GEBAKTE KERRIE HOENDER

 

2014-01-21-gebaktekerriehoendertested

Jy vat jou hoender en gooi klein bietjie olie bo-oor en strooi hoenderspeserye oor. Bak in die oond op 220 grade C vir so halfuur. Moenie stukke omdraai nie, skud net die oondpan na so 20 minute om seker te maak jou hoenderstukke sit nie vas nie. Braai nou uie en maak ‘n lekker kerriesous na smaak. Ek het Durban kerrie gebruik. Meng bietjie chutney by om ‘n sousie te maak. Kook intussen jou aartappels en wortels tot net net sag.

Pak die aartappels en wortels onder, sit gebakte hoenderstukke bo-op en gooi kerriesous oor en bak verder op 180 grade vir ‘n driekwart uur. Wanneer dit uit die oond kom strooi gekapte ‘coriander’ oor en bedien met basmati rys.

BRON- Leanne Thurston Coetzer




SAPPIGE HEEL HOENDER

hoender met italian slaaisous 2tested
SAPPIGE HEEL HOENDER
Hierdie hoender kan ek nou regtig aanbeveel.
Ek het ‘n heel hoender gevat en hom op die borskant oopgesny en plat gedruk, toe giet ek ‘n botteltjie Knorr Light Italian Salad Dressing oor die hele hoender. Plaas hom in die oond (oop) by so 160 ºC (waaier oond), na ‘n uur het hy gelyk soos op foto 1.
Ek het hom toe omgedraai en bietjie hoender speserye en gegeurde sout oorgesprinkel, van die sous oor hom geskep, toe gemaak met foil en nog ‘n ½ uur in die oond gesit. Die sousie was heerlik, net reg vir die rys, en die hoender was heerlik sappig.
Bedien met soet pampoen, room spinasie en beetslaai (aparte bordjie)
Resep en foto: Rina Kleinhans




MOROCCAN CHICKEN SKEWER

morrocan chicken skewertested

MOROCCAN CHICKEN SKEWER
½ teaspoon ground ginger
2 teaspoon paprika
½ teaspoon turmeric
A few strands saffron
2 garlic gloves, crushed
3 tablespoons chopped fresh coriander
1 ½ tablespoons lemon juice
1 ½ tablespoons olive oil
salt and pepper to taste
700 g Chicken breast cut in 2cm cubes
6-8 lemons cut into chunks
Combine the ginger, paprika, turmaric, saffron, garlic, coriander, lemon juice and olive oil in a bowl
Season with salt and pepper
Add the chicken and mix well
Cover and leave to marinate
Preheat the grill / heat griddle pan over medium heat
Thread the chicken and lemons onto skewers and grill until cooked.
Nota:
Ek het nie die suurlemoene op die stokkie gesit nie, net die sap uitgedruk as deel van my marinade, wat ek oornag laat staan het.
Ek het dit opgedien saam met Moroccan gegeurde cous cous en Tzatziki.
Foto:  Lourensia Rademeyer




HOENDERSLAAI MET EIERVRUG

2014-01-18-goodwood-20140118-00755tested
HOENDERSLAAI MET EIERVRUG
Gaar hoenderborsies, goed gegeur, repies gesny,
Eiervrug, in repies of blokkies gesny, sprinkel met Ina Paarman gegeurde sout, maak gaar in klein bietjie olie. Jy kan klein bietjie water ook byvoeg, stoom/braai tot gaar.
Bros slaaiblare
Roketblare
Koljanderblare
Grasuie
Slaaisous:
1 Teelepel Pesto
2 Eetlepels mayonnaise
Meng met laevet slaaisous soos Griekse slaaisous. Gooi oor slaai net voor opdiening.

(Louise Groenewald) resep en foto




CHICKEN DISH

 

HOENDER GEREGtested

10 chicken thighs or portions.
1pkt Mushroom soup.
1 cup Mayonnaise.
1/2cup Chutney
.1×410 tin Pineapple pieces.
1 pkt small shell Noodles cooked OR 1 cup cooked Rice.
Frease ovenproof dish put noodles or rice at the bottom. Salt chicken and arrange on top with pineapple pieces. Mix together : Mayonnaise, Chutney, pineapple juice and soup. Pour over chicken and bake

Bak onbedek by 180 C tot gaar

BRON- Christine Louw Boalch

 




GEORGINA SE HOENDERGEREG

tested

GEORGINA SE HOENDERGEREG
1 hoender
2 blokkies hoenderekstrak, en hoender speserye
250 ml skulpie noedels
100 ml mayonaise
150 g hoender skyfies fyn gebreek, omtrent 2 pakke
600 ml witsous
50 ml gekapte pietersielie
2 eiers geklits
sampioene, spek
Kook hoender sag en ontbeen, sny vleis in stukkies.
Kook noedels sag en dreineer.
Maak witsous en klits eiers vinnig in warm witsous in.
Meng hoender, noedels, sampioene, spek, mayonnaise en die helfte van die witsous en skyfies en pietersielie saam.
Skep in ‘ gesmeerde oondskottel.
Los die ekstak op in ‘n koppie kookwater en giet oor mengsel in oondskottel.
Skep die res van die witsous oor.
Sprinkel res van aartappelskyfies oor.
Bak by 190ºC vir plus minus 25 minute. Ek hoop julle hou daarvan, dis baie lekker

Resep: Georgina Van Rensburg
Foto: Adam Cloete




HOENDERFILETTE MET LEMON AND HERB SLAAISOUS

1604711_609379545783371_1188343103_n

HOENDERFILETTE MET LEMON AND HERB SLAAISOUS
Maak ‘n sous van lemon and herb slaai sous en vars kruie na smaak. Smeer die hoenderborsies met die sous. Plaas in ‘n oondbak wat in jou oondjie pas soos op foto. Begin so op 150°C vir 10 minute aan ‘n kant en draai op na 220°C en rooster (grill) net vir die laaste 10 minute. Smeer die hele tyd van jou sous oor die hoenderstukke. Sny ook met ‘n messie om te sien hoe gaar dit is. Liewers te rou as oor gaar. Sit dit dan net terug vir nog so 10 min indien nodig.
Resep en foto: Eastwood Loftus Nel




EASTWOOD SE KFC HOENDER

kfc hoender eastwoodtested

EASTWOOD SE KFC HOENDER

Het in die laat 70,s by KFC gewerk. Die volle resep is eindelik baie eenvoudig, maar daar moet altyd n drukkokker byderhand wees een derde vol ‘shortning’ of ‘lard’.
1. Hoenderstukke (ek gebruik borsies)
2. Laat le in melk en eier mengsel vir n paar minute
3. Plaas in meel mengsel ( beskrywing van hoe dit aangemaak moet
word onder aan die resep.) Ipv KFC Herb en spice mensel gebruik 2 Eetlepels Chick spice en half t-lepel
fyn pepper en half t-lepel coriander.
1 kg Snowflake koekmeel.
100 gr sout.
Meng en sif deeglik.
4. Druk hoenderstukke deeglik in meel en plaas in vrieskas vir 15 min terwyl olie
warm word. Gewone kook-olie kan ook gebruik word aangesien ‘shortning/lard’ nie
altyd beskikbaar is nie. Ook n bietjie duur.
5. Laat olie warm word tot 180 C en plaas hoender versigtig (dis baie warm) daar in.
Olie sal ‘opskuim’ en na 30 sek stoot dit met n metaal spaan net weg. Moenie roer
nie, die krummels val af.
6. Wag 30 sek en sit deksel op. Nog 30 sek en maak die kleppe van die drukkokker
toe.
7. Na ongeveer 30 sek begin die stoom uitkom. Draai gasvlam (kan net op gas
gemaak word) na net onder half. (Sien foto)
8. Na 10 tot 12 min is dit klaar. Lig kleppe en laat stoom uitkom. Verwyder deksel
en haal hoender so gou as moontlik met n metaal knyper (Sien foto) uit, want
dit ‘trek’ olie’.
9. Sit in lou oond vir 10 min laat die olie afdrup.
10. Geniet dit met chips en slaai.

650g KFC secret herbs and spices
10kg Snowflake cake flower
1kg Salt
Mix & Sift
of
.650g KFC secret herbs and spices
1kg Snowflake cake flower
100g Salt
Mix & Sift

SOURCE:Eastwood Loftus Nel




HOENDER LASAGNE

hoender lasagnetested

HOENDER LASAGNE
Resep en foto:  Trix Arp Smit
FOOD LOVERS RECIPES
Was lus om iets anders te probeer, en daar was seker al baie resepte hiervoor, maar hier is myne. Ek besef na die tyd dit sou dalk beter wees om die hoender te kook en dan te vlok, maar volgende keer!

spek, gekap
hoenderborsies, in repies gesny
uie, gekap
groen/rooi peper, gekap
gekapte sampioene
spinasie
lasagne blaaie
witsous
gerasperde kaas

Braai alles afsonderlik, gooi dan bymekaar met sout en peper na smaak, ek het so ‘n skoot chilliesous ook ingeroer.
Maak witsous, pak nou jou lae, eers hoendermengsel, dan lasagne blaaie, witsous, gerasperde kaas en herhaal, eindig met witsous en gerasperde kaas. Bak by 180°C tot goudbruin bo-op, so ± ¾ uur. Laat staan verkieslik ten minste ‘n uur.
Baie lekker en glad nie vetterig nie!




HOENDER LASAGNE

HOENDER LASAGNE
Resep geplaas deur Linda Venter
FOOD LOVERS RECIPES

2 gaar hoenders of stukke hoender, ontbeen en in stukke gesny
Pak lasagna velle
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene, gekerf
2 gekapte groenrissies, geel rooi en groen
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek, gesnipper
2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 koppies hoenderaftreksel
2 huisies knoffel, gekap
sout, peper, kruie en mosterd na smaak

Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies.
Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis.
Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle.
Strooi kaas bo-oor en bietjie gakapte pietersielie of spruituie.
Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorber.
Bak by 180°C vir 45 minute.
Jy kan opsioneel bietjie ertjies, pitmielies of selfs gekookte spinasie byvoeg vir ‘n variasie.
Indien jy mozarella kaas het kan jy ook bietjie bo-oor strooi – meng dit met die chedder/gouda kaas.