PYNAPPEL HOENDER

2014-01-09-pynappelhoendertested

PYNAPPEL HOENDER
Marineer hoender in:
½ coke
witwyn
1 blikkie pynappel ringe
sout en peper, na smaak
bietjie paprika, na smaak

Kook alles saam vir 30 min. Haal hoender en pynappel uit.
Kook jou groente tot gaar in daardie sous.
Plaas alles in ‘n oondpan en braai tot hoender en pynappel lekker bruin is.
Bedien saam met rys en ‘n slaaitjie van jouse keuse !!
Resep en foto: Deon Oosthuizen

PYNAPPEL HOENDER
Oond 180°C.
Rol 10 hoenderstukke in hoender/sampioen soppoeier en pak in oondbak.
Meng vlg sous en gooi bo-oor:
1 blikkie fyn pynappel
2 eetlepels suiker
3 eetlepels asyn
1 klein ui, fyn gekap
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels soet chilliesous

Bak vir 2 ure, bedek met tinfoelie. Haal foelie af en bak tot bruin en taai.




EASY CHICKEN PIE

EASY CHICKEN PIE

chopped onions
olive oil
chopped mushrooms
chicken pieces
1 tub of fresh cream or small box of long life cream
1 cube of chicken stock
1 packet of brown onion stew mix or brown onion soup
few black pepper corns
puff pastry

Fry the onions in olive oil, add the mushrooms and fry.
Take out both the onions and mushrooms and fry chicken pieces in olive oil.
Add everything together and season with herbs, etc but NOT with salt!
Mix together the cream, chicken stock, brown onion stew mix, and the pepper corns.
Add this to the chicken mixture and simmer for a while.
Place it all into a pie dish.
Put a piece of puff pastry on top and decorate with leftover pieces.
Brush some milk on top of the pastry and bake at 180°C until the pastry is nice and brown.




RICE KRISPIE EN KAAS HOENDER

tested

RICE KRISPIE EN KAAS HOENDER
1/4 koppie botter, gesmelt
1/2 koppie meel
1 teelepel sout
1 teelepel peper
1 teelepel knoffel poeier/vlokkies
1 eier
1 eetlepel melk
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 sakkie Skud n Bak krummels of broodkrummels, of kellogs fyngemaak, of provitas (jou keuse)
1 koppie Rice Krispies
3 tot 4 ontbeende, hoender, sonder vel, in die helfte gesny
Metode:
Verhit die oond tot 180 grade C.  Gooi jou gesmelte botter in die oondpan en smeer die pan
Meng die meel, sout, peper en knoffel poeier in ‘n bak.
In ‘n ander bak, klits die eiers en melk.
In ‘n derde bak, meng die kaas, brood krummels en graan vlokkies
Eerstens, druk jou hoender in die meel, doop in die eiers en druk dit in die brood en kaas krummel mengsel . Sorg dat jou hoender mooi vol krummels is.Plaas in oondpan.
Bak vir 30 minute of tot hoender goudbruin en gaar is.

Deon Oosthuizen




APPELKOOSKONFYT HOENDER

Chicken ala Gideon
APPELKOOSKONFYT HOENDER
Resep:Lizelle Lambert
Foto: Sharon Naude
FOOD LOVERS RECIPES
My familie hou van die mayonnaise appelkoos konfyt hoender.
enige hoender porsies van jou keuse.
1 koppie mayonnaise
1 koppie appelkooskonfyt
1 pakkie dik wit uiesop
¼ koppie water

Sit hoender in ‘n casserole. Meng mayonnaise en appelkoos konfyt en smeer oor hoender. Meng nog indien nodig.
Gooi die droë wit uiesop oor en dan die ¼ koppie water. Maak toe en bak op 180°C vir ‘n uur.
Draai halfpad deur. Bak sonder die deksel vir die laaste 10 – 15 min.
Dit maak ‘n lekker sous vir rys en bedien saam jou keuse van groente.




ADRIANA SE “RANDREKKER” HOENDER

randrekker hoendertested

ADRIANA SE “RANDREKKER” HOENDER
Het gisteraand my eie randrekker resep gemaak en daar het nie ‘n krieseltjie oorgebly nie en ek het 2 grooot seuns.

3 Hoender borsies, kook van die been af met een groot ui opgesny, speserye na smaak, ek gebruik garlic en herb en rosemary en olive sowel as hoender speserye en 2 stock blokkies.
Apart braai jy sampieoene en rooi of groen soetrissie gekerf. As hoender fyn en van been af is, skep jy die sampieonmengsel by en kook nog so paar minute saam.

In groot oondbak sit jy gaar bruin rys, lekker dik laag, dan skep jy die hoendermengsel bo-op.
Maak ‘n witsous, vervang die helfde van die meel met pakkie sampioensoppoeier, giet oor die hoendermengsel en rasper klein bietjie kaas bo-oor, sit in oond vir so 20 minute.

Foto en resep geplaas deur Adriana Wait Louw




KETELBRAAIHOENDER MET ’N APPELKOOSVULSEL

KETELBRAAIHOENDER MET ’N APPELKOOSVULSEL

Vulsel
50 g gevlokte amandels
150 g sagte Turkse appelkose, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
100 ml gekapte vars salie of Italiaanse pietersielie
30 ml (2 eetlepels) vars tiemieblare
sout en varsgemaalde swartpepper na smaak
Hoender
75 ml (5 eetlepels) olyfolie
sap van 1 suurlemoen
1,5-1,8 kg heel hoender
handvol vars kruie van jou keuse, bv. origanum, tiemie, Italiaanse pietersielie of salie
2 leë tunablikkies vol eikesaagsels (opsioneel)

Vulsel:
Verhit ’n klein pannetjie oor matige hitte en rooster amandels droog (sonder enige olie) vir ’n paar minute tot goudbruin. Wees versigtig dat dit nie brand nie, want dit rooster baie vinnig.
Meng amandels met die res van die bestanddele en geur na smaak.
Hoender:
Berei ketelbraai met ongeveer 30 brikette in elke kolehouer.
Meng intussen olie met suurlemoensap en geur na smaak. Smeer van die oliemengsel oral oor hoender. Maak vel aan borskant versigtig los, smeer van mengsel onder vel en versprei die kruie onder vel.
Skep die vulsel in die maagholte van die hoender, maar moenie dit te styf stop nie.
Die kole is gereeld sodra ’n dun lagie as op die brikette vorm. Sit blikkies saagsels direk op kole met rooster bo-oor en plaas hoender in middel van rooster, maar nie direk bo-oor kole nie.
Plaas deksel op. Hou ventilasiegate bo en onder oop. Rooster vir 1 uur. Toets hoender deur ’n skerp mes of metaal-kebabstokkie in die diktse deel van dy te druk. As helder vloeistof uitloop, is hoender gaar. Rooster nog 15-20 minute indien nodig. Weens die gaarmaak-metode en rook sal die hoendervleis dalk effens pienkerig vertoon. Indien dit nie bloederig is nie, is hoender beslis gaar.
Sit hoender met die Aromatiese pilaf (sien resep hieronder), ’n groenslaai en vars vrugte voor.
Wenke
Eikesaagsels kan by enige hardewarewinkel of by groot supermarkte gekoop word.
Die hoender kan ook in die oond teen 180 °C gaargemaak word. Dit sal tussen 1-1½ uur neem, afhangend van hoe groot die hoender is.
Die maklikste manier om ’n gaar hoender in porsies te sny, is om dit met ’n skerp kombuisskêr te knip.
Die vulsel kan ook in ’n ontbeende varknek gebruik word. Maak ’n lang snit in die lengte van die vleis, vul en bind met tou vas om die vorm te behou. Rooster soos hierbo.

Resep: Elda Lombard en EE Jacobs




LEKKER HOENDER IN DIE WEBER

LEKKER HOENDER IN DIE WEBER

Ons skoonseun het sy Webber vir ons gegee en dit het hele ruk in ons motorhuis gestaan toe sien ek een aand op Tv hoe iemand ‘n heel hoender daarin braai en hoe maklik dit is toe haal ons dit uit die resep wat sy gemaak het is so: Maak vuur met die kole en sodra dit halfuur gebrand het en kole so wit assie maak Vat jy heel hoender gooi dit rooi van die hoenderspeserye sit in Webber op indirekte hitte ( nie op kole nie)met gate bo en onder oop maak deksel toe en gaan na uur eers kyk en hoender gaan gaar en sappig met so “crispie” vel wees en dit was heerlik ek het Kersfees weer hoender gemaak maar met die bierblik braairaampie waar die hoender so regop sit

Stompie Theron Borman




STICKY COLA CHICKEN WINGS

sticky cola chicken wingstested

STICKY COLA CHICKEN WINGS
750 ml cola
1 cup firmly packed brown sugar
3 cloves garlic, grated
1 large brown onion, grated
2 tablespoons soy sauce
1 kg chicken wings, cut at the joints
Juice of one lemonPreheat oven to 140°C fan forced.
Combine cola, sugar, garlic, onion and soy in a bowl.
Arrange chicken wings in a single layer in a deep oven tray and pour over cola mixture.
Bake for 3-3.5 hours or until sauce is thick and very sticky.

Marian van Deventer




HOENDER MET SOET SOUS

 

2013-12-26-hoendermetsoetsous

HOENDER MET SOET SOUS
hoenderdye
sout
Vryf sout goed in hoenderdye en pak in bakskottel.
Oondbraai by 230°C vir 10 min.
Verlaag hitte plaas deksel of foelie op en bak vir 20 min.

SOUS
30 ml heuning
30 ml appelkooskonfyt
15 ml worcestersous
15 ml blatjang
15 ml sweet chilli sous

Meng alles saam en verf mildelik oor hoender en bak verder onbedek tot goudbruin, verhoog hitte indien nodig.

BRON- Elsa Van Antwerpen Kleinhans




DEON SE GESTOPTE ” DAME” HOENDER

tested
DEON SE GESTOPTE ” DAME” HOENDER

Ek het sopas een gedoen en sy sidder nou in die ketelbraai, oond werk ook. Ek het ‘n pak gemengde gedroogte vrugte geneem en Honey & Mustard slaaisous oorgegooi (haal pitte uit pruime). Daarna pietersielie, swart peper, sout en tiemie, 3 heel naeltjies en twee lepels suurlemoensap daarmee gemeng.
Ek stop toe daai juffrou se kanale gelyk vol, bo by die krop en in die fondasie. Bo het ek die vel toegetrek en met tandestokkies vasgesteek. Daarna het ek die dame olyfolie gesmeer soos jy ‘n dametjie op Sandy Bay sou smeer en toe bietjie sout en swart peper en droë pietersiele oorgestrooi. Tinfoelie slaapsak en daar gaat sy oond toe. Wanneer sy gaar is maak die tinfoelie bo oop en rooster bietjie.

Resep geplaas deur Deon Huysamen