PUMPKIN PANCAKES WITH FIG PRESERVE

PUMPKIN PANCAKES WITH FIG PRESERVE
Once, when I planned pancakes for dinner, I always used to think about potato pancakes. I prepared them with onion and pepper and served them with sugar or cream. A few years ago, when I was carving a Jack O’ Lantern, I made pumpkin pancakes for the first time. I prepared them like potato pancakes, but they were milder, and we liked them so much that we forgot about potato ones for a long time.
Today I prepared these yummy and very simple pancakes. I used butternut squash, which is my new favourite food. You can prepare the fig preserve from fresh fruit. We brought some excellent fig preserve back from our summer holiday. It went very well with these summer pumpkin pancakes. For anyone who doesn’t like fruit in their pancakes, I recommend maple syrup or natural yoghurt.
Ingredients (for 20 pancakes)
600 g of peeled pumpkin
half an onion
5 tablespoons of flour
2 eggs
salt and pepper
oil for frying
Peel the fresh pumpkin and grate it. Add salt and leave it in a bowl for an hour. Dice the onion. Drain the pumpkin, then mix in the eggs, flour and onion, and then spice it up with salt and pepper. Fry the pancakes on a low heat until golden. Serve with your favourite condiments.
Photo and recipe: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




KALE SKYFIES

KALE SKYFIES
200 g kale (ongeveer)
25 ml olyfolie
Droë ‘crushed’ knoffel
sout en peper
Was kale en maak mooi droog met kombuis papier.
Sprinkel olyf lie oor en werk deur met vingers sodat elke blaar bedek is.
Pak in enkel laag op bakplate.
Sprinkel ligtelik met droë knoffel.
Bak by 150°C vir 10 min.
Draai dit om en sprinkel sout en peper oor.
Bak n verdere 10 min.
Laat afkoel en geniet.
Resep en foto: Frances Smith




IDEES VIR LEKKER PATATS

IDEES VIR LEKKER PATATS
Elsabie Templeton:
Patats gaar gemaak in koppie lemoensap en sodra gaar gooi 3 eetlepels heuning en genoeg botter by en prut tot geen vloeistof en dit begin karameliseer.
Susan Mac Donald
Elsabe daai patats is heerlik..net n wenkie of 2 hoor. Sny patats op die kant waar jy skywe rasper(op n rasper) of sny dun snye met mes. Pak in oondskottel,bedruip met heuning en gesmelte botter. Bak tot gaar.
Susan Mac Donald
2de wenk. Karameliseer suiker en olie (donker maar nie gebrand) voeg lemoensap by en laat kook tot karamel ‘oplos’. Voeg patats by en plaas of droe lemoenskil of n vyeblaar bo-op patats. Laat stadig kook tot gaar en stroperig.
Foto: Elsabe Templeton




MADIE SE LEKKER KOMYN AARTAPPELS


MADIE SE LEKKER KOMYN AARTAPPELS
2 aartappels in blokkies geny
Braai in bietjie olie saam
Goeie knyp borrie
Sout en Kerrie poeier na smaak
1/4 tl komyn
Braai aartappels tot sag op meduim hitte.
Foto en Resep:  Madie Janse van Rensburg




PAMPOEN POFFERS

PAMPOEN POFFERS
Geen Sondagmaal is volledig sonde PAMPOEN POFFERS NIE !!
Klits saam:
250 g Floro-bakkie vol klaar gekookte soetpampoen
2 eiers
2 ½ ml sout
Voeg by:
2 koppies bruismeel
15 ml bakpoeier
Bak lepels vol in ‘n pan oor matige hitte (die olie nie te warm nie). Braai albei kante. Dreineer.
Maak stroop:
Kook saam –
500 ml suiker
250 ml water
125 ml melk
30 ml botter of margarien
Meng omtrent 20 ml maizena (mielieblom) en 1 teelepel vlapoeier met melk, voeg by die stroop plus 1 teelepel vanilla essens. Indien nie lekker dik nie, voeg nog maizena by. *Gooi die warm stroop oor die pampoenkoekies.
Ek het Caramel essence bygevoeg, asook ‘n bietjie kaneel.
Foto en resep geplaas deur Petré Van Jaarsveld




HESTER SE AARTAPPELKOEKIES

HESTER SE AARTAPPELKOEKIES
4 porsies
3 groot aartappels
1 klein ui, gerasper
30 ml koekmeel
2,5 ml sout
knypie peper
1 eier
125 ml cheddarkaas, fyn gerasper
genoeg olie vir vlakvetbraai
Skil aartappels en rasper. Meng met uie. Meng oorblywende bestanddele by. Verhit genoeg olie vir vlakvetbraai en braai eetlepels vol aartappelmengsel. Plaas op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
Resep geplaas deur Hester Harding




GROOT BRUIN SAMPIOENE MET ‘N VERRASSING

GROOT BRUIN SAMPIOENE MET ‘N VERRASSING
Die hoeveelheid van die bestanddele is afhangende van hoeveel sampioene jy voorberei.
groot bruin sampioene
olyfolie
roomkaas
gekapte grasuie
balsamiese granaatasyn of gewone balsamiese asyn
gekerfde biltong
tamatieskywe
Cheddarkaas, gerasper
gekapte pietersielie
grofgemaalde pienksout en swartpeper

Plaas die sampioene op ‘n bakplaat, drup paar druppels olyfolie oor elke sampioen.
Geur die maaskaas met die grasuie en asyn volgens eie smaak.
Smeer met die agterkant van ‘n teelepel bietjie van die gegeurde roomkaas binne in elke sampioen, strooi die biltong bo-op die roomkaas en plaas ‘n skyf tamatie bo-op elke gevulde sampioen.
Sprinkel die Cheddarkaas en gekapte pietersielie laastens bo-oor en geur met die pienksout en swartpeper.
Bak die sampioene in ‘n voorverhitte oond by 180°C totdat die kaas gesmelt is. Bedien as voorgereg of as hoofgereg saam met groente.
Resep en foto: Fanie Smit




“KROKKEDIL” VARK FILLET MET SPEK TOEGEDRAAI EN IN HOISIN GEMARINEER MIELIEMEEL CHIPS

“KROKKEDIL” VARK FILLET MET SPEK TOEGEDRAAI EN IN HOISIN GEMARINEER MIELIEMEEL CHIPS
Tuisgemaakte Hoisin sous
1 koppie braaisous soos Jimmy’s
3 eetlepels molasse
4 teelepels sojasous
3 teelepels Chinese Five Spice poeier
2 eetlepels gladde grondboontjiebotter
2 ml rooipeper
5 ml gerookte paprika
Meng alles saam tot glad en gebruik om vleis te marineer die ten minste 2 ure.
Ek het die “krokkedil” in my glas oondjie gaargemaak soos volg:
Sit die lae rakkie onder in glas oondjie en maak die oondjie warm “pre-heat”.
Sit die vleis direk op die rakkie. Stel oondjie op 1 uur, 205°C en waaier op medium.
Ek het die vleis halfpad omgedraai.
Laat die vleis rus vir 5 minute voor dit gesny word.
***
Hollandaise sous vir aspersies
Hollandaise sous (die maklikste manier met stick blender)
Perfekte klassieke Hollandaise sonder dubbelkoker en sonder dat die sous skif of split.
3 eier gele
¼ teelepel Dijon mosterd
1 eetlepel suurlemoensap
1 druppel warm pepersous soos Tabasco
½ koppie botter
Metode:
Sit die eiergele, mosterd, suurlemoensap en Tabasco in ‘n maatbeker. Pols met stick blender vir 5 sekondes.
Maak botter in mikrogolf warm tot gesmelt. Druk die stick blender in die eiergele en sit aan op hoogste spoed terwyl die gesmelte warm botter stadig in dun stroom bygegooi word. Dit sal onmiddelik dik word. Hou die sousie warm deur in bak met warm kraanwater te sit tot opdiening.
Gebruik saam met Eggs Benedict, gerookte salm en gestoomde vars aspersies.
***
Oranje soetpatats met gemmerstroop is net patats in water gekook tot gaar en dan word botter en gemmerstroop (van my ingelegde gemmerstukke vir vrugtekoeke) daarby gegooi en geprut tot sousie begin karameliseer.
***
Mieliepap “chips”
Slap gaar mieliepap word in plat reghoekige bak gegooi tot gestol en koud.
Sny in vingers en braai al die kante in riffelpan met olie tot krakerig en effens verkleur.
Sprinkel met sout of fyn Parmesan. Bedien met enige vleis of hoender.
Foto: Elsabie Templeton




HUTSPOT

HUTSPOT
Ek was net lus vir geroosterde hoender met rys en hutspot. Hutspot is ‘n Hollandse groente gereg met aartappels, uie en wortels. Ek het ertjies bygegooi vir variasie en kleur. Die hoender het ek in my glas konveksie oondjie gerooster. Koesterkos. Dit bring herinneringe van my Ouma se plaaskombuis.
HOE OM HUTSPOT TE MAAK
Gelyke hoeveelheid aartappels, wortels en uie word opgekap en saam gekook tot sag. Geur met sout na smaak. Ek gooi lepeltjie bruin suiker by. Druk so fyn soos jy verkies, stukke net gekneus of fyn en goed gemeng. Roer klont botter deur. Tradisioneel word spek of stuk gerookte vark saam met dit gaargemaak maar ek bedien dit as ‘n groente dis saam met vleis
Resep en foto : Elsabie Templeton




HOENDER – FILLETTE EN RYS VERRASSING

HOENDER – FILLETTE EN RYS VERRASSING
500gr hoender fillette (4 stukke fillet-genoeg vir 4-6 mense)
1 eetlepel hoenderspeserye
1/2 teelepel gemmer
2 eiers
Broodrummels – (ek sorg altyd dat ek groot genoeg voorraad het van die soort wat beskikbaar is by alle supermarkte – ek hou nie van die fênsy vooraf voorbereide krummels nie – gewoonlik te grof)
1 groot plastiek sak – ek gebruik die groot vriessakke
Genoeg olie of olyfolie

Sny skywe(nie te dik nie) oor die lengte van die hoender fillette.
Ek gebruik ‘n medium grootte toebroodjie plastiek sak, breek die eiers daarin oop en voeg dan die hoenderspeserye en gemmer by. Verseël die sakkie deeglik en meng/skud die inhoud totdat eiers en speserye goed gemeng is. Strooi die mengsel oor die voorbereide fillette in ‘n bak. Roer goed sodat dit kan versprei. (Die plastiek sakkie word weggegooi)
Gooi broodrummels in die groot plastieksak, voeg die fillette so 4-6 op ‘n keer by krummels. Skud dit goed sodat hoender bedek word met krummels. Gebruik ‘n koekroller om die filette so een vir een plat te rol – binne in die plastiek sak. Dit sprei uit soos dit platter gerol word en bespoedig die gaarmaak proses. Herhaal die proses tot alles gekrummels en plat gerol is.
Gebruik ‘n groot genoeg bak en bedek bodem met net genoeg olie. Pak die fillette langs mekaar in die bak. Wanneer alles in bak is, en deurweek is met die olie, gebruik ‘n vurk om dit om te draai, sodat die bokant ‘gesmeer’ word met olie.
Bak in die voorverhitte oond 180ºC vir ongeveer 20 min. Jy kan die hoender omdraai na 10 minute om te verhoed dat dit aan die bokant ‘uitdroog’.
Wanneer gaar, verwyder vanuit oondbak en plaas dit om kombuispapier om oortollige olie te dreineer.
Strooi bietjie sout oor….reg vir bedien….en heerlik sappig!

Die rys wat ek opgedien saam met die hoender is soos volg berei:
Kook 1 koppie rou rys tot gaar, spoel af en laat effens afkoel.
Ontdooi gedeeltelik 1 pakkie gevriesde Hawaiian Stirfry. Plaas in pan met ‘n klein bietjie olie, laat die groente net goed warm word en voeg gemaalde swartpeper en knppie sout by na smaak en dan die gaar rys daarby. Meng goed.
Siedaar jy het rys wat kleurvol lyk met die gemengde groente én heerlik smaak.
As ‘n bonus het ek ‘n baadjie aartappel in die mikrogolf gaargemaak, bolangs gesny en opgedien met ‘n mespunt botter.
Foto: Maria Kolesky