VEGGIE RICE

veggie ricetested

VEGGIE RICE
Half punnet sliced mushrooms
Nob of butter/margarine
Spice for rice.
250g country crop veggies
Cooked rice..about 2cups..
Method
Add butter/ margarine to pan
Add mushrooms and allow to braise .then add veggies..allow to cook for 5mins then add the cooked rice and add spice for rice…toss through…taste to your liking..add more salt or spice for rice to your liking…add a drizzle of olive oil and turn the heat off and allow to sizzle on the hot stove plate for 1min..remove and serve with meat or what u prefer…i added a teaspoon of egg yellow to my left over rice and tossed it lightly with a fork to give it that tri-colour.
Source and photo: Colleen June O’connor Heugh




MEDLEY OF OVEN BAKED VEGGIES

MEDLEY OF OVEN BAKED VEGGIEStested

MEDLEY OF OVEN BAKED VEGGIES
Chunks of carrots
1small cauliflower broken into florets
butternut chunks
Half cup melted butter/margarine
Olive oil to drizzle
Salt&fresh milled black pepper
Ina paarmans veggie spice
1teaspoon cumin masala
Method:wash &cut vegetables into chunks & cauliflower into florets..put into oven proof dish…add salt & fresh milled black pepper…sprinkle the ina paarman spice over as well as the cumin masala & pour the melted butter / margarine over the vegetables and mix lightly with your hands…drizzle lightly with some olive oil..bake in preheated oven @180 deg for 30minutes or until vegetables are soft & golden brown & has a nice glossy shine..enjoy. You can add more vegetables to your dish…courgettes…corn on the cob…broccoli…patty pans…pumpkin chunks….sweet potato/potatoes with skin on…just about any vegetables of your choice…
Source and photo: Colleen June O’connor Heugh




BUTTERNUT FRITTERS

butternut-fritterstested
BUTTERNUT FRITTERS
Resep en foto:  Kristie Townsend
Ek het vanaand vir my en my man beef brisket gemaak met geel rys en boontjies met aartappels en butternut fritters die butternut fritters was poeding so romerig en baie lekker!! Daar het niks butternut fritters oorgebly nie! ☺️
My eie vinnige en maklike resep ek deel graag:
1 botterskorsie geskil en opgesny in blokkies
1 koppie koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
1 eier
Bietjie sout
Bakkie met kaneel en suiker
Olie vir die pan(sonneblom olie werk die beste)
Sit die botterskorsie blokkies in ‘n plastiese bak met biekie water, en voeg sout by. Sit in die mirkogolfoond vir 5 min op hoog. Laat rus vir 30 min in die mikrogolfoond, sit weer vir 5 min op hoog. Maak die botterskorsie fyn en voeg een eier by en die meel en bakpoeier en meng goed. Sit ‘n laag olie in ‘n pan en wag sodat dit warm word. Plaas nou lepels vol in die pan en laat dit so minuut aan elke kant braai, tot goud bruin. Sit in bak met papierhandoeke sodat olie afdrup. Plaas nou in bak met kaneel en suiker en bedek aan altwee kante.
Bedien dadelik!
PS as die butternut deeg nog bietjie loperig is, voeg net nog meel by.

 




LAMSBOUD IN PORT, APPELKOOSKONFYT EN KARRINGMELKSOUS

tested

LAMSBOUD IN PORT, APPELKOOSKONFYT EN KARRINGMELKSOUS
Middagete…. Lamsboud, Plat aartappels, Potgebraaide kool, Karamel Pampoen, en Basmati rys..
1 lamsboud (ontbeen en gevlek)
Fyn naeltjies
Grof gemaalde swart peper
Sout
Worcestersous speserye
Fyngekapte knoffel
Gekapte ui
Fyn gekapte roosmaryn
Meng roosmaryn en droë beatanddele. Smeer oor gevlekte boud. Strooi gekapte knoffel en uie oor. Rol boud toe en steek met sosatie stokke of tande stokkies vas. Doen dieselfde aan die buitekant van die boud. Maak ‘n mengsel van 1 koppie port, ½ koppie karringmelk en ¼ koppie fyn appelkooskonfyt aan. Sit boud in n pirex bak of casserole. Giet die port mengsel in die bak en oor die boud. Sit deksel op en bak teen 180ºC tot soos gaar soos verkies. Haal deksel af en bak tot bruin. Laat staan vir ‘n paar minute staan sodat sappe kan terug trek.

KARAMEL PAMPOEN
Ek braai eers die botter en suiker tot dit n ligte karamel kleur kry. Voeg dan ‘n klein bietjie water by, asook die pampoen, kaneel, ‘n bietjie sout en gouestroop of heuning. Kook tot ‘n lekker karamelsous vorm en voeg net ‘n klein bietjie koeksoda by. Kook goed deur.
NOTA:  ek het vars pampoen geskil. wanneer ek gevriesde pampoen gebruik, voeg ek geen water by nie..

Resepte en foto:  Petré Van Jaarsveld




PAMPOENPOFFERTJIES MET KARAMELSTROOP

tested
PAMPOENPOFFERTJIES MET KARAMELSTROOP
Die poffertjies is die gewone pampoenkoekie se wulpse niggie. Goudbruin, soet en stroperig. Groente was nog nooit so lekker nie!

Poffers
750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk (verkieslik pampoen met blou skil)
knippie sout
2 eiers geklits
500 ml bruismeel
15 ml bakpoeier
olie, vir diepbraai

Stroop
500 ml witsuiker
250 ml water
125 ml melk
45 ml botter
knippie sout
10 ml mielieblom
15 ml koue water
5 ml fyn kaneel

Klits die pampoenmoes, sout, eiers en bruismeel saam, voeg die bakpoeier by en meng goed deur.
Braai teelepelsvol in warm olie tot opgepof en goudbruin.
Skep uit met gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en hou warm.

Vir die stroop:
Verhit die suiker, water , melk, botter en sout saam tot kookpunt.
Meng die mielieblom, kaneel en water en roer by die stroop.
Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjies.
Sit warm voor.
Lewer 40 poffertjies.

Resep voorsien: Christel Swart
Foto: Frances Smith‎




XANDER SE BLOMKOOL EN BILTONG

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

XANDER SE BLOMKOOL EN BILTONG

Blomkool gekook vir 5mins laat hy nog hard is. Maak n wit sous met melk en room 50/50.Gooi die blomkool in die witsous en meng liggies deur. Gooi nou een gerasperde Mozzarella kaasbal by en meng deur. Sit dit in die oond vir 10mins laat die Mozzarella smelt en meng weer liggies deur. Rasper neut oor maar redelik baie. Gooi droe biltong in n blender en maak hom fyn maar nie stof nie. Gooi oor en gooi baie gerasperde chedder oor Braai hom in die oond tot kaas bruin is en geniet.
Bron: Xander Muir




HOE KOOK MENS BASMATI RYS

tested
HOE KOOK MENS BASMATI RYS

Rina Kleinhans
Sit jou water op die stoof laat dit kook en dieselfde tyd gooi jy die rys in koue water en laat staan, wanneer die water kook op die stoof, gooi die koue water af en gooi jou rys in die kook water. laat dit so 5 min kook, pasop vir oorkook… gooi die kookwater af, spoel jou rys onder koue water en sit terug in die pot. bedek die rys net net met water, gooi jou sout in, sit terug op stoof, sodra begin kook, draai plaat baie laag, ek gebruik no 2… en laat rys droog kook… haal af en roer met ‘n VURK… heerlike los basmati rys

Zaldha Hennessy
Ek maak myne gewoontlik net soos ek gewone rys sou maak… Water, rys en sout in n pot en laat dit kook vir so 8-10min (dit kook vinniger as gewone rys)…. Ek gaan bietjie die ander metode
probeer

Fahiema Majiet
I soak my rice in boiling water for about 30 minutes, then I rinse it thoroughly some cold water on it and into the microwave for about 10-15 minutes. I stir it with a fork in between cooking when my rice is the softness I desire I let it stand for a further few minutes then I rinse off in cold water

Susan Du Plessis Ferreira
Ek het op n sakkie rys gelees om 2 ml suurlemoensap in die water te gooi. Dit maak dat die rys lekker Los is. Ek doen dit sedert ek dit gelees het en dit werk. Mens proe glad nie die suurlemoensap nie

Petré Van Jaarsveld
1 koppie basmati rys, 1 teelepel sout…. bedek met kookwater….. Sit in mikrogolf op hoog vir 15 minute… Spoel af en dreineer… Mikrogolf op hoog vir 5 minute haal uit en maak los met vurk.. (mikrogolf rys koker..)

Lelane Van Der Walt
Ek laat water tot kookpunt bring, gooi sout en ina paarmans chicken stock poeier in, en olyf olie. Die olie verhoed dat rys klou. Sodra dit begin kook, gooi rys in meng 1 keer deur en verlaag hitte. Tot water opgekook is. Gooi klontjie botter & snipper chives of spring onion in.

Chantélle Geldenhuys
Ek kook myne soos Siba van Sibas Table, 1 k rys, 4 k kookwater, bietjie sout. Mikrogolf vir 10 min op hoog. Spoel goed af. Gooi al die water af en sit terug in mikrogolf vir 5 min op hoog. Tastic Basmati rys dan perfek. Lekker los en nie kluitjierig, ek weet baie mense verkies hom so.

 




BLOMKOOL IN TAMATIESOUS

blomkool-in-tamatiesoustested
BLOMKOOL IN TAMATIESOUS
Resep en foto:  Adelle Gascoyne
FOOD LOVERS RECIPES
1 heel blomkool, blare afgehaal en stronk korter gesny (hou heel)
Meng die volgende saam:
1 koppie dik tamatiesous
½ koppie blatjang
1 liter water

Plaas die blomkool en bogenoemde mengsel saam in ‘n kastrol.
Meng die volgende en roer by die koolmengsel in:
1 opgehoopte eetlepel knoffel met gemmer
1 teelepel borrie
1 teelepel kerrie

Die blomkool het 30 min gekook toe draai ek dit om. Toe weer 15 min gekook.
Solank 1 koppie soja maalvleis in 1 koppie water geweek. Dit bygegooi en laaste 15 min gekook. Bedien op rys. Gebruik diep bak, want sousie is lekker. Ek het Italiaanse kruie en feta blokkies opgesit voor bediening. Dit was heerlik!




KAPOKAARTAPPELS MET ‘N VERSKIL

mash-met-verskiltested

KAPOKAARTAPPELS MET ‘N VERSKIL
Wat ek wil deel is mash met n verskil. Kook jou aartappels met uiegras in soutwater tot droog en mash met melk en botter. Braai uie, leeks en koolrepies tot net sag maar nog bros, meng met mash.
Hoop almal geniet hulle kossies vanaand.

RESEP EN FOTO :  Marianne de Beer




BOONTJIE BONDELTJIES

tested

BOONTJIE BONDELTJIES

Stoom boontjies ligweg.
Draai hopies van die boontjies toe in replies spek.
Dit kan in die oond gebak word tot die spek gaar en krispie is of oor die kole as julle meer rokerige geur wil he.

Resep: Lizanne Jordaan
Foto:  Carmen Du Pont-Bezuidenhout
Ek het die fine grean beans in kookwater gesit en so 4min gekook. Daarna bacon omgedraai en knoffelbotter in ‘n pan gesmelt en die bondeltjies toe net gebraai daarin tot die bacon bruin is. Bietjie sout en swartpeper….