ROMERIGE GEBAKTE KOOL

 

gebakte kool - bernicetested


1 fyngekapte ui
500gr ( 6 K) fyngesnyde kool
3 k kookwater
1 E botter of margarien
sout en witpeper
12,5 ml (1Desertlepel) mezena
375 ml melk
2 eiers
50 g gerasperde cheddar kaas
Sit die gekapte ui en kool in ‘n pot en gooi kookwater oor en kook tot sag, Dreineer die kool mengsel goed. Voeg botter, s&p by en meng goed. Smeer ‘n oondvaste bak en sit kollmengsel in. Meng mezena met bietjie van die melk. Klits die eiers met die res van die melk, en voeg die mezena mengsel by. Meng goed en gooi oor die koolmengsel. Sprinkel kaas oor en bak vir omtrent halfuur by 180 G Celcius

Resep:  Martie Fourie Moolman
Fot0: Bernice Janse




CHAKALAKA AARTAPPELS

chakalaka potatoestested
CHAKALAKA AARTAPPELS
1 kg baba aartappels, gekook en in helftes gesny
200 ml gewone jogurt
suurlemoenpeper
Aromat
1 pakkie knopie sampioene
215 ml blikkie chakalaka
50 ml blatjang
1 koppie gerasperde kaas

Pak aartappels in gesmeerde oondbak.
Meng res van bestanddele, behalwe kaas en gooi oor aartappels.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond tot ‘bubbling” en gaar.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman




SHARON’S POTATO CAKES (LATKES)

 

POTATO CAKEStested
SHARON’S POTATO CAKES (LATKES)
4 large potatoes
1 medium onion
1 teaspoon salt
2 eggs
8 tablespoons of flour
½ teaspoon baking powder
oil for frying (normal cooking oil)

In a large bowl, grate potatoes and onion.
Press all water out.
Add salt.
Add the eggs and mix well.
Add baking powder and mix well.
Add the flour and mix well, you might have to add more flour or add less flour depends on the size of your potatoes.
Heat oil in frying pan.
Add spoonfuls of potato mixture and fry until golden brown.
on both sides, and watch that it does not burn.
Crunchy edges, golden crispy, simply delicious.
Photo: Sharon Naude




MARIAN SE AARTAPPELGEREG

marian se aartappel geregtested
MARIAN SE AARTAPPELGEREG

12 medium size aartappels
Halwe ui
5 mushrooms
1carlic
5 ingelegte peppedew
2 tamaties
Halwe k room
Sout
Peper
3 eiers
Balsamic vinegar

Kook aartappels sag en haal skille af en mash gooi sout en peper oor

Sny ander bestandele baie klein en braai in olyfolie. Gooi sout en pepper oor. Gooi laaste die room in en kook so klein rukkie 3 min ek dink. Koel effens af

Meng alles saam en laastens sit die eiers in. Roer deur en dan gooi n lekker klompie balsamic onder in bak. Bodem moet bedek wees. Skep aartappels in en bak vir halfuur
180°c

RESEP EN FOTO: Marian van Deventer




LOUISE SE SOUSBOONTJIES

tested

LOUISE SE SOUSBOONTJIES
1 Pakkie boontjies (Suikerboontjies, groot of klein wit boontjies)
Soek boontjies deur en verwyder klippies ens. Week oornag en kook met skoon water die volgende dag volgens instruksies op pakkie. Drukkoker neem halfuur.

Gooi die kookwater af as gaar.

Voeg by: 1 ½ koppie suiker en ½ koppie bruin asyn, sout en peper asook ‘n halwe koppie Sweet Chillie sous (opsioneel). Dit gee ‘n heerlike smaak.
Laat suiker oor stadige hitte oplos en laat opkook en prut. Jy kan dit verdik met ‘n opgehoopte eetlepel Maizena wat met van die sous in die pot gemeng word. Kook en roer tot verdik.
Plaas dadelik in warm gesterilliseerde glas flesse. Hierdie resep lewer een groot (mayo) pot en een kleintjie.
Resep en foto: Louise Groenewald




Meksikaanse Aartappels

tina se mexikaanse aartapplestested

hier is my resep wat ek gisteraand gemaak het, dis mos die week van die Aartappel-geregte:
1 Ui, gekap of gerasper,
2 Gekneusde Knoffelhuisies,
25 ml. Varkvet of Olie,
5 ml. Rissiepoeier (ek het rooipeper gebruik),
1 ml. Droë Origanum,
5 ml. Sout,
Varsgemaalde Swartpeper en Witpeper, na smaak,
250-300 ml. Water,
4 groot aartappels in 6 of 8 stukke gesny.
Braai ui en knoffel, Voeg geurmiddels by en dan die water en verhit tot kookpunt, Voeg aartappels by en prut tot sag (sowat 30 min.), Roer af en toe.Jy kan dit saam met enige Vleis of Vis bedien, selfs saam met n gekookte ete.

Tina Botha




OOSTENRYKSE AARTAPPELGEBAK

Oostenrykse Aartappelgereg
OOSTENRYKSE AARTAPPELGEBAK
700 g aartappels
2 eetlepels meel
2 eetlepels botter
250 ml hoenderekstrak
2 eetlepels wit wynasyn
sout en peper
2 eetlepels room
bietjie kaas van jou keuse
chives of pietersielie vir garnering

Kook of mikrogolf die aartappels tot gaar maar steeds ferm. Sny die gaar aartappels in eweredige dikkerige skywe. Smelt die botter in ‘n wye kastrol en roer die meel daarby in tot ‘n pasta gevorm word. Voeg die hoenderekstrak stadig by en roer aanmekaar met ‘n draad klitser tot ‘n gladde sous. Voeg die wynasyn, room, sout (onthou die hoenderekstrak is reeds sout) en peper by en laat prut vir nog ‘n minuut terwyl aanmekaar geroer word. Plaas nou die gesnyde aartappels in die sous en laat prut vir ongeveer 5 minute tot die aartappels heeltemal sag is. Plaas oor in ‘n oondbak en strooi bietjie kaas oor. Plaas onder die oondrooster tot die kaas gesmelt is of verbruin het volgens jou keuse. Sprinkel gekapte chives of pietersielie oor en bedien.
Resep en foto:  Adam Cloete




AARTAPPEL EN WORTEL ROSTI

aartappel en wortel rosti
AARTAPPEL EN WORTEL ROSTI
3 Aartappels gerasper
1 Ui gerasper
1 Wortel gerasper
100 ml Olyfolie
Sout en peper na smaak

Meng die gerasperde aartappel, ui en wortel en druk al die vog uit in ‘n vergittes of sif.
Meng die olyfolie deur die groentemengsel.
Geur met sout en peper
Sprei die mengsel uit op ‘n plat bakplaat en bak vir 20 minute op 130 ºC en dan vir 5 minute op die hoogste temperatuur in die halogen oondjie.
Kan ook in ‘n pannetjie gebraai word of die gewone oond gaargemaak word.
Resep en foto: Corne Liebenberg




Spinasie met spek en sampioene

 

Spinasie en Sampioene

Saam met die hoender was daar Spinasie met spek en sampioene.
Kook die spinasie tot net verwelk en maak dit fyn in die voedselverwerker. Braai die sampioene in die ontbytspekstukkies liggies in olie en roer die spinasie, saam met bietjie Cheddarkaas daarby in. Skep in ‘n bedienbak en strooi bietjie Fetakaas bo-oor.
ADRIAN OLIVIER.




GEBAKTE KOMKOMMER MET ROOMKAAS

Adam se gebakte komkommertested
GEBAKTE KOMKOMMER MET ROOMKAAS
2 geskilde komkommers
sout en peper na smaak (peper van jou keuse)
25 g botter
1 klein gekapte ui
100 g roomkaas of meer
4 eetlepels melk
gekapte chives vir garneer
Sny die komkommers in 10mm stukke, sprinkel met sout en laat ontwater in ‘n dreineringsbak vir ten minste 30 minute. Braai die gekapte ui in die botter tot sag maar nie bruin nie. Voeg die komkommerstukke by die uie en roer sodat al die stukke met botter bedek is. Verwyder van die hitte en plaas oor in ‘n oondbak. Meng die roomkaas met die melk tot dit glad is en geur met die peper. Smeer die kaasmengsel oor die komkommers, bedek en bak vir min of meer 45 minute by 180ºC of tot die komkommers sag is maar nie pap nie. Garneer met gekapte chives.
Resep en 2de foto: Adam Cloete
Foto:  Benhet Nieuwenhuis