KENTUCKY HOENDER

 

2013-11-17-kentuckyhoender

Vandag het ek uit my boks geklim en kentucky hoender gemaak – gisteraand coating al gedoen en in yskas gesit – korporaal kool en groente in pan gebraai

My eie resep vir die hoender, meel met sout peper chickenspice en nomu se african rub gemeng hoenderstukke ingerol, dan eier en Bokomo se pakkie Kellogs coating, kool uit huisgenoot wenresepte 3 en die groente doen ek maar altyd in die pan




HOENDER GESTOP MET MAALVLEIS

HOENDER GESTOP MET MAALVLEIS
(4 porsies)
1 groot hoender
200 g varkmaalvleis
100 g hoendermaalvleis
10 g pekanneute rof gekap
1 groot handvol kruie (salie,pietersielie en tiemie) opgekap
½ blik appelkose opgekap
100 ml koekmeel om in te rol
Voor verhit die oond tot 190°C. Spoel die hoender binne en buite af en vee met papierhanddoek droog
Berei die vulsel voor deur die vark-, hoendermaalvleis, neuter, kruie en appelkose goed saam te meng. Vul die hoender met die mengsel. Daar sal van die mengsel oorbly- rol dit met meelbestrooide hande in klein balletjies en rooster dit saam met die hoender. Plaas die hoender in ‘n roosterpan en rooster vir 35 min. Plaas dan die balletjies saam in die pan en rooster vir nog 10 min of tot die sappe deursigtig is as ‘n mes by die dy ingesteek word. Laat hoender rus vir 3 min voordat jy die hoender vir bediening opkerf.




FRYING CHICKEN BREASTS

FRYING CHICKEN BREASTS

Ons almal begin kyk na lekker Somerslaaie en idees. Hier is riglyne om hoenderborsies lekker gaar te maak sonder dat dit droog is. Dit is natuurlik heelwat goedkoper om hoendebors met die been in te koop en dit self te ontvel en ontbeen. As jy hier by die derde een trek sal jy sien dis regtig baie maklik en vinnig om self die been te verwyder, sny met ‘n skerp mes met ‘n gladde lem (nie serrrated nie) teenaan die been en kraakbeen… en spaar ‘n geldjie!

Volg hierdie stappe vir sukses elke keer. Dis belangrik dat die hoender kamertemp. is en droog is as dit in die pan geplaas word, die hoender raak dan lekker vinnig pragtig bruin en dit sluit die gevaar uit dat dit te lank in die pan gaan wees om bruin te raak.

600g filleted Chicken breasts, at room temperature (about 4 large breasts)
5ml (heaped) Ina Paarman Seasoned Salt
Freshly ground Black Pepper
40g Butter

1. Wash and dry the chicken fillets with kitchen paper or a dish towel. Cut into strips across the grain. Sprinkle with the seasoning and mix in well.

2. Melt the butter and when it starts to colour add the chicken strips. The pan must be well heated. Leave to cook for a minute or two without touching it. Then turn the strips en let it fry for another minute or two. Remove from the heat. The entire cooking process must not take longer than 4 – 5 minutes or the chicken will turn out dry and tough, instead of beautifully tender and moist

 

BRON- Louise Groenewald




KERRIE HOENDER

2013-10-27-kerriehoender

Ek  braai kerrie, borrie, gemmer, lourieblare, kaneelstokke, heel peperkorrels, bietjie hoenderspesery in olie in swartpot. gooi bietjie asyn by en sit 6 stukke hoenderdye en 6 hoenderboudjie in swartpot en braai bietjie, voeg kookwater met blokkie hoenderekstrak opgelos en laat kook. kap ui in stukke en voeg by met so 4 skudde soya sous, laat kook so vir uur en ‘n half. voeg aartappelstukke by, sprinkel peper oor en kook tot aartappels sag is. moet lekker sous he en verdik met bietjie maizena. bedien met rys. ek het soetwortels, komkommer,tamatie,ui sambal bygemaak met piesang en klapper

BRON en FOTO – Marie Dumas Jennings




STOPSEL VIR HOENDER

stopsel vir hoendertested

STOPSEL VIR HOENDER

Braai saam in ‘n warm pan, skyfies chorizo worsies, feta kaas en broodblokkies.  Gooi bietjie pietersielie en chives by.  Sit in die voedsel verwerker en maak tot ‘n lekker pasta.

plathoender vir stopsel

Neem ‘n gevlekte hoender, werk jou vingers onder sy vel in totdat die hele vel los is, smeer hierdie mengsel lekker onder die vel in.  Gooi sout en peper oor die hoender,  sit in oond pan  vel kant onder en bak  in die oond op 180 grade, draai hoender om na 10 min en bak verder  tot lekker gaar en sappig.

Brineel du Toit

 




BUFFALO WINGS

buffalo wings

BUFFALO WINGS

Ek maak ‘n spice mix na smaak aan met paprika en peri peri spice, aromat en garlic sout, maak dit soos jy daarvan hou. Dan gooi ek die vlerkies goed met die spice en sit dit in ‘n oondpan met bietjie olyfolie op 220 grade C tot die vlerkies gaar is. Ek gooi dan heuning oor en laat die vlerkies bak tot hulle taai is.

Leanne Thurston Coetzer




BRUIN UIE-SOP HOENDER KASSEROL

2013-10-22-bruinuie-sophoenderkasserol-001

1.5kg Hoender
1 Pk Bruin Uise sop
1/2k mayonnaise
1k Blatjang
Sout en Peper

Stel oond op 180 Grade, Smeer sout en peper oor hoender en pak in oondbak.
Maak uie sop met 250ml water aan en meng met mayo en blatjang, gooi oor hoender
Bedek met tinfoelie en bak in oond vir 30 min, verwyder tinfoelie en bak verder vir 30 min tot goud bruin

BRON- HEIDI ROWE




TANDOORI HOENDERBOUDJIES

q002

TANDOORI HOENDERBOUDJIES
Ek verkies hoender wat in ‘n braaiketel gaargemaak is – dit gee ‘n lekker rokerige geur en die hoender bly sappig.
8 hoenderboudjies
Marinade:
200 ml ongegeurde jogurt
5 ml koljander
5 ml borrie
5 ml kardemom
5 ml paprika
10 ml garam-masala
2 vet knoffelhuisies, gekneus
1 duim vars gemmer, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper

Sny die hoenderboudjies met ‘n skerp mes deur die vel so effens in die vleis in sodat die marinade goed kan intrek.
Meng al die marinade bestandDele in ‘n mengbak. Giet dit oor die hoenderboudjies, bedek en marineer vir sowat 1-2 uur of oornag.
Braai die hoender oor matige kole of in ‘n voorbereide braaiketel tot goudbruin en gaar terwyl jy dit elke nou en dan met die marinade verf. Sit voor met mango-atjarsalsa.

Mango-atjarsalsa:
Ment 1 bottel (410g) mango-atjar met een blik (410g) klappermelk en geur met vars koljanderblare, geroosterde klapper en grondbone.




HOW TO MAKE CHICKEN SKIN

hoendervelle

HOW TO MAKE CHICKEN SKIN
Photo:  Brineel Du Toit
FOOD LOVERS RECIPES
chicken skin, rinsed and dried
salt

Preheat oven to 180°C.
Remove any large globules of fat from the skin, pull out any “hairs,” rinse and pat skin dry.
Sprinkle a pinch of salt on both sides of chicken skin.
Spread out onto baking sheet, top with another baking sheet, and place a cast iron skillet or other heavy, oven-proof pot or pan to weigh it down.
Bake until cooked through and crisp, about 45 minutes total, but check after 20 minutes.

HOE OM HOENDERVEL TE MAAK
Foto: Brineel Du Toit
FOOD LOVERS RECIPES
hoendervel, afgespoel en gedroog
sout

Verhit die oond tot 180°C.
Verwyder enige groot vetdeeltjies van die vel, trek enige “hare” uit, spoel af en druk die vel droog.
Sprinkel ‘n knippie sout aan beide kante van die hoendervel.
Sprei dit uit op ‘n bakplaat, bedek met ‘n ander bakplaat en plaas ‘n gietysterpan of ander swaar, oondvaste pot of pan bo-op om dit te plat te druk.
Bak tot gaar en bros, ongeveer 45 minute altesaam, maar kyk na 20 minute.




LEKKER EENVOUDIGE HOENDERPASTEI

eenvoudige hoenderpastei

LEKKER EENVOUDIGE HOENDERPASTEI
Soos ek al genoem het, maak ek hierdie resep al jare. Dit is ekonomies en tog is dit ryk aan smaak. Dit is romerig, proe soos hoender en oordonder die soppoeier dit glad nie, inteendeel . . . dit komplimenteer die hoender. Ek gebruik selde sampioene want dit is alreeds so geurig dat jy dit nie eers mis nie. Na al die jare bly dit ‘n gunsteling by my huisgesin. Dit maak ‘n groot bak maar ek moet erken . . . die seuns hou nie op eet voordat alles klaar is nie.

2 kg hoenderstukke
1 pak Ready Dough (Puff Pastry)
2 groot uie
2 hoenderekstrakblokkie
2 pakkie hoenderroomsop
2 blikkie gemengde groente (gedreineer)
500 g sampioene (as jy wil)

Kook hoender, ekstrakblokkie en uie saam tot hoender van been af val. Haal vleis van bene af en gooi terug in kastrol. Hou ± 2 koppies sous oor. Braai sampioene in bietjie olie en voeg by hoendermengsel tesame met hoenderroomsop. (Meng dit net so droog (poeier) by. Indien nodig, geur met nog sout en peper.

Voorverhit oond by 180 ºC. Verdeel Ready Dough in twee gelyke dele, druk een gedeelte in oondskottel en bak (blind) tot gaar. Voeg dan hoendermengsel by en sit res van deeg oor. Druk vas en smeer met eiergeel en bak vir 30-40 min tot kors bo-op gaar en bruin is.
Heerlik saam met groente in die winter en slaai in die somer.
Genoeg vir ruim 6 porsies.
Resep en foto:  Lorraine Weitz Brand