WASHIELAH SE HOENDERKERRIE



WASHIELAH SE HOENDERKERRIE
Resep geplaas deur Washielah Adams
FOOD LOVERS RECIPES
Ai ja kerrie, mens maak mos maar almal kerrie volgens jou smaak en styl. Tog is alle kerrie dieselfde, dis maar net die bestanddele wat dit verander. Hier is my weergawe van hoenderkerrie.
1 pak hoenderborsies, vel verwyder
1 pak hoender vlerkies
1 pak hoender dye
4 groot uie
1 huisie knoffel
‘n duim groote groengemmer met skil
1 bos danjah/selentro
175 ml plain yoghurt
30 ml chickenspice
30 ml sterk rajah kerrie
15 ml koriander poeier
15 ml tumeric, nie borrie nie10 ml sout
30 ml bruin suiker
1 koppie mix veg van jou keuse of dan net
1 koppie (garden peas) ertjies
Sny jou hoenderborsies en dye kleiner op en voeg die vlerke by, was dit goed af en sit in ‘n diep bak. Nou meng jy jou speserye met die plain joghurt asook die sout en suiker. O ja ek’t vergeet so 20 ml olie ook hierin. Meng die hoender hierdeur en laat dit solank rus terwyl jy na stap twee gaan.In ‘n lekker groot swaarboom pot (dis ok as jy nie het nie, ‘n gewone ou hart pot werk net so goed) sit jy jou uie wat lekker fyn opgesny is en sit op die plaat. Laat dit daar om te gesels met die hitte, roer net sodat dit nie brand nie. As dit begin bruin word, sit jy so bietjie water by, nie olie nie. Ek herhaal nie olie nie. Laat dit nou op lae hitte so braai tot dit glansend en mooi bruin is. Nou mag jy daai dhanjah en fyn knoffel byvoeg. Laat dit net so deurkook, as jou pot droog is, voeg net nog bietjie water by. Ja ek’t vergeet van my greenpeper, so sny dit op en sit by dis mos geur daai.Nou maar ja daai hoender kan nie vir ewig daar gesels nie, dit moet hitte kry, so sit dit in die pot en roer net goed deur. As jy van die gewaagdes is kan jy so 1 of 2 heel groen rissies op die staduim in die pot plaas. Onthou net om te roer en hier mag jy nou 1 tot 2 koppies louwarm water byvoeg, gehang van die dikte wat jy wil hê asook die sous.
Ek sal sê sit die deksel op die pot, die hitte laag en laat die hoender speserye en yoghurt met mekaar gesels vir nog so ‘n halfuur. Roer maar net so af en toe. Nou sit jy jou ertjies in of mix veggies en laat dit nog so 20 min prut.
Siedaar jou kerrie is klaar en reg om opgedis te word.Die rys gebruik basmatie rys en kook dit op soos die pakkie sê, dit vat net so 10 min. Strain jou rys sit terug in die pot met so ‘n paar klonte botter en bietjie suiker, sit die deksel op en laat dit deurstoom.
Skep ‘n lepel of twee rys met n lepel of twee kerrie. Sit n danjah blaar of twee vir afronding bo op.
Daar het jy dit n lekker hoender kerrie vir n lekker winters aand.
Let wel jy mag aartapels in jou pot sit, maar met hoenderkerrie is dit nie vir my nodig nie, want ek wil daai hoender proe.
Geniet en vra maar as jul vashak.
Ek gebruik nie baie olie nie en ook nie baie sout nie, so pas maar aan soos jou verlange is. Meeste van my kos word sonder olie gemaak.





