GEBAKTE GROENTE GEREG SAAM MET BRAAIVLEIS

groentetested

GEBAKTE GROENTE GEREG SAAM MET BRAAIVLEIS
1 x 250 gram gevriesde gemengde groente met ‘n aartappel en bietjie sampioene klein opgesny, genoeg vir 3 mense en bietjie sag gekook
bacon, fyn opgesny en gebraai met uie
2 eiers
½ koppie melk
¼ koppie olie
sout en peper
1 pakkie sampioen soppoeier
sout en peper

Meng olie, soppoeier, eiers, melk, sout en peper alles saam, meng by die groente in bak wat met spray en cook gespuit is.
Rasper kaas bo-oor.
Bak in oond 180ºC en tot kaas gesmelt het.

Bron en 2de Foto: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Noelene Theron Buys – Het vanaand vir vleislose aand hierdie gemaak. Heerlik uitgekom.




KARAMELSOUS SAAM PAMPOENTERT

14034715_10210540265448764_2895494341748738357_ntested
KARAMELSOUS SAAM MET PAMPOENTERT

Gooi 200 g witsuiker in ‘n pot en voeg 100 ml water by. Roer met ‘n draadklitser tot opgelos.
Bring tot kookpunt en laat vinnig kook totdat ‘n goue karamel vorm – sowat 10 minute.
Moenie roer terwyl die sous kook nie.
Verwyder pot van hitte en voeg 50 g botter by.
Beweeg pot stadig in die rondte totdat al die botter gesmelt het.
Voeg 125 ml room by en meng vinnig met ‘n draadklitser tot ‘n gladde karamel.
Werk versigtig – die mengsel is baie warm. Laat afkoel en gooi oor muffins, of selfs oor roomys.

http://www.foodloversrecipes.com/2016/02/marlize-se-pampoentert/
Foto:  Mariaan van Wyk




PUMPKIN FRITTERS

13900163_1339869236028115_6904898733509712218_ntested

PUMPKIN FRITTERS

1 cup cooked pumpkin mashed and well drained
2 eggs
1 cup flour
Pinch of salt
1 1/2 teaspoon baking powder
1 tablespoon sugar
Oil to fry

Cinnamon sugar:
As needed (your own discretion)to sprinkle over.. sugar and ground cinnamon, mix together.

Method:
Add all dry ingredients together
Then add 2 eggs to your mashed pumpkin mix together. Then add to your dry ingredients to form a thickish batter. If its too thick you can add some milk like I did.
Add some oil to your pan and once oil is on medium heat … fry till golden brown.

Recipe: www.rainbowcooking.co.nz
Photo” Monique Matshebe




NATASCHA SE HEERLIKE EIERVRUG

eiervrug 2eiervrug 1tested
NATASCHA SE HEERLIKE EIERVRUG
Eet julle eiervrug? Hoe maak julle dit gaar. Ek love dit diep gebraai in n degie. Ek sny dit lank in kwarte. Dan gooi ek sout op en laat staan vi n uur of so. Spoel af en droog af voor ek dit in deeg doop en diep braai. Deeg: 1k meel 1t bakpoeier 1 eier sout en melk om slap degie te maak.

FOTO EN RESEP:  Natascha de Jongh




AARTAPPELKOEKIES ALA ANEL

aartappelkoekies aneltested

AARTAPPELKOEKIES ALA ANEL
Kook 5-6 groterige aartappels tot sag
In ander pan Braai 1 pakkie gesnipperde bacon en 1 ui tot Lekker crispy
Maak aartappels fyn met masher
Mens bacon en uie saam met gemashde aartappels
Gooi sommer Lekker klomp vars gesnipperde pietersielie by
Mens nou 1 eier geklits saam bogenoemde
Voet 1 en Halwe koppie gerasperde kaas by
Maak bolletjies soos vis koekies
Doop in geklitste eier en Dan in broodkrummels
Braai in biki olie tot goubruin
FOTO EN RESEP:  Anel Engelbrecht Portela




MARIANNE SE KOOLGEREG

marianne se koolgeregtested
MARIANNE SE KOOLGEREG
Die een is spesiaal vir Rina, ek noem dit sommer “daag-Rina-uit-koogereg” want die gaan voorwaar van nou af een van my spoggeregte wees.
Kerf halwe medium koolkop in fyn repies en gooi so 2L kookwater oor en bedek. Laat staan tot die water koud is en dreineer goed. Maak n kaassous met wit cheddar, en meng met die kool. Dan het ek n klein stukkie wors gebraai net om die vetjies te kry en so 2 groot gesnyde uie daarin gebraai en ook deur die koolmengsel gemeng, mooi gelyk gemaak bo-op en gerasperde gouda kaas oorgestrooi. Die hoeveelhede is maar volgens smaak. Ek het die gereg bedek in die mikrogolf gemaak teen 70 persent krag vir 20minute. Bietjie paprika oorgestrooi vir kleur.

FOTO EN RESEP:  Marianne de Beer




MARIANNE SE GEBRAAIDE RADYSE EN WORTEL

13901366_166578847099594_4682189713692512121_ntested

MARIANNE SE GEBRAAIDE RADYSE EN WORTEL

4 rooi en 2 wit radyse gebruik,
2 wortels,
1 klein uie en so
5x5cm stukkie gerookte hoender.
Mens kan maar mix en macth soos verkies.
En die sojasous was omtrent n eetlepel vol

Sny die wortels, radyse soos verkies, braai in bietjies olie en botter, braai staaaadig tot amper sag, voeg uieringe en gerookte hoeder in blokkies gesny, by. Braai tot goudbruin en gaar maar nog effe bros. Voeg so skootjie sojasous by.

Resep en foto: Marianne de Beer




MARIANNE SE SOUTPAMPOEN

pampoentested

MARIANNE SE SOUTPAMPOEN

Dit is nou hoe ek van pampoen hou, ook die enigste manier wat ek dit eet. Met sout en peper, klein uitjie, fyngekap, leeks en spring onions fyngekap. Skil die Hurbert pampoen so dun as moontlik om soveel as moontlik van die groen kleur teen die skil te behou. Kook gewoon en maak fyn met stukkie botter in

Bron en Foto: Mariaane de Beer




WERKLIK GEURIGE RYS

geurige rystested

WERKLIK GEURIGE RYS

Rasper 1 groot wortel
Sny 1 groot ui in halwe ringe
Sny 1 groen soetrissie in blokkies
Sny 1/2 rooi soetrissie in repies
Sny 4 jong babymarrows in ringetjies
Kap 1 pakkie sampioene grof (opsioneel)
Braai bogenoemde in bietjie olie en botter, begin met die wortels tot die olie n mooi oranje kleur kry en voeg dan die res by. Braai tot gaar en geur met kaas aromat. Voeg nog n lekker groot klont botter by tot gesmelt. Hou eenkant.
Kook 1k rys tot gaar, meng n kaasblokkie in die warm rys en meng dan met die gebraaide groentemengsel.
Kaasblokkies is nie meer beskikbaar, ek stel voor kook jou rys met net die helfte van die sout as wat jy gewoonlik gebruik en vervang die ander helfte met kaas aromat.

Bron en Foto: Mariaane de Beer




HEERLIKE VOLSTRUIS MAGIES EN BRUSSELSPRUITE

volstruismagies petretested

HEERLIKE VOLSTRUIS MAGIES EN BRUSSELSPRUITE
Aandete: Volstruismagies, soetpatats, brusselse spruite in spek en biltong kaassous, potgebraaide aartappels en basmati rys.
Volstruismagies:
Plaas volstruismagies in stoompot met uie, lourierblare, peperkorrels, heel naeltjies, roosmaryntakjies, sojasous, sout en water. Stoom om en by 1 uur tot sag. Sny in skywe. Neem van die sous in die stoompot, meng met ‘n bietjie bisto tot dik. Pak skywe in bisto sous, en kook vinnig deur.

Brusselse Spruite in Biltong en Spek Kaassous:
Kap spek baie fyn en braai in ‘n bietjie botter tot crispy. Kook brusselse spruite in water met ‘n bietjie sout in tot net sag, moet nog crisp wees.
Verhit 1 ½ koppies melk in mikrogolf. Roer 1 ½ dessertlepels meel by, en voeg die spek en botter waarin dit gebraai was by, asook ‘n bietjie fyn biltong. Mikrogolf vir 30 sekondes op ‘n keer tot gaar. Gooi kaas, ‘n bietjie fyn neutmuskaat en sout na smaak by. Roer goed deur en gooi oor brusselse spruite.

FOTO EN RESEP:  Petré Van Jaarsveld