OONDGEBAKTE HOENDERKERRIE

kerrie hoender
OONDGEBAKTE HOENDERKERRIE
8 hoenderstukke
½ rooi soetrissie, in repe gesny
1 klein ui, in blokkies gesny
sout en swart peper
125 ml blatjang
125 ml mayonnaise
1 pk bruin uiesoppoeier
200 ml Bulgaarse jogurt
20 ml kerriepoeier
20 ml tamatiepasta
5 ml borrie
10 ml fyn komyn
fyn gekapte vars brandrissie na smaak

Plaas die hoender, soetrissie en ui in ‘n vuurvaste oondbak met ‘n deksel en geur met sout, peper en speserye van jou keuse.
Meng res van die bestanddele en giet oor die hoender en strooi 2 teelepels suiker oor.
Bak vir een en ‘n halfuur in voorverhitte oond by 180º C.
Roer halfpad deur die gaarmaaktyd. Aan die einde word deksel verwyder en stel die oond op rooster om die gereg bietjie te verbruin.
Foto en resep: Gideon Louw
2de foto:  Ansi Pypers Fourie – Ek het wel resep effe aangepas. 1 koppie rooiwyn by sous, en dan kaneel en gemmer by.




GEURIGE HOENDER

GEURIGE HOENDER
4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
25 ml sojasous
25 ml droë sjerrie
120 ml mielieblom
sonneblomolie, vir diepbraai
80 ml koekmeel
90 ml suurlemoensap
30 ml suiker
15 ml sesamsaad, gerooster
noedels of rys en roerbraaigroente, om voor te sit

Sit die hoender in ‘n bak en voeg die sojasous, sjerrie en 30 ml van die mielieblom by. Laat dit vir 20 minute marineer.
Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepbraai. Meng die meel en 80 ml mielieblom en doop die gemarineerde hoender daarin. Skud die ekstra meel af en braai ‘n paar stukke op ‘n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Meng die suurlemoensap, suiker, 150 ml water en die laaste 10 ml mielieblom in ‘n mikrogolfbak. Verhit dit vir ‘n paar minute en roer af en toe tot dit verdik. Roer die hoender by. Sprinkel sesamsaad oor. Sit dadelik voor met noedels of rys en roerbraaigroente.
Foto: Suretha Jansen de Swardt




CHICKEN PARM MEATBALLS

1006344_10202105465944381_675786182_n
CHICKEN PARM MEATBALLS
1 1/4 pounds minced chicken
2 tablespoons onion, chopped
1/2 cup Parmesan
1/2 cup breadcrumbs
zest of 1/2 lemon
1 tablespoon parsley, chopped
1 minced clove garlic
1 tsp fennel seeds
1 egg, whisked
salt & pepper to taste
1 14-oz canned pizza sauce
3 tablespoons olive oil
4 oz fresh mozzarella
1. Preheat oven to 400 degrees with the wrack near the top.
2. Throw in all the ingredients – except for the last 3 – into a bowl, and mix well.
3. Make large balls with your hands, and arrange them on a foil sheet
4. Open the canned pizza sauce, and in bowl, mix 1 spoon of the sauce and 3 tsps olive oil.
5. Use a brush to rub the mixture on the meatballs.
6. Put in the oven and bake for 15 mins.
7. When ready, take out from the oven and add some pizza sauce to the meatballs.
8. Slice the cheese and place a slice on each meatball.
9. Turn heat on to highest, and insert the meatballs again for 3 to 5 mins for the cheese to toast.
10. Empty out can of sauce into a pot/pan and heat up.
11. Remove meatballs from oven and drop the heated sauce as the final touch before serving.

Photo:  Suretha Jansen de Swardt




HOENDER EN LIETSJIESLAAI

75922_3354503958588_439214598_n
HOENDER EN LIETSJIESLAAI
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
5 ml (1 teelepel) kerriepoeier
1 groot blik lietsjies, gedreineer, maar behou die sap
15 ml (1 eetlepel) blatjang
125 ml (½ koppie) mayonnaise
250 ml (1 koppie) natuurlike jogurt
So 4 tot 5 gaar hoenderborsies, hapgrote stukkies gesny
sout en peper
kersie tamaties
seldery
½ koppie geroosterde neute van jou keuse
slaaiblare
koljander

Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel daarin tot sag.
Voeg die kerrie by en roer deur. Voeg die lietsjiesap by en meng deur.
Kook af tot geurig. Roer die blatjang, mayonnaise en jogurt by.
Meng nou die hoender met die sous.
Voeg die lietsjies by.
Rangskik die slaaiblare op ’n dienbord, skep die hoendermengsel bo-op en rond af met koljander, kersie tamaties en neute.

Foto en resep:  Louise Venter




DORITOS- EN HOENDERGEBAK

DORITOS- EN HOENDERGEBAK
6 gaar hoender borsies, sonder vel en in blokkies
250 ml suurroom
1 blikkie sweetcorn
1 pakkie cream of chicken soup
700 ml witsous
Cheddar en Mozarella kaas vir bo-op
1 groot pak Doritos chips
1 ui, fyngekap en gebraai

Vat ‘n oondbak, smeer goed en gooi die pak chips onder in. Maak nou ‘n witsous, maar vervang helfte van die meel met die sop poeier. Sodra die sous reg is, gooi die gaar uie, suurroom, sweet corn, handjie vol kaas en hoender in sous. Gooi mengsel bo-oor die chips en bedek met lekker baie kaas en ‘n bietjie fyn chips. Bak vir 20 min in ‘n 200°C oond.
Foto en resep geplaas deur Micaela van der Merwe




AARTAPPELSKYFIEHOENDER

hoender met chips kors

AARTAPPELSKYFIEHOENDER
1 hoender, in porsies gesny
sout en peper
45 ml botter, gesmelt
2 knoffelhuisies, gekneus
1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies

Plaas hoenderporsies met vel na bo in gesmeerde oondskottel. Geur.
Voeg die fyn knoffel by die gesmelte botter en bedrup hoender daarmee.
Maak die aartappelskyfies fyn en sprinkel oor die hoender.
Bak in voorverhitte oond teen 200° vir ‘n uur.




HOENDERPASTEI MET OORGOOI DEEG


HOENDERPASTEI MET OORGOOI DEEG
1 heel hoender
5 – 6 naeltjies
paar wonderpeperkorrels
5 – 6 koljander korrels
genoeg sout
3 lourierblare
2 eetlepels bruin- of witasyn
1 groot ui
3 wortels
2 koppies water
bietjie witwyn
250 g gerookte spek

Kook hoender tot sag (tot vleis van bene kom) met al die speserybestanddele asook die witwyn en water.
Haal hoender uit prutsous en vlek. Verwyder bene. Dreineer die prutsous deur ‘n sif om die korrels speserye uit te vis. Die uie en wortelstukkies word gered en by die fyn vleis gesit. Hou die prutsous eenkant.

WITSOUS:
Smelt 2 eetlepels botter tot dit sis en roer dieselfde hoeveelheid koekmeel by, hou aan roer tot glad en klontvry. Voeg die prutsous by die bottermengsel en roer vinnig tot gaar. +- 3 minute. Jy moet die asyn in die witsous proe.
Pas sout en peper aan soos nodig.

KORS:
Jy kan ‘n skilferkors deeg bo-oor plaas. Prik die deeg en smeer met geklitste eier bo-oor. Bak in oond vir 15 minute by 180g ºC.
Draai oond stadiger tot 140ºC vir ‘n verdere 15 min.

Ek het ‘n oorgooi deegkors gebruik.
OORGOOI DEEGKORS
2 koppies bruismeel
2 teelepels bakpoeier
sout
3 eetlepels botter
2 eiers
1 koppie melk
Vryf die botter in die bruismeel in.
Voeg bakpoeier by en meng deur. Klits eiers en melk saam en meng goed met meelmengsel. Skep deeg bo-op vulsel en maak gelyk. Bak by 180º C tot bruin.

Resep: Jeani Strauss
Foto: Wilna Vosloo




FLORENTYNSE HOENDERBORSIES

Florentynstested

FLORENTYNSE HOENDERBORSIES
6 Vellose ontbeende hoenderborsies
30 ml sonneblomolie
15 ml suurlemoensap
5 ml sout Vars gemaalde swartpeper
30ml gekapte pietersielie
100 ml koekmeelblom om mee te bedek (ek het n bietjie meer gebruik)
1-2 eiers effens geklits
Kookolie om in gaar te maak

Kap die hoenderborsies met n vleishamer om ‘n netjiese plat vorm te verkry ongeveer 1.5cm dik.
Meng die olie, suurlemoensap,sout, peper en pietersielie, en bedek die hoender daarmee.
Marineer vir minstens 2 tot 24 uur (myne was vir 3 uur gemarineer) in yskas. Draai af en toe om.
Gooi genoeg olie in n vlak swaarboompan om die bodem met n dun lagie te bedek, verhit tot medium hitte.
Bedek die gemarineerde hoender goed met meel en doop die borsies effens in die lig geklitste eier (daar moet nog heelwat marinade aan die hoender wees.)
Braai die hoender ongeveer 5 min aan elke kant tot goudbruin en bros en gaar, maar nie droog nie.
Lekker saam met n kaas sous of peperonata (soetrissieslaai)
Foto: Sophia Pohl




CHICKEN AND RICE CASSEROLE

chicken rice
CHICKEN AND RICE CASSEROLE
6 chicken breasts
2½ cups uncooked long grain rice
1 – 10 oz can mushroom soup or cream of chicken soup
1 soup can full of water + 5 cups water
1 packet dry onion soup mix

Preheat oven to 160ºC.

Spray bottom of roaster for easier cleaning. Pour the rice in bottom then add 5 cups water. Stir. Make sure it’s evenly distributed on the bottom.

Place chicken breasts on top. Stir together the soup and the can of water pour over top making sure all chicken pieces are covered. Sprinkle the dry onion soup mix over all.

Cover. Bake about 60-70 min.

Jenny Blaine Kleyn:
Ek maak dit ook en ek moet sê , dit is ‘n wenner as jy vinnig iets in die oond wil kry.

 




MA RUTH SE KLAPPERROOM HOENDERKERRIE

COCONUT CHICKEN CURRY

MA RUTH SE KLAPPERROOM HOENDER KERRIE
Foto en resep:  Suretha Jansen de Swardt
FOOD LOVERS RECIPES
8 – 10 hoender porsies, afgewas
1 groot ui, fyngekap
2 – 3 knoffelhuisies
1 blik 400 g heel geskilde tamaties
250 ml klapperroom
1 groen soetrissie, nie te grof gekap nie
olie
1 teelepel fyn gemmer (vermeerder na smaak/grootte –maak myne hoogvol)
2 eetlepels kerrie (ek het Rajah mild gebruik)
sout en peper

Soteer ui en knoffel tot deursigtig in bietjie olie.
Voeg die gemmer, kerrie en peper by en laat die geure ontwikkel (so ½ min). Lg. maak vir my tog ‘n groot verskil.
Voeg hoenderporsies by en die bietjie afspoel watertjie onder in die bak.
Sny tamaties fyner en voeg by saam met die sous van die tamaties. Sout na smaak.
Stel plaat af na ‘n stadige prut. As dit te droog lyk voeg nog bietjie water by, maar wees versigtig met die water.
Hou ingedagte dat die klapperroom nog moet by kom.
Prut vir ongeveer 40 – 45 min of tot jy sien die vleisies is lekker sag.
Voeg klapperroom en gekapte groen soetrissie by.
Roer deur en laat lekker deur prut. Nog so 10 min kan nie skade doen nie.