

IDEES VIR PAMPOEN MET BROOD
Da-Ina du Randt:
Ek kook net gewone pampoen in water tot dit sag is.
Giet van die water af.
Roer genoeg suiker en kaneel in volgens smaak.
Sny twee snye dik witbrood en botter ruim aan albei kante.
Sny die gebotterde snye in blokkies en roer by die pampoen in.
Die brood absorbeer die res van die water.
Laat die gereg effens kook/braai tot die meeste vloeistof weggekook het.
Antoinette Wiese:
Oh heeeerlikheid ek het die naweek Herbert of groot murgpampoen gesoek, want dis mos eintlik die een om te gebruik. Helaas hulle is buite seisoen tans. Ouma het dit Marrow mos genoem.
Bietjie soet gemaak, stukkies brood ingevoeg en dan van die water uitgeskep. Bietjie vlapoeier ingeroer en dan gekook tot dit romerig is.
Karen Smith:
Oooooo die heerlikste lekker, my ma het dit ook altyd gemaak. Groooooooot murgpampoen (Marrow), sny twee snye dik witbrood en botter ruim aan albei kante. Sny die gebotterde snye in blokkies en roer by die pampoen in.
Laat die gereg effens kook/braai tot die meeste vloeistof weggekook het. Maak soet met suiker, bietjie vlapoeier kan ingeroer word indien verkies.
Simone Fourie:
Karen Smith al wat uitgelaat is, is die kaneelstukke.
Elizma Esterhuyse:
Brood pampoen…..heerlik
1 laag pampoen (boerpampoen)
1 laag snye brood (herhaal) smeer botter op brood
Bietjie kaneel, suiker en stukkies botter op elke laag pampoen…..sit ook botter onder…..kook en geniet.
Marina Saunders:
Elizma Esterhuyse dis soos my ma dit gemaak. Net blokkies pampoen of butternut gemeng met gebotterde brood blokkies wat kaneel op het. Dit kom in ‘n diep Pyrex bak met deksel, geen vloeistof en sit hom net in die oond. Bekyk maar jou en dan tot hy reg is.
Rita Pienaar Welsh:
Die geheim is om lae in pot te pak, op ‘n lae temperatuur gaar te kook en nooit te roer nie….geduld is die wagwoord. Dit kan dan op grill in die oond net verbruin.
Marrow pampoen met snye brood gebotter en kaneel suiker oor. Heerlik gewees.
René Hayter Lubbe:
Ons het dit as kind pampoenmoes genoem. My ma het dit met murgpampoen gemaak. Lekkerste lekker!
Marianne Dirker:
Ja dit was marrow, die brood is in gesit omdat ‘n marrow so waterig was.
Riana Zeelie:
My ma het “hubbard squash” met skurwe groenskil gebruik. En dis nou maar soos ek dit ook maak.
Maak dit soet met kaneel en gebotterde broodblokkies (broodpampoen), ander pampoen is te waterig. Herbert is droër. Ek gebruik die sagte skil saam met uie en aartappels. Dis heerlik
Johanna Strauss:
Maak pampoen normaal gaar, waneer jy die suiker en botter ingesit het en daar is nog ‘n sousie dan sit jy die brood in. Sit pypkaneel oor. Ek maak my soetpampoen nog steeds so.
Ansie van Schalkwyk:
Ook groot geword daarmee… gewoonlik was dit ‘n jong pampoen… meestal gewone boer pampoen! Brood is in dik skywe gesny… dik botter gesmeer en dan in vierkantjies… tussen pampoen ingesit en suiker en kaneel…..
Trudie Truter:
Dis die Shu Shu (spelling) wat my ma gekook het met brood omdat dit so waterig is, baie lekker gewees. Sy het 2 sny brood ingesit.
Elsabie O’Neill Ackerman:
Ek gooi stukkies brood by waterige pampoen wanneer dit kook om dit te vermeerder, heerlik.
Riekie Boshoff:
My ouma het ook die brood botter gesmeer en blokkies gesny en die pampoen ook en dan gemeng en kaneelsuiker ingemeng en bo-oor gestrooi en dan in oond gebak njammies.
Heila De Bruin:
My Ouma het vir ons dit so gemaak met ‘n marrow pampoen, brood, botter en suiker. Pak lae en maak dit soos braai pampoen. Wow dink baie aan daardie dae van my lewe, dis vir ewig verby.
Monica Willard Morrow:
Pumpkin porridge recipe. Cook pumpkin till soft, add mieliemeal with a touch of salt and some sugar. Mix together and cook on a low flame. Keep stirring while cooking on low, close the lid and leave the lid on the pot. The best with chutney and a chop.
Adri Pieterse:
Ek gebruik gevriesde blokkies pampoen. Sny 1 sny brood in blokkies en meng met pampoen. Dan strooi ek kaneelsuiker oor en bak verder in die oond.