FRIKKIE SE AARTAPPELSKYFIES (CHIPS)

tested

FRIKKIE SE AARTAPPELSKYFIES (CHIPS)
Ek sny die aartappels ongeskil in dik chips. Spoel in sout en asyn water. Droog die die chips goed en gooi in ‘n pot met olie. Verhit oor medium hitte. Roer af en toe. Sodra die chips begin braai verhoog die hitte en braai tot die middelste sag is.
So 20 min.
Dreineer op papier en besprinkel met sout of geursout.
Ek sal nooit weer chips op ‘n ander manier maak nie.
Nota:   Die sout en asyn help om die chips lekker crispy te maak.

RESEP:  Frikkie Jones




HANNETJIE SE GROENTETERT

HANNETJIE SE GROENTETERTtested

HANNETJIE SE GROENTETERT
Lekker groentetert saam met braaivleis vanaand.
375 g murgpampoentjies met skil grof gerasper
1 ui, fyn gekap
4 repies spek, gekap
250 ml kaas, gerasper
410 g blik pitmielies, gedreineer
125 ml kookolie
4 eiers, geklits
250 ml bruismeel
Sout en peper na smaak

Meng alles tesame en skep in gesmeerde vlak bak.
Bak teen 180ºC vir ongeveer 45 minute.
Resep en foto: Hannetjie Snyman




POLISH CABBAGE ROLLS

polish cabage rollstested
POLISH CABBAGE ROLLS
6 large green cabbage leaves
15 ml olive oil
2 cloves garlic , crushed
1 onion , peeled and diced
300 g pork mince
3 ml paprika
7 caraway seeds
80 g parboiled rice ( ek het net gewone gekookte rys gebruik )
1 egg , beaten
Salt and black pepper
Sauce
500 ml passate ( tomato pasta sauce )
ek het net n blik tamaties fyn opgesny .
3 ml paprika
1-2 ml chilli powder

Preheat the oven to 180 C . Bring a large saucepan of lightly salted water to the boil . Add the cabbage and simmer for 5 minutes . Use a slotted spoon to transfer the cabbage to a tea towel . Set aside for 10 minutes to cool . Heat the oil in a frying pan and cook the garlic and onion for 2-3 minutes . Add the mince , paprika and caraway seeds and saute for 3-4 minutes . Transfer the mince mixture to a mixing bowl . Add the rice and egg and season well . Scoop two spoonfuls of the mince mixture into each cabbage leaf and roll up to enclose , Secure with a toothpick if required . Mix the sauce ingredients together and pour into an ovenproof dish . Top with the cabbage rolls . Cover and bake for 25-30 minutes or until cooked through .
To serve
Fresh dill sprigs and sour cream … ek het dit met kapokaartappels voorgesit

Photo: Petro van Genderen




SOETSUUR PÊRELTJIES

soet suur uietjiestested

SOETSUUR PÊRELTJIES
750 g Pêreluitjies
kookwater
30 ml olyfolie
30 ml tamatiepesto – pasta
30 ml suiker
45 ml rooiwyn-asyn
1 lourierblaar
2 takkies vars tiemie
sout en peper
30 ml gekapte vars pietersielie

Haal die skilletjie af van die uitjies af.
Verhit die olie in ‘n groot braaipan en voeg die uie by. Skud die pan om die uie te laat rol en rondom te verbruin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die pietersielie. Voeg genoeg water by om die uie te bedek. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek.
Prut 40-45 minute stadig tot die uie sag is en verglans is met ‘n natuurlike dik soet-en-suur-sous. Skud die pan gereeld.
Sit koud voor, gesprinkel met pietersielie.

Foto: Marika Tegmann




KNOFFEL SAMPIOENE

knoffel sampioenetested

KNOFFEL SAMPIOENE

So het ek die naweek ook sampiooene gemaak. Ek het botter gevat en dit gemeng met knoffel en kaas. Ek sal sê jy maak soveel botter aan sodat dat jy al die sampioene kan vul met die mengsel. Sit dit in ‘n oond pan. Gooi sout en peper na smaak oor die sampioene. Bak die sampione in die oond teen 180 grade tot gaar en al die kaas lekker gesmelt is. Moenie die sampioene in los dat dit te sag bak nie. Moet nog lekker ferm wees. Jy kan pietersielie oor strooi wanneer uit die oond gehaal word.
Bron en Foto: Marika Tegmann




SHARMAINE SE AARTAPPELKOEKIES

sharmaine se aartappelkoekiestested
SHARMAINE SE AARTAPPELKOEKIES
4 groot aartappels
2 eetlepels koekmeel
1 ui
gemaalde peper
1 eier , geklop
250 g gerasperde kaas
1 teelepel sout
fyngekapte pietiersielie
1 teelepel veggie spice
2 koppies olie vir braai
Rasper aartappels en ui in ‘n bak.Dreineer oortollige vloeistof.
Meng eier, spice en peper by.Voeg meel, kaas en pietiersielie by en meng deur.Voeg nog meel by as nie lekker gebind is.
Maak olie warm in pan en braai lepels vol tot goudbruin weerskante.

Resep en foto:  Sharmaine Dyers




AARTAPPEL-EN-SPEKGEBAK MET IDEAL MELK

aartappel_ntested
AARTAPPEL-EN-SPEKGEBAK MET IDEAL MELK
8 eiers
5 medium groot aartappels
1 pak gesnipperde bacon/ of ham kan gebruik word
1 medium ui
2 koppies gerasperde kaas
1 blik ideal melk 380ml
Halwe blikkie melk…gebruik idealmelk se blik
Bietjie sout soos jy daarvan hou
Mushrooms en kool opsioneel

Kook artappels tot half sag.
Sny in skywe en braai bruin in olie
Meng eiers, ideal melk, melk in aparte houer. Ons het sommer sout en spesserye by mengsel gegooi.
Braai uie, bacon en mushrooms in pan.
Pak lae in oondvaste bak. Eers aartappel, dan bacon mengsel en dan kaas. Herhaal tot alles in bak is. Gooi die eier en melk mengsel bo oor. Gooi res vd kaas bo oor. Bak vir plus minus 45 tot 50 min by 180 grade… tot eiermengsel gestol is.

Ek het koolblare ook ingesit. Baie heerlik. Geniet dit!

Bron: Elsa du plessis
Foto: Madeleine Pitout




ELIZABETH SE SPINASIE PASTEI EN SKAAPBOUD

spinasie_ntested

ELIZABETH SE SPINASIE PASTEI EN SKAAPBOUD
Ek het my eie resep opgemaak. 1 rol puff pastry. Deel die deeg in 2. Sit die 1 helfte onder in jou bak/pan. Verhit dan die oond tot 180°C. Braai 1 gekapte ui tot sag in ‘n eetlepel botter. Nie bruin nie, net sag. Sny 2 geskilde aartappels in klein blokkies en voeg by die uie. Snipper 3 bossies spinasie fyn en voeg by die aartappel en ui mengsel. Sit die deksel op die pan en los vir so 15 min. Roer dan goed deur. Gooi mengsel in ‘n mengbak uit en voeg 1 groot gekrummelde houer feta (700 g) by. Rasper 100 g Cheddar kaas by. Voeg sout en peper na smaak by. Daar sal ‘n bietjie vloeistof onder in die bak wees. Roer dan 3 opgehoopte eetlepels koekmeelblom deur. Skep binne in die deeg en sit die ander helfte deeg bo-oor. Seël en smeer eier/melk oor. Bak in die oond vir 40-45 minute.

SKAAPBOUD
Ontdooi jou skaapboud heeltemal. Smeer dit goed (bokant en onderkant) met bruinuiesoppoeier, ‘n teelepel knoffel, sout en peper. Sny 1 ui in ringe en sit onder in jou bak (ek het ‘n silwer braaibak gebruik). Sit boud met bokant na onder op die uie en maak toe. Sit in die oond by 180°C vir 4 ure. Draai boud om en bak vir nog 2 ure. Dis natuurlik vir ‘n groot boud. Wanner dit gaar is, laat dit vir ‘n halfuur in die toe bak rus voor jy dit sny. Jy kan ook die boud oornag in die oond sit op die heel laagste stelling, so 70°C. Sit 10 uur in en haal 7 uur uit.

Resep en foto: Elizabeth Frylinck




GEBRAAIDE PATAT EN PIESANGGEREG MET SOET KANEELSTROPIE

Gebraaide patat en piesanggereg met soet kaneelstropietested
GEBRAAIDE PATAT EN PIESANGGEREG MET SOET KANEELSTROPIE
Sny 1 medium patat in die lengte in kwarte en dan in skyfies en braai stadig in botter tot mooi bruin en sag. Skep uit.
Sny 2 piesangs in die helfte en dan in die lengte in repies en braai in dieselfde kastrol tot effe bruin, voeg botter by indien nodig, skep uit.
Voeg nog ‘n klont botter by en braai 3 eetlepels suiker daarin tot bruin word, voeg so skootjie melk by en roer en prut tot sous so taai tekstuur kry, voeg kaneel by en roer deur.
Skep piesangs en patats deurmekaar in ‘n bak en gooi stropie oor.
Bron en foto: Marianne de Beer




LEKKER KOMKOMMERSMOOR

lekker komkommersmoortested

LEKKER KOMKOMMERSMOOR
3 groot engelse komkommers
250 g spekvleis
100 ml suiker
50 ml druiweasyn
15 ml koekmeel
Peper en sout na smaak

Halveer komkommers in die lengte en verwyder die pitte, sny in 1cm skywe.
Braai die spekvleis tot bros en sny kleiner.
Plaas terug in pan, voeg komkommer by en meng.
Sif die koekmeel bo-oor en roer aanhoudend tot die sous verdik en kook.
Bedek en verlaag die hitte, prut tot die komkommer sag is, maar nie pap nie.
Geur met sout en peper.

Foto: Sharmane Engelbrecht