SPINASIE GEREG
Ek het my spinasie mooi skoon gewas gekook met uie, later aartappels bygesit,, toe dit gaar is het ek dit fyn gemaak met botter sout en peper.
Intussen het ek my sampioene gebraai bacon fyn op gesny en saam met die sampioene gebraai, ek het n witsous aangemaak en by die sampioene en bacon gevoeg. Daarna het ek alles saam gemeng met die spinasie ook, en kaas bo oor gerasper.
Gebak op 180. vir so tien na vyftien minute totdat die kaas gesmelt het.
my eie resep -Marie Rheeder Troskie
Groentetert
500g Gekerfde boontjies en aartappels (Fruit & Veg)
500g Sopmengsel (Fruit & Veg)
Kook op tot gaar en sag. Maak ligweg fyn.
Meng die groente met:
4 Eiers
1 x Koppie dik kaassous
1 x Koppie gerasperde kaas
1 x 250g gesnipperde spek
Ina Paarmans braaivleis speserye
Ina Paarmans Potato spice
Ina Paarmans Cheese spice
Sout en pepper
Gooi alles in ‘n oondvaste bak en rasper kaas bo oor. Bak in oond op 180grade tot die kaas bo-op bruin verkleur. Heerlik vir Sondag se gekookte ete.
Charmaine Faulds
Gestopte “Sweet pimento peppers”
“Sweet pimento peppers” (3 groot peppers)
1 x 250g gesnipperde spek
1 x Koppie gerasperde kaas
1 x 250ml Suurroom
Gekerfde grasuie
Sout en swart peper na smaak
Ina Paarmans kaas speserye
Ekstra kaas vir bo op peppers
Meng alle bestandele. Stop peppers en bak in foelie, in oond op 180 grade, tot peppers sag is en vulsel gaar is.
Heerlik saam met braaivleis.
Charmaine Faulds
ROAST BEEF WITH THYME PATATOES
Flavour roast beef with spices and olive oil as desired and cook in the Weber on 180 deg C for 1,5 hours for medium/rare.
LE ROUX SE GUNSTELING PATATROL



LE ROUX SE GUNSTELING PATATROL
1 rol TODAY skilferkors deeg ( blou )
2-3 koppies gaar patat, fyn gekook en afgekoel.
Ontdooi pakkie deeg en rol af sodat hele rol plat op tafel lê. Daar is blou plastiek om deeg en ek sit sommer die plat deeg daarop, help my later as ek weer dit moet oprol.
Smeer 1 cm laag afgekoelde patat en rol weer versigtig op.
Maak mooi toe met plastiek dat dit nie uitdroog nie en verkoel totdat dit maklik in skywe gesny kan word.
Sny dan in 1.5 cm dik skywe en pak in pyrex of oondvaste bak.
Voorverhit oond op 220 ̊C en bak vir 20-30 min tot goudbruin.
Verhit in tussen 1 koppie room en 1 koppie bruinsuiker. Gekaramaliseerde bruinsuiker ook lekker, maak dis donkerder.
Sodra patat uitkom, gooi warm room en suiker mengsel bo-oor en bak nog 5-7 min.
Foto: Meisie van der Colff
Lekker soet pampoen
KEVIN SE AARTAPPEL-GEBAK
6 aartappels
250 g spek stukkies
1 ½ soetrissies, in stukkies gesny
500g sampioene, in skyfies gesny
1 pakkie Potatobake
Cheddarkaas
200 ml melk en 100 ml gewone jogurt (of dik room)
Kook die aartappels tot dit gaar, maar nog styf is en sny in skywe.
Braai die spek en sampioene tot net gaar.
Pak ‘n laag aartappels onder in ‘n gesmeerde oondbak en strooi van die soetrissies en bacon daaroor.
Pak die res van die aartappels daaroor en strooi die res van die soetrissies en spek daarop.
Geur dit liggies met sout en peper.
Meng die inhoud van die pakkie Potatobake met die melk en jogurt en giet dit oor die aartappelmengsel in die bak.
Strooi ‘n lagie kaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.
Resep en foto: Kevin Steyn
GEBAKTE AVO MET WITSOUS
Jare terug geleer eet by die restaurant in die Staats Teater in Pretoria!
Halveer avos, skep uit die helfdes(nie alles nie) Sprikel met suurlemoensap. Maak snytjies in die skil (moet nog bietjie avo in he) Braai bietjie gekapte spek met gekapte ui en knoffel. Maak ‘n lekker dik witsous met kaas, meng met die avo en spek mengsel. Skep in die holtes van die avo S&P sprinkel nog kaas bo-oor en bak in die oond tot ‘bubbly”
Martie Fourie Moolman
RYS-IN- DIE-MIKROGOLF
Goed, hier kom die rys-in-die-mikro. Net eers se, ek koop NOOIT ander rys as Tastic nie; 2kg kos om en by R20, maar jy kry 3 koppies gaar rys van ‘n koppie, en dit is dus dubbel-en-dwars die prys werd.
METODE VIR 1 KOPPIE RYS :
Gebruik ‘n lekker groot en diep mikrogolf-bak [met ‘n deksel, indien mooontlik] en gooi die koppie rys in.
Tap nou sommer BAIE water in die bak sodat dit amper vol is, maak nie saak hoe min die rys is nie – daar MOET nog water bo-oor die rys wees as dit klaar gekook het
Geen sout in hierdie stadium nodig nie.
Kook SONDER DEKSEL op hoog vir 25 minute. L.W. Indien jy die mikrogolf intussen dringend vir iets anders benodig en die rys het nog nie klaar gekook nie, haal dit enige tyd uit – kyk net hoeveel minute nog oor is sodat jy weet hoe lank dit later nog moet kook.
Wanneer die 25 minute om is, gooi die rys in ‘n vergiettes met klein gaatjies, of sommer in ‘n groot sif. Spoel die rys af onder die kraan en dreineer. Plaas terug in die oorspronklike bak en voeg nou ‘n gelyke teelepel sout by vir elke koppie rou rys en roer deur.
Plaas deksel op [of bord, of bedek met kleefplastiek] en verhit op hoog vir vier minute en bedien. As jy later eers die rys wil bedien, verhit weer in mikrogolf op hoog vir so drie-vier minute.
NOTA : 1. Die rys kan al die vorige dag gekook word en dan net in mikrogolf warm gemaak word voor opdiening – plaas in mikrogolf, verhit op hoog vir vier minute, roer deur en plaas terug vir drie minute.
2. Voeg 5 minute by die kooktyd vir elke ekstra koppie rys. Lekkerste vir my is dat ‘n mens maar vir eers van die rys kan vergeet, al is die kooktyd verstreke en jy is met iets anders besig – wanneer jy weer tyd kry, spoel die rys en volg metode daarvanaf. Lekker los, spierwit rys, jy kan nie ‘n flop maak nie. Onthou net, gebruik groot bak wat genoeg water kan hou.
BRON- Isobel Conradie
FOTO GEKRY OP DIE INTERNET










