DURKY SOUS HOENDERSTUKKE

DURKY SOUS HOENDERSTUKKE
Spur se “buffalo wings” resep.
gewone asyn
fyn knoffel
rooi peper
hoender stukke
olie vir braai
Meng die Durky-sous bestanddele na smaak. Ongeveer 1 koppie asyn,  ¼ koppie fyn knoffel en rooi-peper, soveel soos jy kan hanteer (brandsgewys).
Diepbraai die hoender stukke in olie tot krakerig.
Verwyder die hoender uit die olie en doop die stukke direk in die durky sous.
Verhit olie in ‘n pan, soveel olie soos vir vlakbraai en braai die hoenderstukke (wat in die durky sous was) in die vlakolie vir ‘n paar minute en bedien met ekstra sous.
Opsioneel – Dip die hoender weer in die sous en bedien dan.
Resep:  Karin Rheeders Pearson




CHICKEN ALA QUEEN NATS

CHICKEN ALA QUEEN NATS
½ koppie spekstukkies
4 hoender borsies, blokkies gesny of oorskiet hoender
1 groot ui, grof gesny
½ koppie ertjies
½ koppie mielies
½ koppie wortelringe
½ teelepel  rooi paprika
2 huisies knoffel, gepers
500 g sampioene, gesny
sout, peper, chicken spice, tiemie en vars pietersielie
1 pakkie sampioensop poeier

Braai spek, uie en hoender (nie as dit leftovers is nie) en alle kruie en knoffel behalwe pietersielie tot goudbruin.
Braai nou (kort tyd) die groente by behalwe die sampioene, (en die leftover hoender) voeg genoeg water by tot alles bedek is. Kook tot alles gaar is en die water al redelik verdamp het. Gooi nou sampioene en pietersielie by en die sop aangemaak met ‘n koppie (kook) room. Kook tot sous lekker dik en alles gaar is.
Bedien met basmati rys of gewone rys. En mengelslaai.
Geniet.
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




APPELKOOS GLANS HOENDER

MIKROGOLFOOND

APPELKOOS GLANS HOENDER
(4-6 PORSIES)

Heel hoender ongeveer 1.5 kg
5 ml appekooskonfyt
sout
bietjie paprika
bietjie hoenderspeserye
sousmengsel
swartpeper
witpeper
5 ml botter

Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10 sekonders op hoog tot sag en smeer oor hoender. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8 min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3 min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2 min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22 min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20 min staan voor dit gesny en bedien word.

Wenk: Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof

Sousmengsel: http://www.foodloversrecipes.com/2013/05/bere-sousmengsel/#more-4664




KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT


KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT
30 g botter
8 hoenderstukke
basiliekruid
origanum
tiemie
sout en peper
35 ml suurlemoensap
250 ml droë witwyn
250 ml warm hoenderaftreksel
12, 5 ml sjerrie
100 ml room
mielieblom
Sprinkel die kruie oor die hoender en braai bruin in die stoompot. Giet die suurlemoensap, wyn en aftreksel in, bedek, bring tot hoog en kook vir 15 minute.
Verminder die drukking en haal die deksel af, meng die sjerrie, room en mielieblom en roer by die hoendermengsel. Laat die sous verdik en bedien.

 




HOENDER- OF KALKOEN BILTONG

CHICKEN BILTONGtested

HOENDER- OF KALKOEN BILTONG

Hier is ‘n resep vir hoender of kalkoen biltong. Dit kom uit my Amerikaanse boek oor vleisverwerking.Het dit nog nie probeer nie, maar lyk vir my reg.
1,36 kg hoender of kalkoen borsvleis sonder vel en bene.
1½ teelepel knoffelpoeier
3 teelepel uiepoeier
¾ teelepel swart peper (fyn)
1 teelepel mosterdpoeier
1 koppie Soyasous
1 koppie Worceshiresous
¾ koppie rooiwyn
1 teelepel Praque poeier(salpeter)
Meng al die bogenoemde bestanddele behalwe die hoender/kalkoen. Sny die vleis in repies. Meng die vleis met die marinade. Laat staan vir 24 uur, meng elke 6 ure goed deur. Hang op ‘n koel plek met ‘n waaier op tot droog.
Moet nie die praque poeier uitlaat nie, dit beveg kieme en preserveer vleis. Ek sal die rooiwyn vervang met bruin asyn.

Hoop dit sal jou help.
Resep geplaas deur Piet Pompies

 




HOENDERSULT

HOENDERSULT
Resep:  Cathy Joubert
Foto:  Martie Du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
Dieselfde gepluisde hoendervleis kan ook in sult omgetower word.
Al is die versoeking hoe groot, moenie die sult dadelik eet nie.
Na ‘n dag in die yskas smaak dit prima!

1 mediumgrootte hoender, gekook en ontbeen
250 – 300 ml hoenderaftreksel (van die gekookte hoender)
2 mediumgrootte uie
kookolie om in te braai
10 ml kerriepoeier
1 wortel, gerasper
25 ml gelatien
30 ml kookwater
20 ml appelkooskonfytasyn
sout en peper na smaak

Braai ui in kookolie tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier en wortel by. Verwyder vet van hoenderaftreksel en voeg die vloeistof by.
Prut vir nie langer as tien minute nie.Los gelatien in kookwater op en voeg dit by.
Meng appelkooskonfyt met asyn, voeg by die kerriemengsel en kook 10 minute.
Roer af en toe.
Voeg nou die vleis by kerriesous en kook tot deurwarm.
Roer, proe en voeg nog asyn by indien nodig.
Geur met sout en peper.
Indien nodig, kan meer sous by mengsel gevoeg word.
Skep hoendermengsel in ‘n geskikte broodpannetjie of vorm en bedek met kleefplastiek.
Plaas in yskas om te stol.
Sit voor met varsgebakte brood en slaai.




PARMASAN MAYONNAISE BAKED SKINLESS CHICKEN BREAST

tested

PARMASAN MAYONNAISE BAKED SKINLESS CHICKEN BREAST
Serves 4
I found this recipe online and tried it tonight. It was a WINNER!!! Yummy!

3-4 skinless boneless chicken breasts trimmed
1 cup mayonnaise
½ cup Parmesan cheese grated (fresh preferred)
1 ½ teaspoon seasoning salt
1 teaspoon garlic powder (I used crushed garlic)
½ teaspoon pepper
1/3 cup Italian Bread Crumb
Preheat oven to 200ºC. Trim, rinse and pat dry 3-4 skinless boneless chicken breasts. Pound them with a rolling pin or wine bottle to tenderise and flatten slightly
In a bowl, mix 1 cup mayonnaise, ½ cup Parmesan cheese, 1 ½ teaspoon seasoning salt, 1 teaspoon garlic powder or crushed garlic and ½ teaspoon pepper.
Spray a baking tray with oil
Dip the chicken breasts in the mayonnaise Parmesan mixture. Be sure to get all surface coated. Finger use allowed but be sure to wash well after.
Lightly sprinkle with some Italian bread crumbs on both sides. I used less than 1/3 cup on four large breasts. You are not coating them. Just adding some crispy and flavor.
Bake for half an hour or so. Let rest for 5 to 10 minutes before serving.
Recipe posted by Angela Landsberg



HOENDERPOTJIE


HOENDERPOTJIE
( 10 porsies )
12 hoenderdye
15 ml kookolie ( 3 teelepels )
2 uie, in skywe gesny
5 ml knoffelvlokkies ( 1 teelepel )
8 geelwortels, in skywe gesny
6 medium patats, in skywe gesny
300 g lang groenboontjies, gehalveer
250 g droë perskes
10 ml sout ( 2 teelepels )
500 ml droë witwyn ( 2 koppies )
6 peperkorrels
5 ml Aromat ( 1 teelepel )

Braai hoenderdye bruin in verhitte kookolie in `n potjie.
Voeg uie en knoffel by en braai totdat uie deurskynend is.
Plaas die wortels, patas, boontjies en doë perskes oor en geur met sout.
Verhit wyn. Aromat en peperkorrels in `n pannetjie oor die vuur en giet oor die hoender en groente.
Bedek en prut sowat 1 uur oor koel kole totdat hoender sag is.

Bron:  Onbekend

 




HANNALIE SE HOENDERKERRIE

2015-07-23-hoenderkerrietested

HANNALIE SE HOENDERKERRIE
3 hoenderborsies
3 groot aartappels
2 geelwortels
1 groot ui
1 piesang
1 granny smith appel
Knoffel
Sout
Peper
Gemengde kruie
Maizena
Blatjang
Kerrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel
Borrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel

Kook die hoender in ± 1½ koppies water, voeg sout, peper, knoffel en gemengde kruie by.
Kook tot sag. Haal vleis uit en laat eenkant om effens af te koel. Sny op in stukkies.
Sny aartappels in blokkies en die wortel in skyfies en kook tot sag in vleiswater.
Intussen braai gekerfte ui in bietjie olyfolie tot glaserig, voeg gerasperde appel en gesnipperde piesang by.
Voeg nou die Kerrie- en borriepoeier by en braai vir 2-3 min. Voeg nou die hoender en uiemengsel by die saggekookte groente en meng deur. Indien water min is voeg nog by. Voeg nog geurmiddels en blatjang by na smaak. Meng ongeveer 2 teelepels Maizena met ‘n bietjie melk (¼ koppie) en voeg by kerriepot om te verdik. Kook goed deur tot lekker sous gevorm het. Bedien op bruinrys met gestoofde vrugte.

RESEP:  Hannalie Kitshoff
FOTO:  Amanda Conradie




GERDA SE LEKKER HOENDER RESEP

tested

GERDA SE LEKKER HOENDER RESEP

Ek het die jare terug by my Ma geleer.

Jy pak jou hoenderstukkies in ‘n bak en smeer DIK Mayonnaise oor. Die hoender moet droog wees en daar moet geen deksel opkom as dit in die oond ingaan nie, anders gly al die mayonnaise af en lê op die bodem van die pan. Dit maak so ‘n heerlike bruin korsie.
Ek gaan ook van Ina Paarman se sousie probeer en Rina vir ‘n klaar gaar hoender is dit defnitief op die spyskaart.
Dan nog ‘n hoender resep wat my ma gemaak het.
Skud hoenderstukkies in ‘n plastieksak met meel en sout. Braai bruin in vlak olie. Pak nou laag hoender stukkies, rasper dik laag uie oor, dan laag dik laag tamaties. Herhaal die lae. Strooi tussen die lae speserye van jou keuse. Dis njammies lekker.
Dit moet lekker lank bak. Die uie, tamaties en wortels moet nie meer apart wees nie maar so ‘n lekker dik sous maak.

Wat ‘n hoenderpastei besonder lekker maak is Bacon Kips. Krummel die Bacon kips dat dit kleinerige stukkies is. Voeg dan net meer vloeistof by. Ek gooi altyd Ideal Melk of Carnation melk by. Die Bacon Kips moenie droog wees nie. Dit raak dan heeltemal ‘deel’ van die pasteie met ‘n besondere smaak.

Resep: Gerda Potgieter