FANTASTIESE FOELIE GROENTE

tested

FANTASTIESE FOELIE GROENTE
Ek het die resep by iemand gekry, kan nie onthou waar nie, verbeel my dit was op ‘n blaadjie tydens die Loeriefees.
Veral in die winter is ons lief vir die groente in foelie. Enige vars groente wat jy in groterige stukke kan opsny. Dit bak ongeveer 45 – 60 minute. Indien jy dit dus te klein opsny kan dit fyn kook.
Gebruik na eie keuse:
wortels
klein of groot uie, in kwarte opsny
baba of groot aartappeltjies, in 4 tot 6 stukke gesny
murgpampoentjies
heel babapampoentjies (‘Patty pans’)
patat, opgesny soos aartappels
sampioene
botterskorsies, ongeskil
klein groen skorsies
geel- en / of groenrissies, opgesny in groot stukke
Venita sê dat dit goed werk as jy al die gewaste groente in ‘n groot skottel plaas en dan die speserye oorstrooi. Skud die bak (indien dit ‘n deksel op het, anders verskyn jy dalk ook in ‘n waspoeier advertensie), of meng dit met jou hande deur sodat die speserye die groente heeltemal bedek. Neem ‘n groot rol breë foelie en plaas dit met die
blink kant na onder op ‘n bakplaat. Pak die groente op die foelie, jy kan nou nog speserye oorsprinkel, sowel as knoffel- of gewone botter (opsioneel). Vou die foelie oor die groente, vou die hoeke goed toe sodat geen stoom kan ontsnap nie. Maak seker om die “opblaas” van die foelie toe te laat (klink amper soos Gys se hoenderresep, bak by 180 – 200ºC vir 45 – 60 minute of “Loerie” hom en plaas dit op matige kole vir ongeveer 1 uur.)
Resep geplaas: Lorraine Weitz Brand




HEERLIKE RYSGEREG

tested

HEERLIKE RYSGEREG
Hierdie is ‘n baie ou resep wat heerlik is…
Braai rou rys, spek en uie heerlik bruin.
Voeg 1 koppie kookwater met hoender of beesaftreksel by.
Kook vir so 15 min en voeg vars groenteblokkies, swart peper en knoffel by.
Laat stadig sag kook. Is ook heerlik by braais…
Resep: Ronel Van Zyl




IDEES HOE OM SPINASIE TE KOOK

IDEES HOE OM SPINASIE TE KOOK
Du Plessis Hall Liefie – Ek het ‘n vragie oor SPINASIE!! Iemand het vir my gesê dat indien jy spinasie nat kook is dit bitter. Kan julle my se WAT IS DIE REGTE MANIER van spinasie kook. Dankie

Adam Cloete – Du Plessis Hall Liefie, ek het spinasie al op baie maniere gekook en en het nog nooit bitter spinasie ge-eet nie. Die metode wat meeste mense gebruik is om die spinasieblare af te spoel, en dan net met die nattigheid wat aan die blare is te kook. Roer gereeld en kook net tot al die blare goed verwelk het. Ander metode wat ek al gesien en gebruik het is om die blare vir ‘n paar minute in reeds kokende gesoute water te dompel.

Val Ashbury – Ek doen dieselfde as Adam Cloete ..1 ste metode en nooit bitter gehad nie. Ek braai soms ui so effens en voeg dan bietjie bacon by nadat dit so rukkie gebraai skeep ek uit, gooi olie/vet af en sit dan gesnyde aartappel in – sodra dit gaar is sit ek my gespoelde spinasie by en ui/bacon. Laat net lekker vewelk en roer deur.

Lezette Taljaard – Ek stoom myne – tenmiste behou jy al die vitamines. (So sê hulle)

Nellie De Kock – Kook dit enige metode, maar as jy die sout en peper oorstrooi gooi n halwe teelepeltjie suiker by! Selfs met groenboontjies, die smaak verbeter so.

Quinette du Toit – Ek maak myne ook gaar soos Adam. Die bitter gedeelte is die dik wit “stam” vd blaar. Sny dit uit en jou spinasie sal nooit bitter wees nie

Marieta Matthews – My ma se werkster het altyd bietjie olie of botter by gesit as dit klaar gestoom was. Sy’t gesê dis bitter daar sonder.

Hannie Ackermann Engelbrecht – Sny die stingel uit, kook rukkie, gooi water af, sit aartappel en uie, sout en peper. Gooi bietjie melk in en kook tot aartapoel gaar. Soos ouma dit gekook het

Eloise Potgieter – Stirfry die spinasie. Baie lekker.

Marie Rheeder Troskie – spoel goed af kook en spoel weer af ek gooi ook bietjie room en n kaassous daarby

Bettie Oosthuizen Harmse – Ek kook die spinasie direk in 250 ml room. As verwelk verdik room met pasta van gemaak van mielieblom, koekmeel en melk. Skakel plaat af en krummel fetakaas .sout en peper na smaak i Lekker verby!

Maureen Meyer – Ek gooi so ‘n teelepeltjie asyn in, dit vat die wilde smaak van spinasie weg.

Anthony Raymond – Stirfry dit met beetblare uie en peppers knoffel of bak dit saam macaroni en kaas

Mariette van der Merwe – ek kook 5min, spoel af, kook weer, en spoel weer!

Celia Cronje – Ek sit dit net so in die pot nadat ek dit goed gespoel het met aartappel en uie. Geen water. Maak sy eie water

Ansi Fourie Pypers Fourie – EK SPOEL MYNE GOED AF, VOOR EK KOOK, kook nat, was nog nooit bitter nie.

Joretha Schoeman – Spoel blare af en sny dan die dik wit stingel en die dikste wit are uit. Gooi kookwater op en laat staan vir so 2 min en dreineer. Kook met aartappels en uie in ‘n mengsel van melk en water of net melk. Die wit are gee die bitter smaak. Ek gebruik melk om myne te kook en dit het ‘n heerlike smaak.

Tinkie Theron – Ek sny net die stingel af as dit baie groot blare is en lank is. Ek kook die stingel saam, dis heerlik.Water dit een keer af, gooi skoon water op, sny aartappel en uie by. Kook sag-sout peper en botter. Ken nie bitter spinasie nie. Ook heerlik gebraai saam met uie en tamatie in die pan.

Jaqueline Wright  – Ek spoel my spenasie so 4 keer af in die kook proses voor ek my uie en aartappels by sit en as dit sag is spoel ek dit weer af in n vergietes sit botter sout en peper by mash dit soos jy groenbone sal maak

Rina Kleinhans
Ek braai my uie en sampioene saam, dan gooi ek meel oor tot ek ‘n stywe dik sous het, dan gooi ek bietjie bietjie melk by tot ek ‘n lekker dik wit/sampioensous het, dan gooi ek my gekerfte geblansjeerde spinasie by en laat net deur kook, gooi bietjie neutmuskaat by en proe vir die sout en voila… heerlike spinasie.. ek blanjeer die spinasie deur kookwater oor dit te gooi dat dit verwelk en dan dadelik in yswater… dan bly dit pragtig groen in jou gereg
Nota:  jy kan feta grof in breek aan die einde, en net deurroer

Mariska Drotskie Du Plessis
Ek stoom myne in mikrogolf dan braai ek ‘n ui en gooi spinasie by dan “n blikkie tamatie relish baie peper en sout en laat prut tot nie meer waterig nie dan gooi ek hele homp botter in en braai. Kinders mal daaroor en wil nie op ander manier eet nie. Jy sal nie glo nie maar heerlik op botterbroodjie die volgende dag *as daar oorgebly het natuurlik

Andri du Toit
Maak spinasie gaar en druk water uit. Meng n houertjie suurroom met n pakkie wituiesoppoeier n teel mosterdpoeier en koppie gerasperde kaas. Smeer oor blaardeeg en rol op. Verf met eier en bak. Ek versier altyd rol met uitgedrukte prentjies.

Annelie Janzen
Ek maak spinasie gaar, hou eenkant, braai ui en bacon tot gaar meng met spinasie sodra uie en bacon gebraai is,skep op deeg,strooi kaas oor,maak toe met deeg en smeer deeg met geklitste eier en bak in oond tot deeg ligbruin en gaar is wala heerlik!!!

 




GEMMERKOEKIE PATATS

 

2013-07-01-patatsmetgemmerkoekiestested
GEMMERKOEKIE PATATS
6-8 Patats – in skil gekook, laat afkoel en trek skil af en sny in ringe van so 1cm.
2 pakkies gemmer koekies opgebreek en gekrummel.
Sagte bruin suiker (loopsuiker)
botter (nie margarine nie) om te stip.
Pak in botter gesmeerde oond pan in lae soos volg. Strooi eers bruin suiker en pak dan lae patats, gemmer koekies krummels, stip met botter, patats, bruin suiker, stip met botter en so gaan jy aan tot bestandele op is. Eindig met laag gemmer koekies en stip met botter. Bak in matige oond vir 30 tot 45min.

Resep deur Cecelia Gouws




CYN’S MOCK POTATO CASSEROLE

mock potato dish esmetested
CYN’S MOCK POTATO CASSEROLE
You’ll never believe that this creamy, rich dish doesn’t have any potatoes! It’s also high in protein for a side with 10 grams per serving!
Number of Servings: 8
16 oz bag frozen cauliflower
2 tablespoons light butter with canola oil (like Land O Lakes brand spreadable)
4 oz cream cheese, softened
1 lb turkey bacon, cooked until crispy and crumbled
8 oz shredded sharp cheddar cheese, divided
2 tablespoons chopped green onions
2 tablespoons Water

Microwave cauliflower with 2 tablespoons water for 10-15 minutes until VERY soft, drain, then mash with potato masher.
Blend in butter and cream cheese.
Add the shredded cheese (reserving about ½ cup) and remaining ingredients, and stir together.
Put in a casserole dish and top with remaining shredded cheese.
Bake 350ºC for 20 minutes, until brown and bubbly.

Foto en aanpassing:    Esme Slabbert
Glo dit as jy wil, toe ek vanoggend by die kruidenierswinkel kom om ‘n pak gevriesde blomkool te kool was daar niks beskikbaar nie. Aangesien ek vandag nie op kantoor is nie, en nou die tyd het en in elke geval die meeste van die dag gaan bak en brou, besluit ek net daar en dan om ‘n vars middelslag grootte blomkool te koop en dit te stoom, want ek het dan nou tyd en ek wil dan nou hierdie reseppie maak vir aandete.

So, toe verwerk ek maar die vars kool, en stoom dit tot papsag en soos ek maar altyd doen, verander/tweak ek weer die reseppie so ietwat met die res van die bestanddele wat alreeds in die yskas is. Ek het “herb and garlic” cream cheese en wou toe nie nog ekstra koop nie, so gebruik dit toe in plaas van die gewone cream cheese. Ek het ook ‘n pakkie “Ready Crisp bacon” in die yskas so het dit in die plek van die turkey bacon gebruik.

Ek het twee grasuie fyn geknip en in die mengsel ingemeng en die derde een fyngeknip bo-oor die kaas as garnering.

So hier is die maaksel, reg om vannaand gebak te word. Ek sal later ‘n foto van die klaar gebakte produk ook plaas.




BROCCOLI TERT

tested

BROCCOLI TERT
1 ui, gekerf
8 sampioene, gekap
8 snye ham of spek , gekerf
125 ml room
125 ml water
4 eiers
250 ml kaas, gerasper
500 ml fyn broccoli

Voorverhit oond tot 180ºC. Braai die sampioene en ui en spek tot sag in botter.
Voeg die res van die bestanddele by en meng.
Gooi in gesmeerde oondskottel en bak vir 50 minute tot gestol.

Geplaas deur Corinne Moore Gelderblom
Foto:  Salomé Bothma
Nota:  Al verskil ek het ‘n 250 ml room gevat en ‘n klein bietjie water om room houertjie uit te spoel. Ek het sommer ‘n hele houer gesnipperde sampioene gevat en dieselfde met die spek




GROENTE FRITTATA

groente fritattatested

GROENTE FRITTATA
300 g broccoli en blomkool gestoom
½ klein botterskorsie, in blokkies gesny en gestoom
½ wiel laevet Feta kaas
½ gerasperde Cheddar kaas
4 eiers, geklits met sowat 300 ml vetvrye melk
sout, peper en kruie na smaak

Pak blomkool en broccoli onder in ronde tertbak. Sny effens kleiner sodat die bak se bodem bedek is.
Geur en strooi gekrummelde Feta kaas bo-oor.
Bedek met Chedder kaas.
Druk blokkies butternut oral tussen groente in.
Gooi eiermengsel bo-oor.
Bak by 200°C tot gestol of sit dit in konveksie oond of  mikrogolf/bak funksie vir 20 min.
Laat effens afkoel en bedien saam met ‘n groenslaai.
Genoeg vir 4 groot porsies.
Resep en Foto: Bernadene Daniell Prinsloo




WENKE HOE OM EIERVRUG (BRINJAL) TE MAAK

 

brinjals koostested

Elmarie van der Merwe: Sny sirkels met skil en al op. Gooi sout oor stukke. Los n rukkie. Sal begin “sweet”. Spoel sout af.
Droog af.
Doop in meel, dan geklitse eier, dan in gespeseryde meel. (Soos gebraaide vis). Of enige tipe beslag wat jy van hou
Braai in vlak olie
Sit op kombuispapier.
HEERLIK

Bianca-anne Koen: Gooi eers sout oor en los vir 15 min spoel dan af bak met uie smoor en kaas in die oond

Dorea Fischer: Dankie. Maak die skil dit nie bitter? En maak jy dit net voor ete? Soos gebakte aartappels?

Elmarie van der Merwe: Nee skil doen niks. Maak net mooi kleur. Die geheim is om die sout storie eers te doen. Dit verwyder bitter smaak. Daarna kan mens regtig op enige manier gaarmaak. Met tamatie en uiesmoor, Braai saam met ander groente en spek
Elmarie van der Merwe: Braai dit op laaste oomblik voor julle eet

Koba Cronje: Skil sny in blokkies gooi dit by jou curry in, Mmmm.

Dennise Rabie: ek sny myne in lengte deur so 1 cm skywe. Dan sny ek op elke skyf criss cross, nie deur sny nie, dit lyk soos diamant blokkies. Maak marinade van 50 ml worcester sous, 15 ml suurlemoen sap, fyn gerasperde suurlemoen skil (as jy het), 5ml sout, soveel knoffel as jy wil vars of sout. en bietjie chille spyserye ook opsioneel. 5ml braai spyserye en klein bietjie olie. Verf marinade oor elke skyf bo en onder los vir rukkie in bak. braai op oop kole tot bruin ! heerlik

Anthony Raymond: Doen glad nie die sout storie smeer met olie en grill om streep effek kry

Mariaan Visser: Ek het vir n Italiaanse count en sy Franse vrou gewerk. Eiervrug was een van hulle gunsteling groente.
Sny in baie dun skywe. Strooi bietjie sout oor en laat rus. Spoel af en droog goed op kombuis papier.
Neem n yster “griddle” pan en spuit met Spray and Cook.
Bak nou hierdie skywe op hierdie baie warm pan. Die 3 rook kan maar draai. Dit moet mooi patrone maak van die pan. Moenie bo op mekaar sit nie dan raak dit sag.
Bedien met doop sous van jou keuse.
Die doop sous wat hulle saam met dit geeet het was gekook van tamaties,knoffel en chillies. Bietjie sout en peper en sweet basil in gesny

Foto:  Koos van der Merwe




PORK BELLY AARTAPPELS

 

natalie se aartappelstestedpork belly
PORK BELLY AARTAPPELS

Ek het my aartappels half gekook laat koud word en in helfdes gesny en toe die belly eers lekker gebak in die oond die vet onder in die bak met water gemeng en toe koue halwe aartappels in gesit en dit met foelie toe gemaak met gatte in want dit hoef nie te kook nie, maar die water met die vleis smakie in stoom,  toe foelie af gehaal en net vinnig onder grill gebraai sodat dit bo op crispy is maar onder lekker sag! En natuurlik flippen lekka spice bo oor gestrooi!!
BRON – Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




AARTAPPELS ALA-WILMA

 

2014-11-23-aartappelstested
AARTAPPELS ALA-WILMA

4 Lekker groot aartappels geskil en in blokke gesny
1 Groot ui, grof gekap
Halwe groen soetrissie in blokkies gesny
12ml fyngemaakte knoffel
kookolie vir braai.
Sout en varsgemaalde swartpeper.
Braaivleis Speserye na smaak.
Kook die aartappels in soutwater tot amper gaar. Braai die ui en soetrissie uit in die olie. Voeg die knoffel, braaispeserye en die aartappels by. Gooi 200ml kookwater oor. Laat kook tot daar so i “sousie” in die pot is en die aartappels gaar is.. Geur met swartpeper en sout indien verkies. Bedien saammet braaivleis en i mengslaai.
Hierdie gereg is baie lekker indien dit ‘n dag gestaan het sodat die geure goed kan meng.
Bron:  Wilma Josey Venter