JACQUELINE SE “WOW” BURGER

 

wow burgertested

Jy bou die wow burger so: bun, blaarslaai, velletjie kaas, pynappelring, 3repies bacon dan die kaas pattie gebraai in relish mushroom sous van keuse, velletjie kaas en lagie bacon met tamatie ringetjie bo-op. Sous en maak toe met bo-laagie bun. Hou in toom met sosatiestokkie of as jy oulik wil wees met ‘n ystervark pen en cocktail tamatie bo-op….

Jacqueline Wiese




HOEK TOT HOEK BURGER PATTIE

patties koostested
HOEK TOT HOEK BURGER PATTIE
Ek is nou die beste fotograaf nie maar die Geroosterde Pure Lam/Bees Hoek tot Hoek broodjie burger eet lekkerder as wat dit fotos neem. Ek het voorheen genoem dat ek ‘n burger patty wil maak wat ‘n gewone snytjie brood sal toemaak. Hier is ‘n paar fotos oor hoe om die geroosterde pure lam/bees hoek tot hoek broodjie burger te maak met volledige stappe.

200 g patty (gebruik jou eie speserye saam met die maalvleis)
2 snye brood
tamatie skyfies
sout en peper
gesnyde uie
Gouda kaas
sous van jou smaak
gebakte eier
spek (Rug Bacon)

Die burger word as volg gebou.
Ek het ‘n 200 g patty gebou met ‘n Jumbo Patty drukker. Daarna uitgerol om bietjie groter as ‘n snytjie brood te wees, want ons weet mos hoe kan vleis krimp. Maak gaar en hou eenkant.
Plaas eerste tamatie skyfies op onderste broodjie en gooi sout en peper.
Plaas dan gesnyde uie volgens smaak vir ‘n tweede laag op die broodjie.
Nou maak ek alles toe met Gouda Kaas net so vir die smaak en die bymekaar hou van alles.
Die kaas moet oor die uie smelt vir daardie lekker reuk en geur.
Plaas nou jou patty klaar gaar gemaak bo-op die kaas en druk effens vas.
Gooi bietjie van jou gunsteling sous oor die patty.
Bak eier. Ek verkies in die geval goed gaar anders gaan die eier uitloop oor die broodjie.
Plaas die eier bo-op die Patty.
Bedek die eier nou weer met ‘n laag kaas.
Om af te rond sit ek nou bacon (Rug Bacon) heel bo-op.
Bedek met tweede sny brood en rooster tot reg om te geniet.
Jy kan jou verskillende groen gerye ook byvoeg as jy so verkies.
Daar is nie plek vir aartappel skyfies nie.
Selfs perrfek vir vetkoek burgers!
Resep en foto: Koos van der Merwe




VERNEUKVLEIS

verneekvleistested

VERNEUKVLEIS
Dis 1 pakkie oxtail sop aangemaak soos op die pakkie aanwysings
2 eiers.
1 gebraaide ui
2 koppies Oats
Kook sop tot verdik, plaas uie,  eiers en oats by roer deur en bak in warm olie tot bruin aan beide kante. Verwyder uit olie en plaas in glasbak. Heerlik in hamburgers of as aandete.

Foto en resep:  Marina Potgieter




SALAMI EN AVOKADO BURGER

 

2014-04-13-salamiavoburgertested

SALAMI EN AVOKADO BURGER
Tuisgemaakte broodjie, pattie en sous!!
Avokado Sous resep!!
1 ryp avo,
4 eetlepels yogurt
‘n handvol pietersielie
1 klein ui
100 g gerasperde mozzerella
sout en peper na smaak
met so ‘n skeutjie cayenne…..
Plaas alles saam in die voeldselverwerker en verwerk tot glad…. dit is vreeeeeeeslik lekker!!!

Resep en foto: Corne Liebenberg




Burger met ‘n verskil

 

10257405_10153123581739460_255983392923657442_n

Dis Vrydag en in baie huise is dit burger aand, kyk net hierdie baie oulik idee watHélène Kluge vir ons ingestuur het.

Sny jou Puff Pastry in groot genoeg blokke, bak dit op 180 grade tot uitgepof en gaar, maak mooi middeldeur en pak jou burgers daarop, whala pragtig….




HAMBURGERS MET SPEK KONFYT

2014-03-20-worsrolletjiesenhamburgers
HAMBURGERS MET SPEK KONFYT

Die hamburgers is regtig maklik om te maak en die spek konfyt maak dit iets heeltemal besonders en uniek ons sit tuisgemaakde plat frikkadelletjies op broodjie met spek konfyt en roket blare. Ons hou daarvan om ons eie vleis frikadelle te maak want jy weet presies wat jy kan en wil insit. Pienk peper en growwe sout is gebruik en geen bind middels bygevoeg nie.

500g bees maalvleis
1 eetl pienkpeper korrels, fyngekap
2 teelepels geskroeide koljander
1 eetlepel vars koljander
1 pakkie tamatie paste
sout na smaak

Meng die maalvleis met die bestanddele en meng dit baie goed deur met jou hand. Vorm nou klein plat frikkadelletjies en braai in ’n matige pan tot steeds pienk aan die binnekant sodat dit nie droog is nie.

 




HOT HAM AND CHEESE SLIDERS

tested
HOT HAM AND CHEESE SLIDERS
2 packages of rolls
340 g of baby Swiss cheese, sliced
340 g of black forest ham, sliced
1 cup of butter, softened
3 tablespoons of poppy seeds
3 tablespoons of honey mustard
1 teaspoon of Worcestershire Sauce

Partially freeze rolls. Slice and remove tops from rolls while frozen. Layer cheese and ham on bottom of rolls. Mix together butter, poppy seeds, Worcestershire, and mustard. Spread on ham. Put tops of rolls back on and cover with aluminum foil. Bake at 200º C for 20 minutes.
Photo: Annemarie Fourie




WHEAT BIX MEATBALLS OR HAMBURGER PATTIES

38 - Smaaklike Hamburgertested

WHEAT BIX MEATBALLS OR HAMBURGER PATTIES
750 g mince
1 medium onion (small pieces)
2 wheat bix
2 eggs
1 tablespoon chutney or mustard
½ teaspoon salt
¼ teaspoon white pepper
¼ teaspoon BBQ Spice

Make wheat bix wet and squeeze all the water out. Mix eggs, spices and chutney or mustard add onion and mince,  mix well with 2 forks.
Form patties, refrigerate for at least half an hour fry in oil.
Recipe and photo:  Elize de Kock




ADAM SE LEKKER FRIKKADELLE

1005835_617090898356978_25816072_ntested
ADAM SE LEKKER FRIKKADELLE
Ek het gisteraand my gunsteling frikadelle gemaak.
Meng die volgende:
500 g beesmaalvleis
500 g varkworsies vleis uit die derm gehaal
1 koppie broodkrummels
2 eiers
1 eetlepel gemengde jeera en koljanderpoeier
2 eetlepels gedroogde origanum
1 eetlepel fyn knoffel
sout en peper van jou keuse na smaak
koekmeel om die bolletjies in te rol
olie vir vlak braai

Meng baie goed deur, maak toe en laat ten minste 1 uur staan in die yskas.
Rol eetlepels vleis in meel, maak balletjies en bak in vlak olie.

( Hierdie frikadelle is seker die lekkerste koue padkos wat ‘n mens kan kry).
Ek het dit bedien met fyn aartappels met ‘n bruinuiesous en gestoomde wortels met ‘n gewone witsous.

Resep en foto:  Adam Cloete

Nota: Mens kan hierdie resep ook gebruik vir die lekkerste hamburger patties, gebruik die volg resep vir die rolletjies
http://www.foodloversrecipes.com/…/english-stove-top-muffi…/.

ADAM SE FRIKKADELLE

 




MEDITERRAINEAN VEGGIE BURGER

 mediterranean burgerveggie burgerstested

MEDITERRAINEAN VEGGIE BURGER
Quick to make and packed with flavor, these vegan burgers make a great weeknight meal.
1 x 15 oz (425 g) can of chickpeas, drained
1 cup cooked farro (I use a pre-cooked farro/rice blend by Village Harvest, but whatever hearty grain you have on hand should work fine)
1 garlic clove, chopped
1 tablespoon tahini
1 rounded tablespoon nutritional yeast
½ tablespoon egg replacer powder or corn starch
½ teaspoon ground cumin
½ teaspoon paprika
½ teaspoon oregano
salt, to taste (amount varies depending on whether you’re canned chickpeas are salted – I used about ¼ of a teaspoon)
¼ cup roasted, salted pumpkin seeds

Place everything except for the pumpkin seeds into the food processor and pulse until combined, but still chunky.
Add pumpkin seeds and pulse a little bit more. I personally prefer most of the seeds to remain intact, so one or two quick blitzes does the trick for me.
Divide mixture into four equal pieces and shape into patties. If desired you can cover and transfer to the refrigerator to cook later.
Heat a small amount of olive oil or cooking spray in a nonstick skillet and sear your patties on each side.
Serve on toasted bun with tomato olive topping (recipe below), pesto spread, greens, and if you’re not vegan, melted cheese (I used a blend of havarti and feta).

OLIVE TOMATO RELISH:
Summary:
The combination of sweet tomatoes and salty olives is a perfect addition to the smoky flavors in the burger.

16 cherry tomatoes, diced
8 kalamata olives, minced (about half the size of your tomatoes)
1 tablespoon chopped parsley
fresh black pepper

Combine all ingredients in bowl.
Serve on top of your burger.
Pattie photo:  Nicolette Fick