CHICKEN BREYANI MET ROTI

2013-09-17-chickenbreyanimetroti

Jy braai uie en knoffel en voeg dan jou breyani masala mix by en braai dit

Dan sit jy jou hoender by en braai dit totdat die breyani masala mooi deur gebraai is. Dan sit jy wortels en aartappels by en sit dan stock by.

Voeg ook star anise en kaneelstokkie en bay leaves en cumin seeds by.

Prut totdat jou aartappels en wortels net net sag is.

Neem dan basmati rys wat semi gaar gekook is en sit dit onder in jou bak.

Sit die breyani mengsel bo-op en sit ‘n deksel op en bak in die oond.

Ek sit gewoonlik ‘n blikkie lensies op die einde by en geur met sout en peper.

Dan maak ons rotis by en bedien dit met gekapte uie en tamatie met bietjie asyn, suiker, sout en peper.

Die komkommer konkoksie is heerlik saam met breyani, vat ‘n komkommer en sny dit in die lengte deur en verwyder die pitte en rasper dit.

Voeg nou ongegeurde joghurt en gekapte coriander en ‘n bietjie mayonnaise en meng dit deurmekaar. Dan eet jy met jou hande, vat ‘n stukkie roti met bietjie breyani en sit van die tamatie en uie by en sit komkommer sousie oor en hap! Heerlik verby.

Bron- Leanne Thurston Coetzer




HOENDER STROGANOFF (Die vinnige een)


HOENDER STROGANOFF (Die vinnige een)
1 eetlepel koekmeel
1 volronde teelepel paprika
1 hoenderekstrak blokkie
1 teelepel sout
1 teelepel peper
4 hoenderborsies, ontbeen en in repies gesny
1 ui, fyngekap
1 groen soetrissie
2 koppies sampioene, fyngekerf
1 eetlepel brandewyn
½ koppie tamatiesous
1 koppie karringmelk
olie vir braai

Plaas meel, paprika, sout en peper in ‘n plastieksak. Voeg hoender by en skud totdat hoender heeltemal bedek is. Braai ui tesame met die hoenderekstrakblokkie in bietjie olie. Wanneer bruin, voeg meelbedekte hoender, soetrissie en sampioene by. Wanneer hoender gaar is en groente ‘n vloeistof begin afskei, roer brandewyn en tamatiesous by. Haal van stoofplaat af en voeg karringmelk by. Bedien onmiddelik.
Foto:  Bonita vd Westhuizen




HOENDER IN BLATJANG-LEMOENSOUS

lemoenhoender linnoltetestedHoender in bladjang-lemoensous
HOENDER IN BLATJANG-LEMOENSOUS
1.3 kg hoenderstukke
sout
peper
geurselsout
koekmeelblom
kookolie
2 middelslag uie, gerasper
250 ml vrugteblatjang
500 ml vars lemoensap

Vryf die hoenderporsies met die sout, peper en geurselsout. Rol die stukke in die koek meelblom en braai in warm kookolie tot goudbruin. Skep in ‘n groot kasserol. Meng die res van die bestanddele en gooi bo-oor. Sit die deksel op en bak 1½ tot 2 uur by 200°C.

Nota:
Ek het dit gemaak met ‘n verskil. Tiemie, kaneel, kerrie bygevoeg asook cranberries. Voor opdiening amandel splinters oorgegooi vir garnering. Dit was heerlik. Dankie vir al jul lekker resepte wat mens kan probeer. Goed gaan.

Foto:  Linette Nolte  en Ertjies de Witt



HOW TO POACH CHICKEN BREASTS

HOW TO POACH CHICKEN BREASTS
1 – 4 skinless chicken breasts, on or off the bone as preferred
1/2 – 1 teaspoon salt
Aromatics: smashed garlic, bay leaf, 1 teaspoon peppercorns, sliced ginger, fresh herbs, thinly sliced onions, or any other flavorings
1 cup white wine, optional for more flavor

lace the chicken and aromatics in a pot: Arrange the chicken in a single layer on the bottom of the pot. It’s fine if they overlap a little, but they cook more evenly if they are in a single layer. Scatter the salt and aromatics over top.
Cover the chicken with water: If using wine, pour this over the chicken first. Pour in enough cool water to cover the chicken by an inch or so.

Bring the water to a boil: Place the pot of chicken on the stovetop over medium-high heat. Bring the water to a boil. You’ll see some white scummy foam collecting on the surface as the water comes to a boil — if you’ll be using the poaching liquid for a soup or other recipe, you can skim this off; otherwise, it’s fine to leave it.
Reduce to a simmer, cover, and cook: As soon as the water comes to a boil, reduce the heat to low, cover the pot, and let the chicken simmer. Begin checking the chicken after 8 minutes: it is done when opaque through the middle and an instant-read thermometer in the thickest part of the meat registers 165°F. Chicken will typically finish cooking in 10 to 14 minutes depending on the thickness of the meat and whether it is has a bone.
Remove from the poaching liquid: Remove the chicken from the poaching liquid and place it on a cutting board.

Serve or store the chicken: Poached chicken can be served hot, room temperature, or cool. It can also be served whole, or it can be sliced or shredded as per your recipe. If you cooked your chicken with the bones, you can pull or cut away the bones, return them to the pot with the poaching liquid, and simmer until the liquid is reduced. Once strained, this is a quick chicken broth that can be used for soups or rice.




PERI PERI HOENDER – DIE WARE JAKOB

PERI PERI HOENDER – DIE WARE JAKOB
Resep geplaas deur Dorrie
Foto: Herman Agenbag
FOOD LOVERS RECIPES
Die ouer-garde wat Peri-Peri Hoender onthou soos dit in die dae van die Portugese in Mozambique voorgesit is. Dit is die Ware Jakob!
1 heel hoender (± 1.8 kg)
Portugese olyfolie
MARINADE:
6 knoffelhuisies, grof gekap
stukkie vars gemmer (sowat 5 cm lank), gekap
150 ml olyfolie
fyn gerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen
150 ml vars suurlemoensap
2 rooi vars rissies, gekap met pitte en al, of ‘n eetlepelvol droë ‘Chilli-Flakes’ (vars is beter)
1 handvol gekapte pietersielie

Plaas die heel hoender met bors na onder op snyplank.
Met ‘n sker of skerp mes, sny langs die ruggraat oop. Sny die ruggraat uit.
Draai die hoender om en vlek heeltemal oop. Druk effens plat.
Plaas die hoender in ‘n groot plastiese sak.
Sit die knoffel, gemmer, olyfolie en suurlemoensap in ‘n ‘food processor’ en meng goed. Sit die rissie en pietersielie by.
Gooi die marinde by die hoender en werk dit deeglik in. Bind die sak toe en laat (verkieslik) oornag staan in ‘n yskas, of marineer vir ten minste vyf ure lank.
Verwarm oond tot 200°C.
Sit ‘n bietjie olyfolie in ‘n braaipan. Haal die hoender uit en plaas in die pan. Borsel met olyfolie. Gooi die oortollige marinade weg. Gooi sout op na smaak. (Ek gebruik growwe sout).
Plaas pan in die oond. Borsel nou en dan van die pan-sappe oor en braai in die oond tot gaar.
Haal uit die oond en skep uit in groot bord.
Meng sowat kwart-koppie suurlemoensap met kwart-koppie olyfolie en verf oor die hoender.
Dien op met suurlemoen skyfies en chips of Portuguese gebraaide rys.




TAMATIESOUS HOENDER

TAMATIESOUS HOENDER
My een gunsteling dis is tamatiesous hoender (die resep is uitgedink maar is ‘n ware wenner)… gemaak as volg.
2 kg hoenderstukke
2 koppies tamatiesous
1 koppie Mayonniase
1/2 koppie Mrs balls blatjang
1/4 koppie asyn
2 uie grof gekap
3 knoffel huisies opgekap
4 tamaties opgekap (vel verwyder)
8 aartappels geskil en in 1/2 gesny
4 wortels geskil en in 2 cm Stukke gesny
7.5 ml sout
vars gemaalde swart peper
50 ml kookolie of botter

Braai uie, knoffel en hoender saam, meng tamatiesous, mayo, blatjang asyn en sout. Wanneer hoender lekker gepanbraai het, giet die sous oor en sit deksel op. Wanneer hoender byna gaar is, voeg die groente by asook vars gemaalde swart peper na smaak. Jy kan ook sampioene bysit op die einde.
bedien saam rys…

RESEP: Francois Van Der Schyff




GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK

foil pascelstested
GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK
Vriendin se kamp hoender- sy kan nie onthou waar sy die resep/beginsel gekry het nie. Dalk kan n kosmater help.
GEEN SKOTTELGOED: Geurige hoender-foeliegebak
Soms het ‘n mens iets nodig wat nie te veel moeite is nie, en wat ook geen moeite agterlaat nie. Tog moet dit vingeraflek-lekker wees en sommer ‘n yslike gesin kan voed:
Ek is mal oor kos wat ‘n mens net so kan saamflans – veral die wat nie regtig skottelgoed maak nie. Hierdie hoender- en worsiegereg maak jy in foelie toe voordat dit oor die kole, of in die oond gebak word. Die lekkerste is dat jy die bestanddele kan aanpas soos jy die dag voel. En die beste is dat jy dit met brood kan voorsit, wat jy dan deur die sous kan trek! Geen moeite. Moenie nog huiwer nie – maak dit vanaand!

Vir die sous:
25 ml bruinsuiker
25 ml balsemieke asyn
25 ml Worcestersous
25 ml olie
50 ml blatjang
5 ml heelkorrel- of soetmosterd
paar druppels Tabasco, opsioneel

Vir die foeliepakkie:
8 hoenderstukke: vlerkies, boudjies of dye
dun boerewors, of dun spek- en kaaswors
verskeidenheid sampioene – groot bruin, knopiesampioene, portabellinis
1 ui, sny in agt skywe
kersietamaties
sout en varsgemaalde swartpeper
25 ml witwyn (of water)

Begin deur ‘n plastiese sakkie te kry. Dis nou as jy regtig nie skottelgoed wil maak nie, anders kan jy ‘n bakkie gebruik. Gooi al die bestanddele vir die sous daarin. Voeg ook die hoenderstukke by en meng sodat die hoender heeltemal bedek is met sous.
Kry nou die foelie gereed.
Mens het ongeveer ‘n meter nodig hiervoor. Vou dit in die helfte, met die blink kant na buite.
Gooi die hoender in die middel van die foelie uit.
Sny die wors in ongeveer 5 cm-stukke. Rangskik dit tussen die hoender.
Voeg dan ook die sampioene, sommer so heel, en die uie en kersietamaties by. Werk dit maar so uit hoeveel elke persoon omtrent van elke item sal eet.
Gooi sout en swartpeper oor en rangskik alles mooi. Sprinkel die wyn oor alles.
Bring nou al die kante van die foelie in en maak dit styf toe. Kry maar ‘n groot snybord, bak of pan om dit in te sit soos jy dit van die een plek na die ander dra.
Sou jy op die punt agterkom dat jou foelie te min, of jou bestanddele te veel is, kan jy net eenvoudig nog ‘n stuk foelie omdraai, of bo-oor sit.
Die kan jy nou op die warm vuur sit, of in die gasbraaier, of in die oond by 220 °C. Dit neem sowat ‘n uur om gaar te word.
Al wat jy hoef te doen is om die pakkie na ‘n halfuur oop te maak en te kyk of alles nog reg is – jy kan dan ook sommer die hoender omdraai. Vou die foelie weg en laat dit dan oop verder gaar word.
As jy over the top wil gaan, kan jy fetakaas oorstrooi net voor jy dit tafel toe dra. Swart olywe is net so ‘n lekker toevoegsel – veral as jy dit saam in die foelie bak.
Sit die foeliegebak net so in sy foelie voor. Gee vars snye brood, broodrolletjies of chips om deur die sous te trek
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels

 




PESTO HOENDER PASTA

pesto hoender pasta

PESTO HOENDER PASTA

2 hoenderborsies, in blokkies/repies
½-¾ bottel Nando’s Portuguese BBQ Peri-Peri Marinade
2-3 eetl olie / Spray-a-Cook
1 groot gekapte ui
1-2 huisies gekapte knoffel
1 pakkie mushrooms, gesnipper
2-3 (of meer) eetl Pesto (ek gebruik ‘n hele botteltjie)
500 ml suurroom
½ pak penne pasta
sout en peper

Marineer hoender met Nando’s (sorg dat hoender goed bedek is) vir 2 ure in yskas.
Sodra hoender klaar gemarineer het, kook pasta.
Verhit olie en braai hoender bietjies-bietjies (anders kook dit) tot ampertjies gaar.
Skep uit en hou eenkant.
Verhit weer bietjie olie (ek gebruik skoon pan – die marinade raak te taai), soteer ui, mushrooms & knoffel tot sag. Geur na smaak.
Stel plaat laag & skep die hoender asook Pesto by mushroom mengsel en laat deur warm.
Laastens skep pasta & suurroom by en roer deur. Laat hitte goed deur trek vir nog so 2-3 minute. Bedien.
Foto: Suretha Jansen de Swardt




OONDGEBAKTE HOENDERKERRIE

kerrie hoender
OONDGEBAKTE HOENDERKERRIE
8 hoenderstukke
½ rooi soetrissie, in repe gesny
1 klein ui, in blokkies gesny
sout en swart peper
125 ml blatjang
125 ml mayonnaise
1 pk bruin uiesoppoeier
200 ml Bulgaarse jogurt
20 ml kerriepoeier
20 ml tamatiepasta
5 ml borrie
10 ml fyn komyn
fyn gekapte vars brandrissie na smaak

Plaas die hoender, soetrissie en ui in ‘n vuurvaste oondbak met ‘n deksel en geur met sout, peper en speserye van jou keuse.
Meng res van die bestanddele en giet oor die hoender en strooi 2 teelepels suiker oor.
Bak vir een en ‘n halfuur in voorverhitte oond by 180º C.
Roer halfpad deur die gaarmaaktyd. Aan die einde word deksel verwyder en stel die oond op rooster om die gereg bietjie te verbruin.
Foto en resep: Gideon Louw
2de foto:  Ansi Pypers Fourie – Ek het wel resep effe aangepas. 1 koppie rooiwyn by sous, en dan kaneel en gemmer by.




GEURIGE HOENDER

GEURIGE HOENDER
4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
25 ml sojasous
25 ml droë sjerrie
120 ml mielieblom
sonneblomolie, vir diepbraai
80 ml koekmeel
90 ml suurlemoensap
30 ml suiker
15 ml sesamsaad, gerooster
noedels of rys en roerbraaigroente, om voor te sit

Sit die hoender in ‘n bak en voeg die sojasous, sjerrie en 30 ml van die mielieblom by. Laat dit vir 20 minute marineer.
Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepbraai. Meng die meel en 80 ml mielieblom en doop die gemarineerde hoender daarin. Skud die ekstra meel af en braai ‘n paar stukke op ‘n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Meng die suurlemoensap, suiker, 150 ml water en die laaste 10 ml mielieblom in ‘n mikrogolfbak. Verhit dit vir ‘n paar minute en roer af en toe tot dit verdik. Roer die hoender by. Sprinkel sesamsaad oor. Sit dadelik voor met noedels of rys en roerbraaigroente.
Foto: Suretha Jansen de Swardt