HOW TO MAKE CHICKEN SKIN

hoendervelle

HOW TO MAKE CHICKEN SKIN
Photo:  Brineel Du Toit
FOOD LOVERS RECIPES
chicken skin, rinsed and dried
salt

Preheat oven to 180°C.
Remove any large globules of fat from the skin, pull out any “hairs,” rinse and pat skin dry.
Sprinkle a pinch of salt on both sides of chicken skin.
Spread out onto baking sheet, top with another baking sheet, and place a cast iron skillet or other heavy, oven-proof pot or pan to weigh it down.
Bake until cooked through and crisp, about 45 minutes total, but check after 20 minutes.

HOE OM HOENDERVEL TE MAAK
Foto: Brineel Du Toit
FOOD LOVERS RECIPES
hoendervel, afgespoel en gedroog
sout

Verhit die oond tot 180°C.
Verwyder enige groot vetdeeltjies van die vel, trek enige “hare” uit, spoel af en druk die vel droog.
Sprinkel ‘n knippie sout aan beide kante van die hoendervel.
Sprei dit uit op ‘n bakplaat, bedek met ‘n ander bakplaat en plaas ‘n gietysterpan of ander swaar, oondvaste pot of pan bo-op om dit te plat te druk.
Bak tot gaar en bros, ongeveer 45 minute altesaam, maar kyk na 20 minute.




LEKKER EENVOUDIGE HOENDERPASTEI

eenvoudige hoenderpastei

LEKKER EENVOUDIGE HOENDERPASTEI
Soos ek al genoem het, maak ek hierdie resep al jare. Dit is ekonomies en tog is dit ryk aan smaak. Dit is romerig, proe soos hoender en oordonder die soppoeier dit glad nie, inteendeel . . . dit komplimenteer die hoender. Ek gebruik selde sampioene want dit is alreeds so geurig dat jy dit nie eers mis nie. Na al die jare bly dit ‘n gunsteling by my huisgesin. Dit maak ‘n groot bak maar ek moet erken . . . die seuns hou nie op eet voordat alles klaar is nie.

2 kg hoenderstukke
1 pak Ready Dough (Puff Pastry)
2 groot uie
2 hoenderekstrakblokkie
2 pakkie hoenderroomsop
2 blikkie gemengde groente (gedreineer)
500 g sampioene (as jy wil)

Kook hoender, ekstrakblokkie en uie saam tot hoender van been af val. Haal vleis van bene af en gooi terug in kastrol. Hou ± 2 koppies sous oor. Braai sampioene in bietjie olie en voeg by hoendermengsel tesame met hoenderroomsop. (Meng dit net so droog (poeier) by. Indien nodig, geur met nog sout en peper.

Voorverhit oond by 180 ºC. Verdeel Ready Dough in twee gelyke dele, druk een gedeelte in oondskottel en bak (blind) tot gaar. Voeg dan hoendermengsel by en sit res van deeg oor. Druk vas en smeer met eiergeel en bak vir 30-40 min tot kors bo-op gaar en bruin is.
Heerlik saam met groente in die winter en slaai in die somer.
Genoeg vir ruim 6 porsies.
Resep en foto:  Lorraine Weitz Brand




LUI HUISVROU HOENDERPASTEI

Lui huisvrou hoenderpasteitested

LUI HUISVROU HOENDERPASTEI
Ek het sommer my eie kop gevolg en toe is die pastei gebore, ek het glutenvrye meel mengsel gebruik vir my kors en binne-in die room, maar dit het nogsteeds baie mooi gekom.
1 heel hoender
1 groot ui gekap
1 pakkie sampioene gekap
1 knoffel vingertjie gekap
1 teelepel Basil pesto
1 teelepel heel korrelmosterd
hoender spesery
swart peper
naeltjies
250 ml room
2 eetlepel koekmeel

Deeg:
1 koppie koekmeel
2 teelepel bakpoeier
125 ml botter of margarien
¾ koppie melk
1 eier
2 ml sout

Vryf botter in meel.
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ‘n slap deeg.
Skep bo-oor die hoendermengsel.

Kook ‘n heel hoender sag met kruie/speserye en sout, laat afkoel en ontbeen.
Braai uie en knoffel, tot net begin bruin word en voeg gekapte sampioene by.
Sit die hoendervleis by en roer lekker deur. Voeg die basil pesto, mosterd, peper, naeltjies en wat ook al lekker is by.
Toets vir sout en vul aan indien nodig. Hier moet jy proe en dit moet sommer yummies wees anders toor hom bietjie.
Maak die meel aan met die room en roer deur die vleismengsel, maak seker dit is lekker souserig en nie te droog nie.
Laat net deur kook vir die meel om gaar te word.
Skep in groot oondbak en skep/gooi “lui huisvrou” degie oor.
Deeg:
Vryf botter in meel.
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ‘n slap deeg.
Skep bo-oor die hoendermengsel.
Bak tot mooi bruin by 180ºC.

Nota: as jy die vleis wil rek,kan jy ertjies of gemengde groente by jou vleis insit.
Ek het ‘n hand vol bosbessies (cranberries) ingesit en dit baie geniet

Resep en foto: Rina Kleinhans




MONIKA SE KORSLOSE HOENDERPASTEI

monika se hoenderpasteitested

MONIKA SE KORSLOSE HOENDERPASTEI
Hierdie hoenderpastei kry nie ‘n kors oor nie.
‘n Heel oondgebakte ontbeende hoender in stukkies gesny
2 Uie redelik fyn gekap (moet rou wees)
1 pakkie sampioene in klein stukkies gesny
1 pakkie sampioensop gemeng met 250 ml room
‘n goeie klomp gerasperde kaas
Meng alles deurmekaar en sit in ‘n oondbak en bak op 180º C tot goudbruin boop.

Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer




HOENDER EN RYS GEREG

1391521_10202351457017347_2092911728_n
HOENDER EN RYS GEREG
1 koppie rys (rou)
1 koppie bevrore mielies, ontdooi en gedreineer (jy kan ertjies ook gebruik)
1 koppie salsa (enige tamatie salsa sal doen)
1 ½ koppies hoenderaftreksel

Hoender spesery mengsel
1 kg hoenderdye
½ koppie gerasperde cheddarkaas
½ bakkie roomkaas (in blokkies gesny) Opsioneel
1 groen ui, gesny
Sout en peper na smaak

Verhit die oond tot 200 grade C. Spuit ‘n oondbak met spray and cook.
Gooi die laag rys, dan mielies, salsa, en hoenderaftreksel in daardie volgorde in oondbak.
Gooi sout en peper oor na smaak
Smeer hoenderdye met die hoender speserye en vryf dit in
Plaas die hoenderdye bo-op die rysmengsel
Bak bedek vir 1 uur.
Verwyder die deksel van die gereg, gooi roomkaas oor (indien gebruik) en bak ‘n verdere 10 minute. Gooi cheddar kaas bo-oor en los tot kaas gesmelt
Strooi gesnyde groen uie bo-oor en bedien.
Foto: Karen Weinrebe Coetzee




CHICKEN PIE

CHICKEN PIE

CHICKEN PIE
1 whole chicken ( boiled in chicken stock )
½ cup sago ( soaked in water for 10 minutes)
1 cup vermicelli
Chicken spices
2 cloves ( kruidnagel)
2 onions
some button mushrooms
Puff pastry
Garlic
Fry onions until glossy.
Add garlic, sago and vermicelli Cooke until sago is glossy and vermicelli is done, add some of the chicken stock to avoid burning, simmer on Low heat.
Debone the chicken.
Add chicken to the sago mixture together with the button mushrooms and chicken spices to taste.
Leave to simmer gently on Low heat.

Roll out the pastry and blind bake this until light brown ( 180ºC).
Add the chicken mixture and close it with the remaining pastry.
Mix an egg with a little water and paint over the pastry.
Bake for 1 hour or until golden Brown at 180ºC.

Recipe and photo: Nicolette Abrahams




HOENDER IN DIE MIKROGOLFOOND

2013-09-30-hoenderindiemikrogolfoond
HOENDER IN DIE MIKROGOLFOOND
My konkoksie in mikrogolfoond.
Pak hoenderstukkies in glasbak, voeg bietjie asyn, sojasous oor hoender.
Skud chicken spice, droë gemmer, portuguese chicken spice en sweet chilli sous bo-oor, sit vars tiemie en roosmaryn bo-op en sit deksel op.

Mikro op 50 % vir 14 minute, skep sous wat gevorm het oor, mikro nog 14 min op 70 % skep weer sous oor en dan 10 min op 90 %.

Ek het sous bietjie verdik met bisto en groente daarby en koolslaai met mint en soetsuur asyn.

Resep en Foto: Marie Dumas Jennings




CHIPKOS-HOENDER

2013-09-29-chipskoshoendermetboontjiessoetwortelsenbasmatirys
CHIPKOS-HOENDER
Chipskos- hoender met boontjies, soetwortels en basmati rys, vanaand
1 heel hoender
3 uie opgesny
500 g noedels(screws)
1 koppie mayonnaise
2 koppies gerasperde cheddarkaas
2 koppies melk
1 x 410 g blikkie sampioenroomsop
1 pak kaas en uie chips fyngemaak

Kook hoender gaar saam met die uie in bietjie water.
Laat afkoel, haal hoender uit, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag.
Meng al jou bestanddele, maar hou ASB 1 koppie kaas uit om bo-oor te strooi.
Stel oond op 180ºC en spuit oondpan.
Skep mengsel in die pan en sprinkel kaas oor.
Bak tot deur warm en kaas gesmelt.

Resep: Sandra Schreuder-de Klerk
Foto: Marie Rheeder Troskie




CHUTNEY CHICKEN CASSEROLE

2013-09-22-mychutneychickencasserole

CHUTNEY CHICKEN CASSEROLE
6-8 free range chicken thigh pieces
100 ml mayonnaise
100 ml chutney
25-50 ml apple cider vinegar
50 ml milk
6-8 baby onions
Crushed garlic

Combine mayonnaise and chutney, whisking to blend.
Add vinegar and milk and crushed garlic and mix well.
Pour over chicken pieces and onions.
Bake on low heat till cooked, and then grill to brown and crisp chicken skin.
Serve hot with rice.
Photo: Nikki-Lee de Beer




BUFFALO CHICKEN GARBAGE BREAD

1238827_10151601936781861_1134039875_n

BUFFALO CHICKEN GARBAGE BREAD
2 boneless chicken breasts
1 teaspoon olive oil
1 pizza dough (I used store bought and let it sit out for about 20 minutes)
8 oz. of shredded mozzarella cheese (I used part skim)
3 oz. of shredded cheddar cheese
½ cup of Franks Wing Sauce
1/3 cup of ranch or blue cheese dressing

Cut chicken into cubes. Season with salt and pepper. Heat teaspoon of olive oil in skillet and add chicken when hot. Cook chicken completely and then add ¼ cup of wing sauce. Stir to coat chicken and let simmer for a minute or two. Take chicken off heat and let cool.
Pre-heat oven to 425º F.**On a well floured surface, spread pizza dough into a long rectangle shape.
Add ranch dressing or blue cheese dressing (depending on your preference!) and remaining ¼ cup of wing sauce. Spread across the dough. Add chicken and then top with mozzarella and cheddar cheese. You can also add a bit more of the wing sauce on top of the cheese if you want it to be a little bit spicier.
Roll the dough like a pinwheel until you reach the end. Make sure to tuck the ends of the dough in so the middle doesn’t ‘ooze’ out when baking.
Spray baking sheet with light coat of non-stick cooking spray. Place garbage bread on the pan and bake for 20 to 25 minutes.
Let sit for five minutes and cut into and enjoy!
**Some people have commented that they found this cooked too quickly and the inside is raw. All ovens vary and cook differently. I would highly recommend that the rack you use is in the middle of the oven as opposed to the bottom rack or really high up in the oven where it will brown more quickly.
You could also lower the temperature to 400 ºF, but it may take a little longer to cook!
Photo: Aunty Kim Dijkman