PAMPOENKOEKIES-GROOTMAAT

pampoenkoekies in strooptested

PAMPOENKOEKIES-GROOTMAAT
Maak ongeveer 70 ronde pampoenkoekies
500 ml gaar fyn pampoen
10 ml bakpoeier
2 eiers
500 ml koekmeel
50 ml suiker
2 ml sout
100 ml melk

Sous:
800 ml water
50 ml mielieblom
50 ml margarien
400 ml suiker
40 ml suurlemoensap
knippie sout

Meng alles saam en bak lepels vol in diep olie en dit wat oorbly vries heerlik. Sous gooi ek eers 1 uur voor die tyd oor, vuurwarm.

Ns. Onthou altyd as jou deeg te veel loop, gooi net bietjie ekstra meel by. Ek maak dit met 2 teelepels in olie. En dit moet op waspapier dreineer.
Resep: Magde Van der Kolff




WAT IS ‘N PORSIE SE GEWIG


WAT IS ‘N PORSIE SE GEWIG

Gereg klaar 250 g
1 kg rou pasta 2.3 kg gaar pasta
2 vleise maksimum 95 g p/p per vleis
1 Vleis maksimum 180 g p/p
Westers 250 tot 300 g pp

Soms kom jy nog steeds kort op hierdie Westerse groepsamestelling, solank daar 2 tot 3 soorte vleis is.

Fanie Smit




OROS POEDING

OROS POEDING
(50 mense)
3 blikkies Idealmelk, oornag in yskas
5 desertlepels gelatien, opgelos in koue water en so ‘n paar sekondes in mikrogolf tot gesmelt

Los op: 5 koppies suiker in 2 ½ koppies kookwater, voeg gelatien by.
Gooi 2 bottels oros (750 ml elk) by stroop mengsel.
Sit in yskas om af te koel maar dit moet nie stol nie.
Klits nou die Idealmelk styf en voeg by bogenoemde. Sit in yskas om te stol.




SPUTNIKS GROOTMAAT

sputnickstested

SPUTNIKS GROOTMAAT
vir 100 worsies
750 gram koekmeel
7 eiers
4 ml koeksoda
15 ml sout
20 ml aromat
4 ml braaispeserye
150 ml kookolie
1 liter louwarm water

Klits eiers, olie en water. Meng droë bestanddele en klits by eiermengsel . Klits tot glad. Maak worsies droog met kombuispapier. Ryg op sosatiestokkie. Sit in deeg en bak dan in warm olie.
Heerlike spudniks… geniet!
Geplaas deur Anet Grove




GROOTMAAT DOOPSOUS

doopsoustested

GROOTMAAT DOOPSOUS
Vandag wil ek graag my doopsous resep met julle deel
750 g Crosse & Blackwell mayonnaise
1 blik kondensmelk
60 ml suurlemoensap of wit druiwe asyn
25 ml worcestersous
125 ml sweet chillisous
50 ml fyngekapte pietersielie
10 klein rooiuitjies fyngekap
4 groot agurkies gerasper of meer Kleintjies
1 medium ui gerasper
2 ml sout
Peper na smaak
Meng goed kry 2 mayonaisse bottels vol kan tot 6 maande in yskas bere.
Baie lekker

Resep en Foto: Marie Grobler




LINDA SE FLOPVRYE SKONS

flopvrye skonstested
LINDA SE FLOPVRYE SKONS
2 koppies meel
½ teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1/3 koppie olie
2/3 koppie melk
2 eiers
½ koppie kaas

Sif droë bestanddele saam. Meng ander bestanddele in. Sit in pannetjies. Bak 10 min in 200 ºC oond. Speel met resep. Sit sweetcorn by en minder melk. Of knoffel en pietersielie.

Om 5 maal te vermeerder:
10 koppies meel
2 ½ teelepels sout
15 teelepels bakpoeier
1 ¾ koppies olie
450 ml melk
10 eiers
2-3 koppies gerasperde kaas

Metode soos bo.
Resep: Linda Grobbelaar
Foto:  Pieta van der Walt
Nota van Pieta:  Indien die deeg bietjie te slap is, sit maar nog meel by tot ‘n bietjie stywer deeg.




TRADISIONELE AARTAPPELSLAAI

tested
TRADISIONELE AARTAPPELSLAAI
Die ene is grootmaat, so sal so ‘n bietjie aangepas moet word.
2 ½ kg aartappels
2 pakkies spek, in klein blokkies gesny
2 eetlepels fyn gekapte uie
5 teelepels sout of na smaak
1 teelepels peper
1 koppie water
1 ½ eeetlepels suurlemoensap
1 ½ koppie room
½ koppie karringmelk

Kook aartappels in skille tot gaar en trek skilletjies af so warm as moontlik. Laat koud word en sny in skywe.
Braai spek en uie vir ‘n rukkie saam. Kook water op met sout en peper.
Meng alle bestanddele saam en laat oornag of langer staan om goed deur te trek voor dit bedien word.
Resep geplaas deur Heiner Lange




JOHAN SE LASAGNE

tested
JOHAN SE LASAGNE
Ek het hierdie Lasagne gemaak vir Debonairs in Springs (Selcourt) en ek wil hom graag met julle deel, Dit is ‘n masiewe resep met ‘n MASIEWE SMAAK.
24 – 30 Porsies
50 ml kookolie
120 g botter / margarien
4 groot uie, fyn gekap
4 wortels, gerasper)
4 selery stingels, fyn gekap
2 kg maer beesmaalvleis
600 g hoenderlewer, fyn gekap
3 groot blikke tamatie puree
1 bottel rooiwyn
100 ml pietersielie, fyn gekap
sout
swartpeper
1,5 kg lasagne velle
500 g Cheddar kaas, fyn gerasper
500 g Mozarella kaas, fyn gerasper

Béchamel Sous:
240 g botter / margarien
160 g koekmeel
2.25 liter melk
20 ml neutmuskaat

Verhit olie en botter in ‘n groot pot, voeg uie, wortel en sellery by en roer aanhoudend tot alles sag is.
Verhoog die hitte en voeg maalvleis by, verbruin en maak seker dat daar nie klonte is nie.
Voeg die hoenderlewer by en braai tot dit gaar is.
Voeg tamatie puree, wyn, pietersielie en sout en peper (na smaak) by en wag tot dit kook.
Verlaag die hitte en laat prut vir 45 minute. Verwyder van die plaat en laat staan.
Kook lasagne in groot pot met sout en bietjie olie tot dit sag is.
Gooi deur vergietes en spoel af met koue water.

Béchamel sous:
Smelt botter in pot oor lae hitte tot dit begin skuim.
Voeg koekmeel by en roer aanhoudend vir 2 minute.
Verwyder van plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by.
Plaas terug op plaat en bring tot kook terwyl jy aanhoudend roer tot dit dik begin word.
Haal van plaat af.
Voeg sout en peper by na smaak en meng neutmuskaat in.
Plaas ‘n stuk plastiek op die sous sodat dit nie ‘n kors maak nie.

Voorverhit oond tot 180°C.
Gooi dun lagie vleissous in die bodem.
Smeer jou oondpan en lê stringe lasagne teenmekaar op die bodem.
Pak laag vleismengsel bo-oor, en herhaal met lasagne.
Smeer lagie béchamel sous oor.
Strooi kaasmengsel liggies bo-oor.

Bak 35 – 40 minute of tot die kaas goud-bruin verkleur.
Laat staan sowat 15 minute voor jy dit sny en verpak.

Bron:  Johan Snyder




LASAGNE VIR 50 MENSE


LASAGNE VIR 50 MENSE
1.8 kg gemaalde beesvleis
100 ml olie
12.5 ml basiliekruid
4-6 huise knoffel, gekneus
25 ml gedroogde oreganum
25 ml pietersielie, gekap
4 naeltjies
450 g tamatiepasta
Worcestersous na smaak
4 x 395 g blikke geskilde tamaties
560 g groenlintnoedels (lasagna velle)
4 x 250 g houers maaskaas met room
4 eiers
6 ml droë mosterd
700 g cheddarkaas, gerasper

Stel oond op 180°C. Braai vleis stadig in olie.
Voeg die kruie, tamatiepasta, worcestersous en tamaties by. Prut vir ½ uur. Kook noedels, dreineer en voeg klein bietjie botter daarby om te voorkom dat dit saamkoek. Meng maaskaas met die eiers en mosterd. Begin met laag vleis, helfte maaskaas, gerasperde cheddarkaas en dan noedellint. Bak 30 min. en laat staan in oond vir 30 min.
Jy kan lasagna velle gebruik ook, en net so insit en dan net die baktyd verleng.
BRON: Carol Elliott Claasen

LASAGNE VIR 30 MENSE
900 g gemaalde beesvleis
50 ml olie
6.2 ml basiliekruid
2-3 huise knoffel, gekneus
12,5 ml gedroogde oreganum
12,5 ml pietersielie, gekap
2 naeltjies
225 g tamatiepasta
Worcestersous na smaak
2 x 395 g blikke geskilde tamaties
280 g groen lintnoedels
2 x 250 g houers maaskaas met room
2 eiers
3 ml droë mosterd
340-350 g cheddarkaas, gerasper




BRAAI BYKOSSE VIR 40 MENSE

2014-03-16-kontinentalerogbrood

BRAAI BYKOSSE VIR 40 MENSE
Jou blomkool en broccoli gereg werk gewoonlik vir ‘n braai 10 persone per kg
3 en halwe kg aartappels vir slaai
Broodjies werk ek op 3 potbrode of vir 40 mense 60 broodjies
Neem genoeg konfyt 2 soorte en margarien is een 250 g genoeg
As jy bruinpoeding bak, maak 2 x 3 liter bakke, dis dan meer as genoeg
Pap kan jy ‘n lekker 3 liter pot maak en so 1 ½ liter sous is gewoonlik genoeg as jy so baie bykosse het. Wortelslaai gebruik ek 1 kg wortels vir 20 persone

… ek glo aan genoeg as te min ….hoop dit help
Magde Van der Kolff