WORTELSKOTTEL

FLR BB with Hearttested
WORTELSKOTTEL
2 uie, fyngekap
4 groot ryp tamaties, ontvel en fyngekap
6 tot 8 wortels, gekrap en skywe gesny
sout en peper na smaak

Sorteer die ui in botter in ‘n warm pan tot deurskynend.
Voeg die tamaties by die uie in die pan en braai liggies.
Voeg die wortels by die uie en tamaties en kook tot sag.
Druk alles fyn met ‘n aartappeldrukker en voeg sout en peper by.
Roer deur en geniet!
Nota – My ma het soms sprietuie en knoffel bygevoeg.
Resep: Floraine Wasserman Venter




BROCCOLI EN KAAS GEBAK

 

2014-06-01-broctested

500g broccoli
1x 410g blik sampoenroomsop
70ml karringmelk
175ml gerasperde kaas
50ml mayonnaise
1 eier, geklits
125ml soutbeskuitjies gekrummel
Kook broccoli in soutwater tot gaar maar nog bros. DreinEer en plaas in n oondbak! Meng sop,karringmelk, kaas, may en eier en gier oor broccolie! Meng beskuitjiekrummers en botter en strooi oor broccoli! Bak 30 min by 180c in n voorverhitte oond!!

Dis baie lekker!!!! Regte sondag kossies

(Kook met sewe bestandele kookboek)

Benhet Nieuwenhuis




GEBRAAIDE GROENTEKOEKIES

groente koekies

GEBRAAIDE GROENTEKOEKIES
Resep:  Rina Kleinhans
Foto:  Annie Moule
FOOD LOVERS RECIPES
Smaaklik groente koekies voorgesit met lekker bros gebraaide spek , val so reg in die kinders se smaak.
1 x 439 g blik gemengde groente
2 koppies kapokaartappels
1 eier
bietjie gerasperde kaas
sout en peper
Olie om in te braai

Dreineer die groente en meng alles. Braai eetlepels vol, mooi gevorm in ronde koekies in warm olie tot goudbruin aan albei kante.
Hanteer versigtig. Bedien dadelik.
Nota: Indien mens die groente heeltemal wil wegsteek kan mens die groente ook fyn maak.




POOLSE KOOL – BIGOS

 

poolse kooltested
POOLSE KOOL – BIGOS

1 kop kool fyn gekap
2 groot uie op gekap
6 groot tomaties op gekap
regte egte botter
Sit 6 eetlepels botter in ‘n pan en braai als saam, stadig totdat die kool sag en gaar is, geur met sout en peper. As die kool droog word sit nog botter by.
Die botter maak dit lekker romerig.
Heerlik.
Resep en foto: Jenny Nel Robberts




PAMPOENKOEKIES MET BUTTERNUT

2014-05-24-pampoenkoekiestested

PAMPOENKOEKIES MET BUTTERNUT
2 koppies butternut
4 eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Meng lekker bymekaar en voeg by
1 teelepel vanilla
1 eier nou roer goed

Dit moet slap wees, maar nie loperig. Bak lekker goud bruin in olie, gooi kaneelsuiker oor en dan lekker eetlepel vol heuning as hulle op mekaar gepak is lekker eet

 Anita Groenewald Olderwagen




GEBAKTE KWEPERS IN DIE OOND

 

2014-05-22-gebaktekwepersindieoondtested

So maak my ma met die kwepers: was goed skoon, sny bo en onder kante af, krap pitte uit, laat staan regop, gooi bietjie suiker in middel met bietjie water en bak by 180 grade tot sag en bruin, draai om gedurende baktyd en gooi nog bietjie suiker en water in middel bak verder.

Sy se sy toets maar met ‘n vurk tot sy voel dit is sag.

Bak en kook mos uit die kop uit, hoop dit help vir julle.
Marie Dumas Jennings




HEERLIKE PATATS BY SNOEK

HEERLIKE PATATS BY SNOEK
Lekker patats as jy dit so maak soos ek nou gaan verduidelik gaan jy nooit weer patats op ‘n ander manier eet nie.
Let wel hierdie resep nie vir kalorietellers nie!!!!!
Ons maak dit as ons braai en as ons kamp.
Sny die patats met skil en al  in 5 cm skywe,  sprinkel liggies met sout draai elkeen afsonderlik toe met foelie.
Plaas tussen kole en draai gereeld om. Toets met toetspen indien sag verwyder uit kole.
Elkeen maak sy pakkie oop, sit heuning oor en met geklitste room bo-op. Fantabulooslik!!!!

Elmarie Snyman




EIERVRUG BREDIE

2014-05-16-brinjalbredietested

EIERVRUG BREDIE

2 groot eiervrug (brinjals) geskil, in blokkies gesny en gesweet
2 uie, gekerf
4 toontjies knoffel, gekerf
2 murgpampoentjies, in blokkies gesny
2 wortels, in ringe gesny
1 blikkie tamaties
250 g maalvleis
1 koppie rou rys
1 eetlepel blatjang
20 ml Worcestersous
2 teelepels kerrie
sout en peper

Braai die uie, knoffel en maalvleis tot die maalvleis verbruin.
Braai die rou rys in ‘n bietjie olie tot die rys begin skiet.
Voeg die eiervrug by die rys en braai liggies deur.
Voeg die res van die groente en vleis by die rys en brinjal mengse.
Voeg die geurmiddels by.
Bedek met water en prut tot al die water geabsorbeer is.
Indien jy van meer brand hou kan jy vars rissies byvoeg.

Foto en resep geplaas deur Corne Liebenberg




EGTE FRANSE RATATOUILLE

2014-05-16-egtefranseratatouilletested

EGTE FRANSE RATATOUILLE
2 eiervrugte, in dun skyfies gesny
2 groot uie, in skywe gesny
1 elk groen, geel en rooisoetrissie, in stukkies gesny
90 ml olyfolie
2 fyngekapte knoffelhuisies
sout, varsgemaalde swartpeper en gedroogte kruie, na smaak
10 murgpampoentjies, in dun skyfies gesny
5 ryp tamaties, geskil en in skywe
10 ml fyn gekapte tiemie
150 ml gerasperde Parmesaankaas gesny

Besprinkel die eiervrugte met sout en laat 30 minute staan, spoel en droog af met kombuishandoek.
Braai die uie die soetrissies in die olyfolie en voeg die eiervrugte en knoffelhuisies by en braai verder.
Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Bedek en prut tot amper sag. Skep uit in ‘n vlak oondskottel of individuele oondvaste opdienbakkies.

Rangskik die murgpampoentjieskyfies en tamatieskywe bo-op. Besprinkel met die tiemie of ander vars kruie na smaak en bak sonder deksel vir 30 minute teen 180° C. Sprinkel die  gerasperde Parmesaankaas oor net voor opdiening.
Resep en foto:  Hélène Kluge




EIERVRUG MET STYL

2014-05-16-eiervrugmetstyltested

EIERVRUG MET STYL
Ek weet nie meer waar die resep sy oorsprong het nie en hoekom ek dit die naam gegee het nie, maar in my eie ou resepteboek het ek dit gedoop: EIERVRUG MET STYL.
3 eiervrugte
4 tamaties, in klein stukkies gekap
1 fyngekapte ui
4 eetlepels olyfolie
½ teelepel elk van basil, majoram en peper
sout na smaak
2 koppies droë broodkrummels
2 eiers
¼ koppie Parmesankaas
2 eetlepels gesmelte botter
Sny een eiervrug in klein blokkies en sny die ander in lengteskywe. Bestrooi met sout en laat dreineer vir ongeveer 30 minute. Spoel die sout af en meng die eiervrugblokkies met die tamatie en ui. Braai hierdie mengsel in die olyfolie tot alle vloeistof verdamp het en verplaas dit na ‘n mengbak. Voeg die broodkrummels, geurmiddels, geklitste eiers en kaas daarby en meng goed. Rangskik die eiervrugskywe teen mekaar in ‘n vlak oondbak om die hele bodem te bedek en verf elkeen met gesmelte botter. Skep lepelsvol van die groentemengsel bo-op elke skyf. Bak in die oond by 180ºC vir 20 – 25 minute of tot die bokant goudbruin is.
Resep en foto:  ADAM CLOETE