PETRA SE GEEN KNIE BROOD IN DIE HALOGEEN OOND

PETRA SE GEEN KNIE BROOD IN DIE HALOGEEN OOND
Hierdie “Petra” GEEN KNIE BROOD bly ‘n treffer! Vinnig, maklik en lekker. Ekke het helfte van bestanddele gebruik en 6 broodjies gebak – nou het elkeen sy eie korsies!
7 koppies broodmeel (1 kg)
4 koppies lou water
10 ml sout
1 pakkie kits suurdeeg (10 g)

Meng alles goed – net geroer met houtlepel.
Plaas deeg in panne. Laat rys – maak dit lekker warm toe, dit rys baie gou.

Bak ± 1 uur by 180°C. Ek het dit in Halogene oondjie gebak op lae rakkie vir 35 minute by 175°C.
Ek het nie die oond vooraf verhit nie, het net die bekertjies ingesit en oond aangesit en gebak. Eers 20 minute, toe het ek dit nog 15 minute aangesit. Die volle resep maak 2 brode of 12 beker/blik broodjies. Nota: Ek gebruik in Texas as ek by my kinders kuier, “all purpose flour”.
Resep en foto: Frieda Greyling
Nota: Magda Van Zyl – Onfeilbare resep ek gebruik 2 koppies nutty wheat met 5 gewone meel en net so lekker.
Oorspronklike resep: http://www.foodloversrecipes.com/2013/05/petra-se-geen-knie-brood/




PAMPOENPASTEI IN KONVEKSIE OOND

PAMPOENPASTEI IN KONVEKSIE OOND
1 koppie suiker
1 koppie meel
1 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
1 koppie melk
1 koppie room
4 koppies gaar, fyn pampoen
2 eiers
60 g margarien

Meng alles en bak in vuurvaste gesmeerde oondbak (glasbak) teen 180°C vir 60 minute.
Laat afkoel en geniet dit!
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie




ROERBROODJIE VIR DIE KONVEKSIE OOND


ROERBROODJIE VIR DIE KONVEKSIE OOND
3 koppies koekmeel
1 ½ koppies louwarm water
½ pakkie gis
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
1 desertlepel kookolie (12.5 ml)

Meng droë bestanddele. Voeg olie en water by. Roer goed deur. Laat rys in gesmeerde pan in oondjie – stel dat die rooi liggie net aangaan vir so 15 minute. Los in oond tot dubbel die grootte gerys. (Ek knie nie af nie). Wanneer klaar gerys bak vir 50 minute op 180°C of tot mooi bruin.
Resep en foto: Ronel Groenewald




HOENDER IN DIE AIRFRYER

HOENDER IN DIE “AIR FRYER”
“Basting”sous:
500 g bruinsuiker
1 groot bottel All Gold tamatiesous
1 bottel Hasty Tasty sojasous
1 bottel rooiwyn
Meng bestanddele goed saam en kook vir 10 minute. Bottel warm.

Vir die hoender:
hoender
Aromat
Sparerib marinade van Knorr
“Basting”sous

Sprinkel hoender aan albei kante met Aromat en Sparerib marinade. Smeer bastingsous oor. Plaas in air fryer vir om en by 180°C vir 20 minute. Stel grade dan na 225°C en airfry dit vir 5 minute of tot velletjie lekker krakerig is. Draai om, smeer weer n bietjie bastingsous en air fry @ 225°C vir 5 minute of tot krakerig.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld‎




VINNIGE PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE

VINNIGE PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE
Vanaand het die donker my gevang en ek moes vinnig iets aanmekaar slaan vir die honger Boer! So die vinnige RUK-EN-SKUD pizza deeg was my redding, en natuurlik die Halogene oondjie.
KORS:
500 ml bruismeel
150 ml kookwater
125 ml olie
knippie sout

VULSEL:
3-4 tamaties, geskil en gekap
1 ui, geskil en gekap
10 ml tamatiesous
1 ml gedroogde oreganum
125 g ontbytspek, gesnipper
250 ml kaas, gerasper
150 ml mozzarella kaas
Jy kan enige vulsel opsit, ek het salami ook op.

KORS
Plaas die bestanddele in ‘n plastiekhouer met deksel en skud tot sagte deeg gevorm het.
Druk dit op ‘n rolkoekpan vas. Ek vind my mikrogolf se draaitafel werk lekker vir pizzas in die halogene oond. Smeer tamatiesous oor kors en bak dit by 200°C tot gaar. Smoor die tamaties en ui tot dik en gaar en laat afkoel.
Smeer dit dan op kors. Strooi oreganum asook sout en peper oor. Plaas spek, salami of ander vulsel op. Strooi die kaas oor.
Bak verder tot kaas gesmelt het.
Ek stel dan oondjie op 250°C en “grill” tot kaas gesmelt het.
Resep en foto: Frieda Greyling
Foto 2: Benhet Nieuwenhuis
Nota: Ek het hierdie reseppie gemaak vanaand, was heerlik! My vulsel was sommer wat ek in die huis gehad het; ham, peppadews, gekarameliseerde uie, feta en chedderkaas.




TESSIE SE PASTA EN KAAS

TESSIE SE PASTA EN KAAS
(Ek het 5 etes verpak van ongeveer 300 g elk)
250 g rou pasta
2 medium tamaties, in skywe gesny
½ ui, fyn gekerf
300 – 400 g cheddar kaas, gerasper
Kook tot “al dente” stadium (m.a.w. gaar, maar nie pap). Gooi water af en roer so 2 eetlepels botter/margarien deur pasta sodat dit nie aan mekaar klou terwyl dit afkoel.

Kaassous:
1 koppie melk
½ teelepel sout
1 knoffelhuisie, fyngekap
swartpeper na smaak
pietersielie
2 eetlepel botter

Verhit melk tot lekker warm
Meng 2 teelepels koekmeel in ‘n kwart koppie water, meng goed – voeg by melkmengsel. Roer terwyl jy dit verhit tot kookpunt. Sodra sous verdik haal van hitte af
– dis gaar genoeg, voeg so 100 g van die gerasperde kaas by roer deur en laat afkoel tot bloed hitte (moet jou nie meer brand nie, net warm) klits nou 6 eiers een een by. Voeg gekapte ui by pasta en daarna die kaassous en eiermengsel. Gooi in oondvaste bak, sit ‘n laag tamatie skywe bo-op. Gooi sout na smaak. Bedek met gerasperde kaas en bak. Baktyd verskil van bak grootte en oond, +/- 35 minute by 180°C. Druk ‘n vurk in middel trek die pasta weg kyk of dit amper droog is – ek persoonlik hou nie van ‘n te droë pasta nie.
Resep en foto: Tessie Pretorius

Ronell Muller Boshoff – my eie weergawe van Tessie se pasta en kaas gebak. Ek het ‘n pakkie spek fyn geknip en ‘n ui fyn gesny en gebraai met knoffel. Ek het dit in ‘n oondbak gemaak. Môre eet ons die res met gebakte brood en groenslaai.




ROSYNTJIE -KITSBROOD


ROSYNTJIE -KITSBROOD
Resep en foto: Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
Julle bietjie lus maak vir die heerlike rosyntjie broodjies, hoek toe met my, maar dis heerlik verby!
7 ml droë gis
275 ml lou water
25 ml heuning
3 koppies koekmeel
5 ml sout
30 ml botter
200 ml ontpitte rosyne
1 eiergeel en 25 ml melk, saamgeklits

Los die suurdeeg op in lou water. Roer heuning by.
Voeg botter en 2 derdes van koekmeel by. Klits dit goed saam.
Roer laaste meel by met houtlepel. Roer rosyntjies in. Bedek en laat rys deeg.
Roer gerysde deeg 30 x met houtlepel. Skep in broodpan of klein pannetjies.
Verf eiermelk oor. Bedek en laat weer rys.
Bak 25 minute by 180ºC.
Maak versiersuiker aan met bietjie melk en drup dit oor warm broodjies sodra dit uit oond kom.




LAMSRIB IN DIE AIRFRYER

LAMSRIB IN DIE “AIR FRYER”
Vryf ribbetjie goed in met sout en peper.
Sprinkel ‘n bietjie sparerib marinade van Knorr oor.
Airfry op 200°C vir 30 minute aan die vet kant, draai om en dan weer 10 minute aan die beenkant.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




HEUNINGSKONWIELE

HEUNINGSKONWIELE
675 ml bruismeel
2 ml sout
125 g botter, kamertemperatuur
1 groot eier
150 ml melk
VULSEL
100 g botter, kamertemperatuur
60 ml heuning
15 ml bruin of geelsuiker

DEEG
Sif meel en sout saam. Vryf botter in. Klits eier en melk en sny in met slaplemmes. Rol deeg op meelbestrooide plank 35×30 cm.
VULSEL
Veroom botter en heuning. Smeer oor deeg, hou so 15 ml eenkant om bo op rolletjies te smeer. Rol deeg op soos ‘n rolkoek. Sny in 8 ewe dik skywe. Snykante moet bo en onder wees. Smeer die 15 ml heuningbotter oor en strooi die geelsuiker oor. Bak vir 20-25 minute in Halogene tot goudbruin. Laat 10 minute staan in pan voor jy dit uitkeer.
Resep en foto: Frieda Greyling




FRIEDA SE VLEISBROODJIE

FRIEDA SE VLEISBROODJIE
½ pak spek
paar uieringe, fyngekap
2 snye volgraanbrood, gerasper
1 wiel fetakaas of 125 g soetmelkkaas
500 g maalvleis
2 eiers

Braai die spek, voeg uie by, daarna die brood en laastens die kaas. Verwerk spekmengsel in voedselverwerker.
Geur die maalvleis met sout, peper, naeltjies en neut na smaak.
Klits 2 eiers en meng by maalvleis. Meng dan die spekmengsel in by maalvleis.
Skep in olie gesmeerde broodpan of pannetjies en bak tot gaar.
Groot broodpan: voer uit met bakpapier en bedek vleisbroodjie met foelie.
Bak by 150°C vir eerste 20 minute in Halogene oondjie en dan by 180°C vir nog 15-20 minute tot gaar.
Resep en foto: Frieda Greyling