BEER BATTERED ONION RINGS OR FISH


BEER BATTERED ONION RINGS OR FISH
1 cup all purpose flour
2.5 ml turmeric
½ teaspoon salt
½ teaspoon pepper
¼ teaspoon onion powder (optional but really good)
2 egg yolks, beaten
1 cup beer
1 large  sweet onion or fish
Peanut oil for frying

Combine dry ingredients in a medium sized shallow bowl. Whisk in egg yolks and beer. Cover and chill for at least 1 hour.
Peel and slice onion or fish to desired width, separate layers if you use onions.
Place oil in a heavy bottomed pan, about 2 inches deep. Heat to a temperature of 180 ºC.
Dip onion rings/ fish, one at a time in batter then carefully place in hot oil. Fry for about 1 minute then flip over and fry for another minute, until golden on both sides. Remove from oil and let drain on paper towels before serving.
Photo: Franco Dippenaar




BLOMKOOL-KAPOKAARTAPPELS

BLOMKOOL MASH VAN GIDEONtested
BLOMKOOL-KAPOKAARTAPPELS
2 groot aartappels
1 blomkoolkop
1 teelepel olyfolie
1 eetlepel crushed garlic
sout en peper na smaak
1 blokkie hoender aftreksel
1 teelepel aromat
½ koppie room
knippie neut muskaat
Kook aartappel en blomkool tot sag en maak fyn , meng dan alle bestanddele saam terwyl dit verhit word.

Resep en foto:  Gideon Louw




PETRO SE AARTAPPELKOEK

tested
PETRO SE AARTAPPELKOEK
6 eiers, lig geklits
60 ml olyfolie
3 aartappels, gerasper
150 g spinasieblare, geskeur
sout en swartpeper
250 ml melk
250 ml koekmeel
2 uie, gerasper
30 ml tiemie, gekap
olie

Klits eiers, melk en olie. Sif meel by en roer stadig by eiermengsel in om sagte deeg te vorm. Voeg aartappels, uie, spinasie en tiemie by en geur goed met sout en peper. Verhit olie in groot pan en giet mengsel daarin. Kook oor warm kole tot geset aan onderkant. Bedek bokant met foelie, plaas warm kole bo-op en verhit tot bruin en gesit, ongeveer 15 – 20 minute. Bedien met fetakaassmeer en bros gebraaide baconrolle of rashers.
Resep:  Petro Calitz




GEMMERPATATS

tested
GEMMERPATATS
Resep:  Petro Calitz
FOOD LOVERS RECIPES

6 patats, geskil
50 ml olyfolie
½ pakkie gemmerkoekies, fyn gemaak
5 ml sout
sap van 1 suurlemoen
250 ml gouestroop
60 ml bruinsuiker

Sny patats in wiggies en plaas op tinfoelie. Giet sap en helfte van olyfolie oor.
Meng stroop, koekkrummels, suiker, en sout en sprinkel oor.  Giet res van olyfolie oor.
Vou toe en braai oor matige hitte.




ALLES EN WAT OOR AARTAPPELS

2014-09-06-patates

ALLES EN WAT OOR AARTAPPELS

Rina Kleinhans
hier is iets om te lees solank
http://www.finecooking.com/…/best-potatoes-to-mash-bake…

Johan Liebenberg Ek kan iets onthou van: ‘n gladde skil is geskik vir … en ‘n rowwe skil geskik vir …

Koos van der Merwe
Johan Daar is n aartappel op die mark en ek ken nie die naam nie maar jy sal homdadelik uitken. Nie orals altyd te kry nie. Dit is n persirige kleur aartappel lyk soos n patat maar net die vorm van n aartappel. My kinders het al gestry en gese dit is nie n aartappel nie tot hulle dit eet. Ek het nog nooit so lekker mash met dit gemaak of n ander aartappel wat so lekker sag kan kook gekry nie. Vat ook nie ure om sag te kook nie. Kyk bietjie as jy dit kan sien. Ek weet nie hoekom steek die naam New Wash vas in my kop nie maar kan nie vir jou defnitief se nie.

Johan Liebenberg
Dankie, Koos. Is dit nie dalk die Mediterreense aartappel wat jy by Woolworths kry nie?

Cathy Fritz
Op die sakkie staan gewoonlik of die vir Kapok, braai of net kook is.

Koos van der Merwe
Johan dit kan wees ek koop maar by kleiner winkels so dit kan dalk by Woolworths wees maar jy kan dit prober ek geniet hulle.

Johan Liebenberg
Cathy, is dit die Woolworths aartppels? Die ander supermarkte verkoop hulle gewoonlik los.

Cathy Fritz
Sommer al by Shoprite (al wat ons het) gesien. op die plastieksakkie.

Heibre Schronen Kyk vir Avalange of Van de Plank Aartappels hulle mash baie goed.
.
Rayno Adlam Die beste aartappel om tegebruik is Yucon Gold.

Rayno Adlam Ja, ek kry dit baie by food lovers market. Ek sal bietjie rond vra en jou laat weet waar dit beskikbaar is. Dis is ook bekend Onder ander name.

Petro Borchard Ek verkies ook die pers skil een van Woolies vir meeste doeleindes, want dit het die meeste smaak. Ek koop meestal up to date as ek dit kan kry, anders Sifra. Hier is ‘n interessante artikel wat ek op die internet oor variante wat by ons beskikbaar is gekry het

WAXY
(Cultivars include Mondial, Fabula and BP13)

Waxy potatoes have a high moisture content and a low starch content. During boiling, they stay firm and keep their shape, which makes them ideal for any dish where you don’t want the potato to break up, such as a potato salad.

They are not suitable for cooking in a microwave and not at all suitable for mashing. They can be used for chips but will make a “slap” chip and not a crisp chip.

Copy of ST Angpotato06
.
WAXY/FLOURY

(Cultivars include BP1, VDP, Fianna, Valor, and Sifra aka Bianca)

These potatoes are somewhat moist with a slightly floury feel. They retain their shape during cooking and can be used for all cooking methods. These are the variety most commonly available in supermarkets.

FLOURY

(UTD – Up to Date, Caren, Darius and Avalanche)

This variety has a low moisture content and a high starch content. They do not retain their shape when boiled and are excellent for making mash. They also make the best chips and roast potatoes, which are crispy on the outside and soft and fluffy inside

Liz Terblanche Up to date of BP1 is die beste vir bak… blus aartaples is ook lekker vir braai in olie maar nie vir mash nie.

Elize de Kock:  Die pers artappel se naam is Pimpernel goed vir chips en dis al, Up to date vir mash en BP1 is ‘n algemene aartappel wat sy shape behou, mash chips of enige iets, in SA word aartappels vir die mark gepak volgens graad en groote en daar was nie ‘n vereiste vir die cultivar nie, ek praat van so bietjie lank terug.

Johan Liebenberg Elize, jy se Up to Date vir mash?

Elize de Kock: Ja die aatappel blus as jy dit kook

Marianna Deane Ek koop net BP1 op die sak is dan is dit geskik vir enige braai en kook koop niks anders nie

Alvo Kotze Mondial= chips BP1 =kook Up to date= mash

Elize de Kock: Johan jy gaan sukkel, rooi pers is die pimpernel aartappel vir chips so die kleur, tussen BP1 en up to date sal jy dit nie uitken nie. As jy baie particular is koop by ‘n kweker.

Johan Liebenberg Elize, het dit nie ook iets te doen met die gladde/growwe skil nie?

Elize de Kock: Johan my kennis kom van lank gelede ek kan nie vir jou se dat daar enige verskil aan looks tussen BP1 en up to date is nie, daar is verskeie nuwe variteite op die mark soos Olifant wat ‘n wit aartappel is maar jy kan net chips met dit maak en niks anders kwekers plant dit vir Chips fabrieke en dit word nie sommer aan die mark verskaf nie maar direk aan Simba Willards ek kan nie al die SA goed onthou nie lank terug al weg

Elize de Kock: Ek dink die aartappel raad het intussen verander na Potatoes SA

Elize de Kock:  http://www.potatoes.co.za/research/potato-guidelines.aspx

Jacqui Gericke As jy Crown aartappels kan kry, sal jy in die sewende hemel wees, want hulle is lieflik!

Cecil Otto Die beste vir jou probleem is Up-to-date (bliss) aartappels en die meeste Hyperamas se groente afdeling hou dit aan.




PATAT POFFERS

 

2014-09-06-patatpofferstested

Gewone pampoenkoekie resep net pampoen met patat vervang en karamelsous –
200ml suiker
50g/60ml botter
125ml goue stroop
knypie sout
250ml melk
5ml karamelgeursel of vanielje
smelt suiker botter sout en stroop oor matige hitte. roer nelk bietjie bietjie by laat sous opkook voeg geursel by. soos jy patat/pampoen poffers uit olie haal sit in stroop – ek laat dit daarin le om al die stroop te absorbeer
Annatjie van Huyssteen (resep en foto)




HEERLIKE PATATS SAAM MET SNOEK

patats in die lengtetested

HEERLIKE PATATS SAAM MET SNOEK
Halveer die patats in die lengte laat hulle mooi plat lê, dan maak ek maar genoeg gesmelte botter om net lekker genoeg oor te kan verf so 2 – 3 keer in die gaarmaak proses. dan sit ek maar die kaneel na smaak by die gesmelte botter en so klein bietjie sout.

Ek sou dink so 1 teelepel kaneel op ‘n koppie botter, nou moet mens maar aanpas na gelang van die hoeveelheid patats wat jy wil doen, dit is genoeg vir so 12 halwes ongeveer.
Maak jou oond so 180°C, pak die patats plat, skil onder, verf hom lekker, en sit in die oond, verf die botter so elke 15 – 20 minute oor en bak verder tot die patats lekker sag is.

Vir ‘n soeter weergawe kan mens bietjie heuning by die botter smelt.
Die geel borrie patat is die lekkerste om so te maak.

Yummies verby. Die botter wat oorbly kan mens net weer in die yskas bêre tot jy dit weer wil gebruik.

Resep: Rina Kleinhans




GROENTE GEREG

 

groente gebak Martietested

Ons ete vanaand. Ment lams choppies met mash en ‘n groenterige gebak wat ek gemaak het. nie ‘n resep nie maar sal verduidelik.
2 eiervrugte
1 pannetjie baby marrows
1 geel en 1 rooi peper
2 knoffelhuisies gekap
Basielie blare
1 blikkie gekapte tamaties
knypie suiker
2 k witsous en 1 k gerasperde cheddar kaas
sout en peper
Ek het die eiervrug in skywe gesny en bietjie geweek in sout. Die pepers gerooster in die oond en die skille afgetrek. die eiervrug skywe in pan gebak asook die baby marrows tot net sag. Die spulletjie in lae gepak en gebak by 180 tot dit borrelend was

Martie Fourie Moolman




AARTAPPELKOEKIE MET N TWIST

FLR BB with Heart

AARTAPPELKOEKIE MET N TWIST

Wil graag ‘n lekker aartappelkoekie met twist resep deel met julle….. Maak gewone mashed potatoes en roer room ipv melk by. Geur met parmesan en chilli aromat.
Snipper spring onion in en maak balletjies.
Rol dan daardie balletjies in ‘n bietjie potato bake (keuse van geur is joune, maar ek hou van die garlic en parmesan ene) en deepfry vinnig.
Dis heerlik op n sout platter of saam met kookkos! Saam met balsamiese asyn is dit hemels!
BRON- Sharon-cathryn Nagel




BUTTERNUT AND SUNDRIED TOMATO POTATO BAKE

 

butternut gereg adamtested

BUTTERNUT AND SUNDRIED TOMATO POTATO BAKE
Recipe posted and photo:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
3 (120 g ea.) waxy/floury potatoes, peeled and thinly sliced
1 small butternut, peeled and sliced thinly
100 g sundried tomatoes
1 ml ground cumin
1 sachet potato bake – Garlic and Herb
450 ml milk
250 ml grated cheddar cheese
Salt and pepper to taste

Preheat oven to 180°C.
Layer half the potato slices over the base of a greased ovenproof dish.
Top with butternut slices and sundried tomatoes, and sprinkle with cumin.
Arrange the remaining potato slices on top.
Mix the Garlic and Herb potato bake contents with a little of the cold milk to make a smooth paste, before adding the rest of the milk.
Pour over the potatoes and sprinkle with grated cheese.
Bake in a preheated oven for 30-40 minutes until cooked through.