BULK BUTTER ICING-GROOTMAAT BOTTERVERSIERSEL

butter icingtested

BULK BUTTER ICING-GROOTMAAT BOTTERVERSIERSEL
2 x 500 g Rama
1.88 kg Icing Sugar (2 & 1/2 bags icing sugar 750 g)
1 cup cocoa for chocolate
10 – 15 ml vanilla essence (butter vanilje Dr Oetker tastes devine!)
approx 4-6 tbsp hot milk

Beat butter with paddle attachment till really soft and almost white. Add essence. Start adding sieved icing sugar and loosen mixture with a tablespoon of hot milk when needed.

Enough to cover approximately 4 bier box cakes
Source: Alida Siebert
This is the recipe I finally concocted for my cakes, and it really works well!




GERDA SE KOEKSISTERS

2015-11-30-koeksisterstested
GERDA SE KOEKSISTERS
Lewer 18 dosyn medium koeksisters
Stroop:-
12 koppies louwarm water
24 koppies witsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel kremetart
1 teelepel gliserien

Meng al die bestanddele en bring tot kookpunt. Kook vir 10 minute. Verwyder van die hitte en laat oornag afkoel. Gebruik die volgende dag by kamertemperatuur.

Koeksisters:-
125 g botter
300 ml kookwater
300 ml koue water
4 eiers
300 ml louwarm water
9 koppies koekmeel
2 ½ eetlepels bakpoeier
½ eetlepel sout
½ eetlepel kremetart
10 koppies goeie kookolie vir bak. (Ek gebruik ‘n deepfryer – 160°C)

Smelt die botter in die kookwater. Verwyder van die hitte en voeg die koue water by. Klits die eiers en die louwarm water saam. Sif al die droë bestanddele saam. Voeg die botter- en die eiermengsel by die droë bestanddele en roer met die hand tot goed gemeng. Vorm ‘n elastiese, maklik werkbare deeg en laat rus vir 30 minute. Rol of vleg die koeksisters na keuse. Verhit die olie en diepbraai die koeksisters goudbruin aan die een kant, draai om en braai hulle tot dieselfde kleur aan die ander kant. Skep die koeksisters met ‘n gaatjieslepel uit die olie en dompel hulle dadelik in die stroop. Die koeksisters moet warm tot die ponder in die stroop gedruk word. Skep die koeksister versigtig uit en laat die oortollige stroop op ‘n sif afdrup. Hierdie koeksisters is heerlik net so warm, afgekoel of uit die yskas. Dit vries baie goed.
Bron: Gerda Swanepoel
Foto:  Petré Van Jaarsveld

Rita Labuschagne:
Jy gaan 900 ml water gebruik.
300 ml kookwater om die botter te smelt
300 ml koue water om bogenoemde af te koel
300 ml lou water om die eiers in te klits, want as die water té warm is, gaan jy roereier kry.
Die deeg is sag. Werk maar op gevoel. En sien die deeg het ‘n warm gevoel as dit klaar geknie is.




LACYs BULK PIZZA DOUGH

2015-12-01-lacysbulkpizzadoughtested
LACYs BULK PIZZA DOUGH

8 cups flour
3 cups lukewarm water
1/2 cup vegetable oil
1 tbsp sugar
1 tbsp salt
2 tbsp active dry yeast.
Mix. Knead until elastic. Rise until tripled in size.
Divide into six equal portions. Rest 10 minutes. Don’t forget to cover dough. Roll out and place in round pizza pans. I normally cover three with pkastic wrap after I spray / oil it lightly. Place each pan on top of the other and a fourth on top to keep the shape. Then freeze for up to six weeks.

Recipe and photo:  Lacy Grey




VINNIGE MAKLIKE KOEKIES

2015-11-25-12249636_1019279284782347_7925521860449144666_ntested

VINNIGE MAKLIKE KOEKIES
1 kg sagte botter
500 ml versiersuiker
klits die 2 bestanddele saam tot dit lyk soos ligte room.

Voeg dan 1 kg koekmeel by en meng goed. (geen bakpoeier)
Bak by 180 ºC vir 12-15 min, kyk maar dat dit net ‘n mooi kleur het, nie te donker nie, oonde verskil

Maak ‘n heerlik klei tipe deeg so heerlik vir kinders ook en amper ‘n shortbread tekstuur.
Dit maak ‘n helse klomp koekies.
Ek sal volgende keer opdeel en selfs gekapte neute, kersies of self choc chip insit.
Foto:  Lindi Botha Davis

 




GROOTMAAT-KOEKSISTERS

Grootmaat-koeksisters
GROOTMAAT-KOEKSISTERS
Dié beproefde resep kom uit Annette Human se boek, Basaartreffers, wat in 1989 verskyn het. Lewer 230 koeksisters.
Stroop:
3 kg (15 x 250 ml) suiker
1,875 liter water
500 ml gouestroop
12,5 ml kremetart

Deeg
1 liter water
100 ml kondensmelk
1½ kg (11 x 250 ml) koekmeel
50 ml bakpoeier
7 ml sout
125 g botter of margarien
Olie, vir diepbraai

Dag 1: Meng die suiker, water en gouestroop, roer tot gesmelt en kook dit vir 10 minute vinnig oor hoë hitte. Moenie roer ná die stroop begin kook het nie. Verlaag die hitte, voeg die kremetart by en laat dit vinnig deurkook. Giet die stroop in twee bakke, laat dit afkoel en plaas dit oornag in die vrieskas.

Dag 2: Meng die water en kondensmelk. Sit die koekmeel, bakpoeier en sout saam en frummel die botter of margarien daarin. Sny die meelmengsel met ’n slaplemmes by die watermengsel in en druk saam om ’n deeg te vorm. Bedek die deeg met ’n klam doek en laat dit ongeveer 2 uur lank rus. Rol gedeeltes van die deeg 5 mm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak, sny dit in stroke van 10 x 1 cm en vleg twee-twee stroke saam.

Verhit olie in ’n kastrol tot warm. Om vas te stel of die olie warm genoeg is: Gooi ’n stukkie deeg in en tel vinnig tot 10. Die deeg behoort dan op die olie te dryf. Braai ’n paar koeksisters op ’n keer in die warm olie tot goudbruin. Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en dompel dit dadelik in die yskoue stroop. Plaas die deurweekte koeksisters op ’n draadrak in ’n skinkbord sodat die oortollige stroop kan dreineer.
As die stroop in die bak begin warm word, vervang dit met die ander bak koue stroop en verkoel weer die eerste bak stroop, tot nodig.
BRON – Annette Human se boek, Basaartreffers




PETRE SE BOBOTIE

2015-10-21-petresebobotietested

PETRE SE BOBOTIE
16 porsies
Mengsel van olie en botter vir braai
3 kg bees maalvleis
4 uie gekap
3 huisies knoffel fyn gedruk  ( Ek gebruik 4 blare knoffel chives) …
3 geelwortels fyn gerasper
1 groot appel fyn gerasper
3 eetlepels fyn appelkooskonfyt
4 snye brood in melk geweek en fyn gemaak
Sout na smaak 
2 teelepels grofgemaalde swartpeper
4 opgehoopte teelepels Kerriepoeier (ek het reeds aangemaakte kerrie met alles in wat dit moet he, maar voeg ekstra bestanddele by)
1 teelepel fyn koljander
1 teelepel fyn naeltjies
1/2 teelepel fyn gemmer
1 teelepel fyn kaneel
2 teelepels fyn komyn
Suurlemoen blare

Bo-laag:-
1 1/2 koppie room
1 1/2 koppie yoghurt
1/2 teelepel sout
3 eiers

Braai uie in olie en botter mengsel tot deurskynend. Voeg knoffel by en braai goed deur. (Nie te lank nie, anders brand die knoffel). Voeg maalvleis by en braai tot dit krummelrig is . Voeg wortels, appel en speserye by … Kook goed deur … Voeg sout en peper by, asook asook appelkooskonfyt. Voeg brood by, en roer goed. Skep vulsel in oondpan – maak gelyk bo-op. Druk opgerolde suurlemoen blare in die vulsel. Klits alles vir die bo-laag goed saam .. Gooi mengsel oor Bak @ 180 grade C vir 40 – 45 minute, of tot bolaag mooi goudbruin is, en gestol het …
Foto en resep deur Petré Van Jaarsveld




ELSABE SE VETKOEK

ELSABE SE VETKOEKEtested

ELSABE SE VETKOEK

Ek vat 1kg koekmeel
1 pakkie kits gis
2 teel suiker
1 teel sout
100 g botter
1 teel melk poeier
lou water
knie tot deeg nie aan hande vas sit nie maak toe laat rys vir 1uur knie af rol uit druk vetkoeke af met koekdrukker en bak in warm olie

Ek bak met 2,5 koekmeel dan kry ek 60 groot vet koeke

Bron: Elsabe Britz Vander Watt




REELS VIR KAAS EN WYN

REELS VIR KAAS EN WYN
‘n Kaas en wyn is altyd ‘n goeie idee vir ‘n onthaal.
Wenke vir onthaal:
Kies ´n tipe onthaal wat by jou gaste se smaak en ouderdom pas.
Nooi gaste vroegtydig. Meld die tyd, tipe drag en die geleentheid.
Doen vooraf soveel voorbereidings moontlik.
Dek tafels voor die tyd. Sorg dat tafelversierings afgerond lyk.
Beplan jou spyskaart sodat jy voor die tyd geregte kan maak.
Moenie te veel verskillende geregte maak nie. Sorg dat die kleur en geur van voedselsoorte mekaar aanvul.
Warm en koue geregte kan bedien word. Warm kosse moet net warm genoeg bly.
Hoeveelhede moet sorgvuldig beplan word om verleentheid te voorkom asook vermorsing.

1. ´n Tafel van 2,5m x 80cm. Is voldoende vir 25 persone.
2. Kies ´n tafeldoek wat by die geleentheid pas.
3. Omdat gaste met hul hande eet sorg vir genoeg servette.
4. ´n Vrugte rangskikking pas altyd by ´n Kaas-en-Wyn-onthaal.
5. Houtplanke kan dien as kaasborde. Leiklipskywe kan ook gebruik word.
6. Plaas kaasbord altyd gerieflik vir personse om die kaas te sny.
7. Gebruik kaasmessies of groentemessies.
8. Ongeveer 100 g kaas per gas – Cheddar, Blaauwkrantz, Edam, Tussers, La Campania ens.
9. ´n Verskeidenheid van 6 tot 8 porsies verskillende kaas per gas.
10. Bedien kaas by kamertemperatuur.
11. Moet nooit kaas op slaaiblare bedien nie. – Radyse, pietersielie, jong uitjies en ander groente kan bedien word, maar moet apart van die kaas wees.
12. Sny waslagie van kaas bo en onder af en los dit aan die kant vir uitkenning en maklike hantering.
13. Die skilletjie van kase soos camembert en brie moet nie verwyder word nie. Dit is eetbaar.
14. Dié kase kan op foelie-omhulsel bedien word
15. Bykomstighede:
25 persone : Gemengde soutbeskuitjies -750 g
Grondboontjies – 375 g
Rosyne – 375 g
Aartappelskyfies en/of kaaskrulle – 150 g -2 pakke
Agurkies – 200 g
Swart olywe – 200 g
Groen olywe – 200 g
Brood – 2 tot 3 soorte, bedien op broodborde maar laat gaste toe om dit self te sny of te breek.
Servette
Verskillende doopsouse.
16. Dranksoorte en hoeveelhede: 25 persone:= Wyn (wit en rooi) 16 bottels
Sap of pons – 10 liter.
17. Op informele onthaal skink gaste hulle eie wyn, hulle kry ook hulle eie bygeregte.

Indien warm geregte bedien word moet aansitplekke, messegoed en borde voorsien word.
In die geval mag koffie ook daarna bedien word.

Dit het sy gesondheidsvoordele = Een kilogram Cheddarkaas bevat soveel protiene as 1,5kg rooivleis – 1,5kg vis – of 3 dosyn eiers.

Onthou om altyd nie-alkoholiese drankies voor te sit vir gaste wat dit sal verkies.




HOEVEEL SOUS PER HOT DOG-WORSBROODJIE

2015-05-18-hotdogtamatiesoustested

HOEVEEL SOUS PER HOT DOG-WORSBROODJIE

Wanneer mens grootmaat hotdog moet bedien kan jy jou sous so uitwerk.

Fanie Smit
Het vandag 110 worsbroodjies bedien en noukeurig gekyk hoe elkeen skep. Beslis is 60ml per broodjie genoeg. Dit kan julle maar so aanteken. Ek het toevallig 60 ml lepels.




WENKE VIR GROOTMAATRESEPTE – HOEVEELHEDE


WENKE VIR GROOTMAATRESEPTE – HOEVEELHEDE

Vla: 1 liter is genoeg vir 10 persone (100ml vlapoeier + 6 e suiker per 1 liter melk)
Mengelslaai: 1 slaaikop vir 33 persone
: 1 komkommer vir 24 persone
: 1 pynappel vir 25 persone
: driekwart kas tamaties vir 100 persone
Maalvleis    : 1 kg vir 10 persone
Beestong    : 12 – 16 tonge per 100 persone
Rou vleis met been : 250 g per persoon
Rou vleis sonder been: 125 g per persoon
Vir 100 persone, gebruik die volgende hoeveelhede:
Pynappels in blokkies : 20 pynappels
Pynappels in skywe : 10 pynappels
Brokkoli : 17,5 kg (gaar)
Kool, gekerf : 12,5 kg (gaar)
Wortels : 13 kg gaar
Blomkool : 25 kg gaar
Komkommers : 6,5 kg
Kropslaai : 8,5 kg
Sampioene, gekap : 4,5 kg
Groenertjies : 25,5 kg
Groen rissies, gekap : 4 kg
Aartappels, geskil : 19 kg
Tamaties, ongeskil : 10 kg
Visfilette : 15 kg
Rys rou : 1 k vir 6 – 8 persone
Pannekoek : 1 k meel maak 6 pannekoeke

Dranke:

Wyn 1 bottel – 6 glase
sjerrie en port 1 bottel – 16 – 20 sopies
whiskey, brandewyn, jenewer 1 bottel – 21 – 22 sopies
likeur 1 bottel – 20 – 24 sopies
bier 1 groot bottel – 4/250 ml glase
koffie swart klein koppies – 6 koppies op 500 ml
koffie wit groot koppies – 3 koppies op 500 ml
melk 20 koppies tee op 500 ml
suiker 500 g vir 25 persone
sop 4 koppies op 500 ml

Vingerete:

Klein worsrolletjies 2 per persoon
klein worsies 2 per persoon
frikkadelle 2 per persoon
vol-au-vents 2 per persoon
kaasstrooitjies 6 per persoon
gevulde eiers 1 eier per persoon
toebroodjies 2 snye per persoon (24 snye uit 1 brood)
oopbroodjies 2 snye per persoon

Buffetete:

500 g gesnyde koue vleis 6 – 8 porsies
(Ham, soutvleis)
souttert (200 – 250 mm) 12 porsies
aartappelslaai 1 – 1,5 kg aartappels = 10 porsies mengselslaai 1 slaaikop, 1 bos seldery, 250 g tamaties, 2 hardgekookte   eiers, bossie pietersielie = 6 porsies
koekvlapoeding 6 porsies (1 liter)
room 6 – 8 porsies = 125 ml

Bron:  Peterjasie

Fanie Smit
I suggest the following:
Cold meats:
Chicken 100 g.
Lamb 120 to 150 g.
Potato salad 150g final product.
Noodle salad: 100g final product.
Depending on the group diversity. All per person.