PASTEIDEEG VIR GROOT OF KLEIN MAAT

Leonie se pasteideeg2tested

PASTEIDEEG VIR GROOT OF KLEIN MAAT
‘Roast Beef’ pastei – die ‘leftovers’ van nou die dag se roast beef opgekap, bietjie opgekikker met soya sous, en bedek met tuisgemaakte skilferkors.
Die resep wat ek gebruik, is lekker omdat dit aangepas kan word vir groot of klein maat.
Die bestanddele is eenvoudig – meel, botter en sout, met genoeg yswater om ‘n baie stywe deeg te vorm.
Verhoudings is 2.5 keer meer meel as botter, en 1 teelepel sout vir elke 500 g meel.

Sny helfte van die botter in blokkies en sit saam met die meel en sout in ‘n voedselverwerker, en prosesseer tot dit soos krummels lyk.
Hardloop dan die masjien op stadig en voeg die yswater baie stadig by tot dit begin klonte vorm.
Keer uit op ‘n werksoppervlak en knie tot goed gemeng. Rol uit en plaas die res van die botter in die middel, vou die deeg rondom en rol uit tot sowat .5 cm dik. Vou in derdes oormekaar, draai toe in plastiek en rus in die yskas vir 30 minute. Dis draai 1! Rol weer, vou weer en rus weer. Dis draai 2. Herhaal weer, dis draai 3. Hierna kan die deeg uitgerol word so dun soos jy wil hê vir gebruik.

Resep en foto:  Leonie Overbeek




TIPSY TERT MET N ROOM KARAMEL TOPPING

TIPSY TERT HETTIEtested

TIPSY TERT MET N ROOM KARAMEL TOPPING
Ek het dit verdubbel, omdat ek dit in ‘n groot pan vir die kerk se oggend tee gebak het. So ek sit die grootmaat resep op.
500 g dadels, gesnipper
2 koppies kookwater (1 koppie per 250 g dadels)
10 ml koeksoda
250 g botter
4 groot eiers
1 ½ koppies suiker
3 koppies bruismeel
5 ml sout
100 g pekanneute, fyn gekap

Stroop
1 ½ koppies wit suiker
1 ½ koppies water
30 ml botter
1 teelepel kaneel
1 koppie brandewyn
2 teelepels vanilla essense

Topping:
600 ml dik room
¼ koppie gekoopte karamel sous (die wat jy oor die roomys gooi)
1 eetlepel versiersuiker
2 teelepels gelatien opgelos in kookwater.
verglansde kersies en ekstra karamel sous vir versiering

Meng die dadels met die kookwater en sprinkel die koeksoda bo oor. Laat staan om koud te word en maak dan fyn met ‘n aartappel masher.
Room die botter en suiker saam en klits dan die eiers een een by. Klits goed na elke toevoeging.
Sif die droë bestanddele saam en meng met die droë bestanddele. Voeg die dadels en neute by en meng goed. Gooi die beslag in ‘n groot reghoekige koekpan en bak vir 1 uur by 180°C of tot ‘n toetspen skoon uitkom.

Maak intussen die sous:
Kook die water, suiker en botter vir 5 minute saam. Voeg die brandewyn en geursel by en bring weer tot kookpunt.
Gooi die warm stroop oor die warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat goed afkoel. Op die stadium kan die koek tot ‘n week in die yskas gebere word.

Maak die topping:
Klits die room tot styf .Vou die karamelsous by. Sif die versiersuiker bo-oor en meng goed deur. Vou nou die afgekoelde gelatien by en meng goed. Skep oor die koek en maag gelyk met ‘n palet of ‘n mes. Drizzle die karamel sous oor in patroontjies en versier met die kersies. Laat ‘n paar uur in yskas om te set.
Bron en foto:  Hettie Bezuidenhout




VEGETABLE SOUP FOR 50 PEOPLE

VEGETABLE SOUP FOR 50 PEOPLE
Here is a great soup to serve for a large gathering.
4 kg boneless beef chuck or shin, cut into 1/2-inch cubes
1 cup all-purpose flour
1 tablespoon salt
2 teaspoons black pepper
1⁄2 cup vegetable oil
4 garlic cloves, minced
2 whole bay leaves
2 teaspoons dried thyme
6 liters water
1.7 to 2 kg peeled tomatoes
1.5 liters tomato juice
12 beef bouillon cubes
2 cups pearl barley
1 kg potatoes, peeled and cubed or grated
750 g carrots, sliced
500 g chopped cabbage
500 g onion, chopped
450 g frozen green beans
450 g frozen peas

Toss meat with flour, salt and pepper.
In a large Dutch oven, brown the meat in batches in oil, drain.
Transfer to a large stock pot or soup kettle; add garlic, bay leaves, thyme, water, tomato sauce and juice, bouillon and barley. Bring to a boil.
Reduce heat; cover and simmer 1 hour.
Add vegetables; bring to a boil.
Reduce heat; cover and simmer 3 to 4 hours or until vegetables and meat are tender. Adjust seasoning to taste
Remove bay leaves.
Makes 50 servings.
Recipe posted by Amanda Conradie




RAW MEAT SERVING PER PERSON


RAW MEAT SERVING PER PERSON MEAT

Beef: Fillet steak 225 g 8 oz
Beef: Rump steak 225 g 8 oz
Beef: Sirloin steak 225 g 8 oz
Beef: T-bone steak 450 g 16 oz
Chicken (bone in) 225 g 8 oz
Chicken (boneless) 125 to 142 g 4.4 to 5 oz
Lamb (leg, on the bone) 285 g 10 oz
Lamb (leg, off the bone) 225 g 8 oz
Pork: Gammon 225 g 8 oz
Pork: Bacon joint 225 g 8 oz

Geplaas deur Cornel du Plessis




MIELIE EN BONESOP

Mielie en bone soptested

MIELIE EN BONESOP
Maak sowat 10 liter

1 pak mielies en bone
1 pak spikkelbone
2 uie
3 teelepels pietersielie
3 teelepels braaivleis speserye
1 teelepel paprika
3 gerasperde aartappels
1 pakkie beesstertsop
1 pakkie groentesoppoeier
Skaaprib
Sout en peper na smaak
Skaaprib vooraf in slow cooker gemaak en ontbeen en klein stukkies gesny. Bone eers vooraf geweek in koue water en in slow cooker vir 5 ure. Uie in gewone pot bietjie gebraai en al die ander bestanddele daarby gesit, water by gevoeg en gekook.
Die 2 pakkies soppoeier het ek aangemaak met koue water en dit so 20 min voor sop klaar was by gevoeg en deur gekook.
Resep en foto: – Alta Theart




GROOTMAAT MELKTERT

LEKKERSTE MELKTERT OOITtested

GROOTMAAT MELKTERT VIR 10 TERTE
Vir die pap het jy nodig:
11 koppies melk
2 koppies suiker
12 groot eiers
7 eetlepels meelblom, rondvol
paar stukke kaneel
3½ eetlepels mielieblom hoogvol
1 teelepel sout
4 eetlepels botter
1 ½ teelepel vanilla of amandelgeursel

Kook melk, paar stukke kaneel en botter saam.
Meng intussen 3 eetlepels mielieblom, 1 koppie suiker, sout en 1 koppie koue melk saam.
Voeg 1 koppie van gekookte melk by. Roer goed dat dit nie klonte vorm nie.
As melk kook, verwyder kaneel en roer meelmengsel in. Kook gaar.
Haal van stoof af en roer eiergele wat met ½ koppie suiker goed geklits is, by.
Klits eierwitte styf. Voeg ½ eetlepel mielieblom en orige ½ koppie suiker by.
Klits styf.
Gooi geursel by en laaste die styfgeklopte eierwitte.
Gooi in korse en bak ongeveer 25-30 minute in 200°C oond.

Vir 10 terte maak 3 keer aan:
Kors wat ek maak is
500 gram botter
4 koppies meelblom
250 ml sodawater, moet yskoud wees
1 teelepel kremetart
½ suurlemoen se sap
1 teelepel sout

Rasper botter met ‘n growwe rasper en gooi die kremetart daaroor.
Voeg die meel by die bottermengsel en maak met ‘n mes deurmekaar.
Meng nou die res van die bestanddele by bogenoemde mengsel.
Rol 1 keer uit, vou op of rol liggies in ‘n rol en sit dit in die yskas tot nodig.  Deeg moet koud gehou word. Ek rol soms die deeg en sit in enamel borde en sit in vrieskas, maar voor ek dit doen, steek ek gaaitjies in deeg en smeer korse met eierwitte.  Wanneer jy gaan bak maak pap en gooi in die yskoue gevoerde tertborde, maak genoeg deeg aan vir 10 korse, dis omtrent 3 mengsels, rol dun uit en sit dan in borde, rol ook uit om ‘n randjie te maak.

Resep:  Betsie Joubert




CHANTELLE SE KOEKSISTERS

Koeksisterstested
CHANTELLE SE KOEKSISTERS
Ek gebruik al die resep vir ‘n redelik tyd, en dis heerlik. Ek het die resep in twee dele gesit, siende dat die no 1 so 48 klein koeksister maak, en no 2, gebruik wanneer ek baie maak.

Koesisters 1:
4 koppies koekmeel
1 teelepel sout
6 teelepels bakpoeier (30 ml)
50 ml botter (4 etlepels)
1 eier
1 ½ koppie melk of water

Koeksister 2:
12 koppies koekmeel
1 ½ teelepel sout
18 teelepels bakpoeier
150 ml margarien/botter
3 eiers
3 koppies melk

olie
stroop

Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
Klits die eier, voeg melk of water by en maak aan tot sagte deeg.
Knie goed tot dit glad is.
Laat dit 2 uur of langer staan.
Sny, vleg en bak in warm olie, doop in stroop sodra dit uitgehaal word.

Stroop
12 koppies suiker
6 koppies water
1 teelepel kremetart
1 teelepel gemmer (ops)
2 stukke pypkaneel (ops)

Kook alles saam vir 10 minute.
Laat oornag in yskas.

Resep en Foto: Chantelle De Bruin




GROOTMAAT KOEKSISTERS 20 DOSYN

2015-03-24-koeksisterstested
GROOTMAAT KOEKSISTERS 20 DOSYN
Resep en foto: Wilna Dorfling – Ethel Badenhorst
20 koppies koekmeel
200 g bakpoeier
10 eiers
250 g margarien
1 eetlepel sout
5 koppies water

Sif droë bestanddele saam, vryf margarien in droë bestanddele, klits eiers en water saam en voeg by meelmengsel. Knie goed, kan met ‘n Kenwood geknie word. (Deeg eerder bietjie te slap as te styf) Laat oornag staan. Baie warm by ons so ek maak dit toe met ‘n nat lap en laat in yskas staan. Smeer olie op uitrol area en rol deeg uit. Sny in stroke en vleg. Bak dadelik. Dompel vinnig in stroop.

Stroop:
40 koppies suiker
20 koppies water
2 eetlepels fyn gemmer
1 teelepel kremetart
1 teelepel wynsteensuur

Los suiker op in water voor dit kook. Kook vir 15 minute. Haal van stoof af en voeg gemmer, kremetart en wynsteensuur by. Hou in vrieskas.




SMAAKLIKE LASAGNE

smaaklike lasagne 2tested
SMAAKLIKE LASAGNE
Hierdie resep is genoeg vir drie bakke en vries uitstekend.
Stap 1:
25 ml kookolie
500 ml gekapte ui
750 ml gerasperde wortels
1 kg maalvleis
250 ml hoenderaftreksel
1 blik (410 g) tamatiepuree (ek gebruik sommer tamatiesous)
1 pakkie oxtail soppoeier
250 ml kookwater
5 ml knoffelflokkies
5 ml orego
5 ml gemengde kruie
5 ml paprika
10 ml sout
6 lourierblare,
5 ml tabasco sous (opsioneel)
Verhit kookolie in kastrol en braaie uit en vleis tot bruin, voeg res van bestanddele by.
Stap 2: 500 g pasta enige tipe, kook tot sag maar nie pap nie.
Stap 3: Sous: Kook saam tot gaar.
50 ml margarien
75 ml koekmeel
1 pakkie sampioensop poeier
750 ml melk
1 ml rooipeper
sout

Kook vleismengsel vir 1 uur, haal lourierblare uit. Pak dan in lagies in bakke, eers bietjie sous, dan pasta en dan vleis. Heelbo weer sous en sprinkel gerasperde kaas oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is. Die sous kan dubbeld gemaak word vir meer souserige lasagne.

Foto en resep geplaas deur Marietjie van der Merwe




GROOTMAAT BASAARPOEDING

tested

GROOTMAAT BASAARPOEDING
(basaar poeding vir 50 mense)
8 pakkies jellie
16 kop kookwater
1 blik kondensmelk
ingelegde vrugte, bvvoorbeeld granadilla met fyngedrukte pere, gekapte perskes of gemengde vrugte

Los die jellie in die water op. Laat afkoel tot bloedhitte.
Voeg een blikke kondensmelk by, asook ingelegde vrugte van jou keuse, soveel as wat jy wil. Die stroop kan gebruik word om die jellie in op te los.
Posted by Ilicia Lotter
Amanda Conradie