GROENTE AU GRATIN

 

tested

GROENTE AU GRATIN
Die lekkerste wat ek al ooit geëet het, is groente. Probeer dit tog.
botterskorsie, sny in die helfte en kook tot sag
Witsous:
25 ml margarien
25 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml paprika
200 ml melk
1 klein uitjie, fyn gekap
5 sampioene, opgesny
50 ml broodkrummels
50 ml gerasperde cheddarkaas

Smelt margarien in kastrol.
Soteer uie tot deurskynend en voeg sampioene by.
Meng meelblom by en roer tot alle margarien geabsorbeer is.
Voeg melk by en roer aanhoudend.
Voeg sout, peper, pietersielie, aromat, ens by volgens smaak.
Giet die witsous bo-oor en strooi kaas en krummels bo-oor.
Rooster tot goudbruin onder die boonste element van die oond.
Ps: enige vleis soos maalvleis, salamie, bacon, ens kan saam witsous bygevoeg word.
Resep geplaas deur Els Chante




OUMA SE GERASPERDE AARTAPPEL EN WORTELKOEK

adam se wortel en aartappelkoektested

 OUMA SE GERASPERDE AARTAPPEL EN WORTELKOEK
Ek het ‘n baie ou resep wat baie van julle seker ken. Dit is “Ouma se gerasperde aartappelkoek”. Ek het egter gisteraand besluit om dit bietjie aan te pas en wortels in plaas van aartappels te gebruik en nie ‘n idee gehad oor wat gaan gebeur nie. Julle kan self oordeel. Ek het egter in gisteraand se poging 750g wortels gebruik en aangevul met 150g aartappels. Dit is egter met groot vertroue wat ek die volgende resep met julle deel.

900 g gerasperde aartappels / wortels, of gekombineer
4 groot eiers
4 eetlepels fyngekapte pietersielie of seldery
2 fyngemaakte knoffelhuisies
sout en peper
1 teelepel neutpoeier
50 g botter
2 eetlepels olyfolie

Meng die gerasperde aartappels / wortels, eiers, pietersielie / seldery, sout, peper en neut en die knoffel in ‘n mengbak.
Verhit die botter en 1 eetlepel olyfolie in ‘n groot braaipan. Wanneer dit so warm is dat die skuim begin verminder, krap die aartappelmengsel in die pan en smeer dit egalig oor die pan. Werk vinnig want die pan is warm en die eier begin onmiddellik onder te stol. Kook vir ongeveer 3 minute oor hoë hitte sodat die onderkant kan verbruin en verminder dan die hitte vir ongeveer 6 – 7 minute vir die aartappelmengsel om styf te word.
Plaas ‘n bord bo-op die pan en draai dit om sodat die bo-kant onder in die bord lê en gly dit terug in die pan. Skuif ‘n paletmes onder die koek in en lig dit versigtig op om die ander eetlepel olie onder die koek in te laat. Verhoog die hitte weer vir 3 minute om die anderkant te verbruin en kook dan verder vir ongeveer 6 minute om die koek heeltemal te laat stol.
Laat effens afkoel, en gly dit uit op ‘n bedienbak, of keer dit weer om met ‘n bord en plaas dit dan in ‘n bedienbak. Ek het gevind dat altwee kante basies dieselfde lyk.
NOTA. Omdat die eiers bietjie klein gelyk het, het ek besluit om 5 te gebruik en omdat wortels nie soveel stysel het om te help bind nie, het ek toe nog een bygesit vir veiligheid. Ek het dus medium grootte eiers vir die wortels gebruik.
Resep en foto:  Adam Cloete




PAMPOENMOES TERT

PAMPOENKOEK

PAMPOENMOES TERT

Room saam:
175 ml botter
3 eiers
200 ml suiker

Voeg by:
30 ml maizena
15 ml bakpoeier
4 eetl hoogvol gaar afgekoelde butternut (mash dit)
klein bietjie sout

Smeer ‘n tertbak met botter of Spray-Cook.
Gooi die hele beslag in die bak, en bak vir ongeveer 40 min by 180°C.
Strooi skoon kaneel bo-oor sodra dit uit die oond kom. Dit is heerlik.

Bron- Rounel Siecker




SPINASIEVULSEL

2014-03-10-spinasievulsel

SPINASIEVULSEL
500 g gevriesde spinasie
100 g botter
200 g koekmeel
250 ml melk
Sout en peper na smaak
10 ml knoffelpoeier
2 ml neutmuskaat

Laat die gevriesde spinasie ontdooi en braai in die botter. Voeg die koekmeel by en meng goed deur. Voeg die geurmiddels by Voeg bietjies van die melk by en roer aanhoudend. Indien die mengsel nog te dik is – voeg nog melk by.

BRON- Corne Liebenberg




Romerige Spinasie

 

2014-03-08-spinasie-gereg-002

1 medium groot uie, opesny in blokkies
1 groot bondel spinasie, in growwe repies gesny
50 ml Suurlemoensap
Sout en suurlemoen growwe peper
250ml room
1. Braai die ui net tot deurskynend (‘n wok werk fantasties vir hierdie resep)
2. Braai die spinasie vir 1minuut saammet die ui
3. Voeg sout & suurlemoen peper by
4. Voeg die suurlemoensap & room by en laat dit prut vir ongeveer 5 minute of totdat die mengsel romerig is (in plaas van waterig)
Variasies: ‘n blikkie sampioene ka nook lekker werk met die resep (voeg die gedreineerde sampioene by na die spinasie)
‘n klein pakkie opgesnipperde spek of selfs ham sal ook lekker werk




GEROOMDE SPINASIE MET FETAKAAS

 

geroomde spinasie met fetatested

GEROOMDE SPINASIE MET FETAKAAS
Genoeg vir 4
Sous:
30 g Clover Mooi River botter
3 e (45 ml) koekmeel
½ k (125 ml) Clover volroommelk, warm
¼ k (60 ml) Clover vars room, louwarm
sout en varsgemaalde swartpeper

30 g Clover Mooi River botter
1 ui, geskil en fyn gekap
1 knoffelhuisie, gepers
400 g jong spinasieblare, geblansjeer
100 g Clover Fetakaas, gekrummel

Verhit die botter in ‘n pan. Roer die meel by en kook 1 minuut. Roer die warm melk by en kook 3 minute. Voeg die room by en roer deur. Geur na smaak met sout en peper. Hou eenkant.

Maak die spinasie:
Verhit die botter oor lae hitte in ‘n pan en soteer die ui en knoffel vir 3 tot 4 minute, of tot sag. Sny die spinasie fyn en roer by die uiemengsel in die pan. Roerbraai 1 minuut. Voeg die fetakaas en witsous by en roer goed deur. Sit warm voor.
Bron: CLOVER
Foto: Carrie Segar Malan




PAMPOENTERT

 
 2014-03-06-img-20140306-01609
PAMPOENTERT
500 ml gaar pampoen
100 ml suiker
knippie sout
2 groot eiers
250 ml melk
5 ml bakpoeier
5 ml vanilla
40 ml vla poeier
20 ml botter
fyn kaneel vir bo-oor
Meng al die bestanddele saam.
Bak in oond in gesmeerde pan.
Bak in oond van 180°C vir 35 tot 45 minute.
Strooi kaneel bo-oor.
Resep van my vriendin Belinda
2de Foto: Johan Röntgen‎ – Het die pampoen probeer, maar net rou gerasperde botterskorsies gebruik.



DIEET KAPOKAARTAPPELS (MASH)

DIEET KAPOKAARTAPPELS (MASH)

My man eet nie botter of margarien nie, so ek mash die aartappel met die water waarin die aartappel gekook het, gooi bakpoeier by, rasper neut in, meng en whalla diet mash.

Die vleis het ek in die ysterpan gaargemaak met soya en asyn en later fyn koljander en noMu se african rub bygevoeg

Marie Dumas Jennings




SOUTHERN FRIED CABBAGE

2014-03-01-southernfriedcabbage
SOUTHERN FRIED CABBAGE
Serve 4 (or 2 hungry bikers)

5-6 strips of bacon
1 head cabbage, sliced
1 onion, diced
¼ cup chicken broth (I use low sodium broth)
1 tsp vinegar (optional)
½ tsp salt
¼ tsp pepper

In large skillet, (I use cast iron) fry the bacon until crispy, remove to a paper towel to drain
Place chopped cabbage and onion in the skillet with the bacon fat over medium heat and cook until it begins to wilt a bit
Crumble the bacon and add to the pan
Add in the chicken stock,vinegar, salt and pepper, cover and allow it to simmer for 10 minutes
Serve hot (try adding some diced apples, sliced sausage, noodles, or what ever tickles your fancy)

Posted by ADAM CLOETE




LIEZEL SE GNOCCHI

2014-03-02-liezelsegnocchitested
LIEZEL SE GNOCCHI
Dit is 1 kg mash op 500 g koekmeel en 2 eiers. Meng goed saam tot ‘n deeg.
Ek het minder en minder gemaak later het ons die een eier in die helfte gebreek!! En dan rol jy ‘n wurmpie, dan sny jy 2cm stukkies en druk saam met jou duim en wysvinger.
Plaas in kookwater en kook tot hulle op kom.  Haal uit  en braai bietjie in olie

Resep en foto: Liezel van der Merwe