornflour into a paste by adding alittle water.
Heat the rest of the ingredients in a pot until sugar has dissolved. Increase temperature until mixture starts to boil, add the cornflour mixture slowly stiring constantly until mixture is nice and thick..
Combined sauce and beans, bring it all to the boil and remove from the stove.

Bottle whilst hot

Source: Rainbow cooking NZ
Photo:  Carrie Segar Malan