ANCO SE GOUMET BASILIEKRUID BURGERS

hamburger pattytested

ANCO SE GOUMET BASILIEKRUID BURGERS
500 g maalvleis
½ teelepel paprika
1 teelepel Steak and Chop Spice
1 teelepel sout
peper na smaak
10 ml Worchestersous
10 ml Soyasous
1 klein eier
½ koppie Basieliekruid gesnipper
Meng GOED saam met jou hande.
Sit in die yskas vir 20 minute.
Rol in balle en druk plat met jou vingers tot jy die regte vorm en grote het. (Onthou hulle verloor omtrent ‘n helfde van die grote as dit braai)
Braai in ‘n lekker warm pan tot gaar. Draai net een keer om. (Ek hou van myne medium rare)
GENIET.
Resep en foto: ‎Anco Pretorius‎




MARISKA SE GLUTEN VRYE “PATTIES”

gluten-vrye-patties-mariskatested

MARISKA SE GLUTEN VRYE “PATTIES”
Hier is ‘n maklike resep vir almal wat op gluten free dieet is.
Selfgemaakte beef patties
1 kg maer beesvleis
1 ui gerasper
1 patat gerasper (gebruik net die helfte)
sout en peper na smaak
2 eetlepels Worcestersous
2 ekstra groot eiers

Meng alles saam en maak lekker groot patties.
Braai die pattie in ‘n pan met bietjie olie tot net gaar.
Bou dan jou burger soos jy daarvan hou.
Myne was oorskiet patat en uie van die patties gemeng met een eier en sout. Vlak gebraai in die plek van ‘n bun.
Avo
Tamatie
Kaas
Pattie
Groot mushroom bo-op… heerlik!!!!

Resep en foto:  Mariska Rossouw




RONELL SE BURGER PATTIE EN TAMATIESOUS

burgertested

RONELL SE BURGER PATTIE EN TAMATIESOUS
Patties:
750 g kwaliteit maalvleis
1 fyngekapte ui
2 geklitste eiers
Sout en peper en speserye na smaak
2 eetlpels asyn
Meng alles goed saam. Maak 8 groterige bolletjies.
Neem ‘n ricoffyblik se deksel gesmeer met bietjie olie.
Druk die bolletjies maalvleis lekker plat.
Bak in warm olie en draai net eenkeer om. My patties het glad nie gekrimp.

Sous:
Nie ‘n moet kan jou eie sous gebruik.
2 groot uie opgesny en gebraai
Sny 4 medium tamaties op en voeg by.
Braai op 5 anders is dit te waterig. Voeg sout en peper by asook bietjie suiker na smaak. Prut tot sous bietjie minder is. *
Haal af sodra dit gaar en reg lyk.
Die res van die sous het ek gebruik vir hotdogs by die burgers.

Resep en foto: Ronell Muller Boshoff




ADELLE’S SOYA PATTIES

soya patties adelletested

ADELLE’S SOYA PATTIES
Lunch: hamburger. I taught my friend, Annie, how to make soya patties today.
½ a 500 g packet soya mince, in flavour you like
± 400 ml water
1 egg
± 250 ml flour
oil to fry in

Use soya mince in a flavour you like, we like beef and onion. Add water and soak for 15 min. Then add the egg and thicken with the flour and whisk. Fry in oil for 3 – 4 min and flip to cook other side. Two heaped tablespoons full makes 1 large patty.
We ate it with a spinach leaf, sliced tomato, fried egg on cheese roll. Sauce was fried mayo and chutney sauce. You can also mix mash into patties if you like. Sometimes we have the patties in place of meat with rice, potato and veg. The other morning we had some on crumpets with tomato and onion stew for breakfast. ½ packet of soya mince makes 6-8 large patties.

Recipe and photo: Adelle Gascoyne

Photo and alternative:
Ann Till – Made these today as mini burgers after saving this post for a while. Instead of using flour, I used mash potato flakes and mashed some canned white beans plus I added some Robertson’s Portuguese Chicken Spice and Crown National Stetson burger spice. Just wanted to say that they came out perfectly – husband said they were super yummy (with some home made tomato and onion relish)




GEBRAAIDE KAASBURGER UIERINGE

waynetested

GEBRAAIDE KAASBURGER UIERINGE
Kry solank ‘n medium pot olie vir diep braai warm oor ‘n medium-hoog hitte.
Maak vir jou jou gunstelling frikkadel mengsel. Ek het gebruik:

500 g steak maalvleis
1 teelepel knoffel flokkies
1 teelepel sout
1 teelepel swartpeper
1 handvol groenpeper
1 handvol rooipeper
1 handvol geelpeper
1 eetlepel italiaanse kruie
1 eier

Vat ‘n medium ui of 2. Maak dit skoon. Sny in so 1cm tot ringe. Haal die ringe uit mekaar uit. Jy soek die ringe wat so half ‘n bakkie vorm.
Vul die uieringe halfpad met frikkadel mengsel. Sit dan ‘n snytjie of blok kaas (ek het cheddar gebruik) bo-op en vul verder met frikkadel mengsel.
Nou hier kom die aaklige deel. Die oorspronklike video wat ek gekyk het sê jy moet die gevulde uiering in meel druk, dan eier druk, dan weer meel en dan weer eier en dan in krummels. Maar dit klink vir my te morsig en ek haat eier, meel en krummel. So ek het “gom” aangemaak:

125ml meel
250g karringmelk
Melk om te verdun

Meng alles goed saam in ‘n dieperige bakkie. Jy kan dit geur soos jy wil.
In ‘n vlakkerige bak kry jy jou broodkrummels reg wat jy ook kan geur soos jy wil (volgens my).
Tel die gevulde uiering op en sit dit in die gom. Skep die gom met ‘n lepel oor die hele gevulde uiering sonder om dit uit mekaar te laat val.
Tel dit uit die gom en sit dit in die krummels. Skep krummels oor met ‘n lepel oor en druk lekker ferm vas. Sit dit in ‘n bord.
Wanneer jy klaar is met al die ringe braai jy dit tot dit lekker goud bruin is in die warm olie.
Bedien met tamatiesous.
Foto: Wayne Dugmore




LEROUX VAN VUUREN SE BOELIE-BURGERS

20160520_170007tested

LEROUX VAN VUUREN SE BOELIE-BURGERS
1 blik boeliebief
1 blik pitmielies (in water)
5 ml bakpoeier
400 g kaas
½ koppie koekmeel
200 ml room
2 eiers
2 uie (of een groot ui)
300 g spek
sprietuie
sout
peper
olyfolie
blaarslaai
frikkadelbroodjies
heuning
Dijon­mosterd
Kap die spek en uie fyn – Leroux los een stukkie spek heel as garnering.
Braai die spek en uie in ’n pan in die olie.
Breek die eiers in ’n mengbak.
Voeg die helfte van die room by asook die meel en bakpoeier.
Voeg ’n knippie sout en peper by en meng alles deur.
Meng dan ook die kaas, boeliebief en die sprietuie goed deur die beslag.
Voeg laastens die spek­ en uiemengsel by die beslag.
Maak dan koekies met die beslag en bak dit met ’n bietjie olie in ’n pan – dit word die frikkadelbroodjie se “patty”.
Maak ’n lekker sous vir die frikkadelbroodjie deur die res van die room te meng met Dijon­mosterd en heuning. Kook dit so bietjie saam totdat dit dikker word.
Rooster die broodjies op die vuur voordat jy die boelie­burger bou.

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis




CHARLTON’S BURGER WITH MUSHROOM SAUCE

charlton se burgerstested
CHARLTON’S BURGER WITH MUSHROOM SAUCE
*BURGERS*
0.462 kg lean mince (ground beef)
½ onion finely chopped
¾ red and green pepper finely chopped
A handful of parsley finely chopped
1 teaspoon garlic and ginger
6 tablespoons Worcestershire sause
1 teaspoon peri-peri
5 teaspoons chicken spice
1 teaspoon danihia powder
1 teaspoon geera powder
Salt and pepper for taste
In a bowl combine all ingredients together and mix in well with one hand till everything is nicely combined.
Now make two or four balls and press slightly down to form a patty, place on a plate and put in the fridge to rest for 30 mins before baking.
Bake patties in olive oil, place oil in pan and put stove on high, reduce heat to medium and add patties. ..cover with a lit and let it cook.

*SAUCE*
½ onion finely chopped
10 mushrooms thinly sliced
1 tablespoon extra virgin olive oil
¾ cup white or red wine
½ cup milk
1 thin slice mozzarella cheese
2 tablespoons Worcestershire sauce
1 tablespoon butter
Salt and pepper for taste
Combine onions, mushrooms and oil in a saucepan and saute till mushrooms is nice and brown.
Add salt and pepper.
Add the wine and let the it cook for 7 mins.
Add the milk, Worcestershire sauce and cheese, let it cook till thick.
Lastly add the butter and give it a final mix.

*GARNISH*
Mix green salad leaves and tomatoe
Pork sausages
Parsley
Salt and pepper
Cut roll in half, spread with some butter..
On the one side place patty, slice of mozzarella and mushroom sause sprinkle with some parsley, on the onther side place your leaves and tomato sprinkle with some salt and pepper.

Recipe and photo: Charlton Leonard Petersen




PETRé SE HAMBURGER PATTIES

Petre se Hamburger pattiestested
PETRé SE HAMBURGER PATTIES
500 g maalvleis
¼ ui fyn gekap
1 klein knoffelhuisie fyn gekap
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels worcestersous
½ pakkie beesstert soppoeier
1 eier
Bietjie sout
Grofgemaalde swartpeper
Bietjie fyn naeltjies
1 ½ koppie vars broodkrummels…

Meng alles goed deur..
Maak patties en bak.. ( Ek het die patty maker van Varimark gebruik om gevulde patties te maak….
Uie, knoffel, sampioene en kaas vulsel

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




HOENDER SLOPPY JOE’S

CHICKEN SLOPPY JOEStested
HOENDER SLOPPY JOE’S
Lekker goedkoop soet hoender.
3 hoender fillets (gaar gekook in sout/knoffel water)
½ koppie marinade (Ek gebruik Jimmy)
1 blikkie Coke (zero werk ook)
Na smaak:
tamatie sous
blatjang
sout
pepper

Versnipper die hoender.
Sit die hoender in by die Coke en marinade en kook die mengsel tot dit begin dik raak.
Voeg as jy wil, die tamatiesous en blatjang by.
Kook vir paar minute en bedien soos wil.
Werk lekker vir buns (sloppy chicken joes), gebakte aartappels en selfs rys.

Resep en foto: Annalize Momberg




CAMENBERT EN TAMATIESMOOR BURGER

CAMENBERT EN TAMATIE SMOOR BURGERtested

CAMENBERT EN TAMATIESMOOR BURGER
Maak patties ( 2 snye brood in melk geweek, 1 eier, brood krummels, speserye, mince)
Maak tamatie en uie smoor ( braai ui, voeg gekapte tamatie by, tamatie puree, sout, peper, tobasco, worcestersous, suurlemoensap, bietjie bruin suiker)
Braai patties.
Braai camenbert op kole of plat toaster tot begin opswel.
Sit die blaarslaai, pattie, camenbert en smoor op ‘n rolletjie.
Geniet.

Resep en foto: Lelane Van Der Walt