SOET GROEN PIESANG KERRIE


SOET GROEN PIESANG KERRIE
Genoeg vir 20 – 25 mense
6 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
1 groen brandrissie, ontpit en gekap
60 ml (4 eetlepels) olie
4 kg maer maalvleis
6 groen piesangs, in stukke gesny
6 groen appels, geskil en grof gerasper
125 ml (½ k) matige geroosterde
masala of kerriepoeier
30 g (1 bakkie) vars koljanderblare, gekap (opsioneel)
160 ml (⅔ koppie appelkooskonfyt of bruinsuiker)
80 ml (¹⁄³ koppie) sultanablatjang
60 ml (¼ koppie) suurlemoensap
2 blikkies (65 g elk) tamatiepasta
60 ml (¼ koppie) borrie
6 groot wortels, in dobbelsteentjies gesny
6 – 8 groot aartappels, in blokkies gesny
sout en swartpeper na smaak

Braai die uie, knoffel en brandrissie in die helfte van die olie in ’n groot plat pot of diep kastrol tot sag. Voeg die maalvleis by
en roerbraai tot los, maar nie bruin nie.
Verhit die res van die olie in ’n ander pan en roerbraai die piesang, appel en kerriepoeier sowat 5 minute. Voeg dit by die vleis en sprinkel die koljanderblare oor.
Meng die res van die bestanddele behalwe die groente. Giet oor die maalvleis en meng deur.
Sprinkel die groente oor. Geur met sout en peper.
Bedek en laat prut sowat ’n uur tot geurig en gaar. Voeg ’n bietjie kookwater by as dit te droog is.

Johan Röntgen  – vegetariese variasie – foto bo aan
Basies bogenoemde se resep gebruik sonder maalvleis en was besonders lekker. Het my normale hoof speserye gebruik vir al my kerries – groen piesangs, kerrie blare, steranys, kaneel stokkie, gemengde geur sade.




HOEVEELHEDE PER PERSOON

HOEVEELHEDE PER PERSOON

VLEIS
Rou vleis, roostersnit (sonder been) – 200-250 g /persoon
Rou vleis, blokkies (sonder been) – 150 g /persoon
Gaar vleis (sonder been) – 100-125 g /persoon
Rou vleis (met been) – 250 g /persoon
Maalvleis (bobotie, frikkadelle) – 125 g /persoon
Maalvleis geregte (kerrie, lasagne, ens) – 100 g /persoon
Hoender, porsies (rou) – 2 porsies /persoon
Hoender pastei (rou) – 200 g /persoon
Hoender gereg (chic ala king, lasagne, ens) 150 g /persoon

BYGEREGTE vir 50 mense
Rys – 1,5 kg  –  Patrick Louis O’connor – as jy ‘n ander stysel saam gee, dan werk jy op 80 tot 100 g per persoon. As rys die enigste stysel is, dan werk jy op 150 g per persoon. Gekookte rys so op 120 mense is dit so 6 kg, op 5 Lt water onthou ‘n kwalityt rys swel meer as ‘n goedkoper handelsnaam.
Rys (kerrie & rys ete) – 2 kg
Rys (slaai) – 1 kg
Mieliepap – 2 kg
Noedels, lasagne – 1,5 kg
Noedels, slaai – 1,5 kg
Noedels, spaghetti bolognaise – 2 kg
Aartappels – 10 kg
Aartappels (mash) – 6 kg
Aartappel (slaai) – 6 kg
Slaaisous vir aartappelslaai – 1,5 liter
Groente, gevries – 5 kg
Blaarslaai – 5 koppe
Tamaties – 2 kg
Pynappels – 4 groot
Roomys – 7 liter
Koffie poeier – 125 g
Koffie sakkies – 8 sakkies
Tee – 20 teesakkies/ 125 g
Melk vir tee & koffie – 2 liter

Beef fillet – 200 g per person
Beef joints on the bone – 320 g per person
Canapés – 4 – 5 with drinks; 10 – 14 for main per person
Chicken breasts – 1 per person
Whole chicken – 1,5 kg will feed 4
Fish fillets – 180 g – 200 g per person
Lamb chops – 2 per person
Cubed lamb  – 225 g trimmed per person
Lamb cutlets – 3 – 4 per person
Mince for burgers and pies – 170 g per person
Mince for pasta -110 g per person
Pasta – 80 g for a starter; 100 g for main per person
Potatoes – 110 g – 185 g per person
Shelled prawns – 150 g for a starter; 300 g for main per person
Rice – 60 g for a starter; 30 g for a side dish per person
Soup    – 300 ml for a starter; 500 ml for main per person
Greenbeans – 70 g per person
Sweet potato  150 g per person




SPAANSE HOENDER VIR 50 MENSE


SPAANSE HOENDER VIR 50 MENSE

5 pond rou Rys (2.3kg)
6 koppies gestoofde tamatiepap
1 & 1/2 koppies groen Soetrissie (ontpit)
2 koppies Seldery, gekap
2 koppies Ui, gekap
1/2 koppie sagte Vet
2 eetlepels Suiker
5 eetlepels Sout.
1 teelepel Peper
1 koppie Maizena
2 koppies Water
1 groot Hoender, sag gekook

Metode :

Kook of stoom die rys gaar. Smelt dan die vet in ‘n pot en sit die soetrissie, seldery en ui daarin. Roer af en toe tot die groente pap en liggeel word. Vryf die gestoofde Tamatiepap deur ‘n sif en roer by die groente. Sit ook die suiker, sout en peper in. Sit terug op die stoof om te kook.
Meng die Maizena met die water en roer dit daarby. Roer en kook tot die Maizena gaar en dik is. Ontbeen intussen die hoender en sny in kleinerige stukkies, maar nie te klein nie.
Sit dit dan in die warm mengsel.
Bedien op die warm rys.

Resep uittreksel uit : Jess Davidtz se Kookboek deur Professor M.J. Davidtz




GROOTMAAT VRUGTEKOEK

grootmaat-vrugtekoek-bettietested

GROOTMAAT VRUGTEKOEK

1,5 kg vrugtekoekmengsel
500 g dadels, gesnipper
200 g rooi glanskersies, gehalveer of grof gekap
500 ml brandewyn
500 g pekanneute, gekap
500 g sagte botter of margarien
500 ml bruinsuiker
6 eiers
10 ml vanieljegeursel
900 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
5 ml fyn gemmer
5 ml gemende speserye
Meng die vrugtekoekmengsel, dadels, kersies en brandewyn in ’n groot bak. Bedek met kleefplastiek en laat staan teen kamertemperatuur vir minstens 4 uur of oornag. Voeg die pekanneute by en roer goed. Voorverhit die oond tot 140˚C en smeer drie koekpanne van 20 cm met olie. Voer die boom en kante uit met twee tot drie lae bakpapier. (Jy kan ook ’n kraag van bruinpapier om die panne draai as jy wil.)
Verroom die botter en suiker goed saam en voeg die eiers een vir een by. Voeg die vanieljegeursel by en klits goed. Voeg die bottermengsel by die vrugtemengsel en meng deur. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel, gemmer en gemengde speserye bo-oor en meng goed. Verdeel die beslag tussen die panne en smeer gelyk. Bak die koeke vir ongeveer 2 uur en 15 minute of tot ’n toetspen skoon uit die koeke kom.
Laat die koeke vir minstens 20 minute in die panne afkoel en keer uit op ’n draadrak om verder af te koel. Draai elke koek in foelie toe en klam nou en dan met ’n bietjie brandewyn aan. Lewer 3 middelslag-koeke
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Bettie Venter




FRIKKIE SE GROOTMAAT “MOUSSE”

tested

FRIKKIE SE GROOTMAAT “MOUSSE”

Kook  1 l room en voeg 1 kg sjokolade wat opgekap is by, laat dit in die kokende room smelt.
Laar die mengsel afkoel tot koud, maar nie dik nie. Voeg 2 liter half styf geklitsde room by en klits tot amper styf. Breek 5 pakkies Romany creams of Oreos in growwe stukke en vou dit by die mousse in.
Laat staan tot benodig en geniet.
Resep:  Frikkie Jones




PETRE SE HOENDERPASTEIE VIR 65 MENSE

grootmaat_ntested

PETRE SE HOENDERPASTEIE VIR 65 MENSE.
8 kg hoender borsies ontbeen, gekook en gepluis.. Ek kook so 3 kg op n slag in die stoompot vir 20 minute.
3 teelepels sout
½ teelepel fyn naeltjies
1 koppie water
Hou die sous van elke 3 kg hoender wat in die pot oorbly voeg die volgende by:
1 koppie sago
1 teelepel peri peri
¼ koppie witasyn
2 uie gekap
1 koppie witwyn
2 teelepels fyn knoffel
2 eetlepels fyn gekapte roosmaryn by.
Kook tot die uie sag en die sago deurskynend is.
Maak 2 liter witsous:
2 liter melk
16 opgehoopte eetlepels koekmeel
1 pakkie knorr chicken and onion stew mix
1 eetlepel sout

Mikrogolf tot lekker warm en voeg 250 g botter/margarien by.
Roer elke 2 minute tot die witsous redelik dik is.
Meng die gepluisde hoender, sago mengsel, witsous en 3 blikkies gedreineerde gemengde groente by.
Voer oondpanne uit met puffpastry en skep vulsel in.. Bedek met puffpastry en bak @ 180ºC tot goudbruin..
Resep en foto:Petré Van Jaarsveld




CECIL SE GROOTMAAT GUACAMOLE

cecil se grootmaat guacamoletested
CECIL SE GROOTMAAT GUACAMOLE
12 extra groot avokado’s
3 klein tamaties
1/2 ui
1 koppie asyn
Growwe sout en swart peper na smaak

Maak alles saam fyn in voedselverwerker.
Bron en foto: Cecil Dunhin




GROOTMAAT ANYS BESKUIT

grootmaak anys beskuitgrootmaat anys beskuit 2tested

GROOTMAAT ANYS BESKUIT
4 pinte melk (2 L)
6 eiers
1 bottel aartappel suurdeeg (500 tot 750 ml)
1 pond botter (500 g)
anys saad na smaak
sout na smaak
10 pond koekmeel (5 kg)
5 koppies suiker

Suur vroeg in.
Kook melk en suiker saam en sit halfpond botter in maar moet nie verder kook nie. Laat koel tot lou warm. Meng die sout, eiers en suurdeeg in die lou mengesel melk en suiker. Begin nou 5 koppies meel by sit tot gladde slap deeg. Maak toe met doek en laat rys op warm plek.
As dit goed gerys het begin meel byvoeg en knie tot dit nie meer aan jou hande vas sit nie en goed elasties is. Laat rys oornag op ‘n warm plek.
Ons draai dit in knie doek en kombers toe met warm water sak binne.
Volgende oggend kry jou panne reg en smeer goed met orige botter.
Knie die deeg af en begin bolletjies afknyp met botter hande, rol en vul panne.
As panne vol is sit weer op warm plek en laat rys.
Bak in voorverhitte oond van 180ºC.
Breek in stukke en droog in oond by 75 to 100ºC.
Resep en foto:  Hendrik Markgraaff

http://www.foodloversrecipes.com/2015/03/aartappelsuurdeeg/

Nota en foto:  Annatjie Maritz Joubert
Ek het die pers kitsgis -15 g gebruik ipv aartappelsuurdeeg en gewoonweg geknie, ek het net die helfte van die resep aangemaak.
grootmaat-beskuit




KUDU PASTEI IN GROOTMAAT

kudu pasteietested
KUDU PASTEI IN GROOTMAAT
(80 ruim porsies)
16 kg kudu vleis
3 kg goeie varkspek in 1cm blokkies gesny
10 medium uie
8 gaar aartappels in klein blokkies gesny
3 koppies appelsap
3 koppies pynappelsap
4 koppies Worcester sous
3 koppies sojasous
8 eetlepels fyn koljander
Sout en swartpeper na gevoel vir die wat weet
10 teelepels potjiekos speserye
4 koppies goeie rooiwyn verkieslik Merlot
Oond op 180°C vir 6 tot 7 ure tot baie sag
Vlok alles en gooi bene weg.
Vou aartappelblokkies in
Maak lang sous met die vleisaftreksel en voeg by.
Bedek met skilferdeeg en bak deur in oond tot kors verbruin.
Jammer ek doen alles in groot maat. ek het 4 shaffing dish panne vol gemaak vir vandag. Het nog 1 oor. Hierdie Kudu pastei was loshande my lekkerste vleisdis van 2016.
Lekker eet Food Lovers

FOTO EN RESEP:  Fanie Smit




MALVAPOEDING VIR 55 MENSE

Oondpan Malvapoeding
MALVAPOEDING VIR 55 MENSE
Resep en foto: Michelle Nel
55 Porsies:
2750 ml koekmeel
1375 ml volroommelk
11 eiers
165 ml margarien
165 ml asyn
1375 ml suiker
330 ml appelkooskonfyt
55 ml koeksoda
27.5 ml sout
Maak die koeksoda met ‘n bietjie van die melk aan.
Klits die suiker en voeg die suiker en res van die bestanddele by. Jy kan dit in oondpanne bak wat goed gesmeer is. Drie oondpanne sal reg wees.
Bak vir 45 minute.
Haal uit oond en druk met ‘n vurk gaatjies in die poeding en skep die warm stroop oor.

Stroop/Sous:
5 blikke Idealmelk
1375 ml melk/water
55 ml vanilla geursel
960 ml suiker
550g margarien

Kook die sous vir 10 minute.
Deel die sous in drie dele en skep oor die warm poeding.
Bedien met vla of ‘n skeppie roomys.