KOOS SE AARTAPPELKOEKIES MET SPEK


KOOS SE AARTAPPELKOEKIES MET SPEK
Meng saam:
6 groot aartappels, fyn gedruk
500 g bacon bits, gaar gemaak
200 g green onion
Voeg dan by:
1,5 koppie koekmeel
3 geklitste eiers
250 g gerasperde kaas

Meng alles goed.
Maak olie so 50% warm.
Skep met ‘n lepel van jou keuse in die olie en deep fry tot mooi bruin aan altwee kante.
Wag tot die mash koekie self onder in die warm olie los gaan, moenie forseer nie.
Draai dan om.
Foto en resep:  Koos van der Merwe




HEEL GEBAKTE PAMPOEN IN SWARTPOT

HEEL GEBAKTE PAMPOEN IN SWARTPOT
Genoeg vir: 8 porsies
1 heel boerpampoen
30 ml botter
1 groot ui, skoongemaak en fyn gesny
6 repies spek, fyn gesny
750 ml vars brood krummels
250 gram vars groente ná eie keuse (opgesny in blokkies)
2 knoffeltoontjies, skoongemaak en baie fyn gesny
30 ml vars salieblare
500 ml gerasperde Cheddar kaas
250 ml room
vars gemaalde sout en swartpeper
Voorverhit die swartpot oor  matige kole.
Gebruik ‘n skerp mes en sny die bokant van die pampoen af (dit vorm later die deksel).
Skraap die pitte aan die binnekant van die pampoen uit.
Smelt die botter in ‘n groot braaipan eenkant oor matige kole.
Soteer die ui tot sag in die botter.
Skep die uit en braai die spekvleis tot bros.
Skep die ui terug in die pan en voeg die groente by en soteer effens.
Voeg die broodkrummels en knoffel by en roer totdat die broodkrummels goed deurgemeng is.
Voeg die salie by en geur met sout en swartpeper en roer die kaas by.
Skep die vulsel in die pampoenholte.
Plaas ‘n vel aluminiumfoelie wat met olie gesmeer is onder in die pot.
Giet die room stadig oor die vulsel in die pampoen, todat die room geabsorbeer is.
Plaas die pampoendeksel op die pampoen en draai die hele pampoen in aluminiumfoelie toe. (Kante èn bo).
Plaas die pampoen in die pot en bak dit sowat 2 uur of tot sag. (Plaas kole bo-op swartboompot se deksel ook).
Toets met ‘n toetspen totdat pampoen sag en gaar is.
Maak die pampoen oop en sit voor as ‘n bygereg saam met braaivleis.
Resep aangepas en geplaas deur Amanda Conradie




CHARLEEN HEEL GEBAKTE BLOMKOOL

CHARLEEN HEEL GEBAKTE BLOMKOOL
Een heel blomkool kop, blare afgehaal
3 koppies kaas witsous
2 koppies belee cheddar
Sout en peper
Sit heel blomkool kop in oondvaste bak
Geur met sout en peper
Gooi kaassous bo oor. Dit moet die hele kop bedek
Strooi kaas bo oor
Bak vir ongeveer 45 minute teen 180 grade C
Bedien warm in skywe gesny.
Foto en Resep: Charleen Nieuwenhuizen




JACKET POTATOES WITH SOUR CREAM


JACKET POTATOES WITH SOUR CREAM
-Potatoes, cleaned
-coarse sea salt
-Prick potatoes with fork.
-Pack dry potatoes in oven dish on a layer of coarse salt
-Bake at 180*C for 45 minutes.
-Turn over and bake for another 45 minutes or until soft.
-Cut potato diagonally and then across, press on sides for potato to ‘open’.
-Keep the salt, you can use it a few times.
-Serve with sour cream and/or butter.
Recipe and photo: Elize de Kock




GIDEON SE “KRAMP” SAMPIOENE

GIDEON SE “KRAMP” SAMPIOENE
1 pakkie Sampioene in kwarte gesny
2 geklitste Eiers
1t Sout
Olie vir diepbraai
I k Meel
3/4k Droë broodkrummels
1t gemengde Kruie
1t barbecue speserye
Klits die eiers saam met die sout
Maak n mengsel van die broodkrummels die speserye, sout en gemengde kruie
Skud die sampioene eers in die meel in n sakkie doop dit dan in die eier en dan word dit in die krummels gerol
Bak dan vir n paar minute in diep olie tot goudbruin
Ek het agterna n bietjie knoffelsout oorgesprinkel en was heerlik
Resep en foto: Gideon Louw




COURGETTE IN PANCAKE BATTER – EASY SNACK


COURGETTE IN PANCAKE BATTER – EASY SNACK
Though you can buy courgettes all year round, dishes with them in are associated with autumn. Stuffed courgette with meat or vegetables, crumpets and tarts are on the table mainly in October.
Today I would like to share with you a recipe for an extremely simple and quick snack. Courgette in pancake batter is excellent as a side dish or a light supper. I prepared a yoghurt garlic-dill sauce for it. I think it will also be great with spicy tomato salsa or simply with horseradish.
Ingredients
500g of courgette
170ml of milk
50ml of oil
6 tablespoons of wholemeal flour
1 egg
3 tablespoons of Parmesan
1 tablespoon of minced thyme
salt and pepper
sauce:
200g of natural yoghurt
2 tablespoons of minced dill
1 clove of garlic
salt and pepper
clarified butter
Crush a clove of garlic. Mix the yoghurt with the garlic and dill and spice it up with salt and pepper. Leave it to one side.
Pour the milk and oil onto a flat dish, add the egg and mix them together. Add the flour, thyme and Parmesan, spice it up with salt and pepper and stir. Leave the dough for 15 minutes.
Slice the courgette into 1-cm slices. Dip the slices of courgette in the dough and fry in butter until they are golden. Take them out of the pan and drain on a kitchen towel.
Enjoy your meal!
Recipe and photo:  Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




POTBRAAI HOENDER EN AARTAPPELS


POTBRAAI HOENDER EN AARTAPPELS
Bykos is rys, lemoen soetwortels en blomkool met kaassous.
Bestandele vir kook kos.
6 Hoender stukkies (3 persone)
1 lekker groot ui opgekap…
1 Teelepel vars garlic en 3 naeltjies
sout en peper en hoender spices
2 eetl. Suurlemoensap
6 medium Aartappels 
Braai jou uie tot lekker bruin en voeg garlic by.
Voeg jou hoender by en braai lekker bruin, gooi spices en naeltjies by asook suurlemoensap.
Kook jou hoender met 2 k lou water op medium hitte vir 45 minute. Hang af hoe groot stukke.
Voeg jou aartappels by. As iets kort voeg by. Kook tot aartappels sag en bruin.
Daar moet n sousie wees.
WENK: Moet nooit kookwater op kos gooi waar naeltjies in is nie. Beinvloed die smaak negatief. Ek het dit by n resep lank terug gelees en pas dit toe. Gooi inelkgeval nie kookwater op my kos nie.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff




VIS MET ROMERIGE MOSTERDAARTAPPELS

VIS MET ROMERIGE MOSTERDAARTAPPELS
Rangskik 300 g ( ek gebruik 600 g ) gaar aartappelskywe in n vierkantige gesmeerde oondbak .
Klits 2 eiergele
15 tot 30 ml aangemaakte mosterd
250 ml room
Sout en peper saam en giet dit oor.
Bak dit 20 tot 30 minute lank tot bruin en gestol.
Sny die aartappelgereg in blokke en sit dit op borde.
Plaas die vis bo-op . Bedien dit met bros slaai.
Foto en resep: Petgro van Genderen




BRUIN UIESOP AARTAPPELS

BRUIN UIESOP AARTAPPELS
4 groot aartapels
150 g botter of margarien
1 pakkie bruin uiesop
Sny aartappels in konsertina styl.
Smelt botter.
Voeg sop by botter meng goed.
Skep die bottermengsel oor die aartappels.
Kook op hoog in mikrogolf 20 min in bak met deksel op.
Resep en foto: Meisie Van Der Colff

Ek hou baie van hierdie aartappels! my Resep wat ek volg is
2 pakke middelslag aartappels skoon gewas, sny in skywe, maar nie heeltemal deur nie, sit in oondpan met ‘n deksel,
Strooi nou 2 pakkies bruin uiesop oor en vat 500 g regte botter (kan 500 g Rama ook gebruik) en sny in skywe, sit bo op aartappels, sit deksel op en sit in oond 180 ºC vir +- uur of todat aartappels gaar is!
Ek kook nie aartappels voor die tyd nie!
Baktyd kan langer vat afhangende van die tipe aartappels wat jy gebruik! So ek maak maar pan elke 30 min oop om te kyk! Baie lekker saam met braaivleis of steak.

Ronel Thoma




MADIE SE GEBRAAIDE KOOL

MADIE SE GEBRAAIDE KOOL
Snipper:
½ kool kop en
½ rooi en ½ groen peper
Voeg by:
1 koppie gekapte sampioene

Braai alles saam.

Voeg by:
1 – 2 eetlepels suurlemoensap en
½ teelepel masala
sout en peper na smaak

Resep en Foto: Madie Janse van Rensburg