GEBOTTELDE MIELIESLAAI

GEBOTTELDE MIELIESLAAI
Resep: Marie Oberholzer Botes
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg gevriesde mieliepitte (ongeveer 12 ore as jy vars gebruik)
180 ml suiker (bietjie meer na smaak)
500 ml witasyn
2 rooi soetrissies
1 groen soetrissies
3-4 selderystingels
1 Ui
1 eetlepel mosterdpoeier
1 teelepel borrie (Tumeric)
1 eetlepel sout (na smaak)

Meng asyn, sout en suiker in pot. Verhit tot suiker gesmelt het.
Meng mosterd en borrie met ‘n bietjie van die asyn mengsel en voeg by.
Kap soetrissies, uie en seldery fyn. So groot soos mielie pitte.
Voeg groente (mielie, uie, seldery en soetrissies) by asyn/suiker mengsel.
Kook vir so 12-15 minute.
Skep in gesterriseerde bottels.
Heerlik as dit so vir ‘n week of wat gestaan het. Geniet saam met braaivleis of koue kosse.




KERRIEWORTELS MET VARIASIE


KERRIEWORTELS MET VARIASIE
(Hierdie resep kan ook gebruik word vir kool, groenboontjies of eiervrug)
2 kg wortels, geskil en in ringe gesny
12 ml sout
500 g uie, in skywe gesny
500 ml suiker
20 ml kerriepoeier
750 ml asyn
25 ml mielieblom
5 ml borrie
5 ml rooi rissiepoeier(opsioneel)

Plaas die wortels in ‘n kastrol, bedek met water en voeg die sout by. Laat prut oor matige hitte tot die wortels halfgaar is. Dreineer die wortels en plaas dit terug in die kastrol. Plaas intussen die uie in ‘n bak en bedek met kookwater. Laat 15 minute staan en dreineer goed. Voeg die uie by die wortels in die kastrol. Meng die suiker, kerriepoeier, borrie, asyn en mielieblom en giet dit by die wortelmengsel. Bring tot kookpunt terwyl gedurig geroer word en laat prut dan 5 minute. Skep dit in gesteriliseerde flesse en seël die fesse goed.
Maak sowat 2 liter

Resep en foto:  Aletta Lettie Brown




PIEKELWORTELS


PIEKELWORTELS
Lekker piekels vir eet saam met vleis, slaaie en garnering.
wortels, soveel soos benodig
pekelwater
Piekel:
2 koppies asyn
1 koppie water
2 koppies suiker
1 pakkie piekelspeserye

Skil, sny en was die wortels.  Plaas die wortels vir paar uur in pekelwater, dreineer en spoel goed af.
Meng die bestanddele vir die piekel in ‘n kastrol.
Voeg die wortels by die piekelsous en kook die wortels in die piekel vir ongeveer 4 min.
Giet die wortels met die piekelsous in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
My kleinkinders eet dit soos lekkergoed.
Resep:  Annemarie Friedrich




HEERSOUSBOONTJIES


HEERSOUSBOONTJIES
Die van julle wat dit al geëet sal kan getuig dat dit baaaaie lekker is.
500 g heerboontjies (lima bone)
1 teelepel sout
1 teelepel peper
¼ koppie bruinasyn
¾ koppie suiker

Week die bone oornag in water.
Gooi die volgende oggend die water af en gooi skoon water op en bring tot kookpunt en gooi die water af.
Bedek dan die boontjies net net met skoon water en kook vir omtrent 2 ure en moenie die water afgooi nie.
Gooi nou die ander bestanddele by en roer goed.
Kook nou stadig tot lekker souserig vir omtrent 15 min.
Skep in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Gideon Louw




HETTIE SE PEPPARY DEWS


HETTIE SE PEPPARY DEWS
(Sweet Peppadews)
Gebruik 15 – 20 peppadews per botteltjie.
Sny stingels van peppadew af en ontpit met agterkant van teelepel.
Spoel af in yskoue water.
Meng saam:
5 koppies suiker
5 koppies water
5 koppies wit asyn
2 eetlepels droë piekel mix, sonder lourier blare

Kook tot suiker opgelos is.
Pak rou peppadews in gesterliseerde warm bottels.
Gooi warm stroop oor en maak seker bottel is tot bo gevul en alle lugborreltjies is uit.
Laat staan onderstebo tot heeltemal koud.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder word dit – omtrent 2 weke.
Vul met maaskaas en geniet.
Maak 9 heuning botteltjies vol.
Nota:
Pas die stroop aan volgens die hoeveelheid peppas wat jy het – 1 koppie van elk van stroop bestanddeel vul ongeveer 2 botteltjies.
Die peppadews hoef nie vooraf te kook nie, maar dis jou eie keuse. Dit bly lekker “crispy” as jy dit net so insit – indien jy dit wil kook moet dit net so 2 min wees. Hoe langer dit staan hoe sagter word dit.
Resep en foto: Hettie Gouws Stoltz




INGELEGDE PEPPADEWS


INGELEGDE PEPPADEWS
28 groot bottels pepadews ingelê. Peppadews word nie geweeg soos ander produkte nie.
4 koppies water
4 koppies asyn
4 koppies suiker
Kook  bogenoemde saam.
Vul gesteriliseerde bottels met pepadews.
Vul met kokende stroop.
Met ‘n sosatie pen druk langs kante van botte om lugborrel uit te kry.
Vul tot oorlopens toe vol met stroop, draai warm toe, was bottels en sit onderste bo.

VOORBEREIDING
Sny stingels af, ontpit peppadew, spoel af in lopende koue water. Kook die stroop, steriliseer bottels in oond, deksels in warm water, pak rou pepadews in flesse. Gooi dan stroop oor peppadews.

Raad: Werk met surgical handskoene te alle tyd, geen brand hande.
Eet saam op ‘n kaas platter, vul met roomkaas en eet dit saam met beskuitjies, of ‘n vulsel van gekapte gaar spek en fyn gesnyde groen uie.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




WORTEL BLATJANG


WORTEL BLATJANG
6 koppies gerasperde wortels
5 ml sout
5 ml gemaalde kardamom
1 knoffelhuisie gecrush
30 ml vars gerasperde gemmer
500 ml bruin druiwe asyn
750 ml wit suiker
45 ml maizena

Kook alles behalwe maizena saam vir 10 min.
Meng maizena met bietjie water en roer by wortels in, kook nog 5 minute, roer af en toe.
Skep in gesteriliseerde bottels en seël goed.
Resep geplaas deur Christine Louw
Foto: Christine Louw




LEKKER GEBOTTELDE SOET PAMPOEN

LEKKER GEBOTTELDE SOET PAMPOEN
3.5 kg pampoenblokkies (lekker stewige pampoen)
600 ml suiker
100 ml botter
10 ml fyn kaneel
15 ml vars gemmer, fyn gesny
5 sout
60 ml heuning
120 – 150 ml water
10 ml mosterdpoeier
3 eetlepels maizena aangemaak met bietjie water

Plaas die suiker, botter, gemmer, kaneel en heuning in ’n groot kastrol en laat kook oor lae hitte totdat dit begin verbruin. Voeg die pampoen, sout en water by. Dit gaan lyk of jy te min vloeistof het, maar onthou die pampoen maak ook water.
Kook oor matige hitte, terwyl jy af en toe versigtig roer om nie die blokkies te breek nie, tot die pampoen sag en die sous redelik afgekook het. Roer die maizena by, en laat stadig deurkook. Bottel warm, maak seker die bottels en proppe is baie goed gesteraliseer, skep soveel van die blokkie eerste uit in die bottel en vul dan met die sous. Seël die bottels en laat afkoel. Bere in die yskas. Om te gebruik, skep uit in bakkie en verhit in die mikrogolf, voila – dit is heerlik.
Nota: Die sous wat oor was in die pot, het ek net eier, meel en bakpoeier bygevoeg en heerlike pampoenkoekies gebak.
Resep en foto: Rina Kleinhans




BOTTLED BEETROOT


BOTTLED BEETROOT
300 g beetroot
1 cup sugar
1 cup brown vinegar
1 ml salt
And reserve 1 cup of the boiled beetroot water

Clean beetroot and boil for about 30 min or till done.
Drain and retain 1 cup of the water.
Peel beets, cut into block, slice or grate.
Place the vinegar, retained water, sugar and salt in a pot and heat till sugar has melted. Cook for 5 min.
Add the beetroot and bring to boil.
Place in sterile bottles and seal hot.
For my 5.5 kg cooked beets I used 6 cups of the sugar, vinegar and retained water. Got 10 small bottles and 4 large bottles.
Recipe and photo: Nicolette Papas




ROOI SLAPHAKSKEENTJIES


ROOI SLAPHAKSKEENTJIES
3 kilogram klein uitjies, geskil, laat lê oornag in sout water.
2 teelepels sout op 2 liter water, spoel volgende dag af.
Ek sny ‘n kruisie aan bo kant anders peul die binneste stukkie uit as dit kook.
2 koppies sultanas
350 ml suiker
440 ml wit asyn
440 ml water
2 blikkies tamatie pasta van 115 gr elk
80 ml olie
knippie rooi peper
½ teelepel rissie vlokkies (crushed chillis)
1 eetlepel hoogvol aromat
sout na smaak

Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol, bedek dit met deksel en prut stadig vir ongeveer ‘n uur.
Haal deksel af en kook tot sous dikkerig is.
Skep uitjies in warm gesteriliseerde bottels met sous, verseël dadelik.
Foto en resep: Alta Gunter van Dyk