PETRÉ SE KERRIE KOOL

kerrie kooltested

PETRÉ SE KERRIE KOOL
Kook die groente in water tot sag, maar nie pap nie. Dreineer
2 kg kool gekerf
250 g geelwortels grof gerasper
1 kg uie gekap
Kerriemengsel:
5 koppies asyn
1 kopie water
3 koppies suiker
1 eetlepel sout
2 teelepels borrie
3 eetlepels kerrie

Bring tot kookpunt en voeg die koolmengsel by. Kook goed deur vir ‘n paar minute.
Meng 6 teelepels maizena met water en voeg by mengsel.
Kook goed deur en bottel warm.

NOTA:  Dit is heerlik saam met braaivleis. Die somermaande kom aan.  Lekker saam met ligte etes wat met slaaie bedien word ens.. Koue vleise en slaaie.
Breek die blaarslaai grof, en skep so 2 teelepels van elke soort slaai wat jy ingele het op dit, (bietjie aartappelslaai, kerrie kool, geelwortel slaai ens…. N skyfie tamatie, komkommer, en ‘n skyf vrugte… ) Siedaar die bord is amper vol en jy bedien dan of koue vleise of enige pastei saam met dit..

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




PETRE SE KERRIEWORTELS

PETRE SE KERRIEWOTELStested

PETRE SE KERRIEWORTELS
2 kg wortels, geskil en in wieletjies gesny
1 kg uie, gekap
Kook in water tot sag maar nie pap nie. Dreineer.

Meng saam en bring tot kookpunt:
5 koppies asyn
1 koppie water
3 koppies suiker
2 opgehoopte teelepels borrie
3 eetlepels kerrie
1 eetlepel sout

Voeg sag gekookte wortels en uie by, en kook goed deur.
Meng 6 teelepels Maizena met water en voeg by kerriewortels. Kook goed deur en bottel warm.
BRON – Petré van Jaarsveld




MURGPAMPOENTJIES IN TAMATIESOUS SLAAI

Marianne se baby marrows in tamatiesous slaaitested

MURGPAMPOENTJIES IN TAMATIESOUS SLAAI
2 klein baby marrows in ringetjies gesny
1 pakkie van 50 g tamatiepasta
2 eetlepels suiker
2 eetlepels asyn
1 eetlepel worcestersous
¼ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel sout
1 klein ui, in halwe ringe gesny
Growwe swartpeper na smaak
½ koppie water
Bring al die sousbestanddele tot kookpunt terwyl roer.
Voeg nou die uie en so 2 koppies baby marrows in ringetjies gesny by en prut 7 min.
Ek het dit so warm gebottel maar gaan yskas toe en ek kan nie waarborg hoe lank dit sal hou nie, maar ek glo ‘n geruime tydjie.
Bron en foto: Marianne de Beer




CARAMELISED ONIONS WITH BALSAMIC VINEGAR

Caramelised Onions with Balsamic Vinegartested

CARAMELISED ONIONS WITH BALSAMIC VINEGAR
Do make the onions well in advance, up to 2 weeks, and store in the fridge, use when needed with braais on hamburgers, sandwiches etc. It is important to follow the method exactly and to pre-boil the onions in the white vinegar water. It mellows the flavour and improves the texture.
8 onions, peeled and sliced into half rings
¾ cup (180 ml) white vinegar (any cheap supermarket one)
1 cup (250 ml) water
½ cup (125 ml) balsamic vinegar
1 cup (250 ml) soft brown sugar
1 tablespoon (15 ml) Ina Paarman’s Seasoned Sea Salt

Place the sliced onions in a saucepan. Add white vinegar and water.
Boil open while stirring now and again for 5 minutes.
Strain and discard vinegar water.
To the same saucepan with the onions, add the balsamic vinegar, sugar and Seasoned Sea Salt.
Boil open for ± 45 minutes until thick and jammy.
Sterilise clean glass bottles with boiling water
Spoon the onions into the glass jars and close tightly.
Turn the jars upside down to sterilise the lids. Store in the fridge.

Photo: Benhet Nieuwenhuis
Source: Ina Paarman
http://www.paarman.co.za/recipe/caramelised-onions-with-balsamic-vinegar




KERRIEKOOL MET GOUE STROOP

nico se kerriekool met strooptested
KERRIEKOOL MET GOUE STROOP
Hier is ‘n lekker resep vir Kerriekool
1 kg kool
1 ui
25 g mielieblom
350 ml wit asyn
250 g wit suiker
2 teelepels med kerriepoeier
25 ml stroop
3 teelepels sout
Kook kool en ui vir 15-20 min, dan dreineer water. Voeg mielieblom, sout, asyn, suiker, stroop en kerriepoeier by en kook weer vir 15 min.
Koel af en skep in bottels en sit dit in die yskas.
Lekker saam hambugers en saam ‘n lekker kerrie en rys.

ADVIES:  Goeie advies bly by die pot, myne het amper aangebrand.

Resep en foto: Nico Oosthuizen




PICKLED JALAPENO SLICES

jalontested

PICKLED JALAPENO SLICES
½ cup water
1 ½ cups white vinegar
1 teaspoon coarse salt
¼ teaspoon ground cumin
4 cloves garlic, peeled and left whole (ek sit nie garlic in nie)
8 to 10 large or 20 small jalapeno peppers sliced into thin rings
Combine the water, vinegar, salt and cumin in a large saucepan and bring to a boil over high heat to create a brine. In the meantime, sterilize the jars and lids.
Place 2 cloves garlic in each jar and fill evenly with the pepper rings. Pour the hot brine over the peppers to cover and screw on the lids.
Process in a hot – water bath for 10 minutes to seal. Let cool before storing in the refrigerators for 1 to 2 weeks, or until the jalapeno slices lose their bright green color. They are then ready to eat.
Foto: Petro van Genderen




INGELEGDE SAMPIOENSLAAI

FB_IMG_1466421621804ingelegde sampioenslaaitested

INGELEGDE SAMPIOENSLAAI
gesnyde uie en groen/rooi soetrissie, na smaak
± 400 g sampioene, gesny
1 bottel Italian of French Salad Vinegrette

Braai die uie en soetrissie in bietjie olie.
Voeg gesnyde sampioene by en braai tot amper gaar.
Gooi nou ‘n bottel Italian of French Salad Vinegrette by en kook goed deur.
Kan dit OF as ‘n warm slaai voorsit OF laat afkoel OF warm inlê in bottel (sorg net dat bottel goed vol is met sous).
Ek bottel myne en laat staan so 2 – 3 weke voor gebruik.

Bron en foto:  Gerhard Kock




HANNETJIE SE IMMER GEWILDE KERRIEBOONTJIES

Hannetjie se Immer gewilde Kerrieboontjiestested

HANNETJIE SE IMMER GEWILDE KERRIEBOONTJIES
4 lb (1,8 kg) groebone, gekerf
2lb ( 900 g) uie, gekap
1 eetlepel sout
Kook tot sag in genoeg water om bone te bedek, gooi water af.

Meng die volgende en voeg by bone en kook deur:
2 koppies wit druiwe asyn
3 koppies wit suiker

Meng dan die volgende mengsel en voeg by:
2 eetlepels matige kerriepoeier
3 eetlepels mielieblom ( effens opgehoop)
1 koppie asyn

Meng goed deur. Kook weer tot redelik dik. (Pasop spat maklik)
Bottel mengsel baie warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Hannetjie Snyman




ILONA SE INGELEGDE PEPPADEWS

ILONA SE INGELEGTE PEPPADEWStested
ILONA SE INGELEGDE PEPPADEWS
My boom dra die jaar baie goed na 3 jaar se groei en sy oes is pragtig, vir die inlê van die pepperdew gebruik ek die volgende:
250 ml water
250 ml asyn (wit druiwe asyn)
250 ml wit suiker
5 ml sout

Ontpit die pepperdews (gebuik handskoene, die goed het skop met die pitte in) en was baie goed (as jy dit sterker wil hê, los ‘n paar met pitte in).
Kook die mengsel tot kookpunt en gooi die pepperdews in en laat kook so 5 min. Bottel warm.
Hulle proe net soos die gekooptes en is baie goedkoper. Ek gebruik hulle ontrent in alles.
Resep en 1ste foto: Ilona Turner
2de Foto: Ansi Pypers Fourie




MAKLIKE UIE EN BABY MARROWS GEBOTTEL

 

FB_IMG_1461765126508uie en baby marrows2tested

MAKLIKE UIE EN BABY MARROWS GEBOTTEL
Hier het ek rooi uieskywe en mostertsaad en peperkorrel en n knippie sout in n gesteriliseerde fles gesit. Vol raspberry asyn gemaak en vir 1:30 gemikrogolf tot kook. Deksel opgesit en onderstebo in skottelgoedwasser afgekoel.

Die baby marrow kry n paar skyfies ui, bietjie chilli vlokkies, suiker, peperkorrel in die flessie en vol gemaak met wit wynasyn. 1:30min in mikrogolf tot kook. Deksel opgesit en onderstebo in skottelgoedwasser afgekoel.

BRON EN FOTO : FRIKKIE JONES