SKORSIES MET BLOUKAAS


SKORSIES MET BLOUKAAS
Ons het gisteraand ‘n verskriklike lekker bygereggie geëet, sommer so saam met die braai. Julle kan dit gerus probeer, dis vrek lekker.

Maak skorsies gaar en verwyder pitte.
Plaas in ‘n oondpan en plaas botter, blokkies Bloukaas en vars gekapte Salie (Sage) in die holtes.
Laat dit dan lekker smelt en deurwarm word in die oond.
Aan tafel roer jy dit net deur met ‘n teelepel.
Dis absoluut heerlik. My man eet nie Bloukaas nie, maar het twee deurgewerk.

RESEP EN FOTO: Louise Groenewald




BABA-AARTAPPELTJIES

 

Baba Aartappels Uieringetested
BABA-AARTAPPELTJIES

Klein baba aartappeltjies
1 koppie growwe sout (Ja 1 hele koppie)
Water tot aartappels bedek is.

Kook die aartappels in die soutwater tot sag. Dit neem lank en die soutspikkels stoom orals ( moenie skrik nie)
Toets of sag is deur met mes te prik, maar moenie die geprikte een weer terugsit in soutwater nie.

Wanneer gaar is die tekstuur binne romerig en nie sout nie.
Dis net buite so sout.
Bedien met gesmelte botter of net so.
Dis verslawend! Pas op vir die bloeddruk!
BRON: Onbekend




UIERINGE

Baba Aartappels Uieringetested
UIERINGE

Uieringe: die kits aartappelpoeier is die geheim – baie belangrik

Ingredients:
1/2 cup all-purpose flour
1/4 cup cornstarch (maizena)
2 tablespoons instant mashed potatoes (die poeier)
big pinch of cayenne
1 cup cold club soda (soda water)
2-3 cups Panko (Japanese-style breadcrumbs), or as needed (Panko is net ‘n naam)
fine salt to taste
vegetable oil for frying
2-3 yellow onions, cut into 1/4-inch rings

Ons het te min krummels gehad (sommer die Kelloggs soort wat ons gehad het gevat) toe maak ons verder kaas Doritos fyn met gewone broodkrummels wat ons in die oond gedroog het daarby.

Mens meng die meel, maizena en kits mash en dan gooi jy sodawater by en meng tot gladde deeg en laat rus paar minute. Doop ringe daarin en dan in krummels met die sout en speserye in en braai in olie.

 

 




LIEZL SE AARTAPPELGEREG

 

10382164_704878876216606_7169601921407274567_ntested
LIEZL SE AARTAPPELGEREG

Kook die aartappels tot semi gaar en sny dan in dun skywe. Pak in oondbak en verf met olyfolie. Sprinkel met vars tiemie en sout/peper. Bak in oond by 220°C vi 45min.
Haal uit en sprinkel met parmesaan en bak verder vir 15min.
Grill dan vir paar minute tot kleur reg lyk.
Bedien.

BRON EN FOTO: Liezl Louw




POTATO BAKE SAAM MET BRAAIVLEIS

10384732_4043351058084_6757335591883706814_ntested

 

POTATO BAKE SAAM MET BRAAIVLEIS

Ek het aartappels gekook tot sag nie te sag nie, geskil en in snye gesny.

Uie en sampioene saam gebraai met sout en peper’

Twee pakkie potato bake die bacon geur gemeng met melk, en oor die

aartappels gesit, lekker baie kaas bo oor gerasper en in oond gebak 180ºC.

vir plus minus 1 uur tot dit nie loperig is nie.

Bron en foto: Marie Rheeder Troskie‎




FRANSE AARTAPPELGEBAK

2014-06-10-franseaartappelgebaktested
FRANSE AARTAPPELGEBAK
5 groterige gekookte aartappels in blokke gesny
300 ml room
3 knoffelhuisies
30 ml platblaarpietersielie, fyngekap
groot knippie sout
vars gemaalde swartpeper
400 g blaardeeg, verkoel
1 eiergeel, geklop

Sit aartappels in ‘n mengbak saam met room, knoffel, pietersielie, sout en peper. Meng goed. Wees versigtig om nie die aartappels te stukkend te druk nie. Verdeel die deeg in twee stukke, die een effens groter as die ander. Rol albei in sirkels uit en bedek ‘n gesmeerde oondvaste bak met die groter een. Gooi die vulsel netjies en kompak in en bedek met die kleiner sirkel. Vou mooi toe en borsel die deeg liggies met die eiergeel.
Bak vir 30 minute teen 180 ºC tot goudbruin en nog 30 minute teen 150 ºC. Laat staan om af te koel. Die aartappels absorber die room soos dit afkoel.

Bron en foto:  Nico_Jenny van der Merwe




EISBEIN EN GROENBOONTJIES

2014-06-08-eisbeinenboereboontjiestested
EISBEIN EN GROENBOONTJIES

4 Bestanddele/ een maaltyd:

1 Gerookte Eisbein per persoon
vryf net liggies met vars gekapte knoffel en swart peper
Bak teen 190°C vir so 30 tot 40min of tot velletjie kraak as jy op hom kap. Smeer met heuning net voor jy opdien.

Boere Boontjies:
2 koppies gekapte groen bone
2 Middelslag aartappels (in blokkies)
1 Middelslag Ui (gekap)
Sout en peper na smaak
Kook totdat boontjies en aartappels sag is
Voeg by 100ml melk/room, 1 eetlepel botter/margarien, 5ml Bakpoeier, 3ml Kaas Aromat. Maak fyn en laat nog so 5min prut op laagste hitte.

BRON- Elizabeth Margaret Hendrikz‎




NJAMMIE-PATATS

FLR BB one day when I'm big

NJAMMIE-PATATS
1.5 kg patat
300 ml margarien
300 ml bruin suiker
750 ml mini-malvalekkers
2.5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neut

Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met ‘n vurk. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ‘n oondvaste bak.
Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam in ‘n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in. Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is.
Hierdie resepie is baie lekker!! hahah amper soos poeding… en is ordentlik soet
BRON- BENHET NIEUWENHUIS




SOET PATATS

patat pampoen

SOET PATATS
My ouma het altyd vir ons so soet patats gemaak
2 kg patat
375 ml geel suiker
375 ml water
2 hoogvol eetlepels Maizena (mielieblom)
5 ml karamelgeursel

Was die patat en kook dit in ‘n groot kastrol tot gaar. Skil dit af en sny in skywe. Pak die patatskywe in ‘n reghoekige glasbak. Meng die suiker, water, mielieblom en geursel goed saam.
(Stip die patats met blokkies margarien, indien verkies.) Verhit die suikermengsel effens, tot die suiker gesmelt het. Gooi dit oor die patat en bak teen 180 grade vir 30-40 minute, of tot die suiker stol en karameliseer.
BRON- Benhet Nieuwenhuis




VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES

 

golden-roast-potatoes-de-mdntested
VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES

Petro Borchard Ek wil ook weet hoe om aartappels in die skil te bak sodat die skil kliphard is en die binnekant totaal en al sag. Daar was jare gelede vir so 2 jaar lank ‘n franchise wat sulke gevulde aartappels gemaak het. Ek kon dit nog nooit so regkry nie

Francois En Paula DeWet Ek kook my aartappels tot sag en bak dit dan. Dan is hy sag binnekant en kraak buite.

Shereen Terblanche Braack Ouma het hulle in olie ge deep fry…

Petro Borchard Dankie, ek gaan die kook/bak ding probeer.

Adam Cloete Shereen Terblanche Braack, daar gee jy nouself die antwoord. Kook dit tot sag en braai dan in die diepolie. Ek doen dit baie maar met aartappelblokkies en nie heel aartappels nie.

Benhet Nieuwenhuis my ouma het ons bederf en het dit soms gebraai in skaapstert vet!!!!! super lekker

Frans Odendaal Jou ma het dit waarskynlik diepgebraai in vark of skaapvet !

Alet Barnard Skil jou aartappels af en dan sny jy dit in helfte as dit bietjie groot is. Kook dit in n pot waar jy helfte water en helfte olie gelyktydig ingooi. Die water kook heeltemal weg dan braai die aartappels in die olie tot goud bruin. Vrek lekker, jy sal dit nie sommer anders wil maak nie.

Janine Snyman skaapvet is al wat ouma gebruik het. Kry jy nog skaapvet?

Frans Odendaal Janine as jy ‘n heel lam koop , ek braai die vet uit , en dan het jy sagte vet en kaaings !

Jane Burger Perkins Ek kook ook altyd eers die aartappels sag, en dan laat ek dit heeltemal koud word. Daarna word dit in warm olie gebak en dis heerlik bros buite en sag binne. Ek kook gewoonlik die aartappels op n Saterdagaand, sodat ek dit die Sondag net kan diepbraai.

Corne Marais Petro vat jou aartappel met skil en smeer dit olyf olie of gewone olie gooi sout op en vryf dit om die aartappel. Bak in die oond op die draad rakkie tot gaar. Lyk soms of hulle in die kiole gebraai het en is sag binne en krispie vel.

Marlene Vos Damster Cook peeled potatoes till nearly done. After water is poured off, shake them gently to get uneven or rough edges. Salt, pepper, and the most important thing , HOT OIL in pan. The very best to bake in is butter, or goose fat .