KAMMA COKE HOENDER SONDER COKE

 

2014-07-16-cokelosecokehoendertested
KAMMA COKE HOENDER SONDER COKE

My Rys
Ek het rys bietjie gekook tot amper gaar. Dit oorgesit in ‘n pan, gebraai met greenpeper, knoffel, gerasperde wortel, uie, knippie cayenne pepper en bietjie olie en laastens het ek so 2 teelepels sampioen sop deur gewerk. By dit het ek gebraaide kerrie kool en bruin soetpatats asook Coke hoender sonder Coke gemaak en gebakte aartappels.

Sous:
125 ml Worcestershire sous
5 eetlepels stroop
4 teelepels suiker

EK het so 6 boutjies gevat daar in gelê en warm water by gegooi tot hoenderboutjies net toe is.
Dit gekook tot sous so lekker stroperig en dik geword het.
Moet so sticky wees, dan het jy jou cokelose hoender.

Bron en foto: Renee van Eyk




LEKKER RYS EN COUS COUS IDEES

tested

LEKKER RYS EN COUS COUS IDEES

Cobus Bosch
Braai klapper (50 ml) in een eetlepel botter, tot net bruin en meng saam met gaar rys net voor opdiening. Heerlike variasie

Johann Barnard
Braai jou rou rys in ‘n bietjie botter todat dit gepof is (wit van kleur). Maak verder soos normaal gaar met gekapte gemengede rissie, groen uie en ‘n bietjie van Robertsons se spice for rice. Dis my gunsteling manier van rys maak.

Wian Swart
Ek het Sondag so paar idees van verskillende resepte gekombineer:
1 koppie rou rys
3 koppies water
3 eetlepels bruin uie soppoeier
2 koppies gevriesde gemengde groente
Bring water to kookpunt, en voeg rys by. (En dis waar ek dit verander) Kook rys eers vir so 5-10 min, voeg dan soppoeier by. Dit verdik dadelik so hou die pot op lae hitte en gooi maar nog so bietjie water by indien nodig. Gooi groente in. Roer gereeld, dit kan nogal vinnig aanbrand.
Ek het hoender in ‘n pan gaar gemaak en sommer so 2 eetlepels van die vetjies oorgegooi om te help dat dit nie so vinnig aanbrand nie.

Renee van Eyk
Wat van braai rys met fyn gerasperde wortel, fyn gekapte greenpeper uie en stukkies gebraaide sampioene in.

Cecil Otto
Braai so ‘n bietjie fyngekerfde rooi soetrissie, ertjies in ‘n bietjie olyfolie en gooi ‘n bietjie borrie en rissievlokkies by. Gooi die water by en kook dit nie te gaar nie.

Fanie Smit
Kap fyn met mes rooi, groen en geel soetpepers. Vou in rys, baie aangename geur en lyk stylvol.

Letasha Flagg
Ek braai uie, geel groen en rooi peppers, bacon en mushrooms. Kook eenkant rys met rice spice tot gaar gooi dan alles bymekaar en kook op lae hitte net sodat alle geure sal kan kom. Dan het jy die lekkerste “savoury rice”.

Nadia Thölix
Kook die rys soos normaal en braai dan fyn gesnyde mushrooms, uie en knoffel in botter en dan gooi die rys in en pan braai so bietjie. Baie lekker

Riëtte Viljoen
Kerf ‘n bell pepper of 2 fyn daarin, onthou net om die pitte te verwyder.

May van der Merwe
Add a stock cube or spices for a change.

Brigette Storey
Yellow rice with pineapple, dried cranberries and optional cashew nuts in is yummy.

Elmarie Snyman
Ek maak my cous cous gaar, gooi daarby oondgebraade butternut stukkies en feta kaas, meng deurmekaar en siedaar. As jy van slaaisous hou kan elkeen self op sy porsie gooi.

Val Ashbury
Ek kook my rys en rasper dan ‘n tamatie en roer dit in. Sprinkle ook soms parmesan kaas oor saam met die tamatie. Of bietjie gerasperde lemoen of suurlemoenskil.

Ansie Matthee
Braai n fyngekapte ui en hoogvol teelepel vars knoffel. voeg rou rys by asook water. 1koppie gemengde, gevriesde groente ook by. Kook tot gaar. Heerlik. En vertoon mooi.

Jenny Nel Robberts
Kook rys gaar. Braai uie, knoffel, green pepper en fyn gesnyde wortel dan meng jy dit met jou rys en gooi rice spice by.

Hennie Jansen Van Rensburg: ek vat cous cous, sun dried tomatos, gebruik chicken of beef aftreksel om te flavour, add butternut, gerasperde spinach, pinenuts, feta fyngekap. Serve saam met ‘n lekker souserige dis soos n curry of moroccan lamb.

Petro Borchard: Maak seker dat jy die meer growwe, wholewheat weergawe kry, dit is nie orals beskikbaar nie, maar dit is baie beter as daardie fyn weergawe. Die een wat ek koop is omtrent so grof soos arborio ryskorrels. Couscous self het geen smaak nie, so jy moet dit op jazz om dit na enigiets te laat proe. Hanteer dit soos jy savoury rys sou maak (behalwe dat die kooktyd baie minder is).

Anchen Kobus: My dogtertjie is mal oor couscous, selfs die klein korreltjies, maar ek maak dit ook met hoenderaftreksel (nie net water nie) en as dit klaar is kom daar baie vars kruie (basilikruid, petersielie, chives, munt) in en feta kaas. Sout en peper soos nodig, olyfolie en suurlemoensap. Soms sny ek ui, paprika en eiervrug in stukkies en “roast” dit in die oond en sit dit ook by met songedroogde tamaties.




SPINASIE POFFERS

 

spinasie pofferstested

1.  Kook 2 medium aartapals en spanasie tot sag en laat af koel
2.  2 k Self razing flower 2 eiers 1tlp Garlic salt 1tlp Mixed Herbs 50ml Olie Sout na smaak 1. 1 ui en tamatie geskil2. Versap in versapper en voeg dan spanasie en aartapels in tot in purie.
3. Meng al die droe bestandele
4. Klits olie en eiers saam.
5. Voeg eier mengels by droe bestandele by en meng goed.
6. Voeg steselmatig spanasie mengsel by droe bestandele tot stywerige mengsel.
7. Skep met kleinerige sop lepel in warm olie en bak tot lig bruin. Poffers op vuur: Doen soos boBak poffers in warm olie tot half gaar. Haal uit en plaas op heerlike warm kole. Braai tot krisp bruin aan alby kante en haal af
Bron: Cathy Lubbe eie resep
Foto:  Cindie Lubbe




CHINESE RYS

 

2014-07-12-egg-fried-rice-chinese-recipes-for-alltested

Kook 500 g rou rys met 1 t sout tot gaar maar ferm, laat afkoel.
Verhit 1 e botter met 2 vars, fyn knoffelhuisies in kastrol.
Voeg rys by en roerbraai tot rys droog en los is.
Voeg 2 e soyasous en 2 goed geklitste eiers by, meng.
Voeg 2 e gekapte grasuie en 1 e gekapte pietesielie by, roer deur, dien warm op.

Bron.
Floraine Wasserman Venter

Foto:  Chinese recipes for all




GROENTEGEBAK MET HAM

groente gereg susantested
GROENTEGEBAK MET HAM
6 eiers
300 g fyn genipperde kool
1 groot wortel gerasper
1 klein uit fyn gekerf
2 preie – dun ringgetjies gesny
1 seldery stingel fyn gesnipper (blare ingesluit)
2 takkies vars pietersielie fyn gesnipper
1 koppie kaas
400 g gesnipperde ham
1 teelepel bakpoeier
knippie neutmuskaat
¼ teelepe sout
peper na smaak

Klits eier in mengbak, voeg neutmuskaat, sout, peper en bakpoeier by. Meng goed deur.
Voeg al die ander bestanddele by, roer liggies deur en skep in gesmeerde bak.
Bak teen 180ºC vir ongeveer 25 min tot gaar.
Laat effe afkoel voor jy dit sny.
Bedien saam met kapokaartappels en groenslaai.
(dit kan ook dien as heilsame happie in jou kind se kosblik skooltoe.)

resep en foto : Susan Katryn JV Rensburg




PIETER SE LEKKER PATATS

tested

PIETER SE LEKKER PATATS
Het gister middag hierdie gedoen wat baie lekker was.( Ongelukkig nie foto geneem nie, sal wel volgende keer): In oondbak paar botter blokkies gesit, sit patats bo-op botter, nog ‘n paar botter blokkies bo-op patats, bietjie olyfolie bo-oor gegooi.

Een derde koppie lemoensap bo-oor gegooi, bietjie komyn bo-oor gestrooi asook fyn kaneel, versoeter en heuning. Foelie oor getrek en vir ‘n uur teen 160 ºC gebak.
Dit het so lekker uitgekom.

Idee deur Pieter Coetzee




CHINESE RYS

 

2014-07-09-chineserystested

Chinese rys word met koue rys gemaak. Sorg vir genoeg olie. Neem 3 eiers en scramble dit in n pan en hou eenkant. Braai gekapte ui en hou eenkant. Braai repies hoender of steak (met spice of soya sous maar sorg dat die vog weggebraai is). Opsioneel: braai sampioene en gevriesde gemengde groente. Gooi nou alles terug in die pan saam met koue rys. Besluit self oor porsies. Strooi met sout, peper en pietersielie na smaak.

Bron:  Tina de Beer Gouws

Marian van Deventer
ek het klapper olie gevat en rou rys en n ui en3knoffel huisies en n stukkie gemmer gevat en dit saam gebraai tot rys lekker bruin was. Toe het ek sesame oil bygegooi en soyasous. Het nou nie spesefieke hoeveelheid van die 2 nie toe het ek kort kort bietjie water bygegooi en met deksel gekook tot gaar.

In ander pan het ek mushrooms, klein mielies opgesny, broccoli, blomkool gebraai. Laaste tamaties in gesit dat dit net warm raak. Voor ek die rys en groente gemeng het het ek rocket ingesnipper.

Foto: Marian van Deventer




BRUSSELSPRUIT GEBAK

2014-07-02-brusselsproutstested

BRUSSELSPRUIT GEBAK
brusselspruite
250 ml room
100 ml melk
1 pakkie tamatiesop poeier
Cheddarkaas, na smaak
Parmesankaas, vir bo-op

Mikrogolf die spruite vir 5 minute.
Meng die room (ek het yoghurt gebruik) en melk met die pakkie tamatiesop poeier en meng baie goed. Meng ook bietjie Cheddarkaas daarby.
Plaas die spruite in ‘n oondbak en giet die roommengsel oor. Strooi Parmesankaas bo-oor en bak vir 10 minute in die mikrogolf op hoog. Bak ‘n verdere 15 minute in die oond by 180ºC tot die sous goed verdik het.

Resep en foto:  Adam Cloete




TERTIA SE HEERLIKE KERRIEKOOL


TERTIA SE HEERLIKE KERRIEKOOL
½ kool kop, fyngesny, sag gekook en dreineer
1 koppie ertjies
2 uie, fyngekap
sout na smaak
2 teelepels kerrie, hang af of jy dit sterk soek
250 ml witsous pakkie of selfgemaakte witsous

Braai uie tot sag en bruin, sit kerrie en uie by en die witsous sous (moet nie loperig wees nie).
Kan erjies verhit vir 10 min. Meng kool en ertjies by. Roer goed en bedien.
BRON- Tertia Cassell




UIERINGE ALA HERMAN

 

2013-06-14-uieslaaitested

Die uieringe word so gemaak: sny uie in ringe. Maak los van mekaar, spoel af. Jy soek klein bietjie nattigheid vir droë mengsel om aan vas te klou.
Ek het 3 medium uie gebruik. Dan ‘n koppie en ‘n half bruismeel, meng 2 teelepels garlic granules by en 1 teelepel aromat. Meng droë bestandele.
Sit in plastiek sak, voeg uieringe by. Blaas sak bietjie op en skud die lot goed totdat al die uieringe met die droë mengsel bedek is. Maak seker jou olie is so 180C. Ek gebruik my deep fryer. As die olie te koud is, kom die ringe te pap uit en die meel val af. Uie is klaar as hulle goud bruin en crispy is.
Smaak nes die Spur s’n! Geniet…..

Bron: Herman Fick