FRIEDA SE AARTAPPELBROOD

FRIEDA SE AARTAPPELBROOD
Resep en foto: Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
150 g rou aartappels, geskil en gekook
3 ½ koppies broodmeel
1 ½ teelepels sout
3 teelepels suiker
½ pakkie gis, (5 g)
4 teelepels botter

Kook die aartappels tot gaar, dreineer en hou die vloeistof eenkant.
Druk die aartappels goed fyn. Plaas dit in ‘n maatkoppie en voeg die aartappelwater by, 1 ½ koppies.
Smelt die botter en voeg by aartappels.
Meng die meel, sout, suiker en gis.
Voeg die aartappels en botter by en knie goed.
Laat rus die deeg vir 15 minute.
Knie af en vorm brood, laat rys in broodpan tot dubbeld die grootte.
Bak tot goudbruin en gaar, ± 35 minute in Halogene oondjie op 180°C met die ring, indien jy een het.
Ek haal die broodjie dan uit die pan en dop dit om en bak dit nog so 5 minute plus by 130°C.




JOHAN SE BESKUIT IN DIE OONDJIE

JOHAN SE BESKUIT IN DIE OONDJIE
Ek het resep vergroot vir beskuitpan, is groter en kan hoër rys met ekstensie ring
6 koppies koekmeel
3 koppies louwater
4 eetlepels vet of botter, verder is alles dieselfde as die brood
½ koppie maas
½ pakkie kitsgis
1 teelepel sout
1 teelepel bruinsuiker

Ek laat alles saam meng in die broodmasjien op siklus 12. Wanneer die siklus klaar is skakel ek die broodmasjien af en laat dit binne die masjien rys tot dubbeld die grootte. Skakel nou weer masjien aan en laat knie op 12 vir so 5 minute. Haal deeg uit, vorm dit in beskuite en sit in gesmeerde oondpan. Sit oondpan in die oondjie en stel tydskakelaar op 15 min draai die temperatuur skakelaar stadig net tot oondjie aanskakel laat rys tot dubbeld die grootte. Bak vir 30 tot 40 minute teen 180°C of tot brood mooi bruin is. Wenk: Draai die oond se deksel in verskillende posisies terwyl dit bak dat beskuit egalig kan rys en eweredig bruin kan bak. Nota: Droog uit teen die laagste temperatuur en draai die beskuit gereeld tot droog.
Resep en foto: Johan Coetzee

Indien jy nie die ekstensie ring het nie, gebruik hierdie hoeveelhede
http://www.foodloversrecipes.com/2016/10/johan-se-broodjie-in-die-oondjie/

 




JOHAN SE GEDROOGTE TAMATIE BROOD


JOHAN SE GEDROOGTE TAMATIE BROOD
4 koppies koekmeel “all purpose”
1 teelepel sout
½ pakkie korrel suurdeeg
1 hoogvol teelepel suiker
2 hoogvol eetlepels vet of botter
6 halwe gedroogde tamaties, gesnipper

Meng alles met louwarm water tot ‘n lekker elastiese, hanteerbare deeg en knie goed.
Laat rys tot dubbel die grootte, knie weer en sit in pan en laat rys weer.
Bak dan vir 40 minute teen 180°C.
Resep en foto: Johan Coetzee




PORK BELLY IN DIE HALOGEN OONDJIE

pork-belly-in-halogen-johanntested

PORK BELLY IN DIE HALOGEN OONDJIE
Ek het die belly gebak teen 175°C vir 40 minute aan ‘n kant.
Daarna die vetkant bo gesit en gebak op 200°C vir so 15 minute.
Slegs sout en peper gegooi.
Resep en foto: Johann Van Vuuren




PETRE SE KONFYTTERTJIES IN DIE AIR FRYER

petre-se-konfyttertjies-in-halogentested

PETRE SE KONFYTTERTJIES IN DIE AIR FRYER
My eerste “jamtertjies” in die Air Fryer. Ek het my sodawater deeg met brandewyn aangemaak.
Sodawater Deeg:
2 koppies koekmeel
250 g margarien/botter
3 ml sout
85 ml yskoue sodawater
15 ml brandewyn

Sif meel en sout saam. Vryf margarien in meel in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg sodawater en brandewyn by, en meng tot stywe deeg. Sit in yskas vir 1 uur. Rol deeg uit op meelbestrooide tafel. Druk sirkels met ‘n glas/koekiedrukker of pasteimaker. Skep ‘n teelepel appelkooskonfyt in, smeer die rant van die deeg met eier-en-melkmengsel en vou die deeg oor om ‘n halfmaan te vorm. Druk vas met ‘n vurk. Smeer bo-oor met eier en melk mengsel.
Bak 10 – 12 minute teen 200°C in die air fryer of  by 220 ºC in gewone oond dieselfde tyd.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




JOHAN SE BROODJIE IN DIE OONDJIE

johan-se-broodjiejohankaiingbroodtested
JOHAN SE BROODJIE IN DIE OONDJIE
Goeiemôre, vuurwarm uit die oondjie met vyekonfyt, die plaasbotter smelt so weg in hom en die korsie kraak onder jou tande.
3 koppies koekmeel
½ koppie maas
½ pakkie kitsgis
1 teelepel sout
1 teelepel bruinsuiker
2 eetlepels vet of botter
1 koppie louwarm water

Ek laat alles saam meng in die broodmasjien op siklus 12. Wanneer die siklus klaar is skakel ek die broodmasjien af en laat dit binne die masjien rys tot dubbeld die grootte. Skakel nou weer masjien aan en laat knie op 12 vir so 5 minute. Haal deeg uit, vorm dit en sit in gesmeerde oondpan. Sit oondpan in die oondjie en stel tydskakelaar op 15 minute, draai die temperatuur skakelaar stadig net tot oondjie aanskakel laat rys tot dubbeld die grootte. Bak vir 30 tot 40 minute teen 180°C of tot brood mooi bruin is. Wenk: Draai die oond se deksel in verskillende posisies terwyl dit bak dat brood egalig kan rys en eweredig bruin kan bak. Kom sê my hoe hy gesmaak het. Mooi dag verder. Nota: Vir die kaiing-broodjie het ek die resep gebruik en net kaiings bygevoeg. Kan ook kaas of rosyne byvoeg in plaas van kaiings.
Resep en foto: Johan Coetzee




BETTIE SE BROODJIE IN DIE HALOGEEN OONDJIE


BETTIE SE BROODJIE IN DIE HALOGEEN OONDJIE
4 – 5 koppies koekmeel
1 eetlepel suiker
1 teelepel sout
7 g kitsgis

Gebruik louwater om te knie, nie te pap nie en laat rys. Knie weer.
Sit in 2 broodpanne, laat goed rys ek bak by 150°C vir 40 minute.
Resep en foto: Bettie Venter




HOENDERBOUDJIES IN DIE HALOGEEN OONDJIE

johan hoendertested

HOENDERBOUDJIES IN DIE HALOGEEN OONDJIE
hoenderboudjies
mayonnaise
blatjang
sout, peper en speserye van jou keuse

Plaas die hoender stukkies in ‘n glas bak en gooi speserye van jou keuse oor, meng dan mayonnaise en perske blatjang en gooi bo-oor hoender
Bak vir 40 minute teen 175°C gebak. Draai twee keer om gedurende die bak.
Resep en foto: Johan Coetzee




RONEL SE ROERBROODJIE

brood-in-halogen-anton-2brood-in-halogen-anton-1tested

RONEL SE ROERBROODJIE
3 koppies koekmeel
1 pakkie suurdeeg
1 teelepel suiker
1 teelepel sout
1 ½ koppie louwarm water

Roer baie goed en gooi in pannetjies of bekers en laat rys vir 20 minute en bak teen 180°C vir 35 minute.
Hierdie broodjies bak baie goed in die halogen/konveksie oondjie.
Resep: Ronel Snyman
Foto’s: Anton Fourie en Wendy Roberts Jv Rensburg
Nota: Ronel se roerbroodjie met koppie gerasperde kaas by. Feestelik
roer-brood-met-kaas




JOHAN SE SKAAPNEK IN DIE HALOGEN-OONDJIE

johan-se-skaapnek-in-die-halogen-oondjietested
JOHAN SE SKAAPNEK IN DIE HALOGEN-OONDJIE
Goeiemôre, vanoggend se ontbyt! Het die nek vanoggend 6 uur in die halogeen oondjie gaargemaak.
Vryf ontvriesde skaapnek lekker nat met asyn
Vryf nou skaapnek goed in met ‘n mengsel van sout, steak en tjops en braaivleis speserye.
Bak op lae rooster teen 175°C vir 60 minute.
Bedien warm of koud saam met mosterd.
Resep en foto: Johan Coetzee