HOENDER CHAKALAKA SLIDERS

HOENDER CHAKALAKA SLIDERS
1 heel gaar hoender, ontbeen en uitgepluis.
1 blik chakalaka, mild and spicy
1 koppie mayonnaise
1 teelepel knoffelpoeier
1 teelepel pietersielie
1 koppie wit cheddar kaas, gerasper
1 eetlepel gesmelte botter
12 sagte broodrolletjies ( verkieslik die wat aan mekaar is )
Meng mayonnaise met knoffel en pietersielie.
Sny rolletjies in die helfde deur. Haal versigtig die boonste gedeelte af. Pak onderste gedeelte van rolletjies in oondbak. Smeer van die mayo mengsel oor die rolletjies. Hou bietjie van mayo oor. Sit hoender op, gevolg deur chakalaka. Sit res van mayo oor, sprinkel met kaas, en bedek met boonste gedeelte van rolletjies. Smeer bo kant met gesmelte botter. Plaas in voorverhitte oond teen 180ºC vir sowat 12-15 minute.
Haal uit en sny rolletjies al met die lyn af.

Resep: Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Sonja Young




GERALDINE SE BIEFBURGER PATTIE

GERALDINE SE BIEFBURGER PATTIE
500 g maalvleis
2 sny witbrood (korsies afgesny)
1 eier
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel worcertersous
½ teelepel elk van droë tiemie en pietersielie
¼ teelepel elk van fyn naeltjies, “nutmeg” en koljander
1 teelepel sout
Meng alles goed saam.
Vorm “patties” en bak in vlak olie.
Resep: Geraldene Camons Cartwright




CECILY SE TUISGEMAAKTE BURGER

CECILY SE TUISGEMAAKTE BURGER

Ek het lekker dik steak gekoop hom gaar gemaak En toe in die helfde gesny dat dit dunner stukkes steak is en sodat ek twee stukke kon op sit. Maak dit makliker om te eet so ook. Het kaas ook gebruik,uie en tamatie sous gemaak amper soos ‘n dik smoor. Eerste spur se twee souse op onderste broodjie gesmeer blaarslaai, agurkies en tamatie repie op gesit, toe eerste steak, daarna ‘n stuk kaas, dan die gebraaide eier, dan nog die tweede stuk steak, dan die dik uie en tamatie smoor daarna weer ‘n Stuk kaas.

Bron en Foto: Cecily Immelman




VARKVLEIS, PINOTAGE-VYE EN CAMEMBERT BURGER

VARKVLEIS, PINOTAGE-VYE EN CAMEMBERT BURGER
Die kombinasie van smake in hierdie burger is hemels.
Die rokerige geur van die spekvleis in die burger is nommerpas by die rooiwynsous en soet vye.
Varkvleis-burgerkoekies
500 g gemaalde varkvleis
250 g (1 pak) spekvleis, baie fyn gesnipper
3 ml koljander
3 ml komyn
5 ml sout
3 ml vars gemaalde swartpeper
1 ui, gerasper
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
30 ml gekapte, vars kruie van jou keuse
Pinotage-vye
100 ml Pinotage
45 ml balsamiese asyn
45 ml bruinsuiker of heuning
1 kaneelstok
2 heel steranys
2 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
8 ferm vye, in dik skywe gesny
6 hamburgerrolletjies
Olyfolie
Groot hand vol roketblare
1 camembert, in dun skywe gesny
Meng al die bestanddele vir die burgerkoekies saam en verdeel in ses gelyke dele. Vorm ses burgerkoekies en verkoel vir 30 minute.
Terwyl die burgerkoekies in die yskas rus, maak die Pinotage-vye:
Verhit die Pinotage, balsamiese asyn, bruinsuiker of heuning, kaneelstok, steranys, sout en peper in ’n pan oor lae hitte tot kookpunt.
Prut vir 1-2 minute en pak dan die gesnyde vye in die sous. Prut verder tot die vye deurdrenk is met die sous, maar nie papgekook is nie. Hou eenkant.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die burgerkoekies daarin tot goudbruin aan elke kant. Skep van die Pinotage-sous it die pan waarin die vye geprut is en giet dit oor die burgerkoekies.
Laat die burgerkoekies verder in die Pinotage-sous prut tot net-net gaar (die sous sal ’n heerlike, klewerige sous om die vleis vorm.) Pak nou ’n skyf of twee camembert op elke burgerkoekie en bedek die pan weer.
Laat die hitte van die pan die kaas sag maak en smelt. Sny die hamburgerrolletjies middeldeur en verf die gesnyde kante met olyfolie. Druk die rolletjies vinnig onder ’n warm oondrooster of rooster die gesnyde kante in ’n warm, droë pan tot goudbruin.
Sit ’n paar roketblare op elke rolletjie, gevolg deur die vleis met die gesmelte camembert. Skep van die Pinotage-vye heel bo-op en rond af met ’n lepel van die sous. Sit dadelik voor. Lewer 6 burgers.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Gideon Louw




CECIL SE TUISGEMAAKTE BURGERS

CECIL SE TUISGEMAAKTE BURGERS

Patties:
800 g maalvleis
1 teelepel knoffel
2 eetlepels broodkrummels
1 teelepel paprika
Sout en peper na smaak
Meng alles en vorm pattie, maak gaar op ‘n riffel pan.

Klein tamaties
1 ui opgekap
1 teelepel knoffel
Braai die uie en knoffel in bietjie olyf olie tot deurskynend en voeg die tamatietjies by, roerbraai tot tamaties begin oopbars.

Burgers:
Brood rolletjies in twee gesny
Patties (gegeur met worcestersous)
Kaas
Botter
Mayonnaise
Om die burger te bou smeer mayonnaise op die broodrolletjie, sit ‘n pattie bo-op, dan ‘n plakkie kaas en dan die tamatiemengsel.  As jy baie honger is, kan jy die lae herhaal.
Sit die ander deel van die broodrol bo-op en geniet

Resep en foto: Cecil Dunhin




ELNA SE TUISGEMAAKTE BURGERPATTIES

ELNA SE TUISGEMAAKTE BURGERPATTIES
1 kg maalvleis
1 ui, gekap
5 ml gekapte knoffel
5 ml tamatie pesto
5 ml basil pesto
5 ml Worcestersauce seasoning (Chef’s choice)
2.5 ml kerriemengsel (gekoop by speserye winkel)
2 eetlepels soya sous
½ pakkie wit/bruin uiesop
sout en peper na smaak
15 ml koekmeel
1 eier

Meng alles saam en maak patties. Bak by 180°C tot bruin.
Bedien met Avo salsa.
Twee avo’s fyn gemaak en meng chunky salsa.

Resep en foto: Elna Erasmus




CHICKEN AND SPRING ONION BURGERS

CHICKEN AND SPRING ONION BURGERS
500 g chicken mince
6 spring onions, chopped
grated zest of 1 lemon
50 g fresh breadcrumbs
25 g parmesan, freshly grated
salt and black pepper

Mix together the mince, spring onions, lemon zest, breadcrumbs, parmesan and seasoning.
Shape the mixture into 4 patties.
Pan-fry in a little oil over a low-to-medium heat for about 15 minutes or until cooked through, turning occasionally.
Serve on rolls with lettuce and tomato slices.
Photo:  Melissa Ann Vermeulen




THELMA SE HAMBURGER BRAAI


THELMA SE HAMBURGER BRAAI
3 kg maer maalvleis
1 groot ui gerasper
250 g pattie maker van Freddie Hirch spices
1 koppie yswater
¼ koppie Worcestershire sous
¼ koppie soya sous
Braaivleis speserye en Aromat na smaak. (Pasop vir te veel anders is die pattie te sout.)
Meng alles goed deur.
Vorm patties met jou hand of met die pattie maker. Ons gebruik die een wat jy die patties kan vul. Dit werk goed as jy hom met blokkies kaas vul.
Braai oor matige kole tot gaar. Bou dan jou burger volgens smaak.

Bron en foto: Thelma En Wessel DuPreez




GIDEON SE REUSE HAMBURGERS

GIDEON SE REUSE HAMBURGERS
+/ – 1 kg gemaalde beesvleis
3 eiers
25 g sout
10 g fyn koljander
5 g gemaalde swart peper
2 g fyn naeltjies
2  g fyn Nutmeg
25 ml bruin asyn
Meng alles saam en ek’t my tuna blikkie gebruik om die patties te vorm.
Braai op kole en smeer met jimmys alkant net voor dit afgehaal word.
Bou dan jou burger met die filling van jou keuse.

Foto: Gideon Louw




BALSAMIESE UIE EN HOENDER BURGER

balsamicuiehoenderburgertested

BALSAMIESE UIE EN HOENDER BURGER
Uie opgekap
2 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels balsamiese asyn
Hoender fillette
Brood rolletjies

Braai die uie in bietjie olie tot sa
Voeg die bruinsuiker en asyn b
Braai tot brui

Braai die hoender tot net gaar in bietjie olyfolie met sout en geursel na smaak.
Smeer die rolletjies, pak van die uiemengsel op die rolletjie dan die hoender en dan weer bietjie uie indien verkies.

Lekker eet

Resep en foto: Cecil Dunhin