TUISGEMAAKTE OONDGEBAKTE AARTAPPELSKYFIES

TUISGEMAAKTE OONDGEBAKTE AARTAPPELSKYFIES
Drie tot vier porsies afhangend wat jy saam met dit voorsit
Stel oond op 200°C.
Rolkoekpan bespuit met Spray & Cook
5-6 medium grootte aartappels geskil en in skyfies gesny.
Plastiese sakkie met bietjie olie en geurmiddels na smaak (ek het net sout gebruik).
Droog skyfies goed af en plaas in die sakkie met olie.
Skud dit goed deur sodat die olie al die skyfies bykom.
Keer uit in pan en plaas in oond vir ± 40minute tot ‘n uur totdat skyfies gaar is. (Toets met ‘n skerp punt messie se om vas tel stel of dit gaar is.
Skakel nou net die braai(grill) gedeelte van die oond aan en bak skyfies tot bruin en bros soos wat jy dit verkies.
Keer uit in ‘n bak wat met bakpapier uitgevoer is sodat enige oortollige olierigheid kan absorbeer.
Indien verkies kan jy nog sout byvoeg en spuit met asyn.
Bedien saam met ‘n lekker doopsousie.
Ek het ½ – ½ suurroom, mayonnaise, bietjie aromat en peper gemeng gebruik, maar jy kan ook bietjie soetrissiesous byvoeg afhangend van jou smaak of waarvoor jy lus het.
Geniet dit as peuselhappie of saam met vis/steak.
Resep en foto: Petra Nel




GERDA SE GEVULDE MURGPAMPOEN


GERDA SE GEVULDE MURGPAMPOEN
1 medium ui (opgekap)
500g maalvleis
1 murgpampoen (groot) – middeldeur gesny en gaar gekook vooraf
1 blikkie gemengde kerrie-groente
Sout en peper na smaak
Bietjie kaas vir bo-oor
Voorverhit oond tot so 170C
Braai uie en knoffel in bietjie olyfolie en voeg dan die maalvleis, sout en peper daarby – braai tot gaar.
Gooi die blikkie groente by en laat net paar minute prut.

Vul die halwe murgpampoen volrond  en strooi bietjie kaas bo-oor.
Bak tot gesmelt in oond.
Ons het net outydse tamatieslaai (uit ons tuin) daarby geeet. 💐

RESEP EN FOTO: Gerda le Roux




JOHAN SE MAROG MET UIE EN RISSIE

JOHAN SE MAROG MET UIE EN RISSIE
Kook marog in ‘n pot soos spinasie .
Braai ‘n fyngekapte ui en rissie volgens smaak, in ‘n pan met ‘n knippie sout en peper na smaak . Dreineer die marog en roerbraai vir ‘n rukkie saam met die gebraaide uie en rissie. Los ‘n bees oxo blokkie op in bietjie water, voeg by en prut die mengsel ‘n klein rukkie saam. Bedien met stywe pap.
Bron en foto: Johan Röntgen




LEKKER PAMPOEN MET UIE IN

LEKKER PAMPOEN MET UIE IN

Loraine Peyper Viljoen
Sny jou pampoen in stukke, spoel af, sit in pot, sny lekker groot ui in, gooi jou suiker en bietjie sout by. Kook stadig met deksel op sonder water want pampoen maak sy eie water, wanneer sag en droog begin kook, sit so lekker blob botter of margarien in en laat die pampoen lekker braai in die botter.

Elize Fouchè
Ek sny my butternut in lang repies sny uie by strooi knoffelvlokkies, suiker en redelik botter oor en druk in oond tot gaar. Dan eet ek my vingers af so lekker is dit. Ek maak geen kos sonder uit nie.

Elaine Vosloo Viljoen
Daar was jare gelede resep in Huisgenoot. Rou pampoen word gekook met bietjie water, olie, uie en kerrie. was baie lekker gewees. Het dit lanklaas gemaak.

Susan Mac Donald
Ek maak butternut so. Sny in blokkies. Plaas in pot. Gooi suiker oor. Sny uieringe en knoffel oor. Laat staan vir bnuts om te sweet. Gooi bietjie water op. Braaikook tot gaar en droog.moenie roer. N lekker stropie sal vorm.

 




MURGPAMPOENTJIES MET ROOM

MURGPAMPOENTJIES MET ROOM
Van Meksikaanse oorsprong. Het ‘n lieflike eksotiese smaak. Kan lank voor die tyd gemaak word. Selfs beter om dit die volgende dag te verhit.
750 g murgpampoentjies, in blokkies gesny
350 g tamaties, in blokkies gesny
6 peperkorrels
4 takkies vars koljander, gesnipper
2 takkies kruisement
1 cm stuk kaneelstokkie
4 heel naeltjies
2 klein groen rissies
125 ml room
sout na smaak

Voeg al die bestanddele in ‘n pot met ‘n deksel wat styf pas. Kook oor ‘n lae hitte vir 30 minute (of langer indien nodig) tot die murgpampoentjies sag is en al die room/sous geabsorbeer het. Rooer gereeld.
As dit te vinnig droog kook kan nog ‘n bietjie water bygevoeg word.
Die rissies moet verkieslik heel bly en slegs die dis geur aangesien dit nie ‘n dis is wat moet brand nie.

Bron: The Good Cook/Techniques and Recipes (Vegetables) en vertaal deur Wayne Dugmore.
Foto: Wayne Dugmore




HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE


HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE

My man is glad nie baie lief vir groente nie, hy eet dit maar is nie lief daarvoor nie. Vandag is hier groente gebore uit nood, en hy was mal daaroor, so ja ek sal dit beslis weer maak. Syne het die room oor gehad en myne was daarsonder, altwee is regtig lekker, die sampioene en murgpampoentjie saam kan ek aanbeveel. Die foto’s wys altwee geregte.
HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE
Halwe bakkie sampioene grof gesnipper
5-6 groterige murgpamoentjies in ringetjies gesny
5 spinasie blare gewas en fyn opgesny
50 ml songedroogte uie
50ml songedroogte tamaties
paar spriete “garlic chives” fyn gesny
2 eetl gekapte vars pietersielie
2 vingers vars knoffel fyn gekap (opsioneel)
100 ml vars room (opsioneel)
Italian herbs, Lemon & Rosemary van Ina Paarman, sout en varsgemaalde swart peper

Sit ‘n potjie water op die stoof en laat kook, sit die gesnyde murgpampoentjies in en kook vir so 5 min, haal uit en spoel af onder koue water, sit eenkant. Doen dieselfde met die spinasie, en hou eenkant. Dit is moeite, maar dit hou jou groente mooi groen.
In ‘n lekker groot pan braai jy die res van die bestanddele in bietjie olyf olie. Uitgesluit die room, spinasie en murgpampoentjies)
Sodra die sampioene begin sag word, gooi die murgpampoentjies en spinasie by. Roer deur, draai plaat bietjie stadiger en braai alles saam vir so 5-8 min. Dit moenie water maak nie dan is jou plaat te laag. Gooi die kruie, sout en peper by na smaak.
Indien verkies kan die room oorgegooi word en net weer lekker deur gekook word dat die room bietjie verdik, maar onthou dit verander die kleur van jou gereg.
N/S Dit is baie lekker met die room.. kan dit aanbeveel as jou diet dit toelaat
Bedien dadelik saam met oondgebraaide hoender en gebakte aartappels.
Resep: Rina Kleinhans
Foto:  Malinda Marjee Walker‎




PETRO SE ROOSAARTAPPELS


PETRO SE ROOSAARTAPPELS
Foto: Petro van Genderen
FOOD LOVERS RECIPES
Genoeg vir 12 rose so groot soos ‘n muffin pan.
45 ml botter
± 1 kg medium-groot aartappels
125 ml fyngerasperde parmesaankaas
seesoutvlokkies en swartpeper
250 ml room
‘n ruim knippie neutmuskaat

Voorverhit oond tot 180°C. Smeer holtes van muffinpan met botter.
Knip repe bakpapier en plaas twee oorkruis in elke holte. Dit gaan help om die gaar rosie uit te lig.
Was aartappels goed, maar dis nie nodig om hulle te skil nie.
Gebruik ‘n baie skerp mes of ‘n mandolien en sny in helfte van aartappel in baie dun skyfies, oor die breedte.
Sprinkel nou die gesnyde skyfies met sout, peper en neutmuskaat en sprinkel van die parmesaan kaas oor. Meng goed.
Rol die eerste skyfie aartappel in ‘n dun sigaartjie op – dit is die binnekant van die roos.
Pak nou blaartjies rondom tot jy ‘n mooi roosknopie in jou vingerpunte het.
Sit dit versigtig op die bakpapierkruis in die muffinpan.
Pak nou versigtig nog blaartjies rondom totdat die holte vol is en die blom volledig lyk.
Dit is belangrik om die aartappelblaartjies styf in te pak, anders gaan die blom nie sy vorm behou na dit gebak is nie.
Skep nou lepel vir lepel room bo-oor die rosies.
Laat genoeg tyd vir room om deur die lagies te syfer voor jy nog byvoeg.
Skep jy te veel, gaan dit oorkook, skep jy te min, gaan die aartappels droog bak.
Daar behoort plek vir twee eetlepels room per roos te wees
Bak vir 1 uur tot die aartappels sag en goudbruin bo is.
Indien jy na 45 min bang is dit bak te donker, bedek die pan vir die laaste 15 minute met foelie.
Laat effens afkoel en lig elke roos met behulp van bakpapier uit die holtes.

 




SOET PATAT SKYFIES

SOET PATAT SKYFIES

Ekt patats geskil en dun gesny.
In olie gebak tot ek gelukkig was met die “crunchy-ness” en toe aromat en swart peper oor gegooi.
Omdat die skyfies so dun was het dit vinnig gaar geword. Ekt dit uit die olie gehaal toe dit begin omkrul aan die kante.
Ek sal aanneem hoe dikker die skyf hoe langer gaan dit moet braai.

Bron en Foto: Marie-Louise Rens




ANNELIZE SE ROOI KOOL

ANNELIZE SE ROOI KOOL

1 Rooi Kool
2 Granny Smith appel15ml asyn
15ml botter/maragrien
METODE:
Sny kool ½ deur, haal die kern uit en sny in repe.
Skil die appels & voeg ook by kool(kan ook gedroogde appels gebruik)
Gooi water tot amper toe.
Gooi sout oor na smaak
Kook totdat water amper weg gekook is.
Gooi asyn by kool
Kook verder totdat heeltemal droog is.
Gooi botter/margarien na smaak & kook totdat droog is.
Haal af & vries
Hoe lanker die rooikool vries of in yskas is hoe lekkerder word hy

Bron en Foto: Annelize De bruin




MOZARELLA UIE RINGE

MOZARELLA UIE RINGE
Sny uie in ringe, hou skywe bymekaar, haal 1 ring uit en sit mozarella kaas in. Doop in geklitste eier en dan in meel. Vries vir ‘n uur, Doop weer in eier en meel en diep braai!!!
Heerlik
Bron: youtube
Foto: Benhet Nieuwenhuis

Petra Nel
Jy hou die ringe wat bymekaar uitgekom het en weer daar sal inpas bymekaar. Twee-twee. Dan plaas jy hulle twee twee bymekaar in en sny kaas in dun skyfies en druk dit tussen die twee ringe in en dan volg die res van die resep. Dit is eintlik twee ringe in elke een groot klaargebakte ring met kaas tussen in. Baie lekker.