EIERVRUG IDEES 2

 

2014-05-10-eiervrugtested
EIERVRUG IDEES 2

Sandra Grobler
haai, ons maak eiervrug op die stoof, ‘n turkse vriend van myhet ons gewys hoe en dit is heerlik en vinnig. ons het ‘n glas hob. so jy sit dit netso met skil en al op die stoof, sit stoof aan en draai dit gereeld dat hy ewe redig warm raak, die skil gaan swart brand, tot hy heeltemal swart is. Dan skil jy die skil af, jy maak dit fyn, gooi sout en peper. hy het dit vir ons saam met basmati rys en knuckle kerrie gemaak. die kerrie met mins sous en dit was awsome.
Adam Cloete
mens kan dit natuurlik op dieselfde manier op die kole ook doen. Dan kry dit nog so ‘n smokie geur ook.
Sandra Grobler
nog nie eers daaraan gedink nie, maar jy is reg. ons het eendag in die gasbraai, ons gemengde groente in ‘n foelie bak gesit en op die braai gesit net om warm te bly onder die deksel, en kon nie glo hoe fantasties dit gesmaak eht nie. as jy jou oe toe gemaak het kon jy amper dink jy eet braaivleis.

Elsabie Templeton
I fry the brinjals until they start going soft, then pack them into an oven dish in layers with a thick white cheese sauce (made with Parmesan cheese) and a home made thick Napolitana (tomato) sauce, end with a white sauce layer and sprinkle dried bread crumbs mixed with grated Parmesan over, bake at 180C for 30min. The most delicious Melanzanne alla Parmigianna.

Tilana Nel
Cut them in thin slices. Set on tray and sprinkle with salt to draw extra water out on each side. Rinse. Place on baking tray and place in medium to hot oven. Turns crispy like chips. Very nice. Even for a person that does not like egg plant will enjoy

Debbie Charlton Cunningham
Prick them and pop them in the microwave until they are soft, cut them open and eat with butter/garlic butter.

Suryna van der Walt
Ek het 2 medium vrugte geprik. In n sak gesit en met water gesprinkel. 10 mins op 100% krag. So bietjie laat staan na die tyd. Die pulp uitgeskep en fyner gesny. Ina parman se garlic en chilli spice en klein bietjie botter opgesit. Heerlik.




SAMPIOENE MET BACON

 

sampioene met bacontested

Braai bacon stukkies en n ui en robot pepers saam tot gaar skep in rou sampioene neem potjie met n knol botter en smelt voeg nou meel by botter tot dat die meel en botter bol vorm roer nou met n wisk room bietjies by tot dat dit n baie dik sous vorm. Verdun jou sous verder met wit wyn tot jy n gladde roomerige sous het voeg sout en peper na smaak. Sprinkel ina paarman se rosemary en olive oor sampioene en skep lekker leppel vol oor elke sampioen en gooi gerasperde kaas oor. Druk in die oond en laat lekker braai tot water brgin vorm onder in pan dan is dit gaar bedien warm en geniet. Die bacon kan met shrimps of ham vervang word.

Emelia Lans-Brown




PAMPOEN MUFFINS MET STROPIE

pampoen muffins wilnatested
PAMPOEN MUFFINS MET STROPIE
(bak in muffinpannetjie)
4 koppies gaar pampoen, druk fyn
3 koppies koekmeel
8 teelepels bakpoeier
3 eiers
5 ml sout
½ koppie suiker
Meng alles saam, skep in gesmeerde muffinpannetjie en bak plus minus 10-15 min by 180°C!

SOUS:
1 koppie melk
¾ koppie suiker
¼ koppie margarien (storke bake)
5 ml karamelgeursel
Verdik met vlapoeier. Ek vat net ½ koppie suiker, hou nie van te soet ni! Ek gebruik butternut pampoen! Ek maak ook party keer resep dubbeld aan, muffins vries baie goed en haal dan uit soos nodig. Plaas muffins in pyrex bak, gooi sous oor muffins en plaas vir ‘n rukkie in die oond! Haal uit en geniet dit.

Wilna Dorfling




PAMPOENKOEKIES IN STROOP

Pampoenkoekies in strooptestedpampoenkoekies in doughnut maker

PAMPOENKOEKIES IN STROOP
500 ml gaar boerpampoen
250 ml gesifte koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 geklitste eier
Kookolie

SOUS:
15 ml botter/margarien
375 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water
Maak pampoen goed fyn.
Voeg, meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol in warm olie, druk effens plat en bak tot weerskante goudbruin en gaar.
Pasop dat die olie nie te warm is nie, dan brand die koekies voordat hulle gaar is.
Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en gooi oor koekies.
Dien warm op. Lewer sowat 3 dosyn koekies
Resep:Wilna Dorfling
Foto: Lisa Volbrecht

Alternatief:
Venita Nolte
Hierdie is pampoenkoekie-deeg wat ek net in die doughnut maker gemaak het…. Gesonde opsie vir die kosblikke  – kan ook in die wafelmaker gemaak word




MAKLIKE RYS PILAF

2014-05-04-maklikeryspilaftested

MAKLIKE RYS PILAF
Resep en foto: Hanta Henning‎
FOOD LOVERS RECIPES
½ ui, fyngekap
½ groen soetrissie, fyngekap
5 – 7 sampioene, fyngekap
1 medium wortel, fyngekap
Olyfolie
2 koppies rys
2 liter hoenderaftreksel

Voorverhit oond teen 180°C.
Verhit die olyfolie en braai uie daarin tot deursigtig.
Voeg rys en groente by en meng goed sodat alle rys met olie bedek is.
Laat vir 5 minute oor medium hitte gaar word (jy kan gedroogde gemengde kruie byvoeg as jy wil).
Sit rys en groentemengsel in oondvaste bak en giet hoenderaftreksel oor.
Maak bak toe met foelie en bak vir 45-60 minute tot rys gaar is.




KOMKOMMER SMOOR

KOMKOMMER SMOOR
250 g spek
3 komkommers
100 ml asyn
150 ml suiker
2 teelepels maizena

Vandag iets anders probeer waarvan my pa altyd gehou het.
Komkommer smoor.
Braai 250 g spek tot net crispi en sny 3 komkommer kwarte.
Voeg dit by die bacon en kook tot net sag. 100ml asyn, 150ml suiker en 2 t maziena.
Voeg dit by die komkommer en kook tot gaan.
Lieflik!

Elizabeth Haupt




TURNIP IDEAS (Raap)

TURNIP IDEAS (Raap)
JC Liza
Rasper dit of sny in blokkies vir slaai.
Victor Cardoso
Jy kan dit net so rou eet dis lekker en gesond.
Leza Du Toit Mienie
Ek sny dit in blokkies saam met broccoli, pampoen, brusselse spruite, uie (kap ui in kwarte) en enige ander winter groente wat ek in die yskas het. Sprinkel olyf olie en balsamiese asyn oor. Sout en peper en bak in die oond op 180°C vir so 40 minute (of tot groente sag is). Bedien saam met enige vleis gereg.
Martie Fourie Moolman
Kook dit met aartappels en uie, soos boereboontjies en wortels, met lekker baie botter en witpeper. Of sny in skywe en kook. Maak witsous. Pak skywe in oondskottel, giet die witsous oor, sprinkel met gerasperde Cheddar en bak in oond tot kaas gesmelt het.
Rina Botha
My sus het dit opgekook, afgewater en aartappels en rooi ui ingesit met sout, peper en ‘n mespunt suiker.
Meisie Van Der Colff
Die Hollanders skil en sny die raap in blokkies, kook in bietjie soutwater tot gaar. Maak ‘n lekker dikkerige witsous of kaassous, giet die sous oor en geur met sout, peper en neutmeskaat. Baie lekker!
Kook saam met wortels soos jy aartappel en wortel maak en boontjies en aartappels, ipv aartappel gebruik jy die rape. Baie lekker. Is dit die wit raap of die gele wat die Engelse ”swede” noem? Kook die rape saam met geelwortel en ”mash” met botter, sout en peper. Gebruik meer wortel as rape.
Amanda Struwig
Jy kan dit ook in skyfies sny, sout oorstrooi en rukkie laat staan. (Die sout trek die waterigheid uit), Spoel af, maak droog en bak soos “chips”.
Annatjie Cooper
Rape kan in die plek van aartapels in bredie gebruik word of in slaai, gerasper en ook in sop, heerlik.
Charmaine Kotze
My liefste skoonmoeder het dit soos kapokaartappel gemaak met egte botter en wit peper. Was absoluut heerlik.
Yvonne Naude
Kook soos kool met uie en aartappels, kan selfs braai met suiker, my ouma het dit so gemaak as ‘n soet gereg, maak net seker jy skil al die skil af en gebruik net die binneste van die raap.
Magda Halgryn
Kook met aartappels en uie, maak dit fyn soos kapokaartappels met botter.
Lorett Brittnell
Ek skil dit en sny in ewe dik vingers en braai in regte botter, sout en swartpeper met deksel op. Heerlik.
Christelle Powell
Rasper fyn en sit in maalvleis of bredies.
Margaret Cathcart
I make them with carrots and add brown sugar and cinnamon.
Candice Coxen Eaton
Skil, sny, kook in soutwater tot gaar. Dreineer die water af en maak fyn. Voeg botter, peper en sout by. Voeg ook gekrummelde gaar spek by en geniet.
Stephanie Vouros
Gebruik dit ipv aartappels vir banting blomkool.
Babs van der Westhuizen
Gebruik gerus hierdie absolute heerlike resep:
Skil rape en sny in skywe. Kook in soutwater vir 5 min, dreineer en pak uit in gesmeerde glasbak. Klits 3-4 eiers met melk, sout en peper en roer genoeg gerasperde kaas by. Meng deur en giet dit oor die rape. Bak by 180ºC tot gaar. Njammies.
Annemarie van Zyl
Diabete eet rape in die plek van aartappels.
Elaine Schalkwyk
Rasper en vries om in sop te gebruik.
Hettie De la Rey
Ek het dit gaar gemaak soos boontjies. Dit was baie lekker. Kon dit nie glo nie. Proe soos kool met aartappel en uie in.
Reinard McPherson
Ek het rape uit my tuin met suiker, sout, botter en bietjie water gestowe. Dit was heerlik!
Joey Kemp
Sny in skyfies en bak in oond. Net ‘n rukkie voor dit uit die oond kom, plaas heuning daaroor.
Catherine Izatt la Cock
Geskilde rape in skywe met groot skywe botterskorsie met olyfolie, roosmaryn en sout oor en dit in die oond rooster .
Maak dit fyn soos kapokaartappel en roer botter sou en peper na smaak by.
Erna Aucamp
Maak raapskyfies saam met gebraaide vleis en ‘n slaai daarby. Baie lekker. Moet net goed dophou kan vinnig te donker bak in die olie.
Susan Rudman
Baie uie, aartappels en rape, kook soos stowebone, druk fyn, sout en peper en botter na smaak! Baie lekker!
Foto: Alti Botha

 

 




BYKOS MET EIERVRUG

 

eiervrug

Annelore Von Solms Joubert

Watter bykos kan ek met eiervrug maak vir ‘n braai?

 

Lanel Scholtz Gibson 1 Eiervrug
2 Murgpampoene
2 Rooi uie
2 Rooi Soetrissies
2 gekneusde knoffelhuisies

Alles opgesny en gemeng in oondbak. Sprinkel 2 eetlepels olyfolie oor, dan sout en swartpeper na smaak oor. Bak teen 180 grade C vir 30min. Haal uit en meng 4 gesnyde tamaties by, bak verder vir nog 30min. Bedien met 200g gekrummelde fetakaas.

Francis Naomi Maddock Ek het tydens ‘n braai sommer ‘n eiervrug met skil en al in lekker dik skywe gesny, weerskante met olyf olie gesmeer en met sout, peper en basil sommer so op die rooster saam met die vleis gebraai. Almal was gek daaroor en nou word daar met elke braai eiervrug saam gebraai. Gelukkig het ek ‘n goeie oes hierdie jaar. Probeer gerus




GEKARAMELISEERDE UIE

gekaramaliseerde uie

GEKARAMELISEERDE UIE
Doraine Pienaar:
Hoe maak ek gekarmeliseerde uie wat ek saam bacon/russians op pizza sit?

Elize Grobbelaar:
Braai uie met bietjie sout in pan in bietjie olie of botter tot sag, gooi bietjie suiker en asyn by en sien hoe gou karameliseer die uie.

Celeste Glöss:
Balsamic asyn maak dit baie lekker.

Corne Liebenberg:
Ek braai uie in olie EN bietjie botter met Worcestersous en heuning… dis baie lekker!

Nicolene Louw:
Balsamiese asyn en bruinsuiker.

Ansie van Stryp:
Bruin asyn en bruin suiker
Karin Van Coller Minnaar:
Hier is my resep:
15 ml olyfolie
3 uie, fyn gesny
45 ml bruin suiker
45 ml balsamiese asyn
5 ml fyn tiemie, opsioneel
sout en peper

Verhit olie in pan en braai uie tot bruin.
Draai na meduim lae hitte gooi asyn en suiker by.
Prut tot vloeistof verdamp het.
Eet lekker.
Jy kan natuurlik die resep dubbel en drie dubbel.
Dit hou lekker in die yskas en dan maak ek dit sommer gou warm in die mikrogolf.




AARTAPPEL KOEKIES

 

aartappel koekiestestedaartappelkoekies Hanlie

AARTAPPEL KOEKIES
My moeder se aartappel koekies
Resep en foto:  Ruaan Karmelk
FOOD LOVERS RECIPES
3 gerasperde aartappels
Meng by:
1 gerasperde ui
2 hoog vol tlp bakpoeier
sout na smaak
bbq speserye
Voeg by en meng goed:
2 eiers
Voeg by:
2 ½ koppies koekmeel

Meng weer goed.
Laat vir 10 min rus en bak dan in diep olie tot gaar en ligbruin.

Foto: Hanlie Schneigansz
Ek het die oond op 180°C gestel en lepels vol op gesmeerde bakplaat geskep en is 10 – 15 min gebak tot gaar en bruin!
hier is die foto van my aartappelkoekies wat ek in die oond gebak het!
aartappelkoekies Hanlie