BUTTER CHICKEN WITH JEERA RICE


BUTTER CHICKEN WITH JEERA RICE
To prep the chicken you’ll need
5 chicken breasts (cubed) this recipe
2 tbsp Greek yoghurt
salt
chilli spice/ cayenne pepper
Woolworths butter chicken spice
ginger paste
garlic paste
Mix well and cover with cling wrap, refrigerate for 20-30 min

For the gravy you’ll need
2 onions
ginger paste
garlic paste
2/3 tomatoes (chopped)
cream
1½ tbsp good quality butter
fermented vinegar/ white vinegar
sugar
salt
garam masala
fresh coriander

Add olive oil to pan or pot, brown chicken, set aside and cover with cling wrap. Chop up onions, add olive oil and butter to the same pot or pan, add chopped onions and sweat onions. Add tomatoes and mix well, add water and ginger and garlic paste, mix again and add salt to taste, garam masala spice, vinegar, sugar, chilli powder. Simmer for 20 min, add to blender and blend into fine puree. Sift liquid into the same pot (Its a must to sift, butter chicken should be velvety and free of chunks) then add butter (1½ tbsp) chicken and cream to the sauce. Turn up the heat and cook for 7-10 min. Garnish with cream and fresh coriander
A lot of the spices and ingredients don’t have measurements, that’s because I cook according to my taste, I like an overload of garlic and ginger so just season and cook according to your taste preference.

Jeera Rice
Soak and rinse 1½ cups basmati rice for 30 min
Add olive oil to pot, add a chopped onion
Add 1 tbsp cumin seeds
1 cinnamon quill
8-12 black peppercorns
3 cloves
3 cardamom pods and salt
Brown till onion is transparent. Add rice to pot, along with water and squeeze half a lemons juice in. Cook till its fluffy and fragrant.
Recipe and photo: Daniella Steyn




IDEES MET CHAKALAKA


IDEES MET CHAKALAKA
Foto:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Marilize Hauptfleisch Fourie:
Ek voeg by pakkie savoury muffin mix en ‘n koppie kaas. Heerlike spicy klam muffins.
Leon Mongie:
My vrou ook vandag vir ons gemaak soos jou resep, toe gooi ek so ‘n handvol biltong poeier by vir ekstra sout smaak, baie lekker uitgekom. Sy het die spicy een sommer gebruik. Gaan die “sterk” een ook probeer.
Marlene Fourie:
Kan ook in kerrie gebruik word of pasta met mince.
Lizelle Oosthuizen:
Oom Buks mense se smaak verskil mos maar, maar ek self geniet ‘n bietjie chakalaka saam met pap en braaivleis. Ek sien deesdae gebruik mense dit vir pizza ook. Eintlik ‘n blikkie kos wat baie disse ‘n ander nuwe smaak kan gee.

Anneli Kriel:
Ek gooi chakalaka in my groentesop, my mense is mal daaroor.
Louise Groenewald:
Baie lekker. Ek meng dit by my maalvleis saam met pasta. Baie lekker en gerieflik.
Hendrik Meyer – Bykos vir braaivleis
Blik elk:
baked beans
heelpit mielies
blik chakalaka
1 eetlepel gedroogte pietersielie
3 eetlepels mayonnaise
Dreineer mielies.
Meng alles saam en verkoel.
Heerlik saam braaivleis.

Rita Killian:
Maak dit by sous. As dit sterk is sit mielies nog uie en tamaties by met mieliemeelpap en wors.
Sumi Muller:
Ek maak chakalaka hoender en slaai. Spice jou hoender, gooi in ‘n pot met blikkie chakalaka en kook tot hoender sag is. Lekker saam met pap of rys.
Vir die slaai vat ek ‘n blikkie met eetlepel mayonnaise en blokkies cheddar.
Lekker saam met Braaivleis
Marilyn Jacobs Hess:
Maak gesnyde uie bruin, gooi bietjie kerrie poeier en suiker by. Gooi nou chakalaka by. Kook vir so ‘n rukkie tot kerrie deur gekook is. Meng by gekookte noedels. Gooi mayonnaise by. Laat afkoel. Heerlike bykos!
Dossie Dednam:
Maak mieliepap balle (kan geblikte heel mieliepitte bygooi), gooi chakalaka (+ tamatie smoor) oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond.
Le Anne Le Roux:
Chakalaka pasta met boerewors
Maak spaghetti gaar en n ring wors (sny in wieletjies), braai bietjie knoffel in pan en gooi 1 blik tamatie en uiesmoor in en 1 blik chakalaka, koppie cheddar kaas en halwe blok room kaas! Meng alles saam! Dis flippen lekker!!!

Alida Fourie:
Van die min blikkieskos wat ek gebruik. Lekkerste lekker. Braai knoffel en uie in bietjie kookolie en botter, roerbraai dan maalvleis saam, voeg 1 blikkie Chakalaka by, prut n rukkie. Geen verdere fieterjasies nodig. Bedien met rys, stampmielies of mielierys. Lekker eet.
Kan ook werk in tamatiesmoor vir smul lekker pap en vleis.
Johanna Coetzee:
Lekker dis op sy eie saam 2 minute noodles ook. Of blik tuna, mayonnaise en so 2 eetlepels mild chakalaka as vulsel in pannekoek met titsel suurlemoen sap op vulsel voor jy pannekoek oprol.
Marina Hamilton-Walker:
Pampoen in stukke, blikkie chakalaka, blikkie chickpeas, blikkie klapper room. Meng en bak so uur tot gaar by 180°C.
Miemsie De Klerk:
Gooi in ‘n oondskottel saam met wors en bak in die oond, braai vis en bedien chakalaka saam met vis en vars gebakte brood, maak jou eie broodrolletjie met chakalaka vulsel binne die rolletjie gebak. Vul aartappels met Chakalaka.
Marlyn Ingram Ferreira:
Blikkie saam met 500 g bruismeel. meng en bak dan ‘n broodjie daarvan.

Mel Fourie:
BROODJIE (of in muffinpannetjie) – BAIE LEKKER
4 eiers
410 g Mild & Spicy CHAKALAKA
500 g self raising flour
Oond op 180 ºC.
Smeer broodpannetjie of muffinpan.
Klits eiers, gooi chakalaka in en meng dan meel en kaas in.
Gooi in pan en bak vir 35 minute of sit in muffinpannetjie (vir savoury muffins) en bak vir 20 minute.
Ek gooi altyd so bietjie paprika of cayenne pepper bo-oor voor ek bak.

Caroline du Plessis:
Neem hoender stukke 1.5 kg. Maak skoon. Sit in oondpan, gooi jou speserye oor soos hoender, en pepper na smaak.
2 blikke chakalaka
125 ml mayonnaise
125 ml melk
15 ml bruin suiker
Meng alles saam. Gooi oor. Bak op 200°C in ‘n bedekte oondbak tot gaar.

Laurie Poolman:
Eet met slap chips, polonie en brood of sommer pap en vleis as ‘n sous of in kerrie disse of in skaap afval of in sop of sommer net skoon.
Santi Van Der Merwe:
Ek pak hoenderstukkies in bak en gooi die hele blikkie oor die hoenderstukkie. Maak toe met foelie en bak in die oond. Mens kry “mild” en “sterk” Chakalaka. Ons hou van die “mild” een.
Saadiqah Davids:
Maak brooddeeg, druk plat in oondpan en smeer chakalaka op,  strooi baie kaas oor. Bak in oond. As dit klaar gebak is, smeer lekker crushed garlic gemeng met olive oil en mixed herbs oor. Heerlik met braaivleis.




KERRIE LAMSNEK MET AARTAPPELS EN GEELRYS MET ROSYNE


KERRIE LAMSNEK MET AARTAPPELS EN GEELRYS MET ROSYNE
1 lamsnek in die lengte deur gesaag
2 uie
1 teelepel knoffel
2 kaneelstokkies
4 heel naeltjies
3 kardamompeule
5 kerrieblare
2 lourierblare
½ teelepel fyn koljander
2 teelepels kerrie
2 teelepels borrie
1 vinger vars fyn gekapte gemmer
1 teelepel garum masala
1 teelepel fyn komyn
1 pakkie tamatiepuree
2 fyngekapte tamaties
2 biefblokkies opgelos is 500 ml kookwater

Braai halwe lamsnekke in n bietjie olie tot bruin.. Skep uit en hou eenkant..
Soteer uie in dieselfde kastrol op lae hitte tot goudbruin. Voeg knoffel, kaneel, naeltjies, kardamom, kerrieblare, lourierblare, koljander, kerrie, borrie, gemmer, garum masala en komyn by.
Braai stadig deur terwyl dit geroer word. Voeg ‘n bietjie water by indien dit lyk of dit wil aanbrand. Voeg tamatiepuree en tamaties by. Kook goed deur.
Voeg biefblokkies opgelos in water by. Meng goed met kerriemengsel. Sit halwe nekke in pot en laat prut op laag vir 1 uur en 15 minute. Voeg aartappels en geelwortelstukke by, en prut vir ‘n verdere uur en 15 minute..
Resep en fotos: Petré van Jaarsveld

GEELRYS MET ROSYNE
1 koppie rys
1 kaneelstok
3 kardamompeule
sout na smaak
1 teelepel borrie
½ koppie pitlose rosyne
2 eetlepels botter
suiker na smaak

Plaas die eerste 5 bestanddele in ‘n pot en bedek met water.
Bring tot kookpunt en verminder die hitte. Kook verder tot rys sag is. Spoel af onder lopende water om van die oortollige borrie ontslae te raak. Voeg die pitlose rosyne, botter en suiker na smaak by.
Stel plaat op laagste, los deksel op en stoom deur tot rosyne lekker sag is.
Resep en fotos: Petré van Jaarsveld




AARTAPPEL EN PAMPOENGEREG


AARTAPPEL EN PAMPOENGEREG
8 aartappels
2 uie gekerf
500 g pampoen van keuse in blokkies
2 pakkies potato bake van keuse
500 ml volroom melk
Groot stuk gouda kaas

Kook aartappels gaar. Sny uie en pampoen in kleinerige stukkies en braai dit saam tot uie gaar is.
Maak potato bake aan met die 500 ml melk.
Sny gaar aartappels soos keuse op en pak in ‘n oond bak. Gooi sout en pepper oor. Skep pampoen en uie bo op aartappels tot alles bedek is.
Giet melkmengsel oor alles, en rasper genoeg kaas oor.
Sit in die oond vir 30 min. by 180 ºC tot duer warm en gaar.
Bedien saam braai
Resep en foto: Kotie Olivier




BRINJALS IN DOUGH


BRINJALS IN DOUGH
Slice brinjals in 1 cm slices and arrange on a wooden chopping board. Sprinkle salt on both sides (lightly) and rub it in gently. Let it stand for 30 minutes to draw excess moisture out. Wipe the brinjals off with kitchen paper (paper toweling)
Mix the following well:
1 cup cakeflour
3 teaspoons dried parsley
salt and pepper to taste
½ cup Parmasan

Also mix 2 eggs in a different bowl.
Dip brinjals in flour, egg and flour again.
Fry until golden on both sides in a little hot oil.
Drain excess oil on some kitchen paper.
Serve.
Recipe and photo: Natacha Visagie




NOOD AARTAPPEL GEBAK


NOOD AARTAPPEL GEBAK
5 aartapels, in skyfies gesny
700 ml room
knoffel na smaak
1 koppie gerasperde kaas
1 ui, opgesny
1 pakkie sampioene, in skywe gesny

Blansjeer die aartapels skywe tot nog stewig.
Neem ‘n oondbak en pak die aartappels saam met sampioene, uie en kaas in lae.
Meng knoffel, room, sout en pepper na smaak en gooi oor die aartappel lae.
Bak by 180 °C vir so 1 uur of tot aartappels sag is.
Foto: Janie Janse van Rensburg




SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG


SATERDAGAAND AARTAPPELGEREG
Die hoeveelheid van die bestanddele kan aangepas word volgens die hoeveelheid porsies benodig.
aartappels, 1 of 2 per persoon
blokkies spek
ui, opgesny
sampioene, opgesny
250 ml room
2 pakkies “Potato bake”, soort volgens keuse
½ koppie melk
gerasperde Cheddar- en Mozarellakaas vir bo-oor
Kook genoeg die aartappels tot gaar.
Sny die gaar aartappels in skywe en plaas eenkant.
Braai die spek, ui en sampioene in ‘n pan met bietjie olie.
Meng die room en “Potato bake” in ‘n beker, voeg die melk by en roer deur.
Plaas die aartappels en die spekmengsel om die beurt in lae in ‘n oondbak en giet die roomsous oor die artappels.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC, tot die kaas gesmelt, die gereg deurwarm is en die sous dik is.
Resep en foto: Alma Hiepner




SWISS POTATO CAKES


SWISS POTATO CAKES
500 g potatoes
2 eggs
1 tablespoon rice flour
salt and freshly ground black pepper to taste
oil for frying

Peel the potatoes and grate them into a bowl of cold water. Drain. Squeeze the potato shreds dry in a cloth.
Mix the potato with the eggs, flour and seasoning.
Heat the oil in a frying pan, drop tablespoon of the mixture in the oil, making the cakes as large as your desire. Spread it out in the pan and flatten it. When the underside is crisp and golden, turn it over and brown the top. Keep it warm while you make the rest.

SWISS CHARD WITH FETA
1 bag (300 g) swiss chard, chopped
1 onion, chopped
salt and pepper to taste
1 feta weel

Sauté onion, add swiss chard, salt and pepper and sauté till cooked. Crumb half the feta wheel in the swiss chard and allow the heat to melt it a bit.
After dishing up the swiss chard crumb the rest of the feta on top.
I combine the two recipes by stacking the swiss chard on top of the potato cakes and topping it off with the crumbed feta.
Recipe and photo: Nicolette Papas




MURGPAMPOENTJIE SOUTTERT


MURGPAMPOENTJIE SOUTTERT
6 eiers
500 g gerasperde murgpampoentjie
250 g geskilde gerasperde patat
een bossie spriet uie, in ringe gesny
200 g gerasperde cheddar kaas
40 g gerapserde parmesaan kaas
100 ml sonneblom olie
5 ml gemengde kruie
sout en peper
250 g kersietamaties, gehalveer

Meng die eiers, murgpampoentjie, patat en sprietui in ‘n mengbak.
Voeg die 2 kase, olie, kruie, sout en peper na smaak by en meng goed deur.
Giet die mengsel in ‘n gesmeerde tertbak en rangskik die tamaties bo-op sodat elke blokkie ‘n stukkie tamatie het.
Bak die tert in ‘n voorafverhitte oonf teen 180ºC vir 40 minute.
Laat die tert afkoel, sny in blokkies en geniet.
Myne gisteraand as bykos met braaivleis bedien.
Foto: Ivanda Venter




LEKKER GEBOTTELDE SOET PAMPOEN

LEKKER GEBOTTELDE SOET PAMPOEN
3.5 kg pampoenblokkies (lekker stewige pampoen)
600 ml suiker
100 ml botter
10 ml fyn kaneel
15 ml vars gemmer, fyn gesny
5 sout
60 ml heuning
120 – 150 ml water
10 ml mosterdpoeier
3 eetlepels maizena aangemaak met bietjie water

Plaas die suiker, botter, gemmer, kaneel en heuning in ’n groot kastrol en laat kook oor lae hitte totdat dit begin verbruin. Voeg die pampoen, sout en water by. Dit gaan lyk of jy te min vloeistof het, maar onthou die pampoen maak ook water.
Kook oor matige hitte, terwyl jy af en toe versigtig roer om nie die blokkies te breek nie, tot die pampoen sag en die sous redelik afgekook het. Roer die maizena by, en laat stadig deurkook. Bottel warm, maak seker die bottels en proppe is baie goed gesteraliseer, skep soveel van die blokkie eerste uit in die bottel en vul dan met die sous. Seël die bottels en laat afkoel. Bere in die yskas. Om te gebruik, skep uit in bakkie en verhit in die mikrogolf, voila – dit is heerlik.
Nota: Die sous wat oor was in die pot, het ek net eier, meel en bakpoeier bygevoeg en heerlike pampoenkoekies gebak.
Resep en foto: Rina Kleinhans